Visrivier 2018

Dag 1

 

Dis vieruur op Maandagoggend die 12de Julie en ‘n 60-seater Paarl Rock bus staan, noodligte flikkerend, onder die JC Smuts-brug. Die son slaap nog, en klaarblyklik is dit ook te koud vir die maan om sy verskyning te maak. 28 studente en ‘n busbestuurder is doenig rondom die bus. Kratte staan rond, staprugsakke word versigtig op die sypaadjie neergesit. Ons het almal lanklaas gestap en is nie gewoond aan die gewig nie.

 

Ons vertrek ‘n halfuur vroeg en die bus is pikdonker en tjoepstil. Ons weet dit gaan ‘n tawwe toer wees en ons wil so uitgerus as moontlik wees. Op Malmesbury tel ons vir Zandré van Heerden en Oom Piet Smit op. Ons is nou voltallig.

 

Die landskap flits verby soos mens elke nou en dan van slaapposisie verander. Donkernag, effense lig in die Ooste en dan die verblindende son wat jou dwing om regop te sit en wakker te word. Dié sketsskrywer voel sy kan die pad al toe oë ry – dit is immers al die derde keer in ‘n jaar.

 

Op Klawer moet ons ongelukkig vir Mikayla agter los. Sy het skielik baie sleg begin voel en het eerder besluit om te onttrek. Maar wie sal in haar plek kan kom? Marianne Breytenbach klim dadelik op haar foon en bel vir Janco Heese, wat op sy beurt dadelik op sy motorfiets klim en die lang tog uit die Kaap aanpak. Dit is die tweede keer dat Janco op ‘n toer kom waarvoor hy aanvanklik plek deur Jannes geweier is. Marianne lag boos soos sy die telling aanpas: Marianne 2 – Jannes 0.

 

Ons ry aan na Springbok toe en verwonder ons aan die Spar. Ons ry aan grens toe. Alles lekker vinnig. Ons is 16:00 by Amanzi se kampterrein. Dis mooi. Stiller en koeler as in April, toe ons hier was vir die roei, maar steeds mooi. Daar word uitgespan – ‘n paar brawes insluitend Marguerite DeWet, Jansie Slabbert, Anri Schoonees en Sarah Camp, durf die rivier water aan, ons pak en sorteer ons goed uit, die kos word uitgedeel (geen Bensine noodgevalle nie) en die vure word 18:00 aangesteek. Ons smul lip-lek-lekker aan wors en brownies wat Mart-Marié Serfontein al die pad uit die Kaap saamgery het (net die brownies) en bondelslee onder die Namibiese sterre (vanaand was maar net ‘n lusmakertjie) vir dit wat sou kom.

 

Marianne en Janco verduidelik skiet en slee, maar die demonstrasie is meer van ‘n uitpluising van hulle verhouding en die SS se dak maak ook ‘n verskyning. Fritz Buhrmann en Chelaine Maree moet toe maar kom help en regmaak.

 

Items

 

Fritz open die aand met Die Sterwende Bok.

 

Dit gaan maar broekskeur met die items, want niemand wil kom optree nie. Wel… wat verwag jy as jy helfte jou gewone hoeveelheid toeriste het? Niemand kon gepaai word om te item nie. Eers toe Fritz vir Hanno Lambrechts R40 se roomys vir drie items belowe, was daar bietjie aksie. Maar Hanno se voorwaarde is hy soek vir Jakes, oftewel Jakobus Smit. Maar Jakes kan nie in die slee gevind word nie… Daar! Nee wag, dis Anne Grundling.

 

Janco staan toe maar op en begin ‘n gwaffie te vang.

 

Eindelik begin die enjin te vat en Chinese David Smit speel gasheer aan Batman Duan van Schalkwyk, Liv Perkhoff, Scary Person Ansa van der Merwe met behulp van sy Butler, Eugene Greyling. Maar, soos ons toe nog nie weet nie, het Eskom weer beurtkrag ingestel, en die partytjie was van korte duur.

Fritz van Australië kry ‘n klas in Makkepaleontologie van Hanno die museumgids.

Einste Fritz (klaarblyklik nou ‘n Suid-Afrikaner) loop later vir Hanno op straat raak en vra uit oor Hanno se hakkelskool.

 

Hekels

 

Fritz wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Hierdie crowd is nie reg vir wat ek kan bied nie.”

Janco wil by Tainton Hutton weet wat hy gedink het toe hy oor die muur gespring het in die dorings in.

Fritz wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy gesê vir Marianne gesê het: “Baai, geniet die toer sonder my.”

Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek sal help dat mense van jou hou.”

David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ai, dis Anne.”

 

Dag 2

 

Dis 06:00 toe ons wakker gesing word (Don’t stop believing) en die ryp glinster op Amanzi se groen gras soos ons koplampies die weg na die stokersarea aanwys vir koffie en tee en die 30 skoene wat grrts-grrts voortstrompel is al geluid in die stil kampterrein.

 

Ons pak vir die laaste keer en is teen 07:30 weg, voor die son ook nog. Eers vat ons die verkeerde pad en moet omdraai, maar kort voor lank het Collin ons op die regte roete en daar gaat ons! Dis nog twee ure na Hobas, ons wegspringplek. Nóg vorms moet daar ingevul word (klaarblyklik vir ons eie gesondheid en veiligheid). Prokereurs-in-wording Nicholas Carrol en Mart-Marié dring daarop aan om eers die hele dokument deur te lees, maar daar’s nie, volgens Fritz, tyd daarvoor nie en toe is dit nóg tien minute na die canyon toe.

 

Die canyon is soos ‘n onverwagte her – jy dink daar’s niks en skielik lê hy voor jou, uitgestrek soos die ewigheid. Letterlik. Van waar die bus parkeer het en ons almal woordeloos (party asemloos) uitklim, kon ons nie sien waar die canyon eindig nie. En ons moet hierin af? Ons het amper vergeet om te begin stap omdat dit Wifey Wednesday was (ja, Dané), en ons eers al die groepfoto’s moes neem (met komplimente van Oom Piet). Maar toe is ons af op die byna vertikale paadjie. En dit hou nie op nie.  Jy dink jy’s onder, maar dan is daar nog ‘n draai.

Die volle daling se totaal was 500m, en jy kon hom voel.

 

Daar’s weer brawes wat swem terwyl die res net hulle knieë dokter en die sand uit hulle skoene probeer skud. Middagbroodjies word gesmeer en geëet en na ‘n ruk begin die uitkyk onder leiding van Dané Eloff.

 

Toe is dit weer sakke op en ons begin die canyon ontdek – klip tot klip, sandbank tot sandbank. Dis warm as die son skyn, maar sodra die canyon genoeg draai dat die skadu’s oor ons pad val, gamebreak ons en geniet die koelte.

 

Mart-Marié struikel oor ‘n droë rivierbedding besaai met rotse en swik haar voet (spoiler: nie die grootste besering van die toer nie). Dit het daartoe gelei dat Marguerite nooit kon uitvind hoe David Smith vir Mari-Alet Smit uitgevra het nie. Sy weet nou nog nie.

 

Teen laatmiddag is die groep moeg (ons hoef nie meer in skadu’s te rus nie, daar’s te veel), en ons oë dwaal rond vir kampplek. Ons dink ons is by die perfekte plek en Dané stel voor dat ons net hier moet bly. Fritz antwoord met: “As dit ‘n uur later was, kon ons.”

Hanno hoor en gee die oplossing: “Wel, kom ons sit vir ‘n uur hier.”

Dit was juis by daardie breukpunt waar skiet oopgemaak is soos helfte van die toeriste in die koel rivier swem.

 

Met die nuwe radio’s wat die BTK aangeskaf het, word daar lekker gespeel en luidens een stapper speel jy nie reg as daar nie kodename gegee word nie. Alle verdere stappers sal dus met hulle kodename voorgestel word. Eers was dit net die operateurs wat dié gelukkige eer ontvang het, maar later het dit uitgebrei na die res van die groep ook.

 

Eindelik aangekom by die kampplek vir die aand, het ons ‘n uur voor ons kan stook. Die meisies wil almal gaan bad en marsjeer letterlik in ‘n ry af rivier toe, opsoek na die grootste rotse waaragter hulle kan verkeer. Net jammer dat die seuns op daardie oomblik die Vespa aan die oorkant van die rivier gewaar en ook almal in daardie rigting mik. Dit lei toe daartoe dat die meisies nie in vrede kon verkeer nie. Maar die skaal is herstel, want die seuns het teëspoed gekry op die oorkantste oewer – sinksand. Maar, volgens David Klipdrukker was dit nie veel van ‘n probleem gewees nie, want “ten minste was hulle nou skoon”.

 

Overgesetseinde en des nie teenstaande was die kamp mooi geleë (of so mooi geleë soos mens in ‘n woestyncanyon kon kry) en ons was baie bly dat die aand nie so koud was nie en die sterre soveel helderder. Eers toe ons vir die eerste keer in ons groepies saamstook en daar net drie sirkeltjies is wat elkeen op hulle stukkie platklip sit, sink die feit dat ons regtig net 30 mense is, in. Dit was ‘n baie interessante ervaring.

 

Groepie 1 wys hul vernuf en maak met ‘n stok en ‘n lamp ‘n staanlamp wat hulle hele groepie in ‘n sagte lig bad – baie romanties. Groepie 3 eet laat want Johan Griesel (Groepie 2) het hulle macaroni vir hulle gedra. Groepie 2 chill lekker teen die hoogtetjie met Janneman Brawejan Gericke wat vir hulle guitar speel.

 

Items

 

David, Ansa, Anri, Sarah, Janneman en Jansie Baby Slab klim almal in ‘n vliegtuig in. Janneman speel rond en die vliegtuig vat eers ‘n styl descent voor alles weer onder beheer kom en die vliegtuig ‘n anti-descent vat. Maar die vliegtuig sneuwel tog, selfs toe Jansie haar blou yskas, blou tumble dryer, blou frontloader en blou toploader al uitgegooi het.

Janneman en David is onderskeidelik Mario en Luigi met Ansa wat die rol van Maria vertolk. Die twee manne wil vis vang, maar roei ongelukkig net in sirkels.

Mart-Marié help man Johan om ‘n puzzle te bou, maar Johan sukkel baie met die 2×3 grootte (en die gehoor was klaarblyklik nog steeds nie reg vir wat hulle kon bied nie).

Hanno Squishy Jingle, Jakobus Misinga Sniper, Dané Suffocating Orchid en Chelaine Slapchipslagter is almal pikkewyntjies in ‘n punchline.

Louw Bosvark van den Heever en Hanno as Saghel en Fgikkie vang ‘n olifant.

Hanno en Fritz Koning Grondotter is betrokke in ‘n foonoproep wat letterlik in die dood eindig.

David, Jansie, Ansa, Johan en Tainton Grasrasper speel almal I spy.

Hanno en Anne Miniatuur Woestyn Seeperdjie is Mr&Mrs Wong.

Janneman, Nicholas, Oom Piet Veteraan Hottentotsgot en Fritz is troepe en Sersant Hanno wil die eetplan aanpas.

 

Hekels

 

Zandré Raging Rabbit wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek het vergeet my broer bestaan.”

Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Hierdie sterre is veels te romanties vir slee.”

Fritz wil by Marianne weet wat sy bedoel het toe sy vir Janco gesê het: “Arghsdfghjkl.”

Janneman wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek hou van goed in my gesig.”

David wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Wag, los dit julle kan nie dit eet nie dit was op die grond, laat ek dit eet.”

Johan wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê vir Janco het: “Dis okay, roof maar, ek het dit ook al gedoen.

Louw wil by Johan weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek weet hoe om my water te ration.”

Ansa wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Jacques Theron gesê  het: “Erken dit maar, hier’s mense op hierdie toer waarmee jy nie wil slee nie.”

Marianne wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy vir Janco gesê het: “I want you to get whipped.”

Jansie wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Wow wow wow kan ek ook jou sleutel wees.”

Jacques wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Jacques is extremly nice met sy sleutels.”

Johan wil by Eugene weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Hierdie vat nou al my menslikheid weg.”

 

Dag 3

 

Vir die derde agtereenvolgende dag is dit nog donker toe ons wakker moet word. “Gewone” studente slaap laat as hulle vakansie het, maar nie op die BTK nie. En om te dink ons doen hierdie uit vrye wil. Nietemin is ons bly om vroeg aan die gang te wees, want dit beteken ons kom vroeg weg en kan ver stap voor die son ons tref.

 

Die canyon is min of meer dieselfde, maar om elke draai is daar iets nuuts. Soos gister, is hy steeds nou en jy moet jou kop ver agteroor laat sak om die bopunt van die canyon te kan sien. Die rotsformasies slaan steeds asem weg. Jy kan God se hand sien soos hy die klipmure gevorm en vervorm het oor die millennia heen. Daar is oral tekens van lewe – in die plate geel blommetjies met hulle sterk stingels, in die kort boompies en bossies wat plek-plek opduik, in die reiers, pelikane, spreeus en valkies wat verby vlieg.  Dis in die spore van die bobbejaantjies en bokkies, asook die spore van waar die  slange en akkedisse voor ons uit weggeritsel het toe die 30 van ons die aarde laat bewe het met ons aankoms deur die canyon.

 

Minder welkome herinneringe aan lewe rondom ons is in die goggas (steeds onuitgeken) wat aan die bossies hang en op die klippe sit en bak en wat voor jou flitslig invlieg in die nag as jy probeer sien wat jou sleedate jou voer. Dis in die skelette en karkasse wat ons plek-plek aantref en ons herinner dat die Visrivier nie altyd genadig is nie.

 

Die Swawelstroom is meteens op ons en die reuk is nie so erg soos teen gewaarsku is nie. Ons het goed gemotor (soos Oom Piet dit stel) en ons kan vir amper twee ure daar bly. Vir middagbroodjies swem, slaap en skiet ons.

 

Die dag stap aan, ons ook. Kodename word rondgeslinger oor die radio’s en laat almal in hulle omtrek met ‘n glimlag en ‘n skuddende kop. Suzaan Kunga Striker Hobson is basies ons snuffelhond en gids. Sy en haar familie het presies ‘n jaar gelede die Vis gestap en sy word kort-kort oor die radio’s geroep, sodat sy vir Koning Grondotter kan kom raadgee. Dan bestudeer sy en Fritz noukeurig die kaart, opsoek na die beste plek vir ‘n stop, middagbroodjies of kamp. Die canyon word-word wyer en met behulp van uitgetrapte paadjies en pyltjies slof ons oor rivierklippe wat in droë rivierbeddens lê, sandbanke, oor en rondom groot rotse en harde, vasgetrapte grond (almal se gunsteling terrein).

 

By die laaste Gamebreak, dink Duan nog hy trap op ‘n klip, maar toe hy weer sien is al twee sy voete diep in die water en moes hy die res van die pad (‘n volle uur en ‘n half) in sy plakkies stap. Nicholas laat die sweep klap. (Nota: hy het dit self geweef). Nes ons dink ons klaar vir die dag is, lei Fritz ons in ‘n klofie op vir ons eerste shortcut. Party kreun maar meeste stap net voort. Mens kry later ‘n ritme wat jy nie wil verloor nie. En soos die laaste sonstrale die canyon aan die brand slaan, kom ons by ons kamp aan. Daar word eeiindelik ordentlik gepraat (WAT het die seuns aangevang?) en geKoning. Almal ondersoek hulle onderskeie pyne en skete – van stywe blaaie tot bobene, seer heupe en voete en soos altyd – BLASE (Tone Marianne is besag gehou).‘n Massage Garage, oftewel Vryfbedryf, vorm ook so tussen die stokersareas (hoekom was Hanno altyd heel voor?).

 

Maar ons is almal daar in een stuk en dit is immers Wraakaand… met ‘n geniepsige wind wat oudergewoonte waai, hoe dan anders? Dis nie Wraak as die weer nie ook sy wraak op almal neem nie.

 

Items

 

1ste toeris se item is ongelooflik, aangesien daar net vyf van hulle is (wel, drie van hulle is mediese studente, so ons moes nie té verbaas gewees het nie…). ‘n Kort biografie. Sarah Camp is van Durban, was laasjaar in Spanje as ‘n uitruilstudent, dra haar Ouma se staprugsak wat toegeplak is met badges van vorige staproetes en swot medies. Jansie Slabbert dra swaar aan haar familienaam en loop deur onder haar broer, Johan Slabbert, se skaduwee. Eerstejaar mediese student. Ansa van der Merwe kan met Jansie simpatiseer omdat haar identiteit ook oorskadu word met haar broer Loubser s’n. Eerstejaar mediese student. Anchen Bosch, derdejaars aktuariële student, jy ken dalk haar suster, Christine? Laastens, Liv Perkhoff, Regse Meesterstudent vanuit Duitsland wat verlief op Suid-Afrika is, dalk meer verliewer as op haar kêrel…?

Die item:

Rafael die Spaanse surfer het van sy surfbord af geRa-fell en spoel weg in die canyon toe Johan Slabbert en Loubser van der Merwe op hom afkom en hom red. Ongelukkig kan hulle hom nie ook van die Ra-fellende blou-yskas red nie. Anchen is die joernalis wat die storie rapporteer, met behulp van haar getroue Duitse pen.

 

Aan na die oues:

 

Marianne en Fritz en Oom Piet is almal saam op honeymoon (nee wag, Oom Piet is net die herberguur) en dis koouud koud koud in dié hotel.

Nick, Hanno en Johan oorleef nie David en Janneman se Kanooo!aanval nie. Jakes was slim en het vinnig ontsnap.

 

Items het op hierdie stadium bietjie spoed verloor en Oom Piet het dit as ‘n die perfekte tyd gesien om bietjie slee inspeksie te doen. Hy het gevind dat Louw te naby aan sy date gelê het, maar dat Nick en Anne die perfekte afstand uitmekaar was. David is ook amper tereggestel en na Mart-Marié vasgestel het dat Suid-Afrikaanse wette nie hier geld nie, is daar amper daarmee aangegaan. Die uitspraak was toe maar dat dit eerder beter sou wees as Items voortgesit word.

 

David, Ansa en Janneman doen Liggie.

Hanno stel sy toploader (Jansie) en frontloader (Anri) in die boksring voor en dié twee moet dit uitfight sodat ons eens en vir altyd kan weet watter ene beter is. (Ai julle, geweld is nie die antwoord nie).

Liv, Ansa, Jansie en Sarah is almal koppe in Anri se winkel waar Hanno en Marguerite kom aanklop.

 

Hekels

 

Hanno wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy vir Hanno gesê het: “Hanno, jy ruik anders as jy wakker is.”

Fritz wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het dat hy hulle (sy groepie) gaan help, aangesien hy middagbroodjies is.

Hanno wil by Jacques weet wat hy bedoel het toe hy vir Tainton gesê het: “Ek bribe jou om saam met my te slee.”

Hanno wil by Anne weet wat sy bedoel het toe sy vir Mart-Marié gesê het: “Hoekom slaan jy hulle altyd?”

 

Dag 4

 

Ons kon vandag bietjie later slaap (maar ook net 15 minute), omdat ons gister Fritz se ideaal oorskry het en 22 volle kilometers gestap het! Volgens hom sou hy settle vir 18, maar sy ideaal  was 20. Hierdie sketsskrywer was baie in haar noppies met die span se uithouvermoë. Terwyl ons regmaak vir die dag, drizzle dit so bietjie en ons weet vandag gaan koeler wees. Is ons bly?

 

Vandag was een van twee terreine – rivierklippe of ‘n lieflike hard-vasgetrapte paadjie. Behalwe die eerste halfuur, waar ons boulder hopping moes doen. Mens voel ook baie keer ongemotiveerd, want dit voel waarlik of jy heeltyd heen en weer zigzag deur die canyon, asof jy nie reguit loop nie, omdat die canyon heeltyd heen en weer kronkel, soos ‘n derm, en jy nie voel jou verplasing ooit verander nie. Maar die mooi uitsigte was vergoeding vir al die “swaarkry”. Die canyon is vandag nog oper en wyer en ons sien die rivier baie min (behalwe as ons moet kruis), soos ons altyd aan die nouste kant hou en die draaie so klein as moontlik probeer vat.

 

Dit voel of Gamebreak sommer gou is en net soos ons weer wil stap gewaar ons ‘n bobbejaan (dankie vir die skerp oë, Eugene!). Gister het ons perde gesien, so ons voel geseënd met die canyon se groot 5 – soogdiere, goggas, voëls, skelette en mense. Teen die tyd het dit wat die voorsitter uitroep om ons te laat weet dat ons breuktyd amper verby is ook al bietjie verander. Daar moet nou eers geroep word: “Skoene aan!”, voor “Sakke op!” mag gebeur.

 

Vandag voor middagete is die radio’s maar stil, want die eerstetoeriste het hulle bundels uit en lei(y?) die groep in sang soos ons deur die canyon vorder. Ons stemme eggo mooi. Met die breuk voor middagete stop ons langs ‘n sandduin en Janneman, David, Hanno, Louw, Jakobus Missinga Sniper en Tainton skarrel tot bo. En het almal op een of ander manier weer daar af gekom – springend, rollend, duikend … die lys gaan aan.

 

Ons stap aan.

 

Die derde dag se stap se middagete is klaarblyklik die nie-amptelike harewastyd en ten minste vyf individue vaar die water in, kop onderstebo. Groepie 3 smul aan hulle gekaapte Bovril, maar Groepie 1 dring daarop aan dat dit hulle grondboontjiebotter is.

 

Damesskiet word ook oopgemaak en kort voor lank is dit net Johan en Duan van die mans oor en Mart-Marié en Corinne de Koker van die die dames. Die mans wat klaar geskiet is maak ‘n beskermde sirkel om Duan en Johan en Mart-Marié probeer baie mooi vir Duan ompraat (en -koop) met beloftes van lekker sleepille en skoon hare. Sy gaan selfs so ver om hulle lankstaande kennisskap te probeer uitbuit. Op die ou end laat die mans hom los en daar trek hulle, Duan vinnig ver voor. Tot Corinne se geluk het sy op daardie stadium presies uit dameskamp gestap gekom en mens sien net hoe die toiletpapier deur die lug vlieg in ‘n wapper soos Corinne enige en alle onnodige gewig onstlae van raak om agter Duan aan te hardloop. Tot Mart-Marié se ongeluk was die interception ‘n sukses gewees en moes sy oorwonne terug kamp toe stap . But all is not lost! Johan het vir haar ‘n hopscotch getrek waardeur sy toe moes spring, om by hom uit te kom. Nou het almal sleedates!

 

Ons stap aan en op ‘n stadium beland jy agter ‘n paar mooi kuite, wat jy nie kan help om heeltyd na te kyk nie, want jy is moeg en jy moet tog immers kyk waar jy loop en jy’s amper te bang om te weet aan wie dié paar kuite behoort, want jy’s bang ás jy weet wie jou hart so vinnig laat klop (of was dit net daai oopdraandetjie so vyf minute gelede?), jy tamatierooi sal bloos as julle by die volgende break weer in mekaar se oë kyk.

 

Marguerite Baby DW, Jansie en Ansa probeer vir Fritz oorreed dat daar ‘n beter comeback as “jou gesig” moet wees. Fritz trek sy skouers op en sê: “Fine, as julle een kry dra ek julle sakke tot by daai dag se kamp.” Jy moes sien hoe die rook tóé trek soos hulle dink. (Spoiler – Fritz hoef nooit hulle sakke te gedra het nie.

 

Op ‘n heel ander noot, het ons sommer 15:00 al by ons kampplek vir die aand gestop. Fritz se verduideliking was dat dit of daar was, of twee ure verder. Almal wat iets wou sê oor die vroeg stop het baie vinnig aan verskonings gedink oor hoekom dié kampplek tog gepas was. Ansa kry ‘n oogoperasie na haar karkatjie ontsteek het, en ons in-house-surgeon is sommer Oom Piet (die ergste besering op die toer en dit het nie eens iets met stap uit te waai nie). Daar word op die harde sand Ultimate Frisbee gespeel, Marguerite hou haar lyf komentator en Nicholas klim ‘n hoogtetjie uit en laat weer die sweep klap, maar die keer is die eggo’s meer indrukwekkend en die kamp raak oombliklik stil om te luister. Op ‘n ander hoogtetjie sit Sarah, Anchen, Liv en Anne en sing verder deur die bundel. Hulle het op ‘n stadium by Magaliesburgse Aandlied vasgesteek, want Liv wou bitter graag die lied leer.

 

Met stook kom die damesskiet outfits ook te voorskyn en daar word eers op die oewer ‘n parade gehou (meer die fotograwe wat dit aanvra, maar dis minder belangrik). Na ete is dit al donker genoeg om behoorlik sterre te kyk en almal lê in Tetris formasies een op die ander se mae en bene en kyk boontoe. As ‘n kopliggie verbystap word daar vir hulle geblaf tot dit afgeskakel word of die onskuldige siel senuagtig wegskarrel. Elke nou en dan hoor jy net “Ooh!” en “Aah!” en “Ag nee, daar mis ek dit weer!”, dan weet jy daar was ‘n verskietende ster. Dit was maar moeilik om die toeriste in die slee te kry, al wat hulle eintlik wou doen was sterre kyk.

 

Items

 

Die biggest baddest item, die een wat nie vir ninnies of die-wat-nie-fiks-is-nie is, die een waar jy jou staal as BTKaneres kan wys… met kanniedoders soos Chelaine, Anne, Mart-Marié, Anri en Suzaan. Ek bied aan julle… Big Mama Jill!

(Dit was ‘n sukses, selfs na Janneman en David hulself ook kom deelmaak het van die item)

Janneman, Fritz kom doen vir ons Hans en Mans

Anri, Tainton en Janneman kyk wie die meeste praat.

David en Janneman soek ‘n bacontree en kry dit in hul skaduwees. Sarah ambush hulle.

Louw en Hanno vier Nelson Mandela dag.

 

Hekels

 

David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “My woord beteken niks.”

David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Kan ek jou groepie join want David het my groepie gejoin.”

Fritz wil weet wat iemand bedoel het toe hulle gesê het: “The Misinga Striker has the shot.”

Johan wil by Anchen weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Passop vir hom, hy’s los.”

Fritz wil weet waarna klip verwys? ‘n Mens of ‘n klip?

Fritz wil by Baby Slab en Baby DW weet wat hulle bedoel het toe hulle gesê het: “Daar’s definitief ‘n beter comeback as ‘jou gesig’.”

Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Suzaan gesê het: “Vannaand wys ek jou hoe slee ‘n homeschooled kid.” En shame, toe vat Chelaine nog sy enigste geselskap met haar lange item.

Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “My skoolloopbaan.”

Ansa wil by Sarah weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “The BTK people are very dramatic.”

 

Dag 5

 

Daar’s sommer al in die eerste tien minute ‘n shortcut, wat net die tweede helfte van die groep gekry en gevat het. Die res moes toe ‘n bietjie van ‘n langpad oor die vlakte vat om by die “regtes” aan te sluit. Die son kom toe juis op daardie oomblik op oor die koppie waarop ons staan en wag, en dit is toe ‘n gulde geleentheid vir ‘n groepfoto, nevermind die premature blindheid wat ons opgedoen het nie.

 

Die res van die dag word gekenmerk deur al die kortpaaie (ons sien die rivier regtig baie min) en ons stap oor ten minste vier nekke en twee vlaktes. Mens wonder wie die blink plan gehad het om dié canyon die Visrivier canyon te noem, want daar’s maar bra min rivier, en as daar is, is daar ook nie veel visse by betrokke nie.

 

Maar voort stap ons.

 

Ons speel ook lekker met eggo’s, noudat die canyonmure soveel verder uitmekaar is. Een nadeel van ‘n wye canyon is dat daar nie baie skaduwee is nie, so die sweet tap maar van ons af. Al genade (en ons nuwe beste vriend) is die windjie wat ons met tye kom koud waai. Is dit hoe die Dorslandtrekkers gevoel het?

 

By ‘n breuk het Hanno, Janneman, Oom Piet en Louw die graf van Tweede Luitenant Thilo von Trotha gaan besoek wat ‘n entjie weg was. Maar omdat dit ‘n Duitse offisier was, was die bewoording bietjie anders as op ons Suid-Afrikaanse grafte.  Louw wou weet waarvoor die GEF op die graf staan en Hanno antwoord hom toe met: “Gebore en Gevrek.”

 

Ons sien vir die eerste keer ‘n vaste (moderne) teken van menslike aktiwiteite in ‘n sement laagwaterbrug en Die Huisie, waar dit definitief spook, as mens luister na daardie deur wat so in die wind kraak (En dan sal Fritz ons nog daar laat rus ook). Kort na dit het ons middagbroodjies op plat klippe wat in die rivier lê, met diep poele perfek vir swem, waar meeste van ons sonder huiwering by inspring. Party bellyflop sommer.

 

Dit was nie veel verder tot by die kamp nie. Meestal omdat ons al amper by Ai-Ais was, maar ook omdat ons baie seer was. Tussen al 30 van ons het elke liggaamsdeel gepyn. Die lyn vir Ultimate Frisbee is getrek, daar is gespeel (dit is klaarblyklik baie terapeuties om dit na ‘n lang dag se stap te speel) en die’s wat wonder bo wonder nog energie oorgehad het, het die sandduinheuwel agter die kamp uitgeklim.

 

Met die oopmaak van skiet, wou Nick vir Dané skiet, maar is deur Louw intercept na dié vir Nick uit die weg tackle. Nicholas volg toe Louw se voorbeeld en probeer vir Jansie intercept, na Janco haar begin jaag. Maar aangesien Nick nog nooit ‘n dag se rugby in sy lewe gespeel het nie, is hy nie so bekend met tackle nie. Hy spring toe maar eerder op Janco se rug, “rather pathetically”, om die woorde reg uit die perd se bek te neem. Maar het dit gewerk?

 

Die telling van mense wat nou al teen die rivier verloor het met die oorsteek daarvan staan nou al by: Duan, Anne, Janneman, Louw en Fritz, wat almal met nat voete uit die stryd getree het.

 

Die aand is lekker (bietjie winderig), en die vreugde vure het (letterlik) begin brand (ons het ‘n woestyn kampvuur aangesteek), omdat die ons laaste aand in die canyon was. Dit was bondelstook (of stokerskakel, watokal jy verkies) en slee was soveel meer informeel, met almal wat rondom die vuur sit. Die guitar het êrens in ‘n hoek saggies gespeel, grappies is uitgeruil, die fotograwe het die sterre probeer vasvang en hout is kort-kort nadergesleep om die vuur aan die gang te hou.

 

Hekels was sommer eerste en toe Items begin, was daar ook nie veel van hulle nie.

 

Hekels

 

Janco wil by Jansie weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Jakes lyk soos ‘n Disney karakter.”

Louw wil by Jakes weet wat hy bedoel het toe hy vir Janco gesê het: “Moet dit nie op Marianne se kop uitgooi nie, sit dit in my mond.”

Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Hoe groot is hierdie gat in my broek? Mens kan lekker speel deur hierdie gat.”

Louw wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Nee, dis nie so groot nie.”

David wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek het niks vandag gesê nie.”

Hanno wil by Dané weet wat sy bedoel het toe sy vir hom gesê het: “Ek sal met jou slee.”

David wil by Ansa weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “As ek ‘n meisie was.”

Jacques wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy vir Eugene gesê het: “Persoonlik verkies ek dat jy jou tande borsel.”
Hanno wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy vir Chelaine gesê het: “Suzaan jy was so goeie sleutel, dankie.”

Fritz wil by Chelaine weet hoe sy ontevrede met Slaptjipslagter kan wees?

David wil by Janco weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek is ‘n cheater.”

Fritz wil by Duan weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek het nie ‘n lekker middagslapie gehad nie.”

Oom Piet wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Hoekom is hier nie wors by hierdie vuur nie?”

Marguerite wil by Fritz weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek voldoen aan al die vereistes van voorsitter behalwe die fisiese een.”

Dané wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Net soos ek nou vir Tainton gaan tackle,” maar net daar omgeval het.

Jakobus wil by Hanno weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Hoekom sê hy sulke goed om gehekel te word?”

Anne wil by Johan weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ek gaan nou vooruit loop en dink wat ek nie is nie.”

Jakobus wil by Suzaan weet wat sy bedoel het toe hy gesê het: “Sewe goed wat elke huisdans date moet kan doen.”

 

Items

 

Die eerste toeriste is almal aan die Taste Test onderworpe.

Hanno, Janneman en David praat almal oor en met ‘n klip.

En ons kry die geskiedenis van die Makkepan. Ek hoop iemand het dit neergeskryf.

 

Dag 6

 

DIE LAASTE DAG (in die canyon)

 

Ons is weer lekker vroeg op en vinnig weg, want Fritz wou blykbaar uit.

 

Om jou ‘n aanduiding te gee van hoe kort vandag se pad eintlik was – Gamebreak was na 5km, oftewel ‘n uur se stap, en ons het Ai-Ai’s ‘n uur en ‘n half later getref, oftewel 5,5 km.

 

Soos die swawelbronne van die tweede dag se stap is Ai-Ais ook skielik op jou. Jy stap nog lekker langs die pyplyn af, die rivier wat diep langs jou lê, jy tref die dam en die toring, op by ‘n wal klippe, vasgepak met ogiesdraad (die pyle en bemoedigende woorde wat jou belowe jy’s amper daar) en dan wil jou bene ingee want die oord lê skielik daar voor jou in sy volle glorie van groen grasperke en skaduryke palmbome en ‘n restaurant en winkeltjie wat alles het wat jy op daardie oomblik kon begeer – koue, vars water waardeur jy kan sien, enige tipe gaskoeldrank onder die son, suikerryke sjokolade wat nie na vyf dae se stap al drie keer gesmelt en platgedruk is nie en ‘n yskoue biertjie vir die’s wat dit geniet. Almal help hulself tot iets en gaan lê dan in die skaduwee, uitgespan, en wag vir verdere instruksies.

 

Gentleman’s Challenge geskiet ook en ons wenners is soos volg: Johan in die eerste plek, Janneman kort op sy hake, Zandré derde, Jakobus en Jacques onderskeidelik vierde en vyfde en dan die res in ‘n bondel agter hulle.

 

Dan is dit af swembad toe, waar almal eers elkeen ‘n privaat oomblik van lekkerkry het soos hulle in die warmwater intree. Al die ander gaste wat reeds op die oord is gaan stuk-stuk terug na hulle chalets toe soos die BTK die swembad beset (hy het sekerlik van kleur verander van al ons stoflywe). As die mans nie menstorings bou nie, swem hulle gesinkroniseer (Dankie Hanno, Oom Piet, Janneman, Jakobus en Louw vir daardie Olimpiese gehalte vertoning), of skiet almal in alle rigtings opjaag na ‘n slee date.

 

Middagbroodjies gebeur 13:00 op die gras en tussen toe en 15:00 het almal in verskillende posisies uitgestrek en uitgepass. Toe die bus gelaai is en ons die droë vallei uitry terug Amanzi toe, het ons weer bewusteloos geraak.

 

By Amanzi het almal die warm storte benut en net weer alles staaadig gevat. En soos die son vir laaste keer vir ons oor Namibië sak, guitarklanke in ons ore asook die gedruis van Louw se stofie, kon ons terugkyk op ‘n ongelooflike toer in hierdie 90ste bestaansjaar van die BTK.

 

Janco het op sy ysterperd (wat hy heelweek by Amanzi gepark het) op ‘n tog gegaan om hotdog rolls te gaan soek, maar moes ongelukkig met leë hande terugkeer. Dus kon ons toe nie weer braai soos die eerste aand nie en moes toe “maar” tunapasta eet, wat ‘n volle R13,50 pp goedkoper uitwerk.

 

Dis lekker gesellig rondom die potte. Toe sleetyd aanbreek wag ons vir ons urn (wat Amanzi vir ons vir die aand geleen het) om te kook. Daar was eers te veel water in die ding en die wou toe glad nie eens aanskakel nie. Na daar bietjie uitgetap is, het die ding maklik gevat. En toe skuif almal van die potte af, waar hulle gewag het vir die kos, rondom die urn soos hulle wag vir die water om te kook vir hulle tee en koffie.

 

 

Items

 

Jansie en Marguerite werk in die tandepastafabriek en Chelaine is die slawedrywer baas.

Al die eerste toeriste vang ‘n veltie.

Chelaine is Fritz se gedroggie en Anri, Jakobus en Marguerite is almal seker hulle kan die gedroggie hanteer. Maar toe kan die gedroggie nie vir Marguerite hanteer nie.

Janneman en Louw eet uit en Hanno bedien hulle.

Almal wil Breinchirurg Johan oor die kop slaan tot Rocket Scientist Nicholas daar opdaag.

Dané en Janneman is in ‘n dierewinkel en daar’s ‘n papegaai by betrokke.

Louw wil ‘n sewedag kameel koop en Hanno wys vir hom Eugene, sy modified beast.

Louw is ‘n kroegman wat nie vir eendjie Janneman of David King Julian wil bedien nie.

En, oplaaas: Kaptein. Die rolverdeling is as volg: Janneman, Eugene, Jansie, en Oom Piet.

 

Hekels

 

Tainton wil by Marguerite weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Ek aanvaar ek’s verkeerd, maar ek’s reg.”

Fritz wil by Jakobus weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Jy gaan op die straat opeindig.”

Janneman wil by Louw weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Alles van jou moet in die lig wees voor jy aan hom raak.”

Jansie wil by Marguerite weet wat sy bedoel het toe sy gesê het: “Jakes se gesig lyk amper soos ‘n hondjie, nee ‘n muis.”

Eugene wil by Mart-Marié weet wat sy bedoel het toe sy vir hom gesê het: “Ek’s maklik soos dit.”

Ansa wil by Oom Piet weet wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Ansa, dit gaan glad nie meer seer wees as ons dit oopmaak nie.”
Eugene wil by Ansa weet wat sy bedoel het toe sy vir Hanno gesê het: “Moenie vir my kyk nie, jy gaan ‘n oog infeksie kry.”

 

Dag 7

 

Ons is (wait for it), weer op voor die son opgekom het, na ons nie té lank kon slaap nie. Was dit kwart oor drie vir die stokers en half vier vir die res, vyfuur ry die bus? In elk geval, na ons oor die grens is (en iemand wou weet of die grens daardie tyd sou oop wees), het ons almal verder op die bus geslaap. Seweuur in Springbok, waar al plek wat al oop was die Engen se OneStop was. Die pies is binne sekondes uitverkoop, die “health” muffins ook. Aan na Klawer, waar ons teen daardie tyd al almal weer wakker was en meer mens was.

 

Terrash was op Piketberg se Spur, waar, aangesien daar net vyf eerste toeriste was en almal van hulle dames, daar nie soos oudergewoonte ‘n burger challenge was nie, maar eerder ‘n milkshake challenge. Jansie het as wenner uit die stryd getree met ‘n allemintige 1:21. Toe kon die res van ons ook aansit. Iemand was klaarblyklik baie haastig om terug in die Bosch te kom, want, die een keer wat Fritz nie vir almal sê om seker te maak dat hulle maatjie saam met hulle op die bus is nie, ry die bus vir Mart-Marié weg. Ons het so amper ‘n skoon rekord gehad…

 

Nietemin, na die stop in Malmesbury waar die Smits en die een Van Heerden afgelaai is, het ons wel veilig in Stellenbosch aangekom – wat natter was as toe ons daar weg is. Nog ‘n toer is verstreke is gesing en toe kon ons almal uitmekaar spat. Party vir die leer en skryf van daardie irriterende her, ander huis toe om net te gaan afskakel, of ander selfs om verder te gaan werk (thesisse meestal).

 

Tot die volgende een, tot die volgende keer!

– Mart-Marié Serfontein