{"id":1569,"date":"1933-09-24T20:27:22","date_gmt":"1933-09-24T18:27:22","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=1569"},"modified":"2012-01-10T20:44:00","modified_gmt":"2012-01-10T18:44:00","slug":"oudtshoorn-september-1933","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1933\/09\/oudtshoorn-september-1933\/","title":{"rendered":"Oudtshoorn September 1933"},"content":{"rendered":"<p>A<br \/>\nIn all kinds of weather, (Susanne v Niekerk)<br \/>\nSusanne and Helen stick together (Helen Alheit)<br \/>\nof a flower you see.<\/p>\n<p><!--more-->D<br \/>\nI have bring it to us, (Doris Dreyer)<br \/>\nA.B. du Toit did gave anthy strive<br \/>\nso keep the singing and tour alive.<br \/>\nBut when the tourists sank in thought<br \/>\nall his efforts came to nought. (A.B. du Toit)<\/p>\n<p>F<br \/>\nHannes Fourie had to see to the light<br \/>\nThank goodness there was a moon move-nights (H Fourie)<\/p>\n<p>G<br \/>\nBrave attended to the toes<br \/>\nSo any flouris hed like a rou (Grov\u00e9)<br \/>\nFrans Geldenhuys is a guide<br \/>\nHis hat has an arrow on one side.<br \/>\nWhen you don&#8217;t know where to go<br \/>\nLook at Frans and you will know. (F Geldenhuys)<br \/>\n90 revention is better than one<br \/>\nOn this tour,<br \/>\nAnd it is best<br \/>\nWhen you&#8217;re dressed<br \/>\nTo wear pyjamas over the vest. (Dr Gorrini)<\/p>\n<p>J<br \/>\nMiss Jooste we thank thee (miss M Jooste)<br \/>\nFor Sunday afternoon tea.<br \/>\nNext time we go on tour,<br \/>\nBetter please be there<br \/>\nThat you go too, (Bettie Jooste)<\/p>\n<p>K<br \/>\nThough his story books we&#8217;d left behind<br \/>\nSo was a shock<br \/>\nOn tour to find<br \/>\nBoth &#8220;Waterboer&#8221; and Adam Kok. (Adam Kok)<br \/>\nPieter Koorts had a great deal to do<br \/>\nAnd his better half to look after too. (Pieter Koorts)<\/p>\n<p>L<br \/>\nIf there were no lorry<br \/>\nwho can tell,<br \/>\nWhether Lida Landmann<br \/>\nWould have got on so well. (Lida Landman)<br \/>\nEmma went on tour too (E v d Westhuizen)<br \/>\nAnd whatever you do<br \/>\nDon&#8217;t forget Babs le Roux (Babs le Roux)<br \/>\nAdvocate Abraham Louw<br \/>\nHelped to make things go.<br \/>\nHis voice is his chief charm<\/p>\n<p>Further he never did any harm (Abraham Louw)<br \/>\nElmine Lochner, so they say<br \/>\nHas came on tour to stay (Elmine Lochner)<br \/>\nOn this tour we had a few<br \/>\nAnd a good many Christians too.<\/p>\n<p>When you are short of &#8220;chink&#8221;,<br \/>\nOf &#8220;Coin&#8221; you should always think. (&#8220;Coin&#8221; Lowrens)<\/p>\n<p>N<br \/>\nOn the whole they got on very well<br \/>\nGertie, and Lida and Guim Nel. (Gertie Steyn)<br \/>\nBut al times they would disagree (Lida Theron)<br \/>\nAnd then a pillow fight we&#8217;d see. (Giepie Nel)<\/p>\n<p>P<br \/>\nJohanna Perold we look for you (Johanna Perold)<br \/>\nWhen we want to see where to queue<\/p>\n<p>R<br \/>\nI don&#8217;t know what to do<br \/>\nAbout my friend Gerrit Roux<br \/>\nWhere ever a fine year you see<br \/>\nThere Gerrit is sure to be. (Gerrit Roux)<\/p>\n<p>S<br \/>\nNever separated shall be the train (Theo Scheffler)<br \/>\nSo true of Einstein and Rita Steyn (Rita Steyn)<\/p>\n<p>T<br \/>\nMiemsie and Babette, (Miemsie Sieberhagen)<br \/>\nAre peaceful unless its wet.<br \/>\nThen condensed milk tins fly<br \/>\nRight into the intruders eye. (Babette Tante)<\/p>\n<p>V<br \/>\nOn &#8220;Bitterheid&#8221; said Vy<br \/>\nHave endated another day (Nico v d Merwe)<br \/>\nReep was on the tnet comittee<br \/>\nSo Denwhe went there too you see (D Schonnen)<br \/>\nDr Vertoren, our chaperone (Dr v Themaar)<br \/>\nwas the best one will ever own<br \/>\nLouis and Sakkie carried water to came<br \/>\nWhether the sun show or whether it was damp<br \/>\nWe had a never failing supply (Sakkie v Rooyen)<br \/>\nEven if for miles around it was day.<br \/>\nAnna lived in the Mermaids Grotte<br \/>\nAnd never said things she ought not to<br \/>\nBut at night she was a fright<br \/>\nas the camp fire light (A S van der Merwe)<br \/>\nOn just a shake said Anna van Wyk<br \/>\nI can&#8217;t go on, by yearly (Anna van Wyk)<br \/>\nUnless I dind my friend Polly (Polly Grobbelaar)<\/p>\n<p>W<br \/>\nHelene Wessels or Noah (Helene Wessels)<br \/>\nDelighted in all we should show-ah!<\/p>\n<p>Z<br \/>\nSunday will always make a eater (miss C Zondagh)<br \/>\nIf she wears socks that do not matter.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>B Taute<\/strong><\/em><\/p>\n<p>SKETS VAN DIE GROTTE-TOER September 1933<\/p>\n<p>Op Donderdag, 28 September het &#8216;n streep kakie gekleede figure die pad stasie toe gekies, en die 07:22vm trein storm geloop. Eindelik het almal sitplekke gekry, en die singery het begin &#8211; die BTK was op pad na die Kango-Grotte.<br \/>\ng<br \/>\nOp Lainsburg het &#8216;n koffieblik sy verskyning gemaak, en met ontbyt het die nuweling vir die eerste keer met engine koffie kennis gemaak. Tienuur die oggend het ons by Prins Albert Weg aangekom, en kort daarna was die eerste lorrievrag toeriste op pad na Prins Albert. Die dro\u00eb stowwerige pad het menigeen se verwagtinge te bowe gegaan, maar eindelik het ons die dorpie bereik. Ons het daar vertoef totdat die tweede vrag stof omhulde toeriste opgedaag het. Na hulle hulle monde oop gewas het, en na Einstein se span van &#8220;dust&#8221;-beande na die gewone kleur verander het ons ge\u00ebet.<\/p>\n<p>Na ete het ons langs &#8216;n kronkelende pad omsoom deur doringbome aan die eenkant, en die rivier met sy treurende wilgerbome aan die ander kant al verder gestap. Ons eerste kampplek was &#8216;n rotsagtige kom waardeur &#8216;n stroompie gedrentel het. Kort na ons aankoms was ons verras deur &#8216;n besoek van mnr en mev Schoemann ons sal dit altyd onthou want karringmelk het nog nooit so gesmaak nie. Die eerste kampvuur en &#8220;die maanlig in die berge&#8221;. Met die wakende maan bo ons en die murmelende stroom langs ons het ons gel\u00ea en droom totdat ons die werklike droomland binne getrek het.<\/p>\n<p>Saterdagoggend het ons weer pap gehad, soos Einstein en Reep alleen pap kan kook. Na ete het die stap oor die trotse Swartberge begin. Die uitdoende hoogtes, en die brandende sonstrale het ons uitgetart, maar tog het ons bo gekom en &#8216;n pragtige toneel het voor ons gel\u00ea. Die verre vlaktes, die Kango vallei, en die ewige blou van die Kamanassie berge op die horizon. Met blye harte nie teenstaande ons moe\u00eb voete het ons gedaal na die grasplekkie waar ons ons middagete sou geniet.<\/p>\n<p>Na ete het ons na ons volgende kampplek gestap. Gou het die tent komitee die doringboom omringde grasperk in &#8216;n kamp verander, en na ete het die kampvuur weer lang skaduwee oor die gelukkige gesigte na sy vriendelike gloed gerig gegooi.<\/p>\n<p>Sondagoggend, met &#8216;n gevoel van tevredenheid en rus oor die hele kamp, en dan die oggend godsdiens middagete, en vakerige toeriste op die gras, tee, aandete en &#8216;n kampvuur wat min aandag geniet het na dr Verloren aan die woord was.<\/p>\n<p>Maandagoggend was alles in rep en roer, en die pad &#8216;n gewoel van seilbedekte figure op pad grotte toe, en na ses myl stap, het ons daar aangekom. Vrolik het die toerliedjies buitekant weergalm, toe die queue, die tekening van die name, die gesing in die voorportaal en toe &#8211; wie kan die eerste indruk wat die majestueuse sale op &#8216;n mens maak beskrywe. Met gespanne aandag luister ons na die verduideliking van die gids, en stadig stap ons al verder die donkerste donker in. Later het die party in twee gedeel &#8211; die waaghalse het die Duiwel se Werkamer besoek en daarna weer by die res van die geselskap aangesluit. Die mylstap na buite was met &#8216;n gevoel van weemoed aanvaar &#8211; ons het die grotte gesien.<\/p>\n<p>Middagete was baie welkom, daarna het ons een terugblik gegee, en toe ons gesigte na Oudtshoorn gerig. Frans het sy hoed andersom opgesit en die stap het &#8216;n aanvang geneem. Die pad was pragtig &#8211; waterstrome, wilgerbome, alwyne en dit in die dro\u00eb kaal Karoo. Ons volgende kampplek was langs die rivier, deur reuse dennebome bewaak, en beste van alles ons kon selfs swem. (Die pyjama-kapery het hier met alle erns begin &#8211; een misdadiger was selfs betrap.)<\/p>\n<p>Die volgende oggend het ons tot omtrent twee myl van Oudtshoorn gestap waar ons ge\u00ebet het. Toe verder na Oudtshoorn. Meeste van die toeriste het Langenhoven se graf besoek en toe na die kampplek langs die George pad. Die namiddag het meeste toeriste na die Kamanassie dam gegaan.<\/p>\n<p>Woensdagoggend het ons met vreugde verneem dat die twee-en-twintig myl na Huimersrivier per lorrie sou afgel\u00ea word. Daar het ons gekamp.<\/p>\n<p>Donderdag het ons na Doorn Rivier gestap, en toe oor die Montagu-pas. Bo van die pas het die see vriendelik geglimlag, en aan ons voete het die kusvlaktes met plaashuisies gestippel gel\u00ea, rondom ons die berge met hulle boombegroeide klowe en die klein waterstroompies wat orals so gelukkig gedrup het. Na ete het ons na ons kampplek in die Witfontein plantasie gestap.<\/p>\n<p>Die aand was uitstekend omdat ons meer tente en &#8216;n hofsitting gehad het. Laat die aand het ons ons tot rus begeef, maar daar was maar min rus, want die dopstelsel het tot praktiese uitvoer gekom, dele van die tent komitee was op soek, en die here het &#8216;n pyjama parade gehou &#8211; selfs &#8216;n hoenderhen het gelag.<\/p>\n<p>Vrydag het ons byna met trane in ons o\u00eb die laaste skof stasie toe gestap. Op Mosselbaai het ons gebaai, en toe die trein wegtrek was ons so weemoedig dat Sunday ons met sjokolade moes paai.<\/p>\n<p>Saterdagoggend het ons in die re\u00ebn van die stasie na die Uitspan gestap. Daar het ons vir oulaas gesing, ons chaperone, wat ons toe vir die eerste keer as sulks beskou het gegroet en toe uitmekaar gegaan:<\/p>\n<p>Maar:&#8221;Sal ons mekaar vergeet en maats<br \/>\nsal ons mekaar vergeet?&#8221;<\/p>\n<p>Babette Taute<\/p>\n<p>DIE STROOMPIE<br \/>\n(BY DIE NAWEEK-KAMP IN DIE KANGO-VALLEI)<br \/>\n(MET APOLOGIE AAN ALLE KUNSTENAARS)<\/p>\n<p>Waarom so haastig dan ou stroompie,<br \/>\nSo deur die veld vol lente-geur?<br \/>\nWaarom so haastig dan ou stroompie,<br \/>\nSo tussen groen en kwepers deur?<br \/>\nWat kom jy aan ons kampie oorbring<br \/>\nVan g&#8217; heimpies uit die donker skeur,<br \/>\nWaar jy oor groen bemoste kranse spring<br \/>\nOf deur die digste bosse beur?<br \/>\nOns luister na jou vrolik lied<br \/>\nWat jy aan almal &#8220;kost&#8221;-loos bied,<br \/>\nAs jy met huppelende bergheid<br \/>\nGetuig van skoonheid en van vryheid;<br \/>\nOf as jy stil en murm&#8217;lend sloer<br \/>\nOm na die tweetjies skalks te loer<br \/>\nWat ver van kamp en ver van tyd<br \/>\nBly in mekaar se o\u00eb te kyk;<br \/>\nOok as jy saggies salfies bring<br \/>\nAan &#8216;n noointjie aan jou groene soom,<br \/>\nVir haar herinnerings liedjies sing,<br \/>\nWaar sy met ope brief l\u00ea droom.<\/p>\n<p>O, stroompie jy is klein,<br \/>\nMaar as dit skielik mag gebeur<br \/>\nDat jy van hierdie plek verdwyn,<br \/>\nHoe bitter sal ons dan nie treur?<\/p>\n<p>Ek vra nie meer naar d&#8217;geheimnis lied<br \/>\nWat jy aan elke toeris bied;<br \/>\nEk vra net dit, vir elk, vir my:<br \/>\nStroompie, dat jy altyd hier sal bly.<\/p>\n<p>A B du Toit<\/p>\n<p>WAT EK VAN HOU<\/p>\n<p>Ek wil nie preek nie, ook nie moraliseer nie, maar mens kan mos nie help wat jy dink nie &#8230;.<\/p>\n<p>Dit is wonderlik hoe vol Scylla en Charybdis situasies die lewe is. Op elke draai moet jy versigtig deurstuur tussen uiterstes en dit is moeilik om n\u00earens vas te ry nie. Selfs in wat ek verwag is dit moeilik om nie in uiterstes te verval nie.<\/p>\n<p>Ek hou nie van potplantjies wat verwelk sodra hul blootgestel word aan die strale van die son of wanneer &#8216;n nagtelike koutjie oor hul gaan nie. Mooi is hul ja, om na te kyk maar om jou hele lewe met hul om te gaan, solank as wat daar nog blou koringblommetjies is wat ten spyte van hul sterkte tog die oog bekoor met hul frisse skoonheid en fynheid &#8230;. nie ek nie!<\/p>\n<p>Ek hou nie van &#8216;n peperboom &#8230;. beeld van uithoudingsvermo\u00eb en taaiheid nie. Mooi is hy ja, vir &#8216;n naturalistiese studie maar nie om jou huisie onder te bou nie.<\/p>\n<p>Meeste van u het die analogie reeds gesnap.<\/p>\n<p>Ek hou nie van die nooientjie wat so fyntjies is dat selfs van die idee van &#8216;n end pad stap of van &#8216;n nag onder die blote hemel, afgeskrik word nie. Ek hou nie van &#8216;n nooientjie wat haar neus optrek vir &#8216;n kakierok of bang is dat haar gelaatskleur deur die buitelug geskend sal word nie. Sy is mooi om na te kyk, &#8216;n mooi broeikasplantjie, maar niks meer nie.<\/p>\n<p>Maar ek hou ook nie van die nooi vir wie die wegtrek van die stadslewe en die intrek in die natuur beteken die afskaffing van wat mooi en fyn is nie. Ek hou niks van haar as sy meen dat daar op toer &#8216;n growwe onpassende en lompe drag geskik is nie. Ek hou niks daarvan om &#8216;n vrou te sien swaar kry nie ek kry &#8216;n knop in my keel as ek sien hoe sy rooi en seer gebrand mank-mank voortsukkel op &#8216;n gang wat van alle grasie ontbloot is.<\/p>\n<p>Nee ek hou van &#8216;n nooientjie wat op toer kan gaan en &#8230;. ek hou van &#8216;n nooi in kakie &#8211; &#8216;n mooi net gesnyde en goedpassende rokkie, met miskien &#8216;n titseltjie kleur daarin &#8211; sy dit &#8216;n das, &#8216;n kragie of &#8216;n nekdoek. Ek hou van haar as sy met grasie om die pad beweeg al brand die son ook. Ek wil sien hoe haar o\u00eb blink as sy die skoonheid rondom haar indrink, en wil haar hartlik voheid sien, al gaan haar bors ook op en neer en al kom die uitasempie van bewondering hyg-hyg en al staan die gesonde p\u00eareltjies ook op haar voorkop.<\/p>\n<p>Maar o! ek hou daarvan om haar die aand in die kamp te sien as sy terugkeer van die stroompie af &#8211; o\u00eb wat blink, &#8216; n gelaatskleur wat met ywer met die blos van geluk, so &#8216;n rapsie rooier miskien die mooi rokkie, al is daar hier en daar &#8216;n kreukel. Daardie nooientjie kan my stuur waar sy wil.<\/p>\n<p>Ek hou nie van die nooi wat heel dag gesels om die volgende maaltyd wat sy moet voorberei nie. Maar dis vir my &#8216;n plesier om te kyk as sy haar onttrek aan haar geselskap, haar boek of haar stille bewondering van die natuur, en met ratse hande haar plig doen by die vuur of met die broodmes.<\/p>\n<p>Ek hou daarvan om haar te hoor skaterlag oor daardie goeie grappie, en hou daarvan om te luister as sy my vertel van haar indrukke en gedagtes van die dag.<\/p>\n<p>Ek hou nie van onnodige preutsheid nie, maar ek kan nie hou van daardie intimiteit wat afstomp en wedersydse minagting of geringagting veroorsaak nie.<\/p>\n<p>Voor daardie nooientjie val ek &#8211; daarom is ek so lief vir &#8216;n BTK toernooientjie.<\/p>\n<p>Ek het gehoor iemand het &#8216;n vergelyking gemaak tussen &#8230;. maar ons behoort nie vergelykings te maak nie.<\/p>\n<p>Pieter Koorts<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>A In all kinds of weather, (Susanne v Niekerk) Susanne and Helen stick together (Helen Alheit) of a flower you see.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-1569","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1569","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1569"}],"version-history":[{"count":2,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1569\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1578,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1569\/revisions\/1578"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1569"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1569"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1569"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}