{"id":3216,"date":"2017-09-03T12:00:28","date_gmt":"2017-09-03T10:00:28","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=3216"},"modified":"2018-02-21T16:02:47","modified_gmt":"2018-02-21T14:02:47","slug":"weskus-2017","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2017\/09\/weskus-2017\/","title":{"rendered":"Weskus 2017"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-3232 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/Website-Update.jpg\" alt=\"\" width=\"1166\" height=\"437\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/Website-Update.jpg 5131w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/Website-Update-300x113.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/Website-Update-768x288.jpg 768w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/Website-Update-584x219.jpg 584w\" sizes=\"auto, (max-width: 1166px) 100vw, 1166px\" \/><\/p>\n<p><em>\u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff.<\/em><\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<h2><em>\u00a0<\/em><u>Dag een:<\/u><\/h2>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ons begin met \u2018n kompetisie wie die minste slaap in het, en die rekord trek op so plus minus twee ure. Verlore slaap is egter verlore, want op \u2018n BTK bus oppad op toer, word daar min geleentheid hiervoor geskep. Gelukkig ry ons d\u00ede slag ver, en hier en daar sien jy darem iemand op iemand anders se skoot aan die slaap raak.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die Weskus ontvang ons met \u2018n koue windjie, maar die grond nooi ons uit om te begin stap en die rugsakke is op ons r\u00fbe een-twee-drie. Sommer gou begin die gees \u2013 Johan is die eerste slot en kies dadelik twee sleutels. \u201cKombinasie slot,\u201d glimlag hy tevrede.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3220 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5043-584x389.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5043-584x389.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5043-300x200.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5043-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ons stap verder, en ligter word ons gemoede. Alles deurmekaar van studente-wees word iewers in die pad agter ons gelos en dit wat mooi is, strek voor ons uit.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">By middagbroodjies begin David met sy groepie se Marmite rondtes doen, jy sien, hy is dringend besig om gou genoeg daarvan ontslae te raak en eerder Bovril te kry, soos dit \u2018n goeie groepieleier betaam. Toe hy slaag, besluit Janco Heese om met tegniese metodes te probeer om dit by hom af te vat. Dit was \u2018n stoeiery, maar David se groepie het steeds die Bovril gekry.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Oom Francois gee \u2018n effense agtergrond van die BTK en verduidelik aan die verwarde eerste toeriste wat \u2018n paar van die vreemde terme beteken. Daar word summier geKoning.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die watertrokkie-drywers (Inus, Pieter en Zandr\u00e9) sluit by ons aan en \u2018n paar gelukkige dames (wie se name weens veiligheidsredes nie genoem gaan word nie) se tasse word vir hulle gedra. Die wind dans \u2018n wilde dans oor die vlaktes en ons moet harder praat om mekaar te hoor. Verder duik ons tekkies diep in die sand en skep deeglik daarvan: \u2018n heel nuwe avontuur.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3222 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5672-584x438.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"438\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5672-584x438.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5672-300x225.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5672-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">By die kampplek aangekom, slaan ons dadelik tente op en die meisies wag-wag so half vir mekaar om te kyk wie voor in die wind gaan opslaan en wie die wind-afwering gaan <em>score<\/em>. Op die ou end moet Tana en Madelein maar opgee en voor opslaan, terwyl hulle toekyk hoe Mari-Alet en Dan\u00e9 ewe knus agter hulle intrek.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die branders bad goud in die sonlig en gooi wit skuim rond. Wind en bossies sit die prentjie en aanskou met \u2018n glimlag en jy voel hom hierbinne jou \u2013 \u2018n Weskus lekkerte. Wat \u2018n voorreg!<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Met aandete, wat sowaar hamburgers was (tegnologiese vooruitgang by die BTK en so!) sien ons \u2018n ongewone verskietende ster. Slee het selfs vanaand ook liggies op die verhoog, en op hierdie ho\u00eb noot, begin aaitims:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Fritz vra opreg dat geen <em>tackles <\/em>sal plaasvind nie \u2013 hy is opereer. \u201cMoet ook nie vir hom \u2018n frisbee gooi nie!\u201d waarsku Janneman.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Fritz open standaard met Ballade vir \u2018n sterwende bok, en vir die soveelste keer wonder ek of Ingrid Jonker en N.P. van Wyk Louw nie kreun in hulle grafte nie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Volgende spring Ulrich, Lambert en Jannie op met \u201cI wheelie into it..\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Ulrich bly toe en maak naam met sy geliefde Alfondso. Nou ja, van hier af <em>loep die loep <\/em>toeriste gereeld.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Gustav en Janneman in die vorm van Mario en Luigi verskyn met visskiet gewere, <em>floating down the river (ocean). <\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Fritz, Christiaan, Lambert, Michael en Ulrich doen volgende die gedroggie en ons weet nie wie het groter geskrik nie: Ulrich of die gedroggie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hierna het Anerosa en Gustav skiet verduidelik, sommer as aaitim.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Petro het \u2018n aangename draai gemaak met haar gedigvoordrag, van Paper People (Harry Baker).<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Annabel kom doen \u2018n toertjie, <em>magic <\/em>en als, en toe sy van die verhoog verdwyn, is almal steeds in die duister oor wat hulle moes regkry.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Laaste kom die nou geliefde Frikkie en Sarel (Christiaan en Hanno) te voorskyn. Met \u201cWurg hom, Fggikkie!\u201d is aaitims toe ook gesluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hekels word verduidelik en dadelik wou Christiaan by Ulrich hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cJanke is oorgewig.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Gustav wou by Mari-Alet hoor hoekom op dees aarde sy ges\u00ea het \u201cDavid is plan B\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">En Dan\u00e9 word aangevat oor haar woorde, \u201cstook my.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Laastens wou Martin net seker maak of alles nog oraait is, aangesien Ulrich ges\u00ea het, \u201cek kan swanger lyk.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Met die geluid van die branders, raak ons onder die sterre aan die slaap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2><u>Dag twee:<\/u><\/h2>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die wind is weg! Wat \u2018n mooi oggend.<br \/>\n\u201cChelaine?\u00a0 Chelaine kom gou hier.\u201d Dis David wat haar kom soek.<br \/>\n\u201cHoekom?\u201d<br \/>\n\u201cNee kyk, Cinae is nog nie hier nie en Chelaine en Cinae is basies amper dieselfde naam.\u201d<br \/>\nCinae en Nina het toe nog in dameskamp staan en wakker word.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Met die oggend se rustigheid, kom die son en streel saggies op die sand se natterige wang.\u00a0 Van pure lekkerte dreun die branders in die agtergrond. Wat \u2018n wen Weskus-oggend.\u00a0 Jana lewer kommentaar: \u201cWat <em>impressive <\/em>is \u2013 ek het ons agtste tentpen gekry. Wat minder <em>impressive <\/em>is, ek het op hom geslaap die hele nag.\u201d\u00a0 Ons hoor Petro se mondfluitjie in die agtergrond: Amazing Grace, s\u00ea die note.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Padlangs vang Anne \u2018n dolfyn. Toe Thana vra waar, kom dit van Anne; \u201cNee net hier in my hand, hoe lucky kan mens wees?\u201d Sy het die plastiek speeldingetjie in haar vuis laggend vir ons gewys.\u00a0 By gamebreak kom twee frisbees tussen Michael, Gideon, Jannes, Jakobus, Petro en Carina te voorskyn, wat gereeld in die water gaan kuier.\u00a0 Johan, Christiaan, Ulrich, Zandr\u00e9 en Janneman het gaan swem, maar dit het nie lank gehou nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3223 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-120-584x388.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"388\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die strand <em>bats <\/em>maak toe ook verskyning en Johan en Jakobus lyk die ene vakansie daar waar hulle staan en speel.\u00a0 Ons stap verder en tekkies is uit, ons stap sowaar kaalvoet op \u2018n BTK toer wat nie gala is nie. By middagbroodjies loop Lambert rond, opsoek na sy <em>game, <\/em>en of iemand dit nie dalk langs die pad opgetel het nie. Verder gryp die kollosale branders die rotse van bo en die water hardloop tot by slapende toeriste en hul sakke. Carina en Lambert moes net spring om sakke te red.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Jannes, Janco, Kempen en Kevin besluit om \u2018n walvis te sien in die water en skree sodat almal moet gaan kyk. Na so 3 minute se beduie en handgebare, is die grappie toe ook nou goed aangemaak en is die nuus gebreek. Geen walvis, jammer.\u00a0 Die sand en son wat beide ons kuite vang, raak \u2018n aangename uitdaging en Dani\u00ebl se kommentaar vir die dag lyk so: sand is die nuwe wit goud.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">By die kampplek, hardloop die dames vir \u2018n baie vinnige swemsessie en die manne besluit om eers frisbee en touchies in te werk, voor die water aangedurf word.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Christiaan maak van die geleentheid gebruik om vir Janke plat in die water in te duik \u2013 haar twyfel of sy moes harewas is toe sommer net daar opgelos.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ulrich wonder toe hoe meisiehare voel en besluit om sy handdoek so oor sy kop te draai en op \u2018n ander noot is Carina aangewys as die top doelskieter van die middag se frisbee.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Later moes 65 mense in \u2018n vervalle dam inpas, en so doen ons toe ook, m\u00e9t koffie, kitaar en hope gees. Die son kon nie uitmis nie, en het sy laaste strale ook lank laat kuier. Wat \u2018n fees! WIndbeskut, met Ulrich, Janneman en Annabel wat die kitaarsnare speel. Phillip-met-sy-fles sing van die damwal af en s\u00ea vir Anke dat sy MOET sing: \u201cDie BTK gee nie opsies nie,\u201d beveel hy, \u201cdie BTK gee net verantwoordelikhede. Ek het nie gevra om blikwasser te wees nie.\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3224 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-128-584x388.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"388\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-128-584x388.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-128-300x199.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-128-768x511.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Lank na aandete sit ons nog in die koue, tussen die sterre en sing: <em>He is mighty to save&#8230; forever Author of salvation. <\/em>Verseker, verseker sing die branders en die bossies saam!<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Janneman skree dat ons oor 10 minute slee en Fritz skree terug:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">\u201cHet Janco se groepie uiteindelik ge\u00ebet?\u201d So besorgd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Aaitims:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Blou yskas en die bruin klavier: Pieter, Christiaan, Tana, David, Michael, Janneman en Anne.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Advertensiebreuk met Ulrich en <em>The human table <\/em>met elemente Jannes, Janke, Christiaan en Anne. Hulle trieks het hoogtepunte bereik toe iemand \u201c<em>loop <\/em>die <em>loop\u201d <\/em>skree.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Janneman en Fritz is volgende met Hans en Mans.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Rowwe Rooikappie Dan\u00e9 en haar tjomme \u2013 die drie varkies Jakobus, Hanno en David het in wolf Christoff se storie rondgehardloop.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">David en Pieter (Gatiep en Verenzo) met Gautenger Christiaan en vrugteverkoper Anne.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Janco, Ulrich, Jakobus en Christiaan met hul skuifskiet kompetisie; \u201cek is jammer, Baie Jammer.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Janneman moes op David se versoek Lenieblou sing, en Christoff het saamgesing. Daarna het David en Hanno besluit om vir Janneman \u2018n Jannevrou te soek uit die gehoor en het drie onwillige kandidate ondervra: Mari-Alet, Dan\u00e9 en Petro.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Petro het toe sommer ook daarna nog \u2018n gedig voorgedra en die gehoor stil gelaat.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Christiaan en Ulrich trek \u2018n streep vir Janke, Dan\u00e9 en Keren op \u2018n verlate eiland.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Volgende was <em>What are you thinking about <\/em>met Ulrich, Jakobus en Johan.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hanno, Lambert, Frederik, en twee ander\u00a0probeer toe om pikkewynsop en pandabeerpootjies na regte kos te laat klink.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hanno en Janneman volgende met die Hakkelskool se leerlinge.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Petro weer met nog \u2018n gedig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Hekels:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Fritz vir Mari-Louise: \u201cMens kan sien die BTK het nog nie hier gestap nie, daar is geen voetspore nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hanno vir Petro: \u201cek voel stout, Hanno eks gereed vir jou, ek gaan jou gelyk maak met die aarde&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Iemand wil net verstaan waarom Jannie sy broek aangegee het, toe daar gevra is vir \u2018n plastieksak.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Laastens is Jannes gevra wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het dat \u2018n vo\u00ebl en \u2018n vis nie saam sal nesmaak nie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Die geraas van die see (of was dit klasvakie?) het die res van die skets se vermo\u00ebns uitgeboul.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Nag, dames en here.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag drie:<\/h2>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">As Ingrid Jonker hier was, sou sy dalk die dag wat dans met \u2018n pouveer in die hoed ook mooi kon sien. Die son loer-loer oor die randjie en die wind is weg, soveel so dat ons sommer met kortmoue ontbyt gaan eet. Maar gou genoeg is die wind terug en so ook ons baadjies. Petro en Coreen se tent besluit om weg te waai terwyl hulle wil opslaan, en Petro gaan l\u00ea toe maar op haar tent: \u201cDesperate times call for desperate measures,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Verder sit Janneman op Ulrich vir \u2018n bietjie hitte, en iewers tussen hulle is \u2018n Christiaan ingedruk.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Jakobus verjaar soos op die BTK-kalender, en die manne skree in sy gesig dat hy lekker moet verjaar.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3225 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-170-584x388.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"388\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-170-584x388.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-170-300x199.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-170-768x511.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Vandag se stap blyk om die diereryk beter te leerken, want ons kry \u2018n pikkewyn op die strand, regte dolfyne (s\u00ea Alexander), en \u2018n regte egte walvis ook. Fritz glimlag wat ons almal dink: \u201cek <em>love <\/em>dit as diere so <em>afshow<\/em>.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ons sien ook robbe, terwyl die wind en mistigheid die branders kwaad maak. Padlangs hardloop Jacques om na \u2018n gedenktekentjie te gaan kyk en Mari-Louise wonder hardop of hy orraait is. Ek dink dis die merkwaardige spoed oor die klippe met sy tas, oppad na \u2018n grafsteen, wat haar so bietjie bekommer het.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">By middagbroodjies is Janco besig om sy groepie te oortuig dat mens \u2018n <em>teetjie <\/em>moet drink so net na ete, terwyl Barbara nou weer probeer om hulle te oortuig vir \u2018n middagslapie. Christoff probeer op sy beurt vir Janco oortuig om sy ouderwetse woordeskat te verander.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3226 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110314-584x438.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"438\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110314-584x438.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110314-300x225.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110314-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Tana, Madeleine en Chelaine vat \u2018n middagslapie en Annika kruip onder \u2018n klip in vir hitte.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Maar ten spyte van die wind, bly die blommetjies en mistige branders padlangs lieflik mooi.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Lambert hardloop om die seeskuim te gaan vang wat in die lug opvlieg.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die laaste sandbultjie en wind dreig om die gees te demp, maar ons kom veilig aan en die tente is vinnig op. Dis skielik stil en jy besef die tente is vol moe\u00eb toeriste wat wil warm word. Jana en Mari-Louise se tent het wel ewe spelerig besluit om saam met die wind te gaan dans vir \u2018n rukkie. Jannes lewer kommentaar oor Crocs: \u201cHoekom het Crocs gate in? Sodat jou dignity kan uitloop&#8230;\u201d Hy s\u00ea dit oor hy skoene dra wat soortgelyk lyk \u2013 volgens hom moet mens as blikwasser voorbereid wees op enige iets. Hanno kom red groepie 5 van hul stofie-penarie en Kempen doop hom die \u201cPot-whisperer\u201d.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die einste groepie 5 besluit toe om \u2018n groep <em>cuddle <\/em>sessie te h\u00ea en sit almal so lekker saam, dat hulle die slee vir \u2018n paar minute ophou en slegs later besef almal l\u00ea al.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Dit is \u2018n koue WRAAK-aand en die eerste toerite o.l.v. Janco Nel durf die verhoog met braafheid aan:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Liewe Heksie (Janco) en sy Matewis (Lizaan) gaan op \u2018n deurmekaar avontuur deur \u2018n paar tonele. Frederik speel Magdaleen Blommie se sussie en Nina is \u2018n baie entoesiastiese storieverteller, wat die akteurs en gehoor gelyktydig van die verhaal inlig. As persentjies vir Liewe Heksie is daar die nar Keren, die pluim Mari-Louise en die wonderlie water Jana. Iewers duik die twee-gesig monster Janke en Anne ook op en die gifappel Rista-Marie Appelgryn. Koning Ulrich sit op sy pratende troon Phillip en Alexander, wat later vir hom moeg raak en besluit om hom op die sand te los. Bear Grylls Eugene maak iewers met sy veelsydige kameraspan verskyning en in \u2018n advertensiebreuk maak Phillip, Janco en Alexander groot naam in die BTK musiekbedryf met \u2018n nuwe treffer op die wysie van Sally Williams nougat.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3227 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-224-584x388.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"388\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-224-584x388.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-224-300x199.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-224-768x511.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Dit was \u2018n lang item met vele vermaak, vergeef die skets wat nie bygehou het nie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Aaitims:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Frikkie &amp; Sarel 2 (Christiaan en Hanno): hoe \u2018n mens \u2018n Janneman vang: Met BATMIER, \u2018n kollosale sprong en baie <em>confidence. <\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Jannes en Ulrich moes demonstreer hoe mens \u2018n veldtie vang en het so in baie detail gedoen.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Pieter, Christiaan, Fritz, Hanno, Johan en Gustav: met Troepe.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Inus, Gustav en Anerosa met <em>Koud, koud, koud.<\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Volgende is liefie Coreen en Fritz met puzzle bou.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Hekels:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Ulrich wil by Lambert hoor wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cdis nie die enigste ding van my wat warm is nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Christiaan vra vir Frederik wat sy bedoeling was met: \u201cFritz is die WRAAkkoningin.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">David vir Janco: \u201cJa, iemand moet dit uitdruk.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Martin wil by ook by Janco weet wat hy bedoel het toe hy ges\u00ea het, \u201cMy maag het by die tent uitgesteek.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Ulrich vra vir Hanno waarom hy gevra het, \u201cPappa, het ek spykerboude?\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">David wil moeg by Janneman hoor wat hy bedoel het, toe hy ges\u00ea het \u201cPieter-hulle is die laaste aaitim.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Jana wil by Mari-Louise hoor wat haar bedoeling was met, \u201cEk het dit ernstig oorweeg om \u2018n skaap te word.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Met die koue en die see, klink die aandlied op in twee stemme: Moegheid en Ken-nie-die-woorde.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag vier:<\/h2>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die dag begin windstil en ons gemoedere oor gisteraand se koue, verdwyn soos mis voor die oggendsonnetjie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Kitaarklanke kom van dameskamp, terwyl daar geduldig (soos al die oggende) vir die manne gewag word om klaar te maak.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Vandag se slotgroep is vol gees en kom met \u201cSally Williams nougat\u201d gesing aan. Hulle beweer ook dat hulle 4 dolfyne gesien het.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Padlangs moet Janneman \u2018n verkleurmannetjie uit die pad skuif om verby te kom en dit was dalk goed, aangesien \u2018n blou yskas Ulrich uit die lug geval het en toevallig op Christiaan geland het.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Hannah vertel die situasie oor en haar o\u00eb is redelik groot geskrik. Die yskas was seker groter as gewoonlik.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Uit n\u00earens verskyn Laubscher Stoker Steyn, op sy motorfiets met 500ml water en \u2018n groot glimlag.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3228 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5362-584x876.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"876\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5362-584x876.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5362-200x300.jpg 200w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/IMG_5362-768x1152.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Middagbroodjies maak plek vir middagslapies en Frederik strek hom op \u2018n klip uit&#8230; net jammer in plaas van son, was daar volop wind.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Verder bestudeer Mari-Alet en David Fritz se sak, en David merk op: \u201cooo jy\u2019t een van daai keisersnit sakke.\u201d Ons neem maar aan die sak het spesiale vermo\u00ebns.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Van middagbroodjies af, is die pad prentjiemooi: ysblou water en branders wat laggend geselsies maak met die mis.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3229 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110400-584x438.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"438\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110400-584x438.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110400-300x225.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110400-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">By die kampplek aangekom, hardloop Jannie, Jakobus en Christiaan water toe vir \u2018n seeswemmie \u2013 en ons wonder of hulle dalk net baie groot geskrik het oor damesskiet \u2018n paar minute tevore oop gemaak het.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Laatmiddag rustigheid word verruil vir frisbee rondtes op die strand, met Phillip op die kitaar en Janneman op pannekoek-diens.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Dit word een van daai goue BTK-aande: mooi sonsak mistig, mooi mense, mooi makietie. Soos die kitaar die lug vul, kom die sterre kyk wat aangaan en die son gaan saggies slaap. Hoe dan anders, as God se Skepping so saamkom en Hom prys?<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Aaitims:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">\u2018n Verassing toe Kempen en Amrikaner Kevin die kitaar uitpluk en \u2018n liedjie of twee sing.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Petro en Gina volgende met familieskandes en die BTK.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Barbara en Nina hierna, met \u2018n voorstelling van hoe ou vriende vir mekaar kan instaan.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Die sangitems is volop vanaand: Janco Nel en Nina aan die beurt met <em>Say Something.<\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Op \u2018n heel ander noot is dit toe twee neusgate Christoff en Martin volgende. Dit was nie gou nie, toe loop hulle.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Gustav en Anerosa demonstreer hoe dinge verkeerd kan loop met \u2018n man wat na die verkeerde huis bel.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Carina, Michael en Phillip volgende met donkies en die derde keer.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Onskuldige ligtoring Cinae flikker aan met seerowers Hanno, Pieter, Janneman, Johan en Fritz.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Kopdokter Fritz volgende met Michael, Anri, Anne, Phillip, Ulrich en Frederik. Iewers in die aaitim maak Fritz die fout om \u2018n Dagbreker uit te haal, en vanuit die gehoor kom \u2018n harde \u201cBekfluitjie!\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Gustav, Phillip, Nina, Kempen en superman Janneman aan die beurt: superman die blikskottel as hy dronk is.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Johan en Hanno vat \u2018n paar eerste toeriste vir \u2018n vet <em>ride <\/em>met Pieter se groottoon en stroop. Daar was \u2018n hele paar reaksies wat op video moes wees. (Ons weet nie hoe Pieter voel oor die feit dat niemand baie bly was om sy toon te sien nie).<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hanno, Janneman, Janco Nel, Alex, Dan\u00e9 en Zandr\u00e9 doen \u2018n demonstrasie oor <em>twee suckers op \u2018n stokkie.<\/em><\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Die baie geliefde K-k-k-kaptein volgende met Hanno, Janneman, Christiaan, Johan, Gustav en Pieter. Soos gewoonlik k-k-kry dit nie k-k-k end nie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Jakobus, Janneman, Hanno en Dan\u00e9 met drie pikkewynchies en \u2018n punchline.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Petro kom op met twee gedigte en die gehoor se handeklap is weereens \u2018n indikasie: sy mag maar.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Janneman, Pieter, Hanno, Johan en Lambert die weermag manne is weer op die verhoog en laat waai met Broekies.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Laastens eindig Hanno en Janneman aaitims vir die toer af met HAMBUSH.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Hekels:<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Gina vra vir Johan oor sy woorde: \u201cAs jy jou lippe <em>pout, <\/em>dan soen jy hom.\u201d Blykbaar was hulle tentjie se spasie maar knap.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Hanno wil net sekermaak of Janco Heese se aanbod vir sy groepie nog staan: \u201cek sal julle almal se sakke dra.\u201d Dit was toe blykbaar meer bedoel vir abstrakte interpretasie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Anri wil weet eat Fritz bedoel het, toe hy ges\u00ea het: \u201cDit sal gaaf wees as jy hom daar kan uittrek asseblief.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 60px;\">Laastens is Petro dubbeld bevraagteken oor haar woorde; \u201cI am an original girl. I have everything you need.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die sterre strek hulself breed uit en die see sing: \u2018n windstil aand \u2013 ons gaan soet slaap. Nag, dames.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h2>Dag vyf (die einde):<\/h2>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Daar is iets aan die Weskus, wat jou laat w\u00e9\u00e9t jy is hier (en ek bedoel nie die kaart nie).<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Dis iets in die branders. En hoe die sand die see se geluid vashou, hoe die son die bossies laat glimlag. En hoe die blommetjies plek-plek knipoog.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Sonnetjie vanoggend!<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Janco Heese skree vir Fritz dat Gideon dink mens kan jou nie regtig met Ultimate Frisbee seermaak nie.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Fritz skree vanwaar hy oppad is: \u201cWag, ek kom, ek kan net nie hardloop nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Jy kan sien dis dis Wivey Wednesday \u00e9n <em>bad hair day<\/em>, want die w\u00eareld pryk van moulose hemde en bandanas.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3230 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110684-584x438.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"438\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110684-584x438.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110684-300x225.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/P1110684-768x576.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die frisbee doen sy gewone rondtes, terwyl die res van ons spekuleer oor die dag se afstand en BTK-eenhede.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ons val vir oulaas kaalvoet in die pad en tel pampoentjies op soos wat ons vorder. Die mis kom stap saam.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Die standaard groeps- en wivey foto word geneem, groepie-foto\u2019s word ook hierdie keer geneem. \u2018n Hele paar blou yskaste tuimel uit die lug en dit was \u2018n deurmekaarspul tussen Janneman, Lambert en Hanno soos die yskaste grond vat.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Dit is toe dat Janneman roep ons moet aangaan, en ons stop nie tot verby die mynwese nie. Gamebreak se sjokolade word sowaar by die bus uitgedeel.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Ons stuur vir Kevin, Phillip, Michael, Gustav, Anerosa en David maan toe. Die BTK groet \u2018n paar legendes, maar daar moes fout gewees het met die maantuig of iets, want ons het gesukkel om dit op te stuur: die ding was te swaar gelaai met kwaliteit.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-3231 aligncenter\" src=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-395-584x388.jpg\" alt=\"\" width=\"584\" height=\"388\" srcset=\"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-395-584x388.jpg 584w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-395-300x199.jpg 300w, http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/files\/2017\/10\/BTK-West-Coast-395-768x511.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 100vw, 584px\" \/><\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">Soos ons die bus volmaak, vra ek twee eerste toeriste hoe die BTK toer was, op \u2018n skaal van 1 tot 10.<\/p>\n<p style=\"padding-left: 30px;\">\u201c11!\u201d het hulle geroep, \u201choekom het jy ons nie al vroe\u00ebr hiervan ges\u00ea nie?\u201d<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/fV-S6d33gkI\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Skets van gebeure deur Dan\u00e9 Eloff.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-3216","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3216"}],"version-history":[{"count":10,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3216\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":3234,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3216\/revisions\/3234"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}