GALA 2023

GALA 2023

Arniston – Gansbaai

(oftewel Uilkraalsmond; ons het net met ’n bus deur Gansbaai gery!)

Skets deur Martine Odendal

Dag 1: Gebreekte bus en so

Met genoeg tyd om nog die oggend te pak, sleelekkers te koop, ’n laaste Neelsie-ontbyt in te werk, en vir die voorsitter om sy fluitjie te vergeet, is daar ’n ordentlike vakansiegevoel in die Neelsie parkeerarea. Omtrent 100 BTKners trek saam rondom die twee groot busse en bestudeer onderlangs hulle Gala-rolle op die uitgedeelde papiere. Na die kringetjie en gebed trek die busse weg uit Stellenbosch, en die eerste stop is om nog twee stappers op te tel by Peregrine. Die tweede stop was bietjie onverwags in die middel van nêrens en met niemand om op te tel nie. In die voorste, volste, nie-aircon-bus het party net gehoor dis omdat die busdrywer warm kry, ai, as dit nou maar net so was, né. Die nuus is toe gebreek dat dit die bús is wat warm kry, só warm dat hy nie meer verder gaan ry nie. Na LT se “bus-hopping” het een bus solank Caledon toe gery om solank vir arme Geooffrey langs die pad te kry en sodat klomp studente basies die Fresh Stop oorneem. Die werkende bus het toe teruggery en die ander verlorenes langs die pad opgetel sodat húlle die Fresh Stop ’n tweede keer kan oorneem. Middagbroodjies word solank op die gras gemaak en die geriewe van badkamers, gekoopte koffie en snacks word waardeer. Die groep van die aircon-bus het in tussentyd gelam by Waenhuiskrans se kampterrein en middagete daar gemaak terwyl daar gewag was vir die eerste bus om aan te sluit. Met almal toe bymekaar het Matthys en Renee gedemonstreer hoe skiet werk, en stof is opgeskop soos wat hoede by mekaar gegryp word. Party het met sonsondergang gaan ‘dip’ in die warm see, en die geel volmaan het soos ’n gloeilamp bo ons gehang vir die res van die aand. Vir aandete moes die stokers daar veeeer gaan snoek braai, en die kokke het besluit húlle gaan die stokerspakkies aantrek. Na die heerlike snoek, patats en knoffelbrood, het almal reggemaak vir die eerste slee van die toer. Die eerste toeriste lag so effe vreemd vir LT se diep gedig as sterwende bok. Mario en Luigi het ook te verskyn gekom op die rivier, en De Wet en Petri was in ’n bar in Prieska. Met PF, Inge, Ruvé, Franna, Attie, Jacobus en ’n hond soos Wian op ’n vliegtuig, kan jy net die chaos indink. Die ouens se aand sluit wel nie af na die Magaliesburgse aandlied nie, want teen 2-uur die oggend is daar ’n security guard in volle uniform en sy geweer wat vir hulle staan en kyk. Waenhuiskrans is seker maar nie gewoond nie.

 

Dag 2: Waenhuiskrans

Almal was heel verlig toe daar so onder mekaar uitgevind word dat dag 2 wel nie die 22 km gaan wees waarvoor almal gevrees het nie.

Na die stokers se “opstaaaan, dis ’n heeeerlike dag!” begin die eerste stapdag op Waenhuiskrans. Sommige mense het toe al teruggekom van hulle vroeë swemsessie af, en teen oppaktyd breek ’n onverwagse reënbui uit. Herculine is ons verjaarsdagmaatjie, en reën of te not, sy moet gepos word.

Ons begin die stap na Waenhuiskrans se bekende grot toe, en staan daar omtrent in ’n ry om een vir een in te gaan. Binne neem ons ’n groepfoto en is weer op pad uit om die res van die dag se stap af te lê. Ons loop seelangs terug teen die strand en aan die gesels. Met game break is die weer nog nie té lekker dat mense al swem nie, maar wie het dit nodig as jy Rosa se kuns kan bewonder en soos ’n koor “oeeh en aaaahh”?

Middagbroodjies was op Arniston se hoofstrand – en hier word geswem. Baie eerste toeriste word bewus gemaak van die uitkykkring, en stap dan terug met ’n afkyk grond toe, ’n senuweeagtige laggie, of met ’n kyk van ongeloof – waarin het ek nou net myself bevind?

In die bus het die stappie sy tol geëis en meeste mense vat ’n middagslapie totdat daar by Struisbaai se kampterrein ingedraai word. Met ’n STUK wind is die tente opgeslaan en meisies wat in dié tyd rustig probeer lê en slaap op hul sakke is so 3 keer weggejaag deur hooftentopslaner PF. Met die wind wat effens beter raak en die son wat agter die wolke kop uitsteek, was dit tyd vir die BTK om te wys hoe fiks ons nou eintlik is met 2 afsonderlike drafgroepe – I mean die BTK Tinder moet darem aktief gehou word. Die res het gaan draairoomys soek in Struisbaai en party het winkels toe gestap. By die kamp is daar gelam en sokker, kaartspeletjies, Spikeball en frisbee gespeel, en ’n paar brawe swemmers het die see aangedurf. Aandete was heerlike nachos, en vermaak verskaf deur Wesley wat op Attie se skiet-poging intercept. Om aaitems te begin het Petri en Drian het gesorg dat ons plat lê van die lag aangesien Frikkie akrobatiese pote gehad het wat nie mooi kant toe kon strek nie. Drian het meer gelyk asof hy gaan duik eerder as wurg met sy manier van ’n olifant opklim. Dankie tog vir die slee wat namens Frikkie kon eggo want Frikkie het maar gesukkel om sy samewerking daar ook te gee. In die dokter se spreekkamer het Wian ’n kopseer, Attie ’n hoesaanval met ietsie soos ’n twerk daarby, Jeandre ’n ruk en pluk en stamp-van-die-stoel-af aanval, en PF het ’n hoendersiekte. Wian het omtrent geskop, skrop, en twerk-hoes van siekwees. LT het vir Stefan, oftewel Stefani, gehad om te sê Pappie gaan nêrens nie, Pappie bly net hier. Na ’n goeie aand se lag, kom die “nag, dames” van oom Francois.

Dag 3: Die eintlike stap van Gala

Dit het bietjie bewolk begin, en toe trek dit oop op Struisbaai. Dit was ’n lang stapdag wat voorlê so na Weet-Bix en oggendbroodjies was dit vinnig tente afslaan en bus pak voor ons Agulhas toe ry, en natuurlik eers vroegoggend-swem vir sommiges. Daar is begin stap by die ligtoring, met mense wat hier en daar opbring “ek dink ek was al hier, soos in die laerskool?” Ons kom by die Suidelikste punt van Afrika waar dit natuurlik weer tyd is vir ’n fotosessie. PF vrywillig homself om te kyk of jy wel ’n ou is indien daar onsekerheid is of jy in die ouens se foto hoort. Vinnig word die fluitjie weer geblaas vir Stapnou!, want die hele roete lê nog eintlik voor. Kort-kort in die stap sit iemand sonroom aan of haal ’n waterbottel uit soos die somerson begin bak. Op die klipstrand sit die kaalvoet stappers maar moeilik voete neer, tot Game-break langs die strand gehou word. ’n Sokkerbal word benut tussen die ouens, en twee uitkykkringe werk vlot soos wat eerste toeriste probeer inbeur en weer uitgespoeg word. Franna kry ’n lucky shot waar selfs Faf se eers lewende en toe dooie vis handig gepas gekom het. Na die lekker luiword het ons verder aangestap verby die moooiste klein strande, waarby Jacobus sommer gou duik in die een baai. Party kies die roete teen die rotse om ’n paar skulpies op te tel, soos opgewonde Maya en Carmen wat teen die einde van die toer steeds hul skulpe kon wys. Middagete-tyd langs die see breek aan, en party stap eina-eina die klipstrand af na ’n lekker rowwe see met baie sand en malende klippe. Op ander stappe in die bos kry jy krapmerke op jou bene as battlescar-bewyse – op gala kry jy bloukolle op jou bene van die klippe wat teen jou vasslaan in die see. Stuk vir stuk daag die wat geswem het op langs die middagbroodjiesirkel, want ja, hongerte is beslis teen die tyd ’n faktor. Met gevulde mae en luilekker gelê in die son, word stap oor 7 minute aangekondig (altyd sulke vreemde hoeveelhede, nooit ’n 10 minute nie!). Met almal reg om te begin stap, word skiet oopgemaak en sand word opgeskop soos wat daar af in die jeep track gehardloop word – die klippe word so ver moontlik vermy. En dan die klassieke verskynsels na skiet: Roné is nog op soek na ’n plakkie wat gevlieg het, en almal kyk en cheer soos wat Tanya en Wesley net ewe skielik begin hardloop.

Die stap begin en ons draai weg van die see af binneland toe met ’n sanderige jeep track waar 100 rye BTK-spore gelos word. Die sandveld is mooi, maar die somerson is warm. Beskawing word uiteindelik opgelet en ons stap weer tussen die huise deur totdat die twee groot busse gewaar word. Almal maak waterbottels vol by die badkamer, en toe word die busse weer volgemaak vir die pad Uilkraalsmond toe. Op die aircon, nie-stukkende bus was daar redelik geslaap en gerus na die dag se stap. Op die nie-aircon, reggemaakte bus, was die sangbundels uitgepluk en ’n Afrikaans classics sing-off is gehou tussen onder andere LT en PF aan die een kant van die bus teenoor Franna, Mareli, Mila en almal wat agter gesit het! Attie was so bietjie van ’n draadsitter tussen die twee kante 🙂

Aangekom op Uilkraalsmond, word tente opgeslaan om die minste wind moontlik te vang, en eerste toeriste kom bymekaar, want vanaand is die aand. Ou toeriste is vermaak deur Barbie en Kenough op tv in die konsert, met advertensiebreuke wat omtrent iets van alles wys. LT mis die beste lyn en ou toeriste frons, maar die res word verwelkom en is net dankbaar hulle het dit oorleef. In verdere aaitems word Frederick sonder klere gelos as Mr Price, en Stefan word onverwags hárd ge-blou yskas deur Franna. Nag, dames.

Dag 4: BTK-Sondag

Oftewel, die Spikeball-dag. Dit is weer tyd vir die jaarlike gala Open en na ’n laat en rustige oggend kan spanne gemaak word vir die toernooi. Die stof staan soos Spikeball gespeel word met toeskouers onder die bome ingepak op die heerlike somersdag. Die semi’s breek aan waar LT & Jacobus vir PF & Faf wen; Franna & Frederick wen vir Stefan &Attie. So die finaal is die Diepsleekonings vs Spykerbal. Dit was eers gelykop met 1 set elk, totdat die Diepsleekonings die laaste set 11-9 wen, en LT se lewenslange droom waar word.

Na die spikeball word alles-in-een-dis-dis geëet vir middagete, en “nee, Marlize sal nie nou skiet oopmaak nie, want daar is mos nog goed wat die middag moet gebeur” hahaha. Dames hardloop wyd en syd, want die ouens is nou nie juis volop nie.

Die Voorsitter praat al heeldag van BTK “verrigtinge” en tradisies wat die middag gaan plaasvind, maar niemand het gedink dit gaan pushups insluit om by ’n poeding uit te kom nie. Die instrukteur het ook nie dit saam gedoen nie, en dit was meer oefening as strek om plek te maak in die maag. O en dankie aan Retief wat die klaende meisies gou-gou stilgemaak het met ’n one-handed pushup. Lizé staan baie trots heel voor in die poedingry, met De Wet wat net staan en glimlag langsaan toe die tafel omgevat word agtertoe. Na poeding is die mae vol en ’n paar maak ogies toe onder die skaduwee; die res is af see toe. En die Spikeball word weer saamgedra, glad nie asof ’n hele toernooi die oggend plaasgevind het nie. Almal wat netjies uitgevat is word stuk-stuk afgeneem voor sonsondergang. Want net mooi as Oskar reg is om die groepfoto te neem, kom nog iemand aangedrentel in BTK-tyd.

Die aand het Oom Francois vir ons ’n stukkie uit die Bybel gelees, waarna Graham met kitaar worship gelei het. Die saamsing onder die sterre en die voorreg om die Here se naam saam te prys was spesiaal om net weer te besef hoe geseënd ons is. Met aaitems is Frikkie en Sarel sommer by die see om ’n walvis te kry vir die kolonie. Troepe is lank en interessant, waar Jacobus in sy slaapsak gaan wegkruip en Wian sommer inkom as ’n prop. ’n Nuwe aaitem van ’n groepie swemmers en hulle gekoördineerde tonepunt-bewegings beindruk almal. Nog ’n dag is verstreke.

Dag 5: Uilkraalsmond – Pearly Beach

Op ons laaste stapdag loop ons al langs die see tot in Pearly Beach. Party se tekkies word sommer al in Uilkraals uitgetrek toe ons begin met ’n lagoon wat deurgestap moet word. Dis ’n mooi stap langs die strand, en ons middagbroodjie in ’n winderige Pearly Beach. Die wat broodjies gemaak het neem die lifeguards se hokkie oor en vir die van julle wat nie weet nie, die brood is met skulpe of met die hand gesmeer, maar heerlik soos altyd, dankie Middagbroodjies! En toe is skiet ook nog oopgemaak toe al die middagbroodjie girls in ’n kringetjie sit op ’n baie onideale hardloopplek, dankie LT.

Met die wind swem niemand swem eers nie. Behalwe Cat wat tydens skiet besluit hardloop is nie genoeg nie – sy is lus vir duik. Dit moet die ouderdom wees – sy’t daardie dag 20 geword in goeie BTK-styl.

Ons het gou weer by kamp aangekom, en toe is alles windverwaaid. Ouens help tente weer opslaan en res lam net onder ’n boom uit die son en wind uit. Die moegheid het gehang oor die kampterrein en meeste het koers gesoek na ’n boom toe, met matras of slaapsak in die hand, reg vir ’n middagslapie na 5 dae. Voorsitter het roomys aangebring, en met die dat meeste geslaap het kon ’n paar gelukkiges sommer 2 kry. Franna se kontakte het gesorg vir 3 toevallige biere vir 3 toevallige ouens toe hulle gaan vleis optel by ’n tannie se huis. Die BTK het gesorg dat Uilkraals se coffee shop ’n behoorlike boost gekry het, want ten alle tye was daar ’n groep wat ordentlike koffie wou hê, koek wou eet of net daar sit by die ander, want FOMO is nogal ’n ding.

Teen laatmiddag het die wind bietjie gaan lê en ’n intense volleyball game was aan die gang – Taylor, Franna, Marietjie, Jacobus en Attie was soos last man standing en basies almal wat opkom se kompetisie.

Die aand eet ons flippen lekker pasta en slaai – Roné was op haar stukke en het met krag daai pak maalvleis in ’n pot gekry.

Dit was kosbaar om te sien hoe die BTk oor jare gemis en gekoester word, met Fred en Martin wat by ons aansluit tydens die sokkie. Almal het fone uitgepluk om die insanely mooi sonsondergang af te neem wanneer ’n blaaskans nodig is, en dan sokkie jy maar weer aan! Toe die son sak en niemand meer kan sien waar om te dans nie, trek Faf sy kar nader – en die setup is soos Catwalk, net buite.

In slee is Fred en LT Vriendinne wat ontsteld is oor daar nie ’n Plato is nie en “blykbaar is die BTK nou net Burnt” want soos Fred sê “I mean Vriendin, ek was mos heeltyd op die toer”. Die vriendin gaan omtrent aan oor die voorsitter, “as hy daai fluitjie so swaai en blaas”, en die sekuriteit wat verbyry kyk snaaks na dié twee in hulle wifeys. Booi soek ’n nooi word aangebied deur Drian, met ’n hele paar baie spesifieke kandidate wat Burnt klere moet wys en eers by ’n ander universiteit moes swot. Drian en Wian doen rondte 3 van Sarel & Frikkie, en gaan nog groter as die walvis die vorige aand – en natuurlik, wie is dan so groot soos die Voorsitter – “wurg hom, Frikkie, wurg hom!”Nog ’n oud-BTKner, Marguerite, het by ons aangesluit en die tradisionele BTK konkoksie vir die brawe siele laat proe. Mmm, niks so lekker as om Pieter se groottoon voor jou te sien as jy die blinddoek afhaal nie. En natuurlik word daar ge-kkkaptein om die aand mee af te sluit.

Dag 6 – Kostent-skuiling

Die oggend is nat en die reën hou aan drup. Deur die nag het die reën gesorg dat party meisies bietjie nader aan mekaar skuif en ander maar bus toe hol. Die stokers sing dié wat nog snoesig in tente lê vir oulaas wakker met ‘Country Roads’. En oggendprosedure: hardloop kostent toe. Op ’n slag was daar 45 mense in die arme kostent wat uit die reën staan om op die laaste oggend saam ontbyt te eet. Ons wag en wag en wag vir die reën om op te hou, en begin toe eventually tasse laai en tente afslaan, alhoewel alles klaar nat is. Die met hulle eie karre begin stuk vir stuk ry en gegroet, almal nou op hulle eie paaie vir vakansie.

’n Kring word vir oulaas gemaak, en Thalia, Wesley, Henco, Kerryn, Anais en Arenda wat maan toe gaan, deel hulle kosbaarste tye saam met die BTK. Henco sê van ál sy toere was gala beslis sy lekkerste!

Ons stop by Hermanus se mall vir terrash, en na bietjie stoele bymekaarmaak en almal insettle was die roeiers nie juis baie lus om te roei nie. Henco en Frederick het sommer slow-mo afgeskop  – wou hulle miskien hê ons moet hulle dop hou soos die aaitem?

So die ouens was biejie shocking, maar Anwar was nog steeds die wenner en reg vir sy tweede burger. Stuk vir stuk het die kos en koeldranke aangekom, soos selfs die oom in die pad geskree het “Ek’t nog nie koeldrank gekry nie!”

Na die wag vir tipiese studente wat eers McDonald’s roomys gaan koop of Christmas shopping in Checkers en Food Lovers doen, vertrek die twee busse uit Hermanus op pad Stellenbosch toe, waar almal koebaai sê voor die lang somervakansie wat voorlê. Die vakansie is wel op ’n baie goeie noot afgeskop. Nog ’n toer is verstreke van die ou BTK!

Weskus 2022

Weskus – September 2022

 

Dag 1: Slee? Nee net seile vannaand…

Dis 4 September, toetsweek is verby en die week lange recess is net genoeg tyd om die Weskus se ongerepte mooi te gaan verken. Onder die brug in Merriman is daar die bekende geskarrel voor ‘n toer. Groepies word ingedeel, groepieleiers word ingelig van hul take, party is effens geskok met die skielike opgradering in hul rang, en kos word verdeel. Kort voor lank is almal se sakke ‘n paar kilos swaarder en die bus word gelaai en die rit na die Weskus begin.

Die bus is stil in die oggendure, met die ingeneurs and BRekkers wat hul verlore slaap van die afgelope week probeer inhaal. Hier en daar word ‘n fluister stem gehoor, en die opkoms van die son word die fluister al harder. Marietjie en Michaela ontwaak en nou is fluister iets van die verlede. Die bus is nou ordentelik aan die gesels, nuw maats leer mekaar ken, oues vertel die nuutste nuus aan mekaar en die twee Duitsers word hartelik verwelkom by die BTK.

By ‘n vulstasie word daar vining gestop, vir koffie en bene rek. Terug op die bus en nou is almal ten volle wakker, die boskie 30 seconds word uitgehaal en met ‘n mengelmoes van Afrikaans, Engels, handgebare en gesange word daar probeer verduidelik oor en weer die sitplekke. Met die speletjies en gesels word die lang pad kort en voor on sweet draai die bus af op ‘n grondpad na die nasional park waar ons roete begin. Dis egter nog ‘n hele entse ry, maar die busdrywer skrik vir niks en ry met ‘n snel spoed oor die grondpad.

By ‘n kampterrein waar ‘n paar verlate bakkies en hul eienaars kamp laai die bus ons af en die stap begin. Na ons deur die hekke is wor daar eers gestop en ons toerleier Frederick verwelkom die stappers by die toer en verduidelik ‘n paar van die BTK se gerespekteerde tradisies aan die nuwe toeriste. Sibbie en Manie demostreer hoe skiet werk. Nadat De Machtige Koning gesing is en almal weer hul eie hoedens op hul kop het, begin die stap, die keer sonder onderbrekings.

Dis ‘n kort stappie tot by ‘n skulpstrandjie waar middagbroodjies gemaak word. Groepies kry mekaar vir die eerste keer en die vars brood word geniet met ‘n uitsig oor die weskus se branders. Na ete word die rugbybal uitgehaal, dis nie lank nie en die bal beland in die see, die man wie die vang gemis het is ongelukkig nie gewaar nie. Die branders trek die bal al dieper in die water in, en met ‘n paniek word daar besef iemand sal die yswater moet aandruf. Manie se skoene is reeds uit en in ‘n oogwink is hy in die water, dis ‘n naelbytaffere soos die bal al verder wegdryf en Manie teen die branders swem. Uiteindelik word die bal gerky en almal sug van verligting, Manie is die rugbyspelers se hero vir vanda gen kry seker nou nog koud..

Die eerste paar nuwe toeriste word hier uitgekyk. Petri en De Wet, wat die waterbakkie vir vandag bestuur het word van voor gewaar en so wee tons die kampplek is om die draai. Met ‘n stap nou val ons weer in die pad. Dis ‘n vinnige stappie tot by die kampplek, waar almal soos een man agter die klipmuurtjie gaan sit vir skuiling teen die yswind wat al sterker waai. Tente word opgeslaan, en weer geskuif toe ons besef die wind gaan nie binnekort gaan le nie.

 

 

Tente gespan en warmer klere aangetrek word aandete begin. Die groepies gooi hul seile agter die bakkie waar daar redelike beskutting teen die wind is. Soos die kos gaar word, word die wolke al donkerder. So tussendeur die voorbereiding word skiet oopgemaak en potjies vlieg soos die meisies opspring en die rigting van die see of net in die pad af hardloop. Slees gevang word ete voortgevat. Nadat omtrent al die groepies hul laaste happies gesluk het word daar druppels gevoel. Die druppels word al meer en kort voor lank is dit n behoorlike vloed. Groepies wat nog besig is om tee et gooi hul seile oor hul koppe en ons sit skouer teen skouer en wag dat die reen oorgaan. Dit word egter net meer-unlucky- en een vir een hardloop stappers terug ne hul tente in die hoop vir ‘n bietjie hitte.

So, word die aand se slee met seile vervang en word oorgeslaan na die volgonde dag. Slee sweetsiesword maar in die tente gepeusel en onder mekaar gedeel. Die n vroee aand en kan die laaste bietjie verlore slaap word ordentelik ingehaal.

Dag twee- See, sand en die soetheid…

Na ‘n goeie tien ure se slaap word ons wakker met ‘m windstil oggend en die geluid van die branders wat breek. Ontbyt word gemaak, koffie gestook en tente uitgeskud in die hoop om die seile droog te kry. n Paar manne het egter natgereen in die nag en lyk hul tente lyk redelik verlep vanoggend. Fred speel tunes uit die bakkie en so op die maat van die musiek maak ons reg vir die dag.

Sake gepak en tente gesak is ons amper oppad. Die druppels wil-wil weer begin val en raincovers word met ‘n speod uitgehaal. Nes almal se sake toe is hou die reen egter op, en die son maak sy verskyning. Ons sing vir ons verjaarsdagmaatjie en val dan in die pad. Die dag begin op die uitgestrekte strand. Dis ‘n ogelooflike prentjie van wit sand en rowwe blou branders wat ons elke nou en dan teen die duine uit jaag in die vrees van nat skoene.

Ons eerste game break word ordentelik benut, met die spkieball wat sy verskyning maak, en ‘n frisbee wat oor en weer begin vlieg soos ‘n paar ander ‘n slapie in die son vang. Die spikeball kompetisie vat vlam en die toeskouers kyk entoesiasties saam. Nadat almal hul gamebottels vol het en genoeg super c’s in het stap ons aan.

Die padjie loop nou effens na die binneland en die eerste paar geel blomme word gewaar. Ons stap verby ‘n paar verlate ou karavane en sien selfs ‘n skeepswrak, die slotspan word verseker dat dit wel die titanic is wat langs die Weskus gestrand is…

Dia nie lank nie of daar word weer gestop, die keer vir middagbroodjies. Ons span uit op die sand en broodjies word vining gesmeer. Nina,Estelle en Grietjie durf die waters aan en lyk nie eers asof hulle koud kry met die uitkomsalg nie, wat is die dames se geheim…Die laaste paar eertse toeriste word hier uitgekyk en die soetheid van die wraak kom al nader.

Nadat die sjokolades reeds verslind is kom Manie en LT van voor gewaar. Hulle word geondervra oor hul rut en hoekom hulle so lank gevat het. Die sand het hulle blykbaar effens in die steek gelaat, n paar keer…

Met die span voltallig stap ons aan. Dis nie lank nie of die groep verdwyn agter die duine in, met die aand se kampplek wat in ‘n redelike holte tussen die duine gelee is. Die tente word gespan en die dames is terug oor die duine in die rigting van die branders. Hier word shampoo en gesmeer en hare gekam voor die koue aandgedurf word. Dis ‘n strategiese inhardloop en duik onder ‘n brander om so vining as moontlik te probeer skoon kom. Of mens se hare regtig kan skoon kom in see water is nog steeds ‘n raaisel, maar die dmaes oortuig hulself dat dit wel so is.

Na die swem word daar in laste bietjie son gebak, bannagrams word uitgehaal en die eerste toeriste reppeteer agter die duine. Die son raak al minder en die stokers begin stook met die son wat die lug van blou na oranje verkleur. Ons hardloop op na die duin om die laaste stukkie son oor die horison te sien verdwyn. By die groepies word die BTKitaar rondgestuur en De Wet en Fred maak vir ons musiek terwyl die potte prut. Ons eet in die skemer en na peoding word die eerste slee vir die toer begin.

Voor die eerste toeriste egter die verhoog kry, open ons eers op die regte manier met Fred wat die ballade vir ‘n sterwende bok met passie vertel.

Fred en Petri se Mario en Luigi is weer op die rivier.

Die eerstetoeriste hou konsert en Marelize as die Queen soek ‘n stem soos Karlien sin. Sy soek ver en wyd, met ‘n paashaas, ‘n gebreklike seeslak ‘n toordokter, ‘n kannibaal maak kos met ‘n gemufde teelepel en die duck maa kook ‘n verskyning  en twee baie deurmekaar duitsers wat haar probeer help in die soektog. Na die konsert is dit uiteindelik tyd vir die wraak…

Nou vir die aaitmens:

Fred en Manie se NBS, Mnr Fourie se verkoue raak al erger.

Die pikkewyne in Prieska word nogsteeds gesoek.

Ouma Sibbie verduidelik aan Marietjie dat sy nie skande op die huis kan bring nie, kleindogter verstaan egter nie die opdrag so mooi nie.

Devon en Bevon September maak hul eerste verskyning in gedroggie se teenwoordigheid.

Koppe word weer verkoop met SW wat lei in die proses.

M ren Mrs Wong.

Johan en SW is twee suckers on a stick

Die Blou yskas maak sy eerste verskyning…

 

Hickels

PF is blykbaar ‘n rooivlaggie

Nina meen dat Fred defnitief ‘n staffie is.

Manie word gevra hoeom hy kaal op die starnd is.

Marietjie word gevra hoekom sy se RW lyk soos ‘n lekker ou.

Nag dames.

 

Dag 3:  Dames skiet en topgun tonele

Die oggend word ons wakker met die stokers se Krismis in Kampala en die son wat kop uitsteek oor die duine. Koffie word gedrink en groepies vorm plek plek daar waar die son al warmer skyn. Die tente word gesak en Nina begin vir ons ktaar speel. Ons bring eer aan ons Skepper vir hierdie mooi die dag en die voorreg om dit saam met vriende te kan deel. Die groepie sangers word al groter en die afrikaanse treffers kry toe ook ‘n beurt, daars ‘n padda in die vlei word luidklees saamgesing totdat almal se sakke gepak is.

PF as slot en Marietjie en Michaela as sy sleutels val ons in die pad, of eerder op die strand. Die strand is wyd genoeg dat daar minstens 10 mense langs mekaar kan loop, ‘dit voel kompleet soos ‘n gala’ hoor mens elke af net toe, “net beter” kom die antwoord dan. Van die strand beweeg die pad na ‘n sand padjie en ons stap tot by ‘n oop kol waar ons vining gamebreak. Op die rotse gewaar ons ‘n trop robbe wat in die son le en bak. Hier word groepie fotos geneem met party groepies wat die ekstra myl gaan en die robbe se area gaan inneem met die hoop om ‘n brander wat agter hul breek in ‘n foto vas te vang. Die hoop realiseer met die massiewe branders wat teen die rotse breek.

Dis ‘n vinnige break, en ons stap verder langs die sand padjie. Plek plek word daar blommetjies gewaar, selfs die pienk blom wat as bemakring gebruik is word uitgewys. Na die sand padjies kom daar ‘n entjie jeeptrack, ‘n bietjie breer en effens harder pad, en ons is dankbaar vir die afwisseling. By ‘n klein standjie draai ons af vir middagbroodjies. Dit voel soos ‘n private strand, met die rotse wat die wind keer en die rustige branders in die baai is dit die ideale plek vir ‘n ruskansie en ‘n spikeball wedstryd of twee…

Na ete is dit ook so, die spikeball spanne daag mekaar ordentelik uit, terwyl ‘n paar ander eerder ‘n slapie verkies. Na ‘n rukkie word die spikeball spelers ook moeg en vining vining word dita ls stiller soos die strand aan die slaap raak. Dis egter nie lank nie of ons wakker gemaak met `Sibbie wat skree dat skiet oop is. Dis ‘n hondeskou soos wat die dames ontwaak en besef dis hulle beurt om ‘n slee te vang. Mense sien net sand spat soos daar gesidestep word. Na ‘n goeie rondhol sessie is almal wakker en sakke word gepak.

Die bakkie drywers het ons teen die tyd al ingehaal en ons vat die laaste ent tot by die kammplek aan. Dis ‘n enkel ry sandpadjie, en die voete begin nou effe tam raak na die die dag se stap. Die span stap egter vol dreef aan. Met die gesig van ‘n groot wit strand stop ons en die kamplek word uitgewys. Die lyn tussen mans en dameskamp word bietjie wasig die aand met tente wat op die grens opgeslaan word.

Voor ons met aandete begin, word daar eers touchies gespeel met die son wat water trek oor die branders, die dames sit op ‘n duin en hare vleg en iemand merk op dat die touchies soos ‘n toneel uit die nuutste Topgun lyk, so begin ons dan One Rebuplic se treffer te sing en die prentjie is volmaak. Die manne begin hemde en dasse uitpluk, die keer haal van die dames ook uit en wys met blomrokkies en lipstiffie vir damesskiet. Fotos wat enige huisdans sin sal laat skaam kry word met sonsondergang geneem.

In die proses word daar vergeet van die kospotte, maar na die fotosessie keer ons terug en aandete word geniet. Die aand se poeding is vla, en Manie hoor by elke groepie of hulle nie dalk eerder die peoding wil skip vannand nie. Klaar geeet word die seile reggesit vir die aand se slee, daars aaitmens wat moet ingehaal word en ons maak reg vir ‘n laaang aand.

Aaitems:

Die aand se aaitems skop af- letterlik- met Amy en Sibbie se ninjas.

Fred and LT se hans en mans is volgende aan die beurt, die hoenders benut die groot verhoog spasie ordentelik en spring dat die sand spat.

Petri en LT kan nie verstaan hoekom vrouens so baie praat nie…

Devon September maak sy terugkeur op die verhoog, die keur saam met Fred in ‘n bespreking oor ‘n partytjie waar ‘n goue toilet die hoogtepunt van die aand was.

Zanlie word verlig, te danke aan die seerowers wat weer nah ul rum soek.

Die eerste toeriste ry rollcoaster.

SW, Amy, Naude, Arenda, Marietjie en Marilize se pikkewyne is die punchline.

Nooi soek boi is terug op die verhoog, die meisies verduidelik in detail wat hulle nou eintlik in ‘m ideale man soek.

Stoute Wouter Kabouter ontvand vir oulaas ‘n klient in sy Weskus se Ooskombuis.

Die gills is op hul perdjies.

 

Hickels

 

Alida wil by Muller weet wat hy bedoel met sy lyk soos ‘n spitbraai- blykbaar is dit die tan.

PF wil by Manie weet wat he bedoel met “ek soek ‘n mal girl”, dit is wat is se Manie.

Marietjie wil by Amy-Lee weet wat sy bedoel met daar is baie lekker opsies vir slee, Amy verdander net die klem as verduideliking.

By Sibbie wil daar gehoor word wat sy bedoel met sjoe maar hulle lyk mooi, die manne in hul kraaghemde het haar oog gevang.

By PF wil ons hoor wat hy bedoel met hy sou ook so sterk wees as hy heel dag ‘n misbol rondstoot.

Asook wat hy bedoel het met Jo-an se snor le op die grond, daar was blykbaar ‘n harwurm wat hom aan sy vriend se snor herhinner het.

Manie wil by Fred weet wat hy bedoel het met “wys my jou lyf” dit is wat dit is.

Laastens wil daar by RW gehoor word hoekom ons net vingers eet en nie tone aflek nie, hy het blykbaar na die vingerkoekies verwys…

 

Nag dames..

Dag 4: flaminke en see skape

Die stokers sing ons wakker met ‘n passievolle weergawe “Toe vind ek jou” wat vir Francois Van Coke sal trots maak. Die kamp word wakker voor die son sy kop uitsteek en ons drink koffie met die uitsig van die branders. Tente word opgeslaan, maar nie voor Manie ‘n draai in dameskamp kom maak om vir sy klere te soek nie…

De Wet is ons slot met Nina en Estelle as sy sleutels. Sonroom gesmeer begin ons stap. Vandag se stap begin weer op die strand maar ons draai vining af na ‘n padjie waar die blommetjies al meer word. By een plek word daar ‘n flamink gewaar, due res van sy trop is egter nerens gewaar nie.

Ons stop by ‘n klipstrandjie vir gamebreak en nog voor die game uit is, is Nina in die water op soek na vissies in die rotspeole. Heidie is agterna in die hoop om hare te was. Ons eet toppers en kry energie bymekaar vir die res van die dag se stap.

Ons stap verder en gewaar ‘n paar verlate see shacks en bakkies wat se roes dit laat blyk of hulle dalk hier vergeet is. n Troppie skape en robbe en nog blommetjies kleur die pad in en voor on sweet is dit middagbroodjie tyd. Na ete word die spikeball uitgehaal en dis ‘n eerste wen vir LT en Charlotte teen Fred en anie, dis egter net een stel wat hulle verower as gevolg van ‘n besering te danke aan ‘n skulp.

Daar word nog ‘n paar middagslapies ingewerk voor ons weer stap.

Die aand se kampplek is tussen twee duine en so ook lekker weggesteek van die wind. Ons kom vroeg genoeg daar dat daar tyd is om ‘n swemmie in te pas, en koffie te stook voor ons met aandete begin. Ons maak aandete binnein manskamp. Groepie B is beitjie besig met kitaarspeel en masseertreine en teen die tyd dat al die die ander gropies klaar geeet is, begin hulle eers rys kook.

Net voor ons eet maak Fred skiet oop en dis ‘n hondeskou soos potte en stofies verlate gelos word in die hoop om ‘n slee te vang. Ete gaan voort en teen die tyd dat groepie B begin eet trek die res al by peoding. Ons eet lepels caramel uit die blik en kyk hoe die son vir oulaas oor die Weskus se golwe verdwyn, dis ‘n asemrowende gesig en ons word opnuut herhinner aan hoe groot ons God is.

Met die sterre wat uitkom, kom die slee seile saam en daar word reggemaak vir ‘n groot aand van aaitems.

Aaitems:

Die aand skop af met Manie as Mr Price wat te voorskyn kom.

Pieter, PF, Barend, SW en Jo-an se troepe word harstseer nuus vertel deur general Petri. Die troepe is egter so besig om mekaar en die gehoor te laat lag dat die onsesitiewe oordrag van die uus nie juis hulle steur nie. Petri word met mening geblouyskas.

Nina is volgende aan die beurt, op die kitaar nietemin. Sy sing van vriendskap en die slee pik ‘n paar trane, die keer van mooi en nie van lag nie.

Kanoes met Naude, De Wet, Fred, Stefan en PF word grusaam

De Wet leer ons ‘n paar nuwe Engelse woorde met sy vertaling van ‘n muishond jagverhaal.

Ons gaan weer fliek

Gatiep en meraai deur Devon en Nina speel I spy.

Moral of the story met Fred en LT en juffrou Grietjie wat nie heeltemal haar boodskap aan die kinders oorgedra kry nie.

Manie en Fred se vriendinne vertel van die avontuur op die weskus, sonder vars water en slee dates wat tekens gee, moenie te veel in lees nie meisie!

Vriendin Fred se toere is egter op ‘n einde en so word die hempies oorhandig aan LT en Petri. ‘n Spesiale oomblik tussen die meisies.

Charlotte en Grietjie is dan BTK manne, en die manne is ook nie gelukkig met al die carbs nie, waars die protiene vir die gains…

Laastens is dit kkkkeptein Frederick en sy kajuitknape, kreefduikers en kraaines op hul skkkkip.

Hickels

By manie wil on sweet hoekom Matthys soos ‘n 18de jarige dogter vir hom is.

Stefan wil ook by manie weet wat hy bedoel het met “ek werk mos nou met kinders”

Nogsteeds by manie, wil Fred weet wat Manie bedoel het toe in dameskamp gestaan het en gese het hy soek net vir sy klere.

By PF wil on sweet wat hy bedoel het met ek het behoorlik my merk daar gelos, blykbaar was die klimaat ideal…

Stefan wil by Leri weet wat sy bedoel met Fred is ‘n dorito.

Leri vra dan vir Mari wat sy bedoel het met “ek kyk al vir dae lank soos ‘n moroon vir LT”, hy het blykbaar vir haar soos ‘n akteur gelyk.

By SW wil daar gehoor word wat hy bedoel het met “die enigste slee wat ek doen is diepslee”

Laaste een vir manie, wil daar gehoor word hoekom hy vir Sibbie gese het dat sy te veel klere aand het.

Dag 5: legendes gaan maan toe…

Dis ons laaste oggend van wakker word met die geluid van die weskus se branders, die stokers sing ons wakker en in die vroee oggendure word kofie en pap geniet met die son wat plek plek deur die wolke breek. Met tente gesak word ons ‘n kring versamel vir ‘n BTK tradisie wat so paar trane in die oe laat versamel. Vandag stuur on sons toerleier en voorsitter vir die termyn maan toe saam met Nina, Laurika en Heidi.

Frederick en Nina herhinner ons dat die BTK soveel groter is as net ‘n lekker avontuur, maar dat die vrindskappe wat hier gevorm word, lewenslange familie word. Die glorie en opregte dankbaarheid word aan God gegee en wat ‘n voorreg was dit nie om hierdie maats te kon leer ken oor die afgelope paar toere. Die BTK sal hulle mis…

So, gee een voorsitter oor aan die volgende een en Petri lei ons vir die res van die dag. Frederick verjaar en daar behoorlik vir hom geluk gewens. Die meisies sing en die ouens gooi, of eerder pos hom kliphard.  Ons slot is Fred, maar hy rebelleer, en so kry hy dit reg om vir oulaas in die middle te stap.

Die dag se stap begin, en dis ‘n maklike stappie op jeeptracks tot by ‘n vleiland waar daar middagbroodjies gemaak word. Groepie fotos word vir oulaas geneem en al die laaste blikkies tuna, provitas en enige iets wat nog eetbaar is word hier benut. Klaar geeet stap ons verder en sny koek oor ‘m sandduin om weer op die regte pad te kom. Grietjie sing-stap met die Ukelele en met ‘n lied is die pad vining verby.

Aan die einde van die grondpad word die bus gewaar en alaml is dankbaar om skoene te kan uittrek en die afgelope vyf dae se sand te probeer uitskud. Voor ons kan ry word daar eers gentelmans challenge gehou. Die manne hardloop afdraend en die kompetisie is straf. Manie wat die eerste plek.

So val ons in die pad en die Weskus met sy ongerepte strande, kleurvolle blommetjies en sonsondergange wat jou mense laat verlang wat jy nie eers ken nie raak ‘n wasige herhinnering.

By malemsbuy se spur stop ons en verloor ‘n paar hokkie spelers in die proses e same met die skets. Maar die kompetise was blykbaar straf tussen ons eerste toeriste maar SW het verower en wen nog ‘n burger, hy meen dit was die moeite werd.

Die rut na Stellnbosch is vining verby met die afklim slag word daar gegroet en vir oulaas gesing. Nog ‘n toer is verstreke en die BTK leef voort, die herhinneringe wat in die afgelope week gemaak is dra ons deur die laaste kwartaal van die jaar en die vrienskappe dra ons wanneer die herhinneringe verlore raak. Wat ‘n voorreg was dit nie!

 

Lewe lank, lewe lank BTK!

 

 

 

 

GALA 2021

GALA 2021 Knysna – Victoriabaai

Deur Lize Crafford

Dag 1 (Sondagoggend): Stellenbosch studente ry Knysna toe

Toeriste is tot ’n mate dankbaar dat die grense tussen Namibië en Suid-Afrika wel toe is (as gevolg van die pandemie) aangesien die voorsitter, Frederick van Zyl, wel die gala kon lei. Dit is nadat hy op die Whatsapp-groep ’n opstel geskryf het oor hoekom hy nie sal kan kom nie en dat die vorige voorsitter, Johan Slabbert, (alweer) die toer sou moes lei. Meneer van Zyl, wat gesê het hy sal wel vinniger en meer op tyd wees as die vorige voorsitter, maak steeds die toeriste 20 minute lank in die reën staan by die busse vir geen spesifieke rede nie.  Die reën is byvoorbeeld sub-ideaal vir ’n gala, maar ons laat ons nie onderkry nie. Ons het geweet ons gaan nat word op die gala. Die algemene tendens van die oggend: Die mense is moeg. Eintlik te moeg na die jaar, kwartaal en sy eksamens, maar steeds opgewonde oor ’n vakansie langs die see saam met kwaliteit mense en ’n paar middagslapies onder ’n kampterreinboom.

In die bus:  Hilda se hare is in die bus se lugreëling opgesuig, Martin spog met sy ongelooflike dadelballetjies en toeriste word blootgestel aan Frederick se, soos Maymarie dit noem, “gcob-musiek”. Toeriste, wat nie al in die bus aan die slaap geraak het nie, se asems word weggelsaan deur die beeldskone Tuinroete natuur. Dit is berge, bome en see. Dit is byvoorbeeld presies wat jy soek.

Ons kom by die kampterrein aan en al die ouens is nog nie eens uit die bus toe ’n ultimate frisbee spel begin nie. Frederick kry almal bymekaar en gee die reëls vir die toer deur. Paartjie, Elwin en Yvette, wys die toeriste hoe skiet werk. Die gaping tussen die hoeveelheid mans en dames op die toer is verbasend kleiner as op vorige galas en dit gee ’n paar manne hoop dat hulle ten minste een aand met daardie een meisie kwaliteit-slee sal kan bewerkstellig. Daarna, begin die dames ’n treintjie sakke tot by die tente vervoer, terwyl die manne die army-tente opslaan. Daarna speel en gesels ons langs die braaivleisvuur. Vergesel met die reuke van snoek, speel Frederick Spoegwoelf liedere en PF sing uit volle bors saam. Frederick speel langer as beplan aangesien Sibbe sê Martin gaan nog laánk braai.

By die swembad: Reinhardt neem deel aan ’n tjoepie-kompetisie. By die braaivleisvuur: Willie bemark homself deur perskes van hul plaas uit te deel (aan die dames) en kry terselfdetyd iemand om dit bekend te maak dat hy enkellopend is. Braaier Conrad kla heelaand oor die nat hout waarmee die snoek vanaand gebraai moet word. Die hout is so nat, dit is dié keer die gala-manne en nie soos gewoonlik die dames, wat wens dat hulle haardroërs kon saambring nie.

Uit die bek van die braaier:

Martin sê: “Ás ek nou iets moet sê oor die hout, sal ek sê die oom moet die hout weer kom haal.”

Stephan sê: “Ons het al takkies en amper al die blitz opgebruik, maar al die water wat uit die hout loop maak die vuur net weer dood.”

Fryhoff: “Die probleem is nie dat ons nat hout het nie, maar droë water.”

Cornel: “Die vuur blaas die water droog.”

Tussen die kokke gaan dit beter: Kosma, Sibbe, is opgewonde en dans en maak musiek deur paplepels teen mekaar te kap.

’n Groep stap by ’n heuwel op om die sonsondergang te gaan kyk. Dit was blykbaar “tjat-mooi” en bitterlekker. Daar was wit skapies tussen die groen gras en die son het die lug pienk en pers en oranje verkleur. Een toeris sê: “Liewe Jesus is besig om af te show. Dit was absoluut bekoorlik.” Dit was so mooi, Stefan (met die krulhare) het selfs gewag tot sonsondergang om Lana te skiet. Baie toeriste meen dit het gelyk soos een van die mooiste verlowings wat hulle al ooit gesien het. LT sê die uitstappie was lekker en Albert sê: “Albert sê ook so.” Grethe met die blonde hare sê: “Die grasvlaktes, die skapies en die son was baie mooi. Niemand het gedink die son gaan uitkom nie, maar hy het. Nogal ’n onverwagse outjie.”

Die braai het langer gevat as verwag, maar dit was, soos altyd, die wag werd. Op die spyskaart: Snoek, patats, knoffelbrood en koolslaai.

 

Items: (is kort geknip want die bure sê ons raas. Ons het gehoor daar was ’n dosent van Stellenbosch op die kampterrein.)

  1. Frederick kry die voorreg om vir sy eerste keer as voorsitter “Ballade vir ’n sterwende bok” voor te dra.
  2. Elwin en Fredeick los die toeriste in stukke met “Hans en Maans” wat bang is vir die vrot vis.
  3. Boer-soek-vrou aanbieder, Nina, help engelse boer Simeon om ’n vrou te vind.
  4. Grethe en Cornel doen “trill-trill” met ’n “trieng-trieng”.

Hekels

  1. Martin vra hoekom Willie perskes uitdeel en sê dat hy enkellopend is.
  2. Reneé du Toit vra vir Edelagbare Oneerlik wat het Charlotte bedoel toe sy gesê het:
    Ek sal haar trou.
  3. Marguerite vra wat het Sibbe bedoel toe sy sê: “Ek soek vir Willie.”
  4. Wat het Maymarie bedoel toe sy sê: “Ek hou van Retief.” Maymarie antwoord: “Retief, jy is nogals vanhoubaar.”
  5. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek soek nie ’n vrou nie, ek is ’n vrou.”
  6. Wat het Jaco bedoel toe hy sê: “Ek oefen snoek.” Jaco sê hy was besig om in die swembad te swem.
  7. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek hou daarvan as die dames in ’n ry staan?” Hy verwys hier na die treintjie wat tasse vervoer.
  8. Cornel wil by Reneé hoor wat sy bedoel het toe sy oom Erik, Edelagbare Oneerlik, genoem het.
  9. Wat het JT bedoel toe hy sê: “Jy moet jou posisie regkry.”

 

Dag 2 – Maandagoggend: Knysna – Buffelsbaai

 

Kristi, Helette en JT dink al weer gala is te maklik en gaan draf vyf uur die oggend. Nicolas het nie saamgedraf nie, al het hy belowe hy sal. Hulle draf in ’n uur ’n sekere aantal km asof ons op ’n fiksheidskamp is (Helette het gesê die sketskrywer mag nie sê hoe ver hulle gehardloop het nie, want dan klink dit soos spog). Marina is in die kostent besig met haar ontbyt en lewer kommentaar: “Ek is verbaas hoe rustig die oggend is. Glad nie gejaag nie.”  Die Toerpa, Oom Erik, wys die stokers hoe om water te kook. Hy staan en kyk hoe die manne sukkel en na drie keer se veruidelik verstaan Martin eers. Fryhoff is langsaan besig met die pap. Elke keer as die sketskrywer hom sien is hy besig om iewers te help. Hy sê: “Idle hands are devil’s work.” Dit is nou vir jou ’n ware stoker. Sy broer Jannie het buite geslaap: “Dit was lekker, maar ek het koud gekry.” Die toeriste sit in kringetjies terwyl hulle hulle ontbytpap eet. Die kringe is vol nuwe maats, maar dit lyk asof hulle mekaar al jare ken (party van hulle sal mekaar seker nog vir jare ken). In een van die kringe sit Lucy. Sy het ook buite geslaap en sê: “I got wet.” Na ontbyt word spikeball gespeel en Wraakkaptein Jaco probeer 10 nuwe toeriste uitkyk terwyl frisbees en rugbyballe rondom die misterieuse kringetjie rondsweef.

Dit is uiteindelik tyd vir die gala se eerste stap, dus klim ons almal in die bus.

Cornel staan voor in die bus en dirigeer die toeriste naaste aan hom soos ’n koor. Jannie en Fryhoff is die enigstes wat die ou klassieke Afrikaanse treffers ken. Uiteindelik kry ons iets wat almal ken, d.i. Klein Tambotieboom. Ons klim uit die bus naby die Knysa Waterfront. Jannie en Fryhoff sing “Tussen treine” terwyl ons op treinspore stap oor die Knysna-lagoon. ’n Paar manne spring in die lagoon terwyl ander toeriste net een voet voor die ander probeer kry. Iewers verduidelik bedryfsingenieur Martin hoekom die treinspoor op die verkeerde plek is en geskuif moet word. Waar die treinspoor eindig, begin ons opstap by wat Frederick die “klein heuwel” genoem het en waar plakkies “voldoende” sou wees.

Frederick is waarlik ’n goeie leier. Volgens ’n toeris het hy op ’n stuk toiletpapier getrap en selfs dié volg hom toe rond.  Daar was nogal baie op- en afdraendes en dit voel glad nie soos ’n gala nie. Waldo sê hy dog gala sou makliker wees. Net voordat ons by die paadjie afstap strand toe, ry Sibbe en haar span kokke by ons verby op pad kamp toe en helfte van hulle hang by die vensters uit.

Ons kom uiteindelik by die strand. Ons moes eers verby ’n hele span kameramanne loop wat een of ander advertensie skiet. Ek dink die groot Italiaanse oom wat staan en praat voor die kamera het nogal ’n interressante agtergrond gehad, d.i. 120 studente wat in die see in hardloop. Dit was ’n bloedige warm dag op die strand en ons is almal maar net te dankbaar vir die yskoue see. Stappers speel, swem en gooi frisbee. Die mens is gemaak om so te kan speel. Selfs Daniel Pascoe speel, al mag hy eintlik nie enige van die bogenoemde doen as gevolg van sy beseerde knieg nie. Dit is nou vir jou ’n gala. Hier eet nuwe toeriste ook hul eerste BTK middagbroodjies.

Ons kom by die kampplek aan en stap verby ’n restaurantjie waar daar later definitief baie draairoomyse gekoop gaan word. Buffelsbaai is ’n oulike kusdorpie, klein en rustig. Of wel, dit was voor die BTK daar aangekom het.  Dag 2 en Willie se perskes is klaar op; hy is steeds enkellopend. Onder die skuiling van die kostente speel Fryhoff kitaar en almal vra hom uit oor baardstyle aangesien hy al alles probeer het. Hy sê: “Met ’n baard kan mens nie help om absoluut ‘dashing’ te lyk nie.”  Die Volleyball-net is ook opgeslaan en die toeriste speel alweer. Daar is wel ’n paar wat in die muur se skaduwee lê en rus. Jaco probeer sy boek lees, maar wil ook slaap, maar wil ook speel (’n algemene verskynsel op ’n gala). Sterrenberg en ’n paar vriende het ook gaan snorkel en treur oor die feit dat hulle nie kreef kon vang nie.

Aandete word voorberei op die maat van musiek. Hilda speel ABBA en die kokke dans om die tafels terwyl hulle groente skil. Jannes-hulle smeek Madelein vir haar tennisbal sodat hulle kan krieket speel en sê as hy dit verloor sal hy vir haar ’n nuwe een gaan koop by “die enigste winkel in Buffelsbaai wat plakkies verkoop”. Braaier Jannie laat val die wors in die sand en noem dit “aswors”. Madelein herinner die sketskrywer vyf keer dat iets geskryf moet word oor die vrot vis wat ons op die strand gesien het vandag. PF kan blykbaar viool speel en sê hy het die touchies op Brenton se strand vandag baie geniet. Stappers sien ook ’n skool – of trop, soos party dit noem – dolfyne en Daniel was aangeval deur ’n seemeeu. Zaza, Nellie en Amy sê dat dit ’n “great” dag was en dat die maak van middagbroodjies goed is vir die siel. Stefan met die krulhare sê hy geniet al die formasies van rooibrand op toeriste se lywe. Hy is ook weer herinner hoekom hy so baie hou van skoene dra, want sy voete het vandag rooigebrand. Die waarskuwing op die toer se skyfievertoning om sondbrandroom op te smeer het nie gewerk nie en nou sit almal met rooi velle. Dit is byvoorbeeld nie hoe jy moet lyk nie. Stefan het “perongeluk” sy sleedate geduik tydens skiet vandag. Loreen sê die uitkyksirkel was ’n belewenis. Iemand anders sê: “Dit is nogal snaaks. Die een oomblik gesels jy lekker met mense en dan skree iemand “skiet is oop” en dan word jy getekkel.” Daniel het egter nie ’n probleem daarmee nie en sê: “Its nice to be tackled.” Daniel het blykbaar ook sy kop gekap met ’n byl toe hy besig was om ’n “stubborn stompie” te kap vir vuurmaakhout. Tone wou nog help, maar Daniel sê net hy het nie ’n pleister nodig nie, net ’n beanie.

Pieter ondergaan blykbaar ’n identiteitskrisis, want hy stel homself aan almal voor as Francois. Pieter som wel ook die dag mooi op: “Alles is lekker. Die mense is lekker.” Loreen stem saam: “Alles is lekker. Behalwe die brand.”

Items:

  1. Lize skop items af deur te vra: “Wat noem jy iemand wie se mes ’n R op het?” Roland het sy mes op die grond vergeet vroeër die aand.
  2. Gatiep en Marais speel weer I-spy. (Lize en Maymarie)
  3. Cornel vertel weer die storie van die hangkastannie met die “onooglike” pienk rok.
  4. Elwin sê “ja”en Nicholas sê “nee”. Christi sê “ja-nee”.
  5. Fred en Martin: Meneer Oom gaan eet by Ooskus se Weskombuis en is baie beïndruk met die kos: “Hy gly af soos ’n vet kind op ’n supertube.”
  6. Maya en Grethe doen ’n nuwe Item: Ligte Vrugte
  7. Lehani, Timon en Manie maak ’n verskyning (agter die verhoog, hulle is bietjie laat vir die gala).
  8. Stefan met die krulhare vertel vir ons ’n snaakse storie.
  9. Marguerite en Simeon doen ook ’n nuwe item oor ’n “gala-baba”.
  10. LT, Fred en Helette vertel stories.
  11. Sterrenberg vertel sy gunsteling grappie oor die driekoppige draak.
  12. Hilda, Manie, Maymarie, Jannie, Nina, Reinhardt en Nicholas lewer ’n uitstekende optrede oor mense in ’n filmteater. Hulle het selfs klankeffekte gehad te danke aan Hilda se luidspreker. Lion King se “Circle of life” maak die item.
  13. Hilda los toeriste in stukke met haar vertoning van Sylvia, Antonio en die Big Bad Bully of the West.
  14. PF, Pieter, JT, Christi, Lizaan, Marisa en Hannah is almal Koppe.
  15. Al die eertse toeris seuns vang vir ons ’n veldjie op die verhoog.
  16. Die goue toilet: Marietjie, Marguerite en Helette.
  17. Frederick hak nogsteeds vas met uitdrukkings soos “die oorlog was erger” en “moenie op my gil nie”. Hy lag darm vir homself.

Hekels

  1. Daar word vir Martin gevra watse snaakse klanke hy vandag gemaak het. Hy sê hy moes probeer engels praat met ’n meisie.
  2. Martin wil by Charlize hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het sy het ’n mes. Charlize wou blykbaar Lianca help om haar grondboontjiebotterbroodjie te smeer.
  3. Hilda vra vir Christi wat sy bedoel het: “Ek soek net ’n biedjie liefde.”
  4. Nina by Lizaan: “Ons kan dit agter die boom doen.” Sy wou blykbaar koffie in die bialetti maak.
  5. Wat het Sibbe bedoel: “Ek hou hom nou al vir 2 ure dop.
  6. Imke by Jannie: “Ons is nie maklik nie, julle is net moeilik.”
  7. Madelein vir Amanda: “Ja, nee dis ’n outjie.” Sy het verwys na ’n meisie se groot tas.

Dag 3: Dinsdag – BTK Sondag op Buffelsbaai

 

Toeriste het almal vanoggend probeer inlê, maar die vroegoggend hitte van die somer het ons almal vroeg uit ons tente. Dit het definitief niks te doen met die persoon wie se alarm 6h00 die oggend afgegaan het nie. By die gasstowe staan omtrent 20 bialettis en hul base reg om koffie te maak. Na gister se stap op die strand, skimp meer mense egter vandag vir Aftersun as vir koffie en Frederick herinner almal weer om vandag sonblok aan te smeer. Die eerste toeriste oefen vir hulle Wraakkonsert. LT kom uit die uitkyksirkel met pap op sy gesig, Jaco het pap in die baard en Nina op die gesig. LT sê later sy eetlus is gestil na al die pap. Helfte van die groep speel op die strand. Die ander helfte oefen vir die middag se Spikeballtoernooi. Marietjie motiveer die meisies om ook in te skryf: “Meisies, back jouself.”  Frederick en Reinhardt het wel die kompetisie gewen. Geluk.

Die kokke maak weer  middagete op die maat van Hilda se musiek. Roer jou voete op die kostent se vloer. JJ en Reinhardt probeer skaak speel. Ons is almal ook opgewonde oor Edward en Carly wat verjaar. Niemand sal die borshare en snor vergeet wat Reinhardt op homself geteken het nie. Ons sal ook nie eintlik verstaan hoekom hy dit in die eerste plek geteken het nie. Na ’n gesprek oor hoe baie meisies skeer, gaan haal Nina haar “epilator”. Party manne was braaf genoeg om hierdie skeertoestel aan te durf (Reinhardt se stem het wel huiwerig geklink toe hy ja sê vir die besigheid). Die mans bewe sommer van pyn nadat Nina hulle 2 sekondes lank geskeer het. Maymarie laat nie op haar wag om te wys dat vrouens ook sterk is nie en laat Nina amper haar hele been skeer.

Ons doen ’n paar tradisies en JT verduidelik vir ons hoe om ’n handstaan te doen. “Jy moet net genoeg gewig vorentoe…,” is al wat hy uitkry voordat hy op sy rug val. Na die nodige tradisies voltooi is, gaan ’n paar toeriste en gaan drink ietsie by die restaurant. Hulle kyk vir die eerste toeriste wat op die strand vir hulle wraakkonsert oefen en die res wat frisbee speel.

Oom Erik lei BTKerk en lees Psalm 96 en Psalm 103 en die toeriste leer oor God se karakter. Lizaan en Louw het ook vir ons gelei in ’n paar liedere. Daardie aand eet ons roosterkoek. Terwyl ons eet, hardloop daar ’n klein meisie by die kamp in met haar ma kort op haar hakke. Ons vra wie die dogtertjie gaan skiet. Jaco antwoord en sê hy sal eerder die ma wil skiet. Frederick speel kitaar met 120 toeriste wat om hom sit en sing. LT sing met passie en later sing PF ’n solo.

Items:

  1. Nina sê vir ons die ABC agteruit op.
  2. Jannie sê vir ons 10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
  3. Cornel sê vir ons Do Re Mi agteruit.
  4. Fryhoff sê vir ons A1, A2, Her.
  5. Madelein sing Sarie Marais agteruit.
  6. Charlotte en Lize Burger doen die boerboetie storie van die kwê-voël.
  7. Fryhoff en Jannie gee vir ons ’n uitbeelding van die boereoorlog. “Ons het nie verloor nie. Ons het net nie gewen nie.”

Hekels

  1. Martin wil by Maymarie hoor wat sy bedoel het met: “Martin is my stuk.”
  2. Waldo wil by Bianca hoor: “Ek wil deur Wesley se tande gaan.”
  3. Nina wil hoor wat het Heidi bedoel: “Nou is ek hot”
  4. Fred wil by PF hoor: “Haar ketting is te lank.”
  5. Martin wil by Zaza hoor: “Val net voor my asb.”
  6. Hilda wil by Martin hoor: “You owe me a child”
  7. Imke wil by Martin hoor: “Die Here het vir my ’n dadbod gegee vir ’n rede.”

Dag 4: Woensdag – Ons gaan Swartvlei toe

Ons eet vanoggend Weet-bix  (nogal met warm melk te danke aan die stokers). ’n Paar dames met opgeswelde lippe smeer hul sonbrandroom dik aan. Frederick begin vir ons die dag met Psalm 105. Ons klim stiptelik een minuut voor nege in die bus. Na een kilometer, klim ons weer uit die bus om te begin stap. Ons het ’n baba rob gesien en perongeluk skrikgemaak. Trevor sê dis die tipe rob soos die bose een op Happy Feet indien iemand gewonder het. Hilda moes gedra word want sy het haar voet seergemaak. Martin sê Hilda sit aan want sy wil eintlik net hê hy moet aan haar bene vat. Ons sien ook ’n groot swerm voëls wat opvlieg soos ons aangestap kom. Wat ’n voorreg om in die natuur te kan stap! Waldo het ook met ’n omie wat visvang op die strand gaan gesels. Michelle is baie trots op haarself omdat sy heeldag lank met stapskoene op die strand geloop het en nie een keer in die water getrap het nie. Dame-skiet vind plaas en Daniel Pascoe het weereens soos ’n mal ding aangegaan om sy dame te skiet. Na ’n lang dag se stap kom ons by ’n river waaroor ons blykbaar moet swem met ons tasse en al. JT sê: “Dit is nou byvoorbeeld die definisie van ’n verrassing.” Toeriste wat wou oorswem het hulle tasse in die bus gaan bêre en die res wat moeg was vir die son en hulle blase het met die bus (met lugversorger) kampplek toe gery.

Daardie aand het die Garden Route Kampterrein ons kom afneem en onderhoude met ’n paar van die toeriste gevoer. Dit is blykbaar vir ’n promosievideo wat hulle maak vir hulle kampterreine. Die BTK voel geëerd om deel te kon wees. Daar word onderhoude met Helette en Martin gevoer, maar natuurlik gebruik hulle net vir Martin wat sê: “Dis wat jy soek.” Reinhardt help daardie aand ook die kokke met die hoenderpotjie. Toeriste speel volleyball en ander sit in geselskringe.

Items:

  1. Martin was besig om oor ’n nuweland pawiljoen te gesels toe daar ’n brandweertrollie verby die slee ry. “Oeee, hier kom nog een. Ons gaan nou eers pause sodat hy verby ry.”
  2. Christi, Roland, Marguerite en Manie slip uit hulle Wiskunde klas.
  3. Klippies is alweer in die water gegooi: Sibbe, Amy, Marietjie, Nellie en JT.
  4. Stefan vertel ’n storie wat hy gehoor het by iemand.
  5. Marguerite en Marietjie is ninjas.
  6. Troepe: PF, Fred, Jaco, Manie, Retief, Simeon.
  7. Nooi soek ’n booi… Byvoorbeeld.
  8. Cornel speel vir die meisies viool.
  9. 2 suckers on a stick. Dit was chaos.
  10. Hilda vertel die storie van die oom/tannie wat rook.
  11. JP vertel vir ons ’n inspirerende storie.
  12. LT en sy “extractor fan”.
  13. Die Namibiërs is op die toer in die minderheid en wil hulle teenwoordigheid duidelik maak deur die Namibiese volkslied vir ons te sing.

 

Dag 5: Donderdag – Swartvlei tot Victoriabaai

Dit het daardie oggend so gereën dat ons amper na ’n bazaar toe sou gaan, maar ons besluit toe, al is dit ’n Gala, sal ons eerder Gericke se Punt toe stap. Daar word baie fotos geneem en Laurika en ’n paar ouens kyk wie die die langste op die hoë houtpale wat in die strand gekap is, kan staan. Daar word gelag oor Idelette se opgeswelde lippe. “Dit is byvoorbeeld ’n subideale botox-job,” meen een van die stappers.

Terug by die kamp, klim ons op busse en ry Wildernes toe, waar dit weer begin reën. Tristan sê: “Dit is byvoorbeeld sub-ideale weer.” Ons stap op die strand tot ons by treinspore kom wat al langs die berg loop. Ons stap deur grotte en verby ’n hippie-dorpie met die naam “Kudu-kop”. Pieter sê: “Ons moet die bordjie gaan steel. Wanneer in jou lewe gaan jy ooit weer kan sê jy’t ’n kudu-kop van ’n hippie gesteel?”  Baie mense se hoogtevrees was getoets toe ons oor ’n skrikwekkend hoog brug moes stap. ’n Paar stappers moes oor die brug kruip. Annelie wil bevestig dat sy wel oorgestap het. Wesley sê daardie brug was “terrible.” Ons stap rustig op die treinspoor en neem foto’s by die Victoriabaai-bordjie.

By die see: Almal is te honger om te wag vir middagbroodjies en gaan koop Chip ‘n Dip in Victoriabaai. Die branderplankryers vergeet dat hulle honger is en hardloop die see in. Lehani staar hulle aan en sê vandag se stap was die mooiste. Maja, wat langs haar sit en roomys eet, sê: “Die voeltjies fluit en dis groener hier in Victoriabaai.” Maar, binne die see is dit chaos. Jaco sê jy hoef net vir Nina te kyk dan sal jy verstaan hoekom. Sy kom uit die see gestap met stokkies, net en goggas in haar hare. Sy skud haarself soos ’n hond af en van die goggas beland in Zahn se oê. ’n Paar ouens het weer gaan snorkel, maar nie juis iets in die wilde waters gesien nie.

By die kamp: Die meisies maak weer jolig kos op die maat van ABBA. Die seuns help vanaand met die kosmaak: PF lek die bak vla uit en Cassie en vriende eet oortollige tamaties uit ’n staalbak.  Hilda is deur Sterrenberg ge-“intercept”, so Daniel slee vanaand maar met Jodi. Daniel besef toe: “Net soos in rugby, moet jy nie die bal gryp en dan nie weghardloop nie.” Die volleyball-net is ook in ’n japtrap opgeslaan. Jaco bewys dat hy Manie se Zambuck kan oopmaak. Timon het vir ’n uur of twee in die kampterrein se bad gelê. Retief leer almal backflips doen. Martin probeer weer gimnastiek doen en “back homself” om teen André Pretorius deel te neem.

Ons raas maar baie dié aand en die sketskrywer vra die busdrywers, Solly en Nicolas, of ons nie hulle slaap steur nie. Solly sê: “Julle is maar soos alledaagse kinders.”

Martin deel met Madelein een van sy wyshede: “’n Man moet soos hoender wees. Nie droog nie.” Tydens spikeball het Jaco se broek geskeer net voordat hy vir Nina dien. Daar word ’n sokkie by die kerk gereël en iemand skree dat dit soos ’n huisdans lyk. Al het ons vier ure soontoe gery om op vier liedjies te dans wat op vier pap luidsprekers gespeel word, was dit steeds die moeite werd en “tjat-lekker”.

Items:

  1. Price: Nina, Grethe, Hilda doen ’n item, met Manie wat halfkaal in die agtergrond rondhardloop.
  2. Arrrrrg…. Lighthouse! Die keer was PF die gelukkige eerste toeris wat die lighuis moes speel.
  3. Lize Crafford het ’n dramatiese sangvertoning gelewer.
  4. Andre, Retief, Stefan, Simeon en Louw doen ’n skit wat gaan oor Jesus wat bevryding bring, ons moet dit net aanvaar.
  5. Manie wys sy diepkant toe hy een van sy eie gedigte vir ons lewer.
  6. Daniel begin dié skit met: “Okay, we need twenty guys.”
  7. Maria, pull yourself together! (Frederick, Retief en Lize)
  8. Gesprek met ’n boer deur Hilda en Sterrenberg.
  9. Stefan haal ’n storie uit die argiewe.
  10. Roland, Cornel en Stefan steel telefoonpale.
  11. Retief “begin” die bakkie en Frederick en Jaco ry saam.
  12. Maja en Grethe loss tappers in stukke met hulle weergawe van Salomé.
  13. Manie en Frederick is vriendinne. “Ons is prim en proper.”
  14. K-k-k-kaptein sluit die aand af. (Nicolas, Willie, Jaco, Reinhardt, Frederick, Simeon.

 

Hekels:

  1. Maya vra wat Stefan bedoel het toe hy gesê het: “Iemand of iets het my lip gebyt.”
  2. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Ek wil ook so rokkie dra.” Willie sê hy soek daardie rokkies wat mens vir graadvang dra.
  3. Hilda wil by Stefan hoor wat hy bedoel het: “Haito Patato, buk of ek byt jou.”
  4. Fred vra wat Reinhardt bedoel het: “Sy is soos botter in jou hande.” Dit is blykbaar die beskrywing vir ’n dame wat baie lekker gesokkie het.
  5. Martin wou by Lize hoor wat sy bedoel het: “Hubaar, huwerlik, baarmoeder.”
  6. Lize wil by PF hoor wat hy bedoel het: “Hoe kan iemand wat so skerp is van Pretoria af kom?”
  7. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Wat ek uitmis in die slee, maak ek voor op in die bus.”
  8. Madelein vra wat Laurika bedoel het: “Martin, ons kon jou vir aandete geëet het.” Laurika se Martin het hoender gebraai en die die vuur was so warm, Martin het amper gaar geword.
  9. Madelein by Michelle: “Jy’s nie eintlik lekker om vas te hou nie.”
  10. Daniel vra vir Nicolas wat hy bedoel het: “My gesig is soos ’n meisie se been.” Nicolas sê jy het geskeer, maar nie skeerroom gehad nie.
  11. Carly by Martin: “Ek’s elke oggend warm. As ek gaan slap, is ek lou, byvoorbeeld, ek het “gecharge”.
  12. Hilda by Sterrenberg: “As ek moes kies tussen lengte en persoonlikheid sou ek lengte kies.”
  13. Roland wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Tente is soos vroumense, enige ene werk.”
  14. Yvette by Michelle: “Party mense lyk maar net soos koshuise.”
  15. Michelle by Madeleine: “It takes a team to get met dressed.”
  16. Martin wil weet hoe Simone kan sê dat vrouens gemaak is om te bakei. Sy sê hulle raak katterig as dit by sleeplek kom. Dit is wat dit is.
  17. Jaco wil weet wat Willie bedoel het toe Jaco hom vra hoe hy gestap het en Willie antwoord: “Langs ’n wese, half-mens, half-engel.”

Dag 6: Die laaste dag – Victoriabaai tot Stellenbosch (of Outeniqua)

 

Die son maak almal weer vroeg wakker. ’n Groep stappers verlaat ons om die Outeniqua te gaan stap. Dit het die vorige aand gereën en Carly sê dit is nie te sleg om in ’n badkamer te slaap nie.

Laaste woorde:

André sê die toer was vir hom kosbaar. Marine sê sy het die lekkerste van almal geëet op die toer, al is sy allergies vir amper alles. Dit is vir haar spesiaal dat almal kon saamkom en saamleef. Oscar sê hy kom volgende jaar terug, al het hy blase gebrand. Dit was vir Idelette ook regtig lekker en sy is hartseer dat haar eerste toer, ook haar laaste moet wees. Sy sê almal het haar so welkom laat voel. Laurika gee raad aan volgende gala-stappers: “Dra ’n langmouhemp om jou van die son te beskerm.” Jodi waarsku ook: “As jy besig om warm te kry, weet jy jy is besig om te brand. As jy besig is om koud te kry…brand jy nogsteeds.” Waldo sê ’n gedig op: “As we stand on the shore, staring into the sea, as time past came to be. What a priveledge it was for me.” Kyle beskryf die toer as “kwaai lappies”. Retief sê hy het die beste items op hierdie toer gesien. Hilda sê sy sien uit vir Lana en Stefan se troue. Yentl sê die toer was al te lekker en “dit is byvoorbeeld wat jy wil hê.” Helene sê toe sy op die Neelsie-gras sit om vir die toer in te skryf, het sy klaar geweet dit gaan lekker wees en sê dit was die beste besluit van haar lewe om saam te kom. Liska sê wat spesiaal is van die BTK is dat jy nog nader aan jou vriende kan kom. Sy sê dit is net onskuldige genot en dit voel amper asof jy heeltyd hoog is (of ons almal was net siek van sonsteek). Leah sê ook jy kan iemand goed leer ken as jy saam hulle sukkel en dat hierdie die soort mense is wat jy goed wil leer ken. Carly: “Dis die plakkie- en broekietan werd.” Willie sê hy het ’n engel gevind. Jannes is hartseer dat die toer eindig maar sien uit vir sy gratis Spur-burger. Michelle sê sy is moeg: “Dit was lekker, maar dis nou klaar.”

’n Paar stappers gaan Maan toe: Idilette, Jenny, Cornel, Willie, Lize, Daniel.

Nicholas de Wet is die “gelukkige” wenner van die Terrash.

2 weke later: Helfte van die stappers het Covid gekry, maar die algemene gevoel is dat die Gala dit werd was!

“Mag die torre van geluk teen jou voorkop vasvlieg.”

“Mag jou brand in ’n tan verander.”

  • Onbekend (maar ons kan aanneem dat dit seker Martin was)

 

 

 Sederberge 2023

 Sederberge 2023

Vroeg die Sondagoggend ontmoet ‘n paar rugsakke mekaar in die Neelsie parkering, verlangs die Romans ligte. Vriende omhels mekaar en toekomstige-vriende groet mekaar inniglik met die wete dat hulle nie meer lank vreemdelinge sal wees nie. Petri deel semi die planne vir die dag, ‘n voorsitter mag egter nooit sy misterie total vergeet nie Hy gee ons darem net genoeg inligting dat ons met vrede in ons harte op die bus kan slaap, heeltemal onbewus van die btchaos wat die dag sal inhou!

 

Die wiele rol en almal insluitend ‘n sekere krulkop, Monica Dame is aanwesig. Die busse se volume vlakke is op standaard – ‘n jollige begin na ‘n slaperige stilte en weer ‘n opwindende afwagting – dus sien almal uit vir ‘n goeie toer. Voordat ons “PF” kan sê, is ons in Ceres om te stop by die Spar. Daar stock mense op, op bussnacks, pasteie en koffie sachets, om die Stellenbosch koffie ontrekkingsimptome te versag. Dit alles terwyl almal hul beste probeer om die gevoel in hulle vingers en tone te behou!

 

Ons skiet daarna na die plaas toe waar ons hoofsaaklike roete sou begin. By die hek word daar opreg en uit die maag uit gelag vir grappies wat nie die dames of die mans ooit sal verklap/verstaan nie. Nadat almal weer hoedens geruil het en die nuwe toeriste hulle besluite herdink het, is dit “sakke op”. Die jeeptrack het gevoel soos ‘n goeie opwarming vir watokal die volgende paar dae sou voorlê. Min het ons geweet… Die paadjie was baie mooi, met sagte fynbos en grasse aan weerskante en die berge as ‘n ewige vooruitsig. Maddie het die kleurskema as ‘n “Fruitloop” palet beskryf. Heerlike geselsies is aangeknoop soos wat almal mekaar langs die pad ontmoet, weer verloor en dan weer later vind. Tannie Lizl loop fiks vir meeste verby en deel haar wysheid oor ‘n gesonde leefstyl met die stappers al rondom haar. Die sonnetjie blink nog lekker en sprake van reën oor die volgende paar dae voel onwerklik, soos wat ons jollig verby die gedroogde bloekoms stap en stof opjaag. Om die minste te sê is ons almal baie dankbaar vir daai eerste dag se herfsweer. Ons het langs die afgebreekte blou bakkie gesmul aan vars rolletjies met kaas en ham, voordat ons weer in die pad geval het. Die stappers het wel teen hierdie tyd begin wonder wat Petri bedoel het, to hy so ligweg oor die afstand gepraat het. Later lyk elke plaas wat verby kom asof dit ons met ope arms wil verwelkom, maar heelaas los ons hulle agter. In die laaste paar kilos het die agterosse selfs ‘n bietjie reën gevang en Alicia het net daar in die middel van die teerpad gaan sit om haar reënjas aan te trek. Na 21km waarin Stefan se dadjokes oor die radio net erger geraak het, is ons almal eindelik by die kamp. Die tente gaan in die reën op, nie almal s’n nie let wel, maar meeste, en daardie aand eet ons sop, wat amper net vir die hitte ‘n Michelin op almal se persoonlike smaakskaal gescore het.

 

In die slee is almal redelik poegaai. Die “chick with the long legs” lyk amper soos Pieter Slabber wat ‘n fladderende serpie by ‘n dame geleen het, maar ek sal maar niks sê nie. Almal slaap semi totdat dit tyd is vir heukels, “ Edelagbare,wat het Petri bedoel toe hy sê die plaas is net om die draai” . Ek verneem dat Jeandré en Stefan ook in die rooi was. Ek kan nie presies onthou wat hulle daardie keer aangevang het nie.

Wraak

 

Op dag 2 het dit heeltyd so wil-wil sous en Petri kon eers rondom die middag se kant die daguitstappie wat hy in die oog gehad het gaan recce. Ongelukkig was die uwe sketsskrywer

 

nie daar nie, maar die terugvoer wat gegee is het ‘n baie interessante toneel opgebring. Hier is ‘n paar raporte: “lekker”

 

“koud”

 

“Maché het by ‘n waterval afgerol, maar sy’t gelag so ek neem aan sy’s oukei” Anders as dit het die stories oor die grot en die alomteenwoordige watervalle geklink asof die stappie die moeite werd was, veral omdat btk stappers nogal woelig raak as hulle vir 4 dae in ‘n skuur opgekrop is. Toe die troepe terugkeer, kom die eerste toeriste sing-sing bymekaar om saam “De machtige” se woorde te probeer analiseer ( hulle het gesukkel). Daardie aand na ete, sit al die ou toeriste vir eens regop in hul slaapsakke om die wraak te geniet. “Indian John” as in “Indiana Jones se Indiese doppelganger” was beslis die “crowd favorite” en al die boere wat so ywerig deelgeneem het. Ons is inniglik dankbaar dat julle so onbeskaamd is: Ken, Arnold Schwarzeneggar, Wildsplaasboer, ‘n spesiale bedanking aan julle! Die soetheid was lanklaas so heerlik!

 

Op dag 3 sous dit, dat dit nie eers meer snaaks is nie. Die kitare word uitgepluk en verskillende sanggroepies pop op, waarokal dit droog is. ‘n Worshipsessie is luidkeëls aan die gang, een in die skuur en een in die meisiesbadkamer waar die deure in pleks van ‘n cajon geslaan is. Die btksangbundels word ook benut en Xander en Jacobus verbaas ons almal met hulle Jazz kitaar jam sessies, wat selfs bekfluitjies insluit. Kyk, ‘n mens kan nie sê btkaners is nie gekultiveerd nie, né. Later kry die aktiewes wel rooi miere, en ‘n paar van hulle gaan draf in die reën en dag dat as hulle klaar nat is kan hulle net sowel ‘n dam duik doen. Absolute grapkasse! Damesskiet is ook aangekondig en soos normaal, laat die manne hulle nie maklik vang nie- nie eers in die reën nie egghem Stefan. Ons eet Thai noodle sop en May-Marie se kookkunste word wyd en suid geprys soos wat almal aan die gemmerige, voedsame dus smul. Na aandete is daar so gesokkie dat die mense meer blase as die karoo stappers gekry het. Nee wat, dis bewys, btkaners kan nie te lank stil sit nie! Dit was ook daardie aand wat die oorskiet oorlog uitgebreek het, die agressiewe spoegkewers teen groupie b wat aanhoudend hulle oorskiet in die ander se potte laat beland. Nooi soek ‘n booi is getrou opgetree as ‘n Dameskiet tradisie en mense kraai van die lag soos wat die leeu van Dagbreek as ‘n voorbeeld gebruik word.

Op Dag 4 het die speletjies uitgekom: Die spikeball toernooi is erstig opgeneem en party spelers het in die reën gaan speel. In die nuwe skuur, waarheen ons geskuif het, het ons elkeen ‘n beurt geneem om die aantal kratte te skat. Dutch Blitz is ook aan almal, wat keen was, verduidelik en groep vir groep het spanne beurte gemaak om die vurige speletjie te speel. Die minder kompeterendes of die’s wat op hulle beurt gewag het, het saam met Matthys se kitaarbegeleiding gesing. Toe dit later bietjie ooptrek, vat die btkaners die gap om te gaan lemoene pluk en om na die dam te gaan kyk wat volgens PF defnitief vol was die vorige dag. Ons staan vir ‘n groep foto en terwyl almal die talle watervalle en die droë lug geniet, breek daar ‘n konsertjie uit. Elke stapper se naam is in ‘n liedjie in geskryfen dit het het min of meer so uitgedraai: “ Madeleine, madeleine sal jy die boere kom lei…” en “Mamma Mayms here we go again”. Al die enes wat die paadjie kaalvoet angedurf het moes terug ge-aaba word om die dorings tussen die boorde te oorleef. Natuurlik het daar ‘n dubbelverdieping stoei geveg tussen die manne uitgebreek, want hoekom dan nou nie! Die laatste aand se slee was histeries. Soos altyd moes heelwat items nog ingepas word. Salome is met ‘n kattekoor van formaat opgetree, pikkewyne was nog nooit so lank nie en

 

Troepe was skreeusnaaks: “My afbeenhond se naam is sigaret want ek vat hom elke nou en dan uit vir ‘n trek”. Die Janré/ Jeanré tweeling was ook absoluut chaos en boonop was die hondetonnel wat vir Pieter bewerkstellig is, onbillik. En dit nog na dat Alicia sy neus met haar heupbeen gebreuk het, gelukkig was dit haar verjaarsdag so hy kon nie vir haar kwaad wees nie. Slee het tot laat aangehou en meeste het met laggeluide en die reën in die agtergrond, soet aan die slap geraak.

 

Die volgende dag was dit oppak en terug Stellies toe en alhoewel ons nie veel gestap gekry het nie, het ons beslis die kuier-deel reg gedoen en het ons weggestap as beter vriende. Let wel, dit is die tweede gala wat die BTK al in die sleederberge gedoen het, miskien was dit altyd bedoel om so te wees! Lewe lank, lewe lank BTK!

Moordenaarskaroo 2023

Moordenaarskaroo 2023

‘n Skets van gebeure deur De Wet Denkema

Voorwoord:

‘n Lang skets vir ‘n lang toer. Eerlikwaar ek dink die skets is dalk langer as die toer, en ek maak dit net erger deur hierdie voorwoord te skryf. Gebaseer op ‘n ware verhaal, slegs die feite is verander. Die werke wat in hierdie skets voorgestel word is feitelik korrek en het werklik gebeur, alle plekke en mense is ware plekke en mense, en enige verwysing na fiktiewe plekke en/of karakters is heeltemal toevallig, die sketsskrywer mag dus nie verantwoordelik gehou word vir enige skade aan persone of reputasies wat gebeur as gevolg van hierdie toevallige verwysings nie. Hierdie skets is ‘n produk van die skrywer se verbeelding, en indien einige feite wanvoorgestel word, of die volgorde van gebeurtenisse verkeerd vertel word, dan is dit nou maar so.

Dag 1: 16 Julie 2023 – ~14km

Die 16de Julie is ‘n dag met geen dieper betekenis of groot geskiedkundige gebeurtenisse nie. Of, ten minste, geen waarvan ek weet nie. Die enigste groot prestasie wat die 16de Julie al ooit in sy lewe behaal het is dat hy presies ‘n maand na Jeugdag op die kalender val. Die 16de Julie is, in alle moontlike maniere, dik average. Of eerder, dit was. Die 16de Julie om 8uur begin ‘n storie wat lewens verander, ‘n storie wat aan menigte kinders in die verre toekoms vertel gaan word. Wie weet, miskien word die 16de Julie eendag in die Berg- en Trouklub annale opgeskryf as die dag wat iemand hul tweede helfte ontmoet het. Die 16de Julie, Dag Een van ons BTK Moordenaarskaroo toer.

 

Dit is ‘n mistroostige Sondagoggend, hierdie 16de Julie. Die eerste mense wag reeds by die Neelsie, warm en relatief waterdig aangetrek teen die reëndruppels wat ons terg met die belofte van ‘n nat busrit. Binne minute vergroot die groep tot 57 van die 60, die bus word gelaai, groepies word aangekondig, en die storie begin. Met ‘n bus vol mense wat gereed is om te vertrek wag ons net gougou vir Schalk, Tristan, Alida en Hannah, wie duidelik besluit het dat dit haar missie is om laaste op die bus te klim wanneer ookal moontlik. Kwart oor nege vertrek ons vanaf die Neelsie, slegs vyftien minute later as wat meneer die toerleier, Petri Smit, beplan het. *Ahem*. Foreshadowing.

 

Aan die ander kant van die tonnel word ons begroet deur ‘n reënboog wat 180° deur die lug strek. ‘n Belofte van die afwesigheid van vloedreën in ons toekoms, amper soos wat aan Noag gemaak is na die vloed? Op daardie stadium het ons nie geweet nie, en kon ons maar net hoop. Ons getalle vermeerder na 59 met SW en Janke wat by die Ultra City naby Worcester opklim tydens ‘n vinnige 15 minuut badkamer breuk. Die eerste “O jitte ek het xyz vergeet!” word reeds hier gedink deur sommige mense, met witgoud wat inderhaas gekoop word. Met die 15 minuut stoppie op end, kry ons ‘n halfuur later rigting, Laingsburg toe.

 

Op Laingsburg word ons voltallig met Rachel wat by ons aansluit by die Shell, waar Zander, Naude en Johannes meer geld as wat redelik is spandeer om ‘n R2 Bialetti te probeer wen. Hulle verloor egter. ‘n Ruk later tref ons sinkplaat, en binne ‘n oogwink word ons gedeponeer by ons bestemming: ‘n hek met 8 slotte, reg langs die middel van nêrens. Die bus word afgelaai, die mense trek hul skoene aan, en die tradisies word geopen met Bertus en Danielle wat skiet verduidelik. Dit lyk egter of Bertus moontlik gaan kompetisie hê vir sy meisie se teenwoordigheid in die slee, want ongeveer 6 van die manne besluit om te intercept tydens die verduideliking. Dit word gevolg deur die ordentlikheidspraatjie, en die flouste van flou grappies word vertel. Die twee geslagsgroepe maak ‘n ry voor mekaar, en De Machtige Koning word gesing. Of eerder, die eerste drie reëls word gesing. Daarna ontplof dit in chaos, basies ‘n vuisgeveg. Soos gewoonlik. Leana raak amper handgemeen met Petri vir sy hoed. Okay, ek oordryf dalk ‘n bietjie. ‘n Klein, klein, baie klein bietjie. Toe is dit middagete.

 

Maymarie open groepie twee se smalltalk met ‘n vragie gerig aan elkeen in die groep: “Watter gebeurtenis in jou kleintyd het jou gescar for life?” Lise deel graag. Na lunch begin die stappery, en so begin dag een uiteindelik, in volle swang. Sommer vroeg-vroeg al begin die eerste mense uiting gee aan hul pyne. Fisiese pyne, Dag 1 is te vroeg vir emosionele pyn geselsies. Schalk se sak weeg omtrent 25kg want “Ek dra Justin se goed. Justincase.” Min weet ons hoekom sy sak werklik so swaar is.

 

Op 8km, na ‘n stewige stappie, rus ons vir die eerste keer. Die eerste pleisters word hier alreeds geplak. Trotse lede van die Beblaasde Tone Klub. Bertus vra ‘n paar van ons watter voorwerpe ons graag eendag sal wil wees. Antwoorde sluit in ‘n stoel, ‘n ster en ‘n karoobossie. ‘n Rukkie later tref ons ‘n rivercrossing. “IN DIE KAROO!” Skryf ek in hoofletters met groot uitroeptekens en vraagtekens in my boekie, heeltemal onbewus van wat voorlê.

 

Ons neem kort daarna ‘n kort ompad, ten spyte van meer tekens wat gegooi word as ‘n dame wat flankeer (flirt). ‘n Volle twee pyle wat sê “draai links”. Ons neem dus die logiese besluit en gaan reguit aan, want die Karoo is baie groot en ons is bang ons mis iets. Toe ons uiteindelik teen laatskemer by die kammplek uitkom, brand die kosvure reeds. Franci verwelkom ons, en ons begin kamp opslaan. Rugsakke word neergesit, tente word uitgehaal, en skiet word oopgemaak, tot hierdie sketsskrywer se skok en verontwaardiging, en ten spyte van ‘n sekere toerleier wat nie naby aan enige dames staan nie. Met die opwinding van skiet agter die rug word die stookproses aan die stokers verduidelik, en die mans ooga booga fiyah fiyah rondom die stofie se vlammetjie, soos mans maar doen.

 

Die dames, asook ‘n paar manne, staan tou vir emmertjies warm water om te gaan stort. Hulle het nog hoop vir ‘n skoon, warm, gemaklike toer. Rondom die kosvuur vra SW vir ‘n groepie dames hoe hulle sal wil hê die mans moet hulle uitvra. André luister aandagtig.

 

‘n Groot kampvuur word gemaak, en elkeen skep ‘n uitstekende bord kos van lam-en-hoender kerriepot met mash. Met die sterre wat skitterend neerglinster op ons, en ‘n paar dames wie se giggels vanuit die stort-area gehoor kan word, vra ons die seën. Vir poeding kry ons malvapoeding met vla. ‘n Gesellige kampvuur, warm kos, lekker poeding en goeie geselskap. Wat meer wil jy hê vir ‘n BTK toer?

 

Slee word aanmekaargeslaan rondom die vuur, en Petri open items met ‘n versoek om stilte sodat ons die sterre kan bestudeer, nes die eertydse Griekse sterrekundiges. Hy weier egter om ‘n liedjie vir ons te sing terwyl ons bestudeer. Onbillik. Kort daarna word Ballade van ‘n Sterwende Bok opgevoer, maar toe maak die sketsskrywer ‘n strategiese besluit om nie die items verder neer te skryf nie. Hy trek egter kort daarna sy pen weer nader toe Naude se twee chicks met lang bene hul verskyning maak, net om dit direk daarna weer neer te lê. ‘n Lekker warm lê-sessie langs die vuur later word die pen weer gegryp vir André se genie wat probeer om SW se wense waar te laat word. Soos ons almal egter weet, kan ’n genie slegs ‘n wens laat waar word as hy self ervaring het met die onderwerp, so ek dink nie SW gaan ooit verstaan hoe dames se koppe werk nie.

 

Met hekels/jikkels/hiekels/heukels/haikus meld SW trots aan dat hy van sy dames hou soos van Jian se arms: Sterk, mooi, en onafhanklik. Schalk sê sy sak is soos om ‘n swanger vrou se maag vas te hou, maar ek is nie lekker seker water tipe swanger vrou sal ‘n 1L boks wyn in haar maag ronddra nie, soos wat Petri toe beweer Schalk in sy rugsak dra. Zander wou nog altyd soos ‘n prinses gevoel het, en Petri word hard getune dat hy die tekens/aanwysings ignoreer.

 

Slee behoort aan die dames, en van hulle is braaf genoeg om buite te slaap. Dit sou ook die laaste aand wees wat so iets gebeur.

Dag 2: 17 Julie 2023 – ~16km

Sesuur op hierdie swart Maandagoggend sing SW en sy trawante ons wakker. Of eerder, rap ons wakker, met ‘n abridged weergawe van Groete aan Mannetjies Roux, gevolg deur ‘n baie entoesiastiese maar ietwat wankelrige Bloubergstrand se Sonsak, en uiteindelik die stokerliedjie wat op dag 2 darm nog redelik menslik klink. “Groepie Twee, water is reg!” Kry my uit die tent, en koffie en BTK pap word oomblikke later aan gesmul. Die eerste brokkie inligting wat hierdie oggend met my meegedeel word is dat ‘n sekere groepielid van my die vorige aand met haar tentmaat gelê en gesels het oor “die ou met die met boekie wat alles neerskryf”. My groepielid verduidelik toe wat die skets is, en dat ek alles wat snaaks is en alles wat gebeur neerskryf. Dit word beantwoord met “Is ons seker dis veilig om HOM te laat besluit wat snaaks is?”. Ek knik maar net my kop, haal my boekie uit en skryf toe dit neer, want ek besluit ek vind dit snaaks.

 

Die res van die toer het niks snaaks gebeur nie, so die skets eindig nou hier.

 

Pause. Duh

 

Om 7uur begin die son ons terg met die verkleuring van die horison na ‘n stoute oranje, maar dit is eers 45 minute later wat hy uiteindelik sy kop oor die horison steek. Die temperatuur daal skerp, en almal staan en bibber in die koel lig wat oor ons spoel. Oom Jan open vir ons met Psalm 8 en gebed, waarna jong Jian uitvind dat hy vandag verjaar.

 

Die groep sing vir hom, en daarna is dit die dames se beurt. Die dames lyk baie gretig om aan hom te raak, want die kringetjie wat hulle rondom hom trek raak baie vinnig kleiner. En kleiner. En kleiner. Dit was ‘n stamperige situasie, maar Jian is darm heel anderkant uit. ‘n  Vinnige vroegoggend aerobics sessie later, gelei deur ons Tone, Leana, en ons is gereed in beide liggaam en gees om te stap. Ons tref sommer vroegoggend al ons eerste rivercrossing, en die musiek begin.

 

Aan af aan en af gaan al die krag in die dag dag dag… En so ook almal se skoene met die verskeie rivercrossings. Heen en weer, links en regs, holderstebolder, oor en weer strompel ons oor die klippe en deur die river. Sommige mense maak vroeg al vrede met nat skoene en loop sommer net deur die water. Ander mense kies strategies om die dag met crocs uit te stap. Watter metode beter gewerk het los ek maar aan jou, want ek self is nie onpartydig nie. Dertig crossings later word gamebreak uiteindelik geroep, en die uitkyk kring eis sy eerste slagoffer. Zander trek die kitaar nader, en binne oomblikke dans die klanke van die kitaar met die kabbeling van die rivier. Die musiekvertoning word kort-kort onderbreek deur die uitkykkring wat nog ‘n slagoffer nader roep, maar Kiara besluit die hele spul lyk nie baie lekker nie en draai summier om en loop weg. Te gou is gamebreak verby, en ons ploeter voort. Die rivier, wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer vloei, voed die omliggende wêreld, en die lewe in die natuur rondom ons weerspieël die lewendige groepie mense wat opgewek deur water en oor klippe plas, en ons spore en gesprekke laat ‘n glimlag op die Moordenaarskaroo se gesig.

 

Na verskeie ure se crocplakkienatskoen stap deur die rivier, met meerderemale se nat hond pootskudprosedure om klippies uit crocs te kry, word middagete uitendelik om 5 minute oor 1 geroep. In ‘n kronkel in die river, in die skadu van ‘n klipkrans vergader die groepies om te smul aan paninis met Lays chips en mayonnaise.  Binne oomblikke word grondboontjiebotter en konfyt ook onthul, en dit is nie drie sekondes nie of daar word ge-eksperimenteer met mayochip en grondboontjiebotter paninis. Met vol magies verontagsaam ‘n paar mense hul moeders se bevele en gaan swem in die ysige rivierwater, want Dag 2 se weer is lekker warm, en die mense is moeg gestap deur die rivier.

 

Kort voor lank roep Petri Stapnou!, en ons maak spore. Diep spore trap ons, in die harte van ons mede stappers, in die hartjie van die Moordenaarskaroo. Maar meestal in die rivierbedding; Petri sak op ‘n stadium tot middelkuitdiepte in die klipsand weg en word omtrent deel van die rivier. Na ‘n redelike dodgy trek deur die dorings kom ons by die kammplek. Dames- en manskamp word aangewys, tente word opgeslaan, en die dames staan rivier se kant toe om te gaan was. Die sketsskrywer, wat baie skryfwerk het om in te haal, sprei sy seil uit in die middel van die niemandsland tussen mans en dameskamp en word oombliklik omsingel deur ‘n paar van die mans wat ook sitplek soek. Onder die moeë manne word skiet bespreek, en daar word ingestem dat Petri heel waarskynlik nie skiet sal oopmaak terwyl die dames bad nie. Met hierdie konsensus wat bereik is, lê die manne terug om bietjie te ontspan na die dag se harde werk. Petri sit toe skielik regop en maak skiet oop, en ‘n algemene konsensus onder die raad van mans word bereik vir ‘n aanklag van onbillikheid, en die jurie bevind hom skuldig.

 

Wat toe volg laat my baie dink aan hoe ek myself sou voorstel ‘n situasie lyk waar ‘n trop wanopgevoede leeumannetjies probeer om ‘n rooibok met drie bene te jag. Elke keer as ‘n dame dit waag om ‘n toon buite dameskamp te sit, VLIEG ‘n paar van die manne op, met prooi in hul gedagtes. Een tree uit, en die manne se skouers sak, koppe af, bene gebuig, bobeenspiere wat soos staalkabels bult onder die vel, gereed om weg te spring. ‘n Tweede tree, en die mans se hammies begin dans soos hulle gereed maak vir SPOED. ‘n Derde tree, en die produk van duisende jare se evolusie ontplof tot aksie. Arms pomp, rugspiere trek saam en ontspan in ‘n ritmiese dans, soepel en sterk. Oë wat instinktief rondblits, opsoek na teenstanders en prooi. Dan, die man wat die dame vra “is jy al geskiet”, en die jaagtog hervat en kom tot volle swang.

 

Die dames soek inderhaas skuiling, in die vorm van dameskamp vir meeste, en in die vorm van ‘n doringbos vir Lizé en Mayms (dink ek). Ek wonder somtyds wat dit sê van die mans wie hulle gejaag het, as hulle eerder die omhelsing van ‘n doringbos sal verkies bo die omhelsing van die mans wat hulle probeer vang. Dit is egter nie nou ter sprake nie. ‘n Paar van die mans verloor byna hul lewens toe hulle die dames in dameskamp involg. Dit is ‘n situasie wat my laat dink aan die sogenaamde “Siren’s Song” uit Griekse mitologie, en dit is so hittete of ons verloor vir Jian aan die Skiet se Lied en die opwinding van die jagtog.

 

Die arme dames is, soos die Engelse spreekwoord lui, “like deer in headlights.” Stel jouself voor, Jian, Pieter en SW kom op jou afgestorm, jy word vasgepen onder hul oë, en jy weet so voor jou siel, jy is volgende. Jy kan sekerlik nie die dames kwalik neem as hulle nie seker is met wie hulle wil slee nie, dis seker die dat hulle besluit om eerder maar die veilige roete te vat en vir almal weg te hardloop. Laat natuurlike seleksie besluit wie die prooi vang, “die dames wil pursue word,” after all.

 

Teen hierdie tyd het die dames ook al besluit op ‘n amptelike reaksie op hierdie situasie, en die keuse om skiet op juis daardie oomblik oop te maak: Baie stupid. Hulle sit egter koppe bymekaar, en begin plan maak oor hoe om hierdie situasie aan te pak. Ek kan maar net raai wat in daardie vergadering gesê is, maar soos André se genie vir arme SW laat weet het die vorige aand, kan hy eerder sewe verskillende staprugsakke optower voor ons dames se koppe sal verstaan. Ek sal ook die versoeking weerstaan om my kreatiewe vryheid te gebruik om die prentjie in te kleur, want hierdie skets is alreeds lank genoeg en dis nou eers dag twee, so kom ons sit alle oorgedramatiseerde herlewings van hierdie gebeurtenis nou eers op ys. Ons sal seker ook nooit weet wat die dames se aanvalsplan was nie, want net voor dit in werking gestel kon word, word skiet toegemaak, tot die dames se verontwaardiging. Die manne verdaag manskamp toe, en die situasie is tydelik ontlont.

 

Daarna is dit die manne se beurt om te bad. Hier is hoe dit gebeur het: *Ahem + Dramatic pause for effect. Ja ek sit stage descriptions in, mens kort die volle ervaring as jy die lees.*

 

In elk geval, kosmaaktyd. Ons word bederf met ‘n behoorlike tweegang maaltyd van sop en nachos. Na ‘n tweede porsie wat groter was as die eerste (thanks, Mayms) gaan jag ‘n paar van die manne klippe, terwyl ‘n paar ander hout aandra. Die vuur word gepak en aan die brand gesteek, en in die warm, flikkerend lig van twee vars vlammetjies begin mense saamdrom rondom die nuutgeskape geselligheids fokuspunt. Daar word gelag en gesels, en die salige, oranjehitte van die vuur se vlamme resoneer met die vrede in ons harte. Soos die vlamme laer en laer brand staan ons nader en nader, en ons maak hande en harte warm.

 

Skiet word intussen weer oopgemaak, en die laaste paar leeumannetjies vang uiteindelik ‘n maatjie vir die aand. ‘n Aand van skitterende sterre wat glimlaggend op ons neerkyk, en in elkeen van ons harte weerspieël die vreugde van die voorreg wat ons beleef om net te kan wees, daar te kan wees. Die konstellasies word bestudeer, die suiderkruis (of die sterre vis, soos Marie dit noem) word uitgewys, en die skerpioen, wat dwarsoor die melkweg lê, domineer die naglug. Weer word die kitaar uitgehaal, en vir die kringetjie mense rondom die kampvuurkole kan daar niks lekkerder wees as om na Zander te luister wat die kitaarsnare behendig streel nie. Na ‘n krismis in Kampale, word hardekole wat brand gespeel, en dit maak volledig die prentjie van die kampvuur en die BTKaners. Kort daarna neem Graham die kitaar oor om ons te begelei in wat ek eerlikwaar kan beskryf as die beste cover van Suiderkruis wat ek al ooit gehoor het.

 

Daarna is dit items, en in my heeltemal onbevooroordeelde opinie is die beste item die pragtige gedig wat Maymarie oor my skryf.

 

Slee behoort vanaand aan niemand nie, aangesien niemand niks gedoen het om enigiets te verdien nie, so nou lei ons almal daaronder.

Dag 3: 18 Julie 2023 – ~23km

Ek het geslaap soos ‘n klip. In ‘n vuur. Sonder enige verantwoordelikheid. Meeste klippe het geen verantwoordelikheid nie, maar net om enige potensiële verwarring te verhoed, spesifiseer ek dit nou. Die stokers sing baie pragtig vir hierdie klip, maar ek kan nie so baie lekker onthou wat hulle gesing het nie. Klipkop. Vroeg-vroeg al word ‘n vuur aan die brand gesteek, want hierdie oggend is kouer as die vorige, en, spoiler alert, dit raak net kouer van hier af.

 

Soos ‘n padda wat al hoe stadiger swem in water wat al warmer word, begin ons al hoe meer traag word vir kamp afslaan. Met die sonsopkoms wat nader sluip en die temperatuur wat toertjies doen oppad ondertoe begin ons al hoe langer langs die vuur spandeer om die warmte-battery te laai, voor ons verder afslaan. Die vuur lyk later soos ‘n antieke, effens kultistiese ritueel, met ‘n rituele sirkel van skoene wat die vuur versper agter ‘n dik wal van warm stoomwolke, en stappers wat hul klere, handdoeke en sokkies aan die hittebron opoffer. “Whack, but not a cult,” soos Karl later sal opmerk.

 

André staan nader en deel my hoogs vertroulike inligting mee: sy vinger is seer. Dit is al wat hy bereid is om te sê oor die saak, en hy verdwyn vinnig weer. ‘n Absolute enigma van ‘n mens. Oomblikke later is hy terug, en spog hy met sy skemerkelkie van Slowmag, ACC600 (nie 200 nie, mind you) en Linctagon. Kersie-geur Linctagon. “En water,” voeg Zander by, altyd hulpvaardig.

 

Met die kamp wat uiteindelik afgeslaan is en die rugsakke wat gereed staan om gelaai te word wag ons net vir Leana om gou haar Tone-dienste af te handel. Arme Leana, wie teen Dag 3 reeds ‘n mediese internskap-jaar se ervaring opgedoen het van al die blase wat sy moes pop en pleisters wat sy moes plak, kry skaars kans om asem te haal. En wanneer sy doen, ruik die wêreld soos voete. SW besef egter waar sy hulp vandaan kom, en hy bid sommer vroeg al hardop dat sy lyfie die dag se swarighede beter sal dra as die vorige dae.

 

Van myself kan ek sê dat my heupe meer sensitief is as ‘n LGHDTV oor sy/haar model, en die voete laat my elke tweede tree weet dat die Nasionale Unie vir Mensvoete van Suid Afrika sal hoor van die walglike werksomstandighede. Staak nou, werk later. Petri is egter genadeloos, en ons sit ‘n stywe stappie aan in winderige weer, met ‘n volle 8km wat op Strava geskryf word voor ons uiteindelik gamebreak. Gamebreak was ‘n relatief gebeurtenislose gebeurtenis. Die enigste ding wat ek neergeskryf het is ‘n sin wat, sonder konteks, regtig awkward gaan klink so ek gaan hom nie hier insit nie. Hekel my, I dare you.

 

Ons stap verder, en ek weet ek was nogals moeg want ek het niks geskryf tot lunch geroep word nie. Of was ek? Franci daag skielik op en gesels met Petri, waarna middagete baie skielik aangekondig word. ‘n Kort geselsie met Petri later hoor ek die rede vir die skielike stop: Vandag is NIE die lang dag nie, en ons het op daardie stadium slegs ongeveer 7km van stap oorgehad in plaas van die verwagte 12km. Lunch is, soos gewoonlik, ‘n groot treffer. Ons smul aan die klassieke creamcheese-en-komkommer broodjies, met ‘n kinkel: salami.

 

Met lunch wat lekker lê in daai gaatjie wat deur die loop van die dag gegroei het, begin ons eers lekker loop. Die bene pomp soos goed geoliede masjiene, maar daar is egter ‘n paar mense wat loop asof hulle die wind sterk van voor het. In hulle verdediging, die dag is alreeds baie lank, en die rugsakke is swaar. O, en die wind het baie sterk van voor gewaai.

 

Die Karoo cruistertrack (want geen selfrespekterende Karoo-boer gaan met ‘n Jeep in die Karoo ry nie) lei ons teen ‘n krans van ‘n klimmetjie uit, en die uwe val terug tot by die sleutel-trio. Met die sleutel-trio wat nou ‘n dubbele-duo geword het, loop ons lekker en gesels tot die slegte nuus ons bereik: die pad is byster geraak. Pieter smyt sy sak neer en vang ‘n sprint-draffie wat Michaela met verlange agterna laat staar. “I kinda want to run and go look at the view,” she says with a pout.

 

Intussen bereik Pieter die Slabbert-squad, en in ‘n opregte poging om ‘n onnodige afdraand te vermy, lei hy hulle van die wal af in die sloot, terug bergop. By the chief road outcomed word Pieter via radio meegedeel dat ons asseblief afwaarts moet verkeer, want die fout was verkeerd. Oom Jan is… effens verontwaardig, en weier, via Pieter en sy radio, om verder te stap teensy Petri hom PERSOONLIK kom haal. (SN, for posterity: Oom Jan het gegrap, dit was baie duidelik aan alle betrokke partye, indien jy moontlik dink die oom was besig om ernstig te wees.) Petri, wie op daardie oomblik besig is om ons verblyfreëlings te tref, staan toe in stilte saam met die Karoo Oom en Tannie op wie se plaas ons sou bly en luister na hierdie boodskap. Petri lig dus vir Pieter in dat hy nie op daardie stadium met hom kan gesels nie, maar hy sal so gou hy klaar is vir oom Jan gaan haal.

 

Nadat Oom Jan ongeduldig geraak het met wag vir Petri (grappie) en sommer self afgestap het, kom ons almal by die kampplek aan en begin kamp opslaan. ‘n Sekere wapen van massa-misloop het toe sy sketsskrywer tentmaat se tentpenne misplaas, maar ons word gered deur die spaar stel tentpenne wat ons die Saterdagaand voor die toer strategies in Bertus se tent weggesteek het, onder die dekmantel dat ons ekstra penne moet saamneem, alweer vir justin. Justin Case.

 

Tente word opgeslaan, skiet word oopgemaak, en ‘n toervergadering word gehou om te stem vir wie eerste gaan was. Dis koud, dis winderig, dis reeds skemer, en die dames is nie lus om nou nat te word nie. Die algemene konsensus is toe dat die mans maar in die river mag gaan was. Laat ek net noem, ek dink ek verstaan nou hoekom dit die manne is wat die vriendin item doen; ek dink nie enige dame se stem kan só hoog nie. Die koue slaan eers jou asem weg, en dan gil jy; ek dink Naudé het ‘n F6 geslaan.

 

Vir aandete rig die stokers hul stofies aan die lêwaartse kant van die plaashuis op, en die kokke begin werk aan die aand se feesmaal: Maymarie noem dit “Chicken noodle sop”, maar ek dink dis meer van ‘n “spaghetti chicken broth”. Groepie twee, wat weens die aand se gebeurtenisse as die “boelie groepie” gedoop word, beleër ‘n klein afdakkie en die plastiektafel en -stoele. Alida, wie wegkruip vir die koue agter ‘n muurtjie en dus geskei is van haar groepie, sit met ‘n dilemma: “Ek kry koud, maar ek is ‘n ekstrovert!” Roep sy van agter die muurtjie vir ons. Koudkry wen egter, en sy bly sit. Vir twee minute.

 

Vir poeding maak ons koue beertjie poeding, en danksy die temperatuur wat laer is as my yskas s’n na vier ure van loadshedding, stol die poeding behoorlik vir waarskynlik die eerste keer in my BTK loopbaan. Ons smul behoorlik daaraan, want poeding is skaars hierdie toer. Soos dit hoort. Die laaste paar happies poeding verdwyn, en die reën begin ons terg, eers speels, toe met redelike erns. Slee word dus gekanselleer, tot my verontwaardiging (ek het belowende sleedates gehad). Ons verkeer na ons respektiewe kampe, en in manskamp het André en SW ‘n groot uitval. “Liefie is nooit by die huis nie!” en “Skattebol is die rede dat die kinders nooit huistoe kom nie!” Ek luister met groot oë, ek het nie geweet die BTK laat getroudes toe om te toer nie. Behalwe natuurlik die toerouers.

 

Wind en reën sus ons aan die slaap, en binne minute is die enigste klanke wat oor die stikdonker prentjie speel die suising van die wind, die kletter van die reën teen die tente, en die sagte fluistering van 60 asems in die koue naglug.

Dag 4: 19 Julie -~ 26km

Met ‘n lied in ons harte word ons wakkergesing, en die woorde van Klein Tambotieboom dans deur die kraakvars oggendlug. Die stokers voel duidelik die druk, want met die stokerslied se “opstaan” begin hulle soos nagapies in die vroegaand gil, en ek eggo die krete geluidloos toe ek opstaan. Ongemaklik skuifel-skuifel ons na ons groepies, elke treetjie ongemaklik met blase tussen die tone, onder die hakke, en langs die voete. Die mense kreun soos ou stoele, ysige vingers werk plek-plek aan ‘n seer bobeen of kuit en hier en daar hoor mens ‘n skerp asemteug soos wat iemand daai spasma goed beetkry. Die klanke van die Karoo na 53km van oppak, afpak, swaarsak, aanpak.

 

Die oggend is koud, winderig, en effens bewolk. Presies wat jy soek vir ‘n lekker lang 26km dag in die hart van die Karoo. Ons drom saam om die vuur se doodsnikke, die rook dwarrel verward rond soos wat almal probeer om dit in te asem. “Welkom by die rokerskring,” heet Danielle my welkom en staan effe opsy om my toe te laat om ‘n diep asemteug in te suig. Lizé sit op ‘n plastiekstoel wat sy uit die kloue van groepie twee bevry het en braai haar bene asof sy ‘n spitbraai is. Al draaiend, een kant ander kant, been kant boud kant. Dalk draai sy so om weg te kom van die rook, maar ek weet nie hoekom sy in die rokerskring staan as dit nie is vir die rook nie.

 

Die dag se stap begin vroeg al met twee rivercrossings. Die sleutelpaar word bederf met ‘n persoonlike rivieroordragsessie elk, en oom Jan dra later sommer vir André oor, rugsak en al. André is egter nie ‘n man wat homself lank in die skuld laat nie, en sommer by die volgende crossing al ontdek hy sy innerlike siviele ingenieur en bou hy brug vir ons agterste groepie. “Ek sal vir jou ‘n brug oor ‘n rivier bou,” belowe hy plegtig aan Marlize, “maar vir jóú probleme…? Bou ‘n brug en kom self oor dit.”

 

Gamebreak kom en gaan, met Maymarie wat strategies vier groot pakke sout-en-asyn popcorn saam met die restock ingesmokkel het en met ons deel. Sout en asyn was nog nooit só lekker nie.

 

Daar waar ek agter stap is die geselskap goed, maar die voete is séér. Die wind speel meer met ons gevoelens as ‘n wispelturige dame, en ons klere gaan uit-aan-uit-aan soos wat die wind met die son en die wolke wegkruipertjie speel. Oudste boetie son speel dalk bietjie lelik, want plek-plek drup daar ‘n traantjie of twee uit die wolke, en dit terg ons groepie dapper stappers keer op keer met ‘n koue vlaag druppels teen die skouer. Dit is egter nie genoeg vir ons om ons rugsakke se reënbeskermers uit te grawe nie, en gougou koop broeder son vir kleinboet wolk om, waarmee weet ek nie. Of miskien het hy hom gedreig. Ons almal weet wat met mis voor die son gebeur. Teen middagete is daar al meer son as wolk, maar die wind waai meedoënloos, kouer as die skouer wat Alicia my gee as ek haar Aiiilicia noem.

 

Ons dra BOK swaar. Kyk, ek is stapfiks. Ek stap al van kort ná geboorte af, hoewel ek eers in Graad 5 begin hike het, en my pote PYN, ‘n sentiment wat ek dink ‘n hele paar van my medestappers sal beaam. Ons blaas-blaas teen ‘n heuwel uit, want die Karoo het toe blykbaar meer as net vlaktes. Party blaas hard, ander blaas permanent, en sommige gaan al die pad en word basies blase. Toe is dit middagete, sommerso langs die groot grondpad.

 

Almal se sakke word onmiddelik ligter.’n Kilogram ham, ‘n sak tamaties, seker 5 wortels, ‘n kwart kop kool, ‘n bottel mayonnaise en ‘n paar teelepels basil pesto sneuwel en word toegedraai in wraps en verslind. Na lunch pak ons weer die lang pad aan. Die oom van die plaas verskyn in sy Cruiser (onthou wat ek gesê het van Karooboere en cruisers?) en bied aan om diegene wie swaarkry se lewens te vergemaklik. Maymarie aanvaar die uitdaging en laai ook haar sak op, teen alle verwagtinge. Ons moes amper met Jeandré baklei om sy sak van hom af weg te neem, maar Jeandré is ‘n redelike man, en met mooipraat is hy uiteindelik oorreed om ook sy sak op te laai. En ons stap toe aan. En aan. En aan.

 

Voete pyn, maar dis alles die moeite werd. Die landskap is mooi. Verskriklik mooi, amper ongerep. Die enigste teken van beskawing is die telefoonpale… ag, oorhoofse hoëspanning elektrisiteitslyne wat soos stil reuse handevashou oor die landskap. Met die windjie wat ons afkoel eet ons die kilometers tot die eindpunt op, en die dapper stappers staar hierdie dag vir moeder natuur in die oë en knipoog: ysige rivercrossings word met ‘n lag begroet, en die meedoënlose wind woed homself uit om die vurige kole wat in die stappers se harte gloei te probeer blus. Met die son wat sy laaste doodsnikke uithoes na ‘n bloedige veldslag teen die skemerte van die nag, bereik die moeë stappers die saal waar ons die nag gaan spandeer. Dit is ‘n semi-voltooide trou lokaal, en ons word, na 26km se harde stap, behoorlik bederf. Ons slaap die aand binneshuis, onderdak. ‘n Kampvuur wat skrik vir niks brand voor die ingang, en die afkondiging word gemaak dat ons warm storte kry die aand. Daar is min dinge wat ‘n groep tam, uitgelope, deurgetrapte en yskoue stappers se gemoedere vinniger kan lig as die belofte van ‘n warm stort. Ek kan egter ‘n paar dinge noem wat ‘n kans staan: Die skielike verskyning van verskeie varsgebakte, stomend warm pizzas, en ‘n (semi) free drink in die vorm van ‘n bier, ‘n cider, of ‘n coke. Sjoe. Spitskoppe. Onthou die naam. Hulle doen troues ook. Dis nou ingeval jy oor 5 of 10 jaar opsoek is na ‘n trouvenue en onthou so vaagweg van daai tawwe toer waar jy jou man/vrou ontmoet het.

 

Terug by die warm storte staan ons rondom ‘n vuur en wag vir die water om warm te word, en die situasie lyk belowend: stoom borrel behoorlik uit die storte uit soos die warm krane oopgedraai word. Onder die skitterende sterre, met ‘n gloeiende bed van kole wat die kringetjie mense se gesigte rooi-oranje inkleur, beleef ek vir die eerste keer in my lewe ware verraad: die stoom wat so aanloklik borrel? Dit lieg vir ons. Die water is net-net louwarm, en ten spyte van die sauna-agtige atmosfeer gaan dit maar vinnig, sodat ons rondom die vuur kan gaan staan om weer warm te word. Daar waar ons staan, beleef on vir die tweede keer verraad: Pieter, die cruiserdrywer, besluit om sy pligte op ys te sit en eers aandete te eet. Lank staan ons en wonder of Pieter die cruiser omgesmyt het en of ons nou eers in die ysige modder gaan moet bakkie stoei, voor ons uiteindelik die ligte deur die takke sien nader kom. Met ‘n opgewekte “Howzit” spring hy uit die cruiser uit, en die oorverdowende stilte groet hom met oorgawe. Die groepie mense klim op die cruiser, tjoepstil, en Pieter staan vir verskeie lang, stil sekondes en wonder hoekom niemand met hom praat nie. Naude verlos hom egter van sy verwarring, en die oorverdowende stilte word verbreek deur ‘n lagbui. Seker net Pieter sal kan sê of dit die gloed van die vuur is wat sy gesig rooi inkleur, en of dit vir ‘n ander rede was.

 

Vir aandete kry ons pasta met songedroogte tamatie en basil pesto. Of koljander pesto, as jy in Maymarie se groepie was. Ek kan net soveel keer skryf dat “aandete lanklaas so lekker was”, so ek gaan hierdie keer eerder net se “aandete was die vorige aand laas so lekker gewees”, want ons almal weet hoe lekker ons geëet het.

 

Die wraakkonsert en slee hou ons wakker tot 2uur die oggend. Ek gebruik die woord “wakker” baie tong in die kies hier, want die afwesigheid van enige items of hekels in die skets behoort ‘n baie duidelike prentjie te skep van hoe ek my tyd gedurende slee spandeer het. Ek het natuurlik met my sleedate(s) gesels, baie dankie. Uiteindelik, na ‘n baie, baie lang dag van stap, gesels, en die buitelug en mekaar se geselskap geniet, word ons almal in die massiewe stoor/trouvenue aan die slaap gesus deur die klank van 59 sagte asems en ‘n kettingsaag.

Dag 5: Seker so 17km

Die oggend word ek uit my sluimering gepluk deur Alicia en Marietjie 1.0 wat my met groot hartseer meedeel dat daar nie water is nie. Binne oomblikke, soos ‘n geskenk van bo, begin dit egter reën. In die saal. Die water het gevries in die pype, en na ‘n hondeskou van rondsoek vir ‘n bietjie water kan ons uiteindelik die koffie aan die gang kry.

 

Petri wil 9uur in die pad val, so 20 oor 9 vergader ons om ‘n pragtige stukkie te lees wat die eienaars van die plaas geskryf het en aan Petri oorgedra het. Kort daarna sing ons vir Marlize, wie se wens van op ‘n toer verjaar uiteindelik waar word. Die oggend verrigtinge word voltooi, en stap oor 20 minute word geroep. 40 minute later is al die sakke op die oom se cruiser gelaai, wat darm nog in werkende toestand is, ten spyte van Pieter se beste pogings. Petri roep StapNou!, en ons stap toe. Tot by ‘n stuk Nasa ruimterommel en ‘n regop klip met ‘n inskrywing in ou Nederlands wat ek nie kan onthou of Jesse dit ontsyfer kon kry nie. Oomblikke later waai die wind ons egter weg, en ons stap behoorlik met die wind in ons seile. En teen ons lywe, deur ons klere, en oral waar die wind kan waai wat ‘n mens laat koud kry. Binne ‘n paar kilometer begin sommiges al hoop dat ons maar ons sakke kan terug kry, want ten minste is mens dan warm. Lize, die hoogs kompeterende hokkiebokkie wat sy is, besluit om die wind uit te daag tot ‘n wedloop, en sy spring summier weg en draf bergaf. En bergop. Toe sy driekwart teen die anderkant se bult op is, toe draai ons van die pad af. Toe sy bo kom, beweeg die laastes van die groep deur die plaashek. Ek kan net dink hoe die aansig van die groep wat heeltemal ‘n ander pad as sy inslaan die wind uit haar seile moes neem.

 

Terug by die res van die groep word die sakke van die bakkie afgelaai, en Maymarie maak dameskiet oop. Die manne laat nie op hulle wag nie en laat spat. Gamebreak word geroep, en toe is ons weer oppad. Met ‘n cruisertrack langs kronkel ons, die omgewing so eg Karoo soos kan kom. Die wind looi ons steeds, maar diegene onder ons wat hul winddigte klere vroeg al aangetrek het geniet dit verskriklik. Die ysige wind stoot ons tot in ‘n droë rivierlopie, waar middagete geroep word. Marietjie 2.0 beveel die wind om te gaan lê, met ‘n stemtoon wat geen ongehoorsaamheid duld nie. Broeder wind is egter die jongste kind, en ons almal weet die reëls is nie van toepassing op die jongste nie. Hy haal diep asem, en Marietjie se bevel word versprei en weggegooi soos grassade in die wind.

 

Petri roep heeltemal te gou “stap oor 20 minute”. Dis egter nie die “sjoe dit is so mooi hier, ek sal vir ure kan sit” heeltemal te gou nie, dis die “woah tjom ons eet nog dis nou eers soos 10 minute jig jys onbillik wag eers” heeltemal te gou. Dit blyk dat, as hulle sê “die beste manier om vir koue aan te trek is om lae/layers te dra” bedoel hulle jy moet dit aan jou lyf dra, nie in jou rugsak nie. Petri het egter nie die memo gekry nie, en hy kry dus baie koud.

 

Die ware rede vir sy haas verskyn seker so 30 minute later: die kamplek. ‘n Ou skaapstoor met ‘n windpomp, ‘n sementdam en ‘n regte, egte, 100% locally sourced Karoo murasie. Luuuks. Meer Karoo as dit kan jy nie kry nie. Die dames skrop nes in die stoor, en die mans rig hul tente op aan die lêwaartse kant. Mettertyd begin ons stook, en die aandete is alles wat lekker is. Biltong, kips, rys en blatjang. Die biltong word ont-vacuum, en elke groepie stel ‘n erewag aan om hul hopie biltong te beskerm. Die wêreld is egter vol geleentheidsmisdadigers, en biltong is inderdaad ‘n uitstekende geleentheid om ‘n misdaad te pleeg. So in die verbygaan sien een geleentheidsmidadiger een so geleentheid, en hy gryp behendig ‘n stukkie biltong van Lizé se hopie af. Hy het homself egter misgis met die blitsvinnige reflekse wat Maties by hul hokkiespelers indril, en hy het skaars die stukkie biltong beet of sy gewrig word in ‘n ystergreep geklem. Met houtlepels, gille, en verkeerde name word hy aangeval, jy hoor net Alicia krete van “Nee! Naudé! Nee! Af! Los. Naudé!! NAUDÉ!!!” Maar my naam was nog nooit Naudé nie, daarvan is ek doodseker. Dramatiese sug. Aiiiiiilicia.

 

Daai groepie se woede teenoor my koel agter vinnig af, want dis dameskiet, en julle weet wat dit beteken! Fotosessie, vriendin! Dit is ‘n hoogs komieklike spul wat by die stoor uitpeul en so in die loop hul warm klere afstroop. Almal staan en bibber en wag hul kans af om afgeneem te word, en dit gaan vinnig want niemand wil lank so staan nie. Die sessie is egter kort, die kortste in onlangse toere, want die dames staan in die yswind met somerrokkies aan. In die Karoo. In die winter. En die mans is net plein sag. BTKeen is egter ‘n ding, en daar is min dinge wat mense nie sal doen vir daai perfekte foto nie.

 

Met alle biltongverwante oortredinge vergewe danksy ‘n vrede-offer van my kant af in die vorm van nog biltong, wat reg voor my opgeëet word, en aandete agter die rug begin ons inpak vir slee. En hoor hier, ons pak onsself soos sardientjies in daai stoor. 60 mense in seker so 20 vierkante meter, rug teen been, styf gepak. Soos daai liedjie gaan, “lyf teen lyf, voel jy my”, of so iets. Baie lekker knus en warm bekyk ons die items; Petri en Naude se Frikkie en Sarel soek ‘n golifant vir Kgoningin, en daar was definitief nog items gewees wat baie snaaks was. Pieter en Jian verskaf ‘n ligvertoning teen die dak om die aand af te sluit, en toe is dit nag dames.

Dag 6 – Mal ver

Daar is min dinge so lekker soos om lekker knus en warm te lê wanner dit ysig koud is buite. En daar is min dinge so ongerieflik op ‘n toer soos om te moet opstaan in die winderige, ysige koue en jou warm klere te moet aanworstel voor jy uit die tent verreis, soos ‘n majestieuse lyk wat uit sy graf opstaan en dan binne drie tree oor ‘n boomwortel struikel. Binne die stoortjie giggel die vuurtjie al opgewek in die kaggel, (ek begin nou al regtig baie ver reach om byvoeglike naamwoorde te kry vir ‘n vuur wat lekker warm en aanloklik brand, maar so be it) en ‘n paar mense staan en maak hande warm, ten spyte van die deur wat hulle kort-kort in die rug klits as iemand wil in of uitgaan.

 

Met koffie om die gemoed op te bou en BTK pap om dit hoog te hou val ons in die pad. Die Karoo is nog steeds groot, ons is nog steeds bang ons gaan nie alles sien nie, en die toer is al amper verstreke. Petri besluit dus om die dag ten volle te benut en so lekker lang heen-en-terug stappie te doen sodat ons alles kan beleef, sommer met rugsakke en alles. So twee of wat uur later vat ons gamebreak, ongeveer 100m van die beginpunt af. Dit is, soos om Jan sê, Petri se bydrae tot die BTK annale: die naaste gamebreak aan die beginpunt, ooit. Petri sê die ekstra 7km is karma vir die vorige dag se rugsaklose 7km, en ons kan nie fout vind met sy logika nie.

 

Middagete geskied by ‘n windpomp met ‘n dam, surprise surprise. Dis ‘n redelike algemene tendens. Windpompe met damme in die Karoo, meen ek. Lunch eintlik ook. Ek sou selfs sover gaan om te sê dat lunch meer algemeen is as windpompe in die Karoo, maar ek is oop om die saak te debatteer. Van lunch kan ek net sê, koue water maak lekker game, selfs al kom die water uit ‘n dam met ‘n hele ekosisteem van plante op die bodem.

 

En toe stap ons. Deur droë rivierbeddings, oor berge en dale, koppies en klowe, oor heuwels en deur gate, deur heinings en oor drade. Elke nou en dan stap ons verby ‘n windpomp, en elke dan en wan vang ons ‘n verkeerde draai. Ongeveer 23km na ons die oggend vertrek het word ons begroet deur ‘n hoogs besorgde Karooboer wat summier die dames se sakke oplaai en ‘n paar kilometer nader aan die eindpunt neem. Pieter sleep saam om te help aflaai, en Maymarie spring ook op. So 5km later tref ons die eerste liggie, wat soos ‘n Hansie-en-Grietjie broodkrummel glinster in die donker langs ‘n enkele, wit-op-swart pyl wat die rigting aanwys. Gelukkig was daar net een pyl, anders weet ek nie waar ons sou opeindig nie.

 

Soos ‘n spul Hansies met ‘n span Grietjies stroom ons agter die liggies aan, wat ons van ver af kan sien glinster soos die donkerte van die nag agter die skemer aangehardloop kom. ‘n Paar honderd meter van die eindpunt af ontmoet Franci ons, waar ons wag vir die groep om te versamel. Nes die heks uit die storie van Hansie en Grietjie tower sy toe ‘n bottel (verdunde) Three Ships Whisky op, en sy skink ‘n blikbeker vol wat in die groep rondgestuur word. Toe die groep vergader is en die whisky slukkie die vlamme van opgewektheid stook, vertrek ons as een span. Maymarie sit in met ‘n weergawe van “I don’t know what I’ve been told,” en so bereik ons die einde van die dag se swoeg. Vier vure brand vurig, en ons vergader om die Here te dank vir die voorreg wat ons gehad het, en steeds het, om so te kan stap in die Karoo, en dat almal oorleef het. Ek dink dit was maar naelskraap op ‘n paar plekke.

 

Vir aandete is dit pap, wors, smoor, koolslaai en gestoofde appels met vla vir poeding. Met vol magies begin die mense se oë sommer baie vroeg al toeval, en met dit word “slee oor 10 minute!” aangekondig, en die slee word weer rondom die vure aanmekaargeslaan. Die slee, so op die laaste aand van ‘n toer, is ‘n hoogs emosionele saak. Trane stroom uit almal se oë, en die manne probeer hul bes om hul hartverskeurende snikke agter hoesies weg te steek. Dit kon seker ook die rook wees. Troepe word opgevoer, en dit was al weer belaglik lank. Soosin rerig. Of ek dink dit was, ek het geslaap so ek kan verkeerd wees.

 

Tot die vroeë oggendure item ons om die rokerige vuur, en toe is dit slaaptyd. Mense soek hul slaapsakke op, en oomblikke later loer die sterre deur die gordyn van die melkweg na ‘n verlate landskap waar 60 siele hul harte uitgeloop het, waar 60 siele die ervaring van ‘n leeftyd gehad het, waar 60 siele se geloof in God en in mekaar gelouter is in die vlamme van gedeelde struwing.

Dag 7 – 13km (Recommended song – Nothing I’ve Ever Known of Sound the Bugle deur Bryan Adams)

 

Die sagte lig van eerste-oggend tooi die horison in ligrooi toe ons vir oulaas wakker gesing word. Met die laaste eggos van SW en sy mede-stokers se krete wat oor die vlaktes weghardloop, word hierdie laaste oggend vasgevang in my geheue as die einde van ‘n lang, gelukkige storie. Ten spyte van ‘n algehele tekort aan vuurmaakhout die oggend, is die opgeruimdheid van die groep aansteeklik. Die kamp afslaan proses gaan maar traag aan, want niemand is regtig opgewonde om hierdie storie se epiloog te moet klaarskryf nie.

 

Ons vat ‘n breuk van afslaan om vir Jodie, Elmarie, Blake, Jacq en Karl maan toe te stuur. Wie weet, die maanbussie ry dalk weer. Tannie Celia laat ons tree gee vir die dinge wat ons het, en ons besef opnuut hoe ongelooflik bevoorreg ons is, nie net om in die Karoo te kon wees nie, maar ook net vir wat ons het, en Wie ons ken. Ons sing ‘n paar worship liedjies, en te gou is dit sakke op en stap nou. Hierdie keer is dit egter die normale “te gou”, nie die “voorsitter kry koud” te gou van twee dae gelede nie.

 

In ons koppe het ons reeds die vorige dag klaar gestap, en dit is dus ‘n absolute uitmergelende 13km se stap wat volg, ten spyte van ons ligte rugsakke en ligter gemoedere. Dit is egter nie ‘n probleem wat T-Swizzles nie kan oplos nie, en op 10km word daar uit volle bors gesing aan You Belong With Me, Blank Space, Love Story en Shake It Off. Die manne kan maar net hulle koppe skud en sug, maar diep, diep in hul harte is die waarheid ingeëts: hulle WENS hulle kon saamsing. Ons pak die laaste 3km aan, en uiteindelik, na 135km, 133 blase, 12 sleedates en 16 verkeerde afdraaie bereik ons weer die beginpunt. Of eerder, amper. Die gentlemen’s challenge volg, en dit is duidelik dat die manne nog meer as genoeg energie het om die toer weer te doen. Jian wen vir homself ‘n bier op die BTK se onkoste, en ek het lanklaas ‘n man so breed sien glimlag.

 

Die bus word gelaai, en die lang pad terug word aangedurf. In Laingsburg stop ons weer by die Shell garage, en die mense koop KOS. Pakke chips, bottels coke, garagepies, roomys en draairoomys word verslind. Petri is aanvanklink gekant teen al die tyd wat gemors word, maar na so ‘n tawwe toer is selfs Petri se hart sag. Ek dink oom Jan se omkoopkoffie het ook gehelp daarmee.

 

Op Worcester terrash ons by Dam Pub & Grill, waar Christoff net-net vir Graham wen met die burger challenge. Milkshakes en koeldranke verdwyn baie vinnig, en kort daarna die burgers ook. ‘n Absolute fees. Daarna is dit terug in die bus, terug in die bos. Ons sê dankie; dankie oom Jan en tannie Celia vir die toerouers wees, dankie aan Franci wat ons so ongelooflik bederf het, dankie aan Petri vir die leierskap, en dat hy die hart gehad het om ons die HELE Karoo te wys. En dankie aan God ons Vader, want sonder Hom sou niks van hierdie moontlik wees nie.

 

Hoe eindig mens af, na ‘n toer soos die? Ek wil nie ophou skryf nie, want dan is dit finaal verby. Ek sit hier met my boekie oop op die tweede laaste bladsy, want die laaste ene het net een sin op. Ek dagdroom gereeld van die toer, maar soos die tyd aanstap vervaag die herinneringe, en my verbeelding is te min om 59 ongelooflik unieke persoonlikhede die diepte te gee wat nodig is om ‘n toer soos hierdie te maak. Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK. Vaarwel, toermaters, my tyd is verby.

 

Lewe lank, lewe lank BTK.