{"id":663,"date":"2008-03-30T23:01:43","date_gmt":"2008-03-30T21:01:43","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=663"},"modified":"2012-01-03T22:15:16","modified_gmt":"2012-01-03T20:15:16","slug":"twee-riviere-maart-2008","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2008\/03\/twee-riviere-maart-2008\/","title":{"rendered":"Twee Riviere Maart 2008"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>\u201cDie water is so brak, dit blaf vir jou\u201d<\/em><br \/>\n<strong><em>\u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman<\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong>Maandag:<\/strong><\/p>\n<p>Met die eggo van BTK-gisters wat steeds in jou kop weergalm laai jy jou sak by die Neelsie-parkeerterrein af. Die 80-jarige re\u00fcnie en al die stories van ou vriende en goeie herinneringe het jou \u2018n tipe verwagting gegee vir die toer, en jy probeer hard om dit vir eers te onderduk.<!--more--><\/p>\n<p>Julle begin net dink dat dit \u2018n wonderwerk is dat die bus so betyds is, toe die ondenkbare gebeur. Janee, die bus het geen reverse nie! Retief Swart is gou om te s\u00ea dat hy nou sommer welkom voel maar al waaraan jy kan dink terwyl jy weer die swart-en-wit skyfies van die re\u00fcnie sien, is dat daar ten minste een ding is wat nie verander het nie\u2026<\/p>\n<p>So in die gewag leer jy \u2018n paar name aan. Dana Pretorius is \u2018n eerstetoeris wat duidelik nie skrik vir die wraak nie, want hy is baie gou om jou te verseker dat hy nie die nuwe Tinus de Wet is nie, eerder dat Tinus die nuwe Dana is. Nouja, \u2018n bietjie selfvertroue is seker nie sleg nie, maar jy dink hy weet nie, weet nie wat op hom wag nie, wag nie\u2026<\/p>\n<p>\u2018n Halfuur later is die bus met \u2018n groot gesukkel omgedraai en jy kan nie help om te wonder of die busbestuurder (Gammie) elke keer die hele ratkas gaan moet uithaal nie. Julle maak reg vir die groot tog Vanwyksdorp toe, maar voordat julle kan s\u00ea Merriman staan die bus weer. Attie van der Linde doen hom egter voor as \u2018n MacGyver-figuur en stuur ewe \u2018n rol draad EN \u2018n tang vorentoe. Jy wil nog bekommerd wees oor wat presies vasgebind moes word maar, julle is gou oppad (regtig die keer), en soos hulle s\u00ea: Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie.<\/p>\n<p>Koshuisfetes is aan die orde van die dag soos die ouens mekaar aanvat. Jy weet nou nog nie of Andr\u00e9 Haasbroek twee of drie broodjies moet vat en hoekom daar elke nou en dan bekfluitjie geskree word nie, maar \u2018n tekort aan geesdrif is daar nie!<\/p>\n<p>Luize Feldmann en Retief is hard besig om \u2018n nuwe liedjie te skryf maar hier na die die dertigste keer dat dieselfde re\u00ebl probeer word, verveel selfs dit jou.<\/p>\n<p>Julle laai omtrent helfte van die toer op langs die pad en kom uiteindelik by VanWyksdorp se kerksaal aan waar die laaste drie toerlede julle met \u2018n braaivleisvuur inwag.<\/p>\n<p>Bondelslee vind sommer binne die saaltjie plaas. Die dames onder julle is skoon verontwaardig toe Toervader oom Andr\u00e9 Leuvennink vertel skrikkeljaar beteken dat dit elke aand damesskiet is en slegs een aand mansskiet. Jy wil nou nie snaaks wees nie, maar vir \u2018n 80-jarige organisasie klink so re\u00ebling bietjie vergesog, jy wonder of hulle dan hoegenaamd damesskiet gehad het in die pre-oorlog jare.<\/p>\n<p>As voorbeeld van \u2018n aitem wys Lodi en Karien vir julle dat soen baie lekkerder is as \u2018n suurklontjie, maar dit is miskien nie so geslaagd nie. Of dit \u2018n voortuitsig is op hoe min mense die grappies gaan vang weet jy nie, maar toe daar eers \u2018n paar dae later vir party \u2018n lig aangaan skud jy maar net jou kop .<\/p>\n<p>Die kos word uitgedeel, waterbottels word gesoek en party se sakke word heeltemal herpak, en so gaan slaap almal in afwagting vir die 5 dae wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Dinsdag<\/strong><\/p>\n<p>Die son se strale begin net die pragtige Kerkie verlig toe julle naderstaan vir die eerste bakkie muesli vir die toer. Vanoggend maak \u2018n paar interessante kledingstukke hulle verskyning. Colleen Gericke bou op die reunie-tema en lyk pragtig in haar rokkie; sy sou later met gemak wys dat dit wel moontlik is om \u2018n rugsak-stap stylvol te doen. Marinda Bruwer is nog in die KKNK-gees met haar bierdoppie-oorbelle en cowboyhoed. Marli du Plessis maak egter seker dat sy sommer gou verwarring tussen die twee Marli\u2019s uitskakel wanneer sy Kulula gedoop word in haar skelgroen sokkies en hemp. Om Tone te spot in \u2018n noodsituasie was nog nooit so maklik nie!<\/p>\n<p>Wanneer julle later van die bus afklim en sakke op die rug sit, kyk jy bekommerd rond of jy die enigste een is wat wonder hoe jy verder as tien tree met jou rugsak gaan stap, hy sit besonder ongemaklik en swaar vanoggend. Maar so in die stap hoor jy van stokers wat praat van Benseen uitgooi, bottels blatjang wat vinnig gaan le\u00ebr word en selfs provita\u2019s wat ge\u00ebet gaan word en dan voel jy nie meer so sleg oor die feit dat jy dit oorweeg het om helfte van jou margarien agter \u2018n bos uit te gooi nie.<\/p>\n<p>Die Groot-rivier het dalk eens op \u2018n tyd sy naam verdien maar hy lyk maar vir jou taamlik gebrekkig. Wanneer julle die eerste keer deur die stilstaande water gaan s\u00ea Gerhard Rossouw: \u201cAs jy nou s\u00ea jy\u2019s skoon wil ek nie weet hoe vuil jy was nie\u201d.<\/p>\n<p>So in die stap kry jy darem \u2018n idee van die omgewing wat op julle wag vir die volgende paar dae, dit is groener as wat jy verwag het, alhoewel jy bekommerd is oor die groot hoeveelheid doringbome; jy\u2019s vir \u2018n oomblik heel verbouereerd voordat jy besef dat die VORIGE toer die Doringrivier-toer was.<\/p>\n<p>Julle is gewaarsku oor die water wat so brak is dat dit vir jou blaf as jy nader kom, maar min kon jou voorberei op die smaak van die water, met \u2018n chloorpilletjie by vir die wis en die onwis. By Gamebreak word daar gewonder of dit \u2018n kruis tussen chloor en game is maar daar word uiteindelik besluit dat dit eerder \u2018n kruis tussen CorenzaC en Berocca is. Jy\u2019s nie \u2018n groot aanhanger van bruistablette is nie, so jy gee so paar grille en maak dan maar jou o\u00eb toe (asof dit gaan help) om dit af te sluk.<\/p>\n<p>Andr\u00e9 som \u2018n baie belangrike aspek van die BTK se opset goed op: \u201cDie Groepieleier het geen verantwoordelikhede nie, maar wel baie voordele.\u201d Jy is net \u2018n middagbroodjie maar die stelling klink vir jou belaglik naby aan die waarheid, miskien is die BTK TOG nie meer die BTK van ouds nie.<\/p>\n<p>By middagete is dit tyd vir die eerste uitkyk en Dana verskaf bietjie vermaak aan die toeskouers as hy sommer wil inhaak by die kamstige scary kringetjie, hy\u2019s duidelik nie ge\u00efntimideer nie&#8230;<\/p>\n<p>Nick Joubert maak sy Voorsitter-strategie duidelik bekend as julle regmaak vir die eerste middagslapie. Jy begin net dink hierdie is \u2018n verandering wat jy verwelkom, toe jy besef om dan weer jou sak op te sit net soveel moeiliker is.<\/p>\n<p>Julle stap ewe op die Cape Epic pad en loop verby \u2018n paar groot trokke. Dit is nog die eerste dag, maar jy merk duidelik in jou sketsboekie dat daar al klaar gehallusineer word oor \u2018n yskoue Coke. Die sal egter moet wag vir die terrash, want om te dink julle gaan voor dan Coke kry is heeltemal belaglik, of hoe??<\/p>\n<p>Julle eerste kampplek is nogal iets vir die oog. Met \u2018n private strand wonder julle waar die sundowners is, maar vir eers sal die sop moet doen. Nick begin die eerste tekens van Voorsitter-hoogmoedigheid wys as Marinda Bruwer doodonskuldig vir hom vra of hy al groepieleier was en hy uit die hoogte antwoord met \u2018n \u201cWat dink jy?\u201d Hartseer om te sien hoe vinnig die helde val\u2026<\/p>\n<p>Iewers deur die dag het \u2018n baie subtiele onderlingse groepie-trots begin. Groepie Vier is glo Groepie Awesome (of Foursome) terwyl groepie Drie heel op hulle eie sit om \u2018n draai, hulle is letterlik nowhere. By groepie twee maak stoker Attie se stofie snaakse geluide en oom Andr\u00e9 kyk oopmond ongelowig na die gesukkel.<\/p>\n<p>Die eerste aand se aitems is om die minste te s\u00ea taamlik flou. Jy hoor die linkervleuel kla dat dit net hulle en die Bachelors is wat aitems lewer. Jy weet nie so mooi nie; tussen die Bachelors se poging tot \u2018n boyband-item vir \u201calmal wat hulle mis\u201d en Charlotte Hauman se patetiese spoegtegniek as die blommetjie wat lei tot \u2018n sopnat Retief, word daar veel te wense oorgelaat.<\/p>\n<p>Tydens hekels bring Kostya Zloschastyev julle terug aarde toe as hy s\u00ea dat hy nie aan die skietproses deelneem omdat dit \u2018n primitiewe gebruik is. Hy s\u00ea ten minste hy hou daarvan om vir julle te kyk, dit is glo baie soos National Geographic\u2026<\/p>\n<p>Terwyl die sterre en die maan op die water reflekteer doen Anthonie Badenhorst godsdiens oor hoe jy God ervaar.<\/p>\n<p>En so, met die prentjie van \u2018n oermannetjie wat, voor hy met sy knuppel in die hand sy vroutjie aan die hare grot toe sleep vir haar vra of sy al geskiet is, raak jy weg\u2026<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Woensdag<\/strong><\/p>\n<p>Die stemme van die stokers kom heeltemal te vroeg na jou sin by jou tentjie op die heuwel aan. Karlientjie Bezuidenhout verjaar vanoggend en julle sing sommer vir haar in die kring.<\/p>\n<p>Die water is weereens \u2018n onderwerp vir bespreking, want volgens Andr\u00e9 \u201cdou dit hier sommer brak\u201d. Fritz van Zyl voel weer dat as jy te veel water drink dit moontlik kan lei tot GG. Jy voel egter nie dat dit jou as sketsskrywer se verantwoordelikheid is om aan die oningeligtes te verduidelik wat presies dit beteken nie\u2026<\/p>\n<p>Dit is \u2018n mooi oggend en die rivier raak net al mooier. Die eerstetoeriste is druk besig om hul liedjies te oefen onder leiding van oom Andr\u00e9 en Christelle Leuvennink. \u2018n Enorme krans (weereens \u2018n regverding vir die Grootrivier se naam) bied welkome verligting teen die snerpende son en dit gee aan julle die ideale geleentheid om eggo\u2019s uit te toets. Veral die eerstetoeriste sing met nuwe woema, en die Hoi, Hoi van de Mactiche Koning weerklink \u2018n paar keer.<\/p>\n<p>By Gamebreak word daar geswem, alhoewel \u2018n beter term seker waad sou wees want jy\u2019s gelukkig as die water bo knie-diep is. Dit sit egter nie vir Dana, Attie, Marinda, en Reinhardt Pretorius af nie; hulle probeer \u2018n paar duikbewegings uit. Jy weet nie of hulle dink dit lyk goed nie; hou in gedagte die water is net kniediep\u2026<\/p>\n<p>Julle beweeg weg van \u2018n rivier en stap oor \u2018n nek, jy begin jou bene VOEL werk en steek die uitasemheid weg met \u2018n: \u201cSjoe, dis mooi!\u201d en wonder wat Karien bedoel met: \u201cOns is nou almal op die pil.\u201d<\/p>\n<p>Met die afgaan word sake ontwrig deur \u2018n baie groot spinnekop, om van bloedstollende gille nie eers te praat nie. Julle klim baie versigtig oor \u2018n elektriese draad; net om later te hoor dat dit \u2018n doodnormale draad is. Of altans, Anthonie het vir Lodi ges\u00ea dit is, en hom toe groot laat skrik toe hy skielik die draad laat los; ja s\u00f3 val die helde\u2026<\/p>\n<p>By middagete is dit Andr\u00e9, Lodi en Koop Lubbinge wat met modder speel, jy weet nie mooi wie dit is wat skeef gemik het nie, maar skeef gemik is daar beslis. Anthonie loop rond met \u2018n kakebeen en Kuno Venter dink hy\u2019s \u2018n ware Simson, ewe met die bos hare om die prentjie te voltooi. Dit is weer tyd vir die nou gebruiklike middagslapie, maar julle dink dat Nick dit eintlik inruim vir hom en Marli Zietsman om ekstra sleetyd in te werk. Jy dink \u201cSkokkend\u201d maar l\u00ea dan self ewe lekker terug om maar die situasie uit te buit.<\/p>\n<p>Julle sit later met \u2018n waterbreuk almal ingeryg onder \u2018n boom wanneer Kostya ewe die voorstel maak dat ons BTK spel vir \u2018n foto. Jy\u2019s nie \u2018n sielkundige, maar dit wil al vir jou lyk soos die innerlike geboorte van \u2018n tipe trots, al bly skiet vir hom primitief! Fritz, ons fikse Ysterman, is belaglik gou op teen die berg terwyl julle julself probeer organiseer: makliker ges\u00ea as gedaan. Wanneer julle uiteindelik reg is maak Gerhard Rossouw die voorstel dat Fritz die selftimer moet stel en in die \u201cK\u201d kom staan. Kyk, hy\u2019t jou be\u00efndruk met die opgaan, maar hy\u2019s \u2018n Ysterman, nie Superman nie\u2026<\/p>\n<p>Net toe julle dink julle het die bestemming bereik s\u00ea Nick dat dit nog 30 minute se stap is. Jy dink iemand moet vir hom s\u00ea dat hy nie kan jok nie\u2026 of hom ten minste \u2018n paar klasse gee oor hoe om sy gesig reguit te hou in sulke situasies: Jy is glad nie verbaas toe julle twee minute later julle sakke kan afhaal nie.<\/p>\n<p>Skiet vanaand is soos \u2018n aflewering van Days of our Lives. Of miskien regtig soos National Geographic: Andre is so chuffed oor hy vir Karien geskiet het voor Lodi dat hy haar los waar hy haar gevang het en dan ewe bre\u00ebbors terugloop om te kom spog. Nie net lyk hy soos een of ander dierspesie wat sy vangs sien as \u2018n manier om sy mag te vestig nie, hy\u2019t nie \u2018n saak met die wyfie (dis nou Karien) nie! Miskien was Kostya se uitlating tog nader aan die waarheid as wat julle wil glo\u2026<\/p>\n<p>Jy wil nog bekommerd wees as jy sien dat die vier kokke vergadering hou, maar Lodi se LongJohn\u2019s trek julle aandag af; dit herinner aan \u2018n nagmerrie uit die 80\u2019s gym era; glo omdat hy vanaand Bachelor is.<\/p>\n<p>Nie lank nie of daar is net nul dae, nul ure, nul minute ens. Tot die Wraak. En jy is Bang. Julle kan nie help om te wonder wat Kostya vanaand dink nie, van die Wraak-praktyke kan regtig verwar word met die van \u2018n sekte\u2026<\/p>\n<p>Maar dis veral interessant om na die tyd die eerstetoeriste se verwagtinge te hoor. Christelle was glo BAIE senuweeagtig en Kuno het sy beste navigation-skills ingespan om homself te ori\u00ebnteer in terme van die sterre. Ja, hulle weet nie, weet nie wat op hulle wag nie, wag nie\u2026<\/p>\n<p>Terug in julle groepies is daar \u2018n gevoel van onderlinge samesyn terwyl die eerstetoeriste met \u2018n nekdoek in die hand hulleself BTK-ners kan noem \u2013 daai gevoel om hulle te verwelkom bly darem spesiaal!<\/p>\n<p>Wolfie Klinkenberg as \u2018n Nazi en Dana as \u2018n Capey wat sy vark wil verkoop be\u00efndruk alhoewel die punchlines veel te wense oorlaat, maar, dit is immers BTK-aitems. Wolfie en Kuno se hondegeveg is ook hoogs vermaaklik, hulle leef hulself nogal in terwyl hulle in die sand rondrol. Wolfie maak later weer verskyning toe hy vir Gerhard du Toit wegjaag van hulle aitem af. Dit was onverwags, veral vir die arme eendjie!<\/p>\n<p>Die res van die aitems is ook maar flou, met Fritz en Anthonie se verduideliking van Ai, Tim en Jeuk Al wat die woord flou verpersoonlik. Dit BTK-woordeboek word verder uitgebrei as Attie en Koop \u2018n middagbroodjie groet, dit terwyl Dana the Banana die snaaksste byvoeging tot die groentetuin is.<\/p>\n<p>Die hekels maak egter vanaand op vir die vinnige aitems \u2013 dit voel of dit net aan en aan hou. Tussen net Lodi, Karien en die Bachelor\u2019s Klub bly julle nogal lank besig. Tien uit tien vir oom Andr\u00e9 wat die hekels uitstekend hanteer en nie nee vat vir \u2018n antwoord nie.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Donderdag<\/strong><\/p>\n<p>Die stokers is vanoggend besonder luidrugtig met \u2018n sekere Meneer Muller natuurlik aan die voortou. Dit is duidelik nie vir Dana so irriterend as vir jou nie. Julle verstik in julle meusli soos hy verby huppel (letterlik) met \u2018n \u201coh what a beautiful morning\u201d Iemand is reg vir die dag!<\/p>\n<p>Colleen oorhandig aan Karlientjie \u2018n uitsonderlike krans waarvoor almal ietsie kleins moes gee en, ja jy\u2019t reg gekyk: \u2018n skilpaddop vir om die nek. Julle bid ook spesiaal vir haar en na die oorhandigingsseremonie lees Gerhard du Toit Jesus se Kruiswoorde en dit het besondere trefkrag.<\/p>\n<p>Christelle vier die post-Wraak BTKner-wees as sy met rooi strikke met wit kolletjies op haar verskyning maak. Jy\u2019t al gehoor van die spreekwoord om iemand se skoene te moet volstaan, maar dit kry vanoggend vir jou \u2018n heel nuwe betekenis toe jy hoor dat Gerhard en Hendrik Retief die slotbroek met haakspelde moet vasmaak. Wonder of hulle werklik opgewasse vir die taak is\u2026<\/p>\n<p>So in die stap begin die idee van die Gouritz-rivier as \u2018n kruis tussen die land van melk en heuning en \u2018n regte oase die rondte doen. Fritz is byvoorbeeld oortuig daarvan dat die visse vir julle Coke gaan aandra, natuurlik heeltemal vergesog, om van die Coke nie eers te praat nie\u2026<\/p>\n<p>Andr\u00e9 is vanoggend hard aan die skimp vir \u2018n sleemaatjie die aand, dit is immers Damesskiet en die Bachelor\u2019s-slee verloor skielik sy aantrekkingskrag. Een groot probleem is egter sy gebrek aan sleepille. Sy gebreekte waterpompie (wat hy van die begin af al saamdra) sou glo Valpr\u00e9 kon verskaf, maar jy weet darem nie.<\/p>\n<p>So in die loop oorweeg hy sy verskillende opsies: Biltong uit \u2018n beeskarkas, of om miskien \u2018n middagbroodjie in te pak vir die aand\u2026 Mmmmm, wonder hoekom hy toe nie geskiet is nie?<\/p>\n<p>Nog slee-gesprekke doen die rondte. Suzanne Eckermans dink sleet kan nog \u2018n toevoeging tot die BTK-woordeskat wees \u2013 dit is nou as jy by verskeie slees die rondte doen in een aand. Klink of sy uit ondervinding praat. Gerugte van Sanmari Muller wat \u201cmaklik\u201d is word gehoor: Cor het glo nie vir haar sleesous aangebied nie, maar eers die tweede aand vir Izeldi van der Linde aangebied\u2026 Mmmmm, wonder hoekom h\u00fd toe nie geskiet is nie?<\/p>\n<p>Julle doen goed om omtrent die hele Sound of Music se musiek te sing, dit terwyl julle op klippe stap wat \u2018n prehistoriese gevoel aan die omgewing gee.<\/p>\n<p>Gamebreak hou julle onder \u2018n oorhang en teen die tyd is die groepie-kultuur en -kompetisie al goed gevestig. Die ander doen Groepie Awesome na: Groepie 3 is erens lang die pad herdoop na \u201cDie Familie\u201d kompleet met \u2018n ouma, pa, ma en wie weet wat nog, terwyl Groepie 2 nou TwoPac is ( Dis nou met \u2018n T: soos in Tappit Tappit Tappit\u2026). Hulle gaan nogal wild met die naamgee-ding. Volgens Retief is die stoker Puff Daddy, waterdraer H20, Middagbroodjies iets soos Destiny\u2019s Child en die Kok Grub. Ja, die BTK het \u2018n ver gekom sedert 1928\u2026<\/p>\n<p>Jy\u2019s nie seker of Groepie 1 nou Groepie Legend of Groupa Atyen is nie, jy weet nie of hul self seker is nie, laasgenoemde is seker vir internasionale studente.<\/p>\n<p>Na Gamebreak kry julle bietjie teenspoed as Gerhard du Toit \u2018n riet in sy oog kry, wat dit sleg seermaak. Hy lyk omtrent soos \u2018n bandiet nadat hy die ergste verbind het.<\/p>\n<p>Teen die tyd het die Gourits nou al kokosneute, dolfyne en palmbome en wie weet wat nog. Erens kom daar egter \u2018n misverstand en julle stap verby Nick, en die middageteplek; wat natuurlik beteken julle moet omdraai. Wanneer julle \u2018n groot slang oor die pad sien seil dink jy dis miskien tog beter dat julle op \u2018n ander plek gaan eet.<\/p>\n<p>Die water in die rivier is glo al beter, maar jy is bereid om te wag vir die Melk en Heuning van die Gourits\u2026 of altans: Die nie-brak water. Julle plas weer rond in die water en die middagbroodjies probeer hul bes om die ergste sand uit die Provita\u2019s te hou.<\/p>\n<p>Na middagete stap julle deur \u2018n moeilike stuk met baie bosse waar jy nie agter kan raak nie en volgens Nick ook nie op \u2018n ander pad mag stap nie \u2013 jy moet s\u00ea, dit klink nogal drasties, iets soos \u201cLeave no-one behind\u201d maar \u2018n entjie in die doringtakke en moontlike paadjies in en jy voel omtrent asof jy in \u2018n doolhof is.<\/p>\n<p>Dit is Damesskiet. En Fritz hardloop weg vir Sanmarie \u2013 Maar wie nou eintlik vir wie geskiet het is steeds onduidelik. Andr\u00e9 se werk deur die dag het toe geen vrugte afgewerp nie. Tot die nuut gestigte Bachelor\u2019s Club (of is dit nou Bach-boys?) se verdediging, Luize se timing was nadelig. Maar nou ja, met die Gourits-rivier se water binne stap-afstand, wie dink aan damesskiet?<\/p>\n<p>Jy moet s\u00ea, die palmbome en kokosneute ontbreek miskien maar julle kampplek vanaand by die mond van die Grootrivier in die Gouritsrivier is iets vir die oog.<\/p>\n<p>Terwyl julle regmaak om sop te maak, sak die son weg en \u2018n bakkie verskyn op die horison. Ja, \u2018n bakkie. Nick-hulle staan nader, maar jy sit maar gedwee en wag vir jou Cup-a-Soup\u2026 Minwetend. Oom Tielman Roos Snr. en Jnr. het self geBTK en kom verras julle vanaand met braaivleis!!! En Coke!!! En Bier!!! \u2018n Gevoel van euforie daal op die groep neer as julle dit hoor, of soos Izeldi dit stel \u201cKyk almal se gesigte! Dit lyk soos op Survivor as hulle \u2018n reward-challenge wen!\u201d . Vir jou is Hendrik se reaksie die beste. Hy kyk seker 10 keer af na die kas Coke en dan op na die setting, dan weer af en op. En elke nou en dan s\u00ea hy: \u201cKyk waar is ons! En kyk\u2026\u201d Ja, jy dink almal se kop het maar bietjie uitgehaak toe julle die feesmaal sien. Julle is almal oortuig daarvan dat hierdie \u2018n baie beter oase is as kokosneute en selfs \u2018n Gouritsrivier vol Coke.<\/p>\n<p>Terug by julle groepies is die sop eintlik maar vergete. \u2018n Grootskaalse braaipoging word geloods, van julle luister na die Oom Tielmans se stories. Ander sit net en drink die ongelooflikheid van die hele situasie in\u2026 letterlik en figuurlik. Marinda noem dat dit \u2018n lekker atmosfeer is, waarop Reinhardt gou antwoord : \u201cSnaaks wat drank kan doen n\u00e9\u201d<\/p>\n<p>[ Jy moet darem net aan die oningeligtes verduidelik dat daar \u2018n beperking was op die hoeveelheid bier. Al het \u2018n paar blikkies selfs Saterdag eers hul verskyning gemaak! ]<\/p>\n<p>Maar lekker is dit beslis, julle speel kitaar, van die groepies skakel sommer en daar is BAIE vleis.<\/p>\n<p>Luize vra vir Gerhard du Toit: \u201cKyk gou hier,\u201d waarop hy met sy een oog opkyk en vir haar vra, \u201cis jy sarkasties?\u201d Ja, Gerhard se oog is ongelukkig baie seer en jul weet nie hoe ernstig dit is nie, so hy gaan die aand saam met die Rose uitry.<\/p>\n<p>In die slee is enige wense van Bonaqua water vir sleesous iets van die verlede. Oom Tielman vertel die storie van De Machtige Koning se oorsprong, en hy vertel ook hoe mens iemand wat twee keer met dieselfde persoon slee moet uitsleep.<\/p>\n<p>Die Bachelors-Club (of is dit die Bach-boys?) slee vanaand (weer) saam met Nadia, en sy kry (vanselfsprekend) baie aandag. Hulle doen dan ook die hondjie maar die keer soek hulle na hulle sleedate. Maar iets klop nie\u2026 vir mense wat so trots is om hulself die Bachelors te noem is hulle darem ernstig opsoek na sleemaatjies!<\/p>\n<p>Attie, Koop en Dana sing \u2018n interessante liedjie vir BTK-meisies. Jy weet nie of dit in enige ander omstandighede gaan werk om vir \u2018n meisie te sing sy\u2019s vuil en haar beenhare is lank nie, maar dit is heel oulik in die omstandighede.<\/p>\n<p>Die Bachelors besluit om die die ou tradisie terug te bring en sleep vir Lodi uit omdat hy vir \u2018n tweede keer met Karien slee. Maar hulle bring egter nie vir haar in berekening nie en sy val hulle verwoed aan.<\/p>\n<p>Julle lag lekker vir Antonie as die verfynde ou wat \u2018n bier of \u2018n melkie soek. Luize, Izeldi, Marli Zietsman en Charlotte doen \u2018n afgewaterde weergawe van Mama Jill, jy weet nie of hulle woorde vergeet het of wat nie, maar iets was nie reg nie. Koop is vas oortuig daarvan dat Izelditjie sy hart sal oopsluit, maar jy weet nie wat doen hy en Attie as hulle vir die maan huil nie. Dit was nie \u2018n aitem nie, maar Retief ontlok die meeste lag toe hy eers verstik aan iets; en dan almal se aandag op hom verskoon deur te s\u00ea: \u201cJammer, \u2018n furball\u2026\u201d<\/p>\n<p>Lodi is baie goed daarmee om \u2018n storie op te maak as hy gehekel word. Op die ou end is dit so uitgerek dat jy nie regtig kan onthou wat die hekel was nie. Dit was seker die idee.<\/p>\n<p>Met oorvol mae en, wat voel soos die eerste geleste dors in 3 dae, is dit<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong><\/p>\n<p>Dit het aand geword en dit het more geword. Vanoggend sing julle lank onder leiding van Lodi, sommer so uit die boekies uit. En terwyl julle die Onse Vader sing dink jy hoe spesiaal dit is om met 40 vriende so op die oewer van \u2018n pragtige rivier te kan sit en saam bid, sommer in julle eie melk-en-heuning-land vir die aand.<\/p>\n<p>Julle stap vandag rustig, wonder of dit iets te make het met die groot hoeveelheid rooivleis wat julle gisteraand verorber het; jy dink jou liggaam ly nog aan skok oor die skielike toename in prote\u00efne en wat nog als. Die groepie Bachelors van die vorige aand is nou glo Bach for life\u2026 Hai siestog.<\/p>\n<p>Sleesweeties word gou van kant gemaak tydens \u2018n laaang gamebreak, waar Die Familie luidrugtig stry oor iets; gelukkig is bloed dikker as water, of hoe? By \u2018n rivier-kruising stel die ouens weer \u2018n goed ge-oliede produksielyn op, kompleet met Shozoloza vir bietjie gees. Luize is selfs bereid om dit op die proef te stel; jy weet darem nie, jy maak eerder jou broek nat as om daai risiko te vat. Maar sy is veilig aan die ander kant. Hier vermaak julle julleself met die groot hoeveelheid plat klippe wat rondl\u00ea; jy moet s\u00ea: Die groep lewer nogal \u2018n paar talentvolle klipgooiers op, maar party vat dit bietjie ver soos die klippe groter en groter word.<\/p>\n<p>\u2018n Onwetende Ettienne de Jongh verjaar, jy\u2019t lanklaas iemand so sien bloos. Die eerste groot stroomversnelling van die toer is so merkwaardig dat almal se kameras gou reg is om hierdie vreemde verskynsel op film af te l\u00ea. Jy weet dit is die eerste aanduiding dat die rivier hoegenaamd loop, maar dit is beslis nie vir jou so fassinerend soos die res nie; jy stap maar aan. Middagete is by \u2018n diep genoeg poel dat daar van \u2018n relatief ho\u00eb rots afgespring word en backflips is aan die orde van die dag. Veral Marinda skop stof in die o\u00eb van die manne as sy haar gimnastiek-vermo\u00ebns ten toonstel. Groepie Twopak hou \u2018n spoegpit-kompetisie; ching chong cha is duidelik nie meer voldoende vir die laaste stukkie sjokolade nie. Julle ruim weer tyd in vir \u2018n lang middagslapie, uitgestrek op die sand. Ja, this is the life, dink jy.<\/p>\n<p>Teen die tyd het Attie die kuns van \u201cStap nou, op met die sakke\u201d in \u2018n Voorsitter-rige stem vervolmaak. Julle sukkel om geirriteerd te raak, hy kry dit so goed reg dat julle eerder daaraan dink as sy manier om stemme te werf vir sy toekomstige ideale in die BTK-hi\u00ebrargie.<\/p>\n<p>Nick is aan die ander kant bekommerd oor wat mense van hom moet dink, want volgens hom sukkel hy om \u2018n vraag ordentlik te antwoord, hy skree dit eerder. Mens noem dit goeie maniere Nick\u2026<\/p>\n<p>Julle stap die middag nogal oor klippe tot by die kampplek vir die aand, waar Nadia tydens skiet behoorlik oorval word deur die bachelors. Na die tyd doen hulle \u2018n tipe oorlogskreet: \u201cBach for life\u201d. Primitief, om die minste te s\u00ea.<\/p>\n<p>Die doodse stilte van die vorige aande voel soos \u2018n vae herinnering want vanaand WAAI die wind so dat dit omtrent \u2018n gesukkel is om die tente staan te maak. Dit sit egter nie vir Fritz en Kuno af nie, wat \u2018n ordentlike swemsessie inwerk tot daar waar jy hul nie eers kan sien nie. Die soeke na windskuiling beteken dat die groepies heel afgesonder van mekaar sit. Terwyl Anthonie hom verbeel hy is Mufasa op Pride Rock word die kokke gelukkig nie deur die wind ondergekry nie, jy eet besonder lekker. Groepie Awesome noem dit \u2018n 5-gang maaltyd, maar jy dink dit is maar net \u2018n verskoning omdat hulle dit \u2018n LAAANG uitgerekte ete maak. Toe hulle uiteindelik klaar ge\u00ebet is, kondig Nick aan dat daar ongelukkig geen slee gaan wees vanaand nie, dit is darem net te onplesierig. Dit sit julle egter nie te veel af nie, julle sing vir lank saam.<\/p>\n<p>Oor die res van die aand se verrigtinge wil jy jouself nie te veel uitlaat nie; behalwe om miskien te noem dat Cor die volgende dag geskors is uit die Bachelor\u2019s Klub en dat skokkende gerugte van \u2018n sogenaamde sleetent die rondte sou doen. Wanneer presies die dames gaan slaap het, en hoekom daar die volgende oggend ook damesstemme uit \u2018n ander tent weerklink bly onduidelik. Een ding is seker, sommige BTK\u2019ners het \u2018n onwrikbare geloof in slee, en \u2018n stormsterkwind skrik hulle duidelik nie af nie.<\/p>\n<p><strong>Saterdag<\/strong><\/p>\n<p>Die koue sny vanoggend deur julle klere as julle kringetjie hou. Maar nie lank nie of julle is aan die stap en die koue windjie is welkom. By die eerste waterbreuk is julle bly dat die laaste aand se slee nie plaasgevind het nie, so sleepil smaak darem lekker 10uur die oggend. Daar word besluit om \u2018n groepfoto te neem, met Lodi wat nogal rats deur die water hardloop as hy sy kamera stel. Kostya stel ewe sy driepoot op; dit is nou styl dink jy.<\/p>\n<p>Julle het die eerste en enigste werklike rivierkruising en jy dink sommiges is bly dat dit net een keer moes gebeur. Karien se survivalbag is so vol water dat jy wonder of sy dit hoegenaamd toegeknoop het. En Andr\u00e9 vertel dat sy sak waterdig is; dit is nou behalwe vir die gate. Hy moes jou dalk gewaarsku het voor jy jou skoene by hom ingelaai het. Anthonie, Dana, Retief en Koop spring by \u2018n BAIE ho\u00eb rots af. Die peanut-gallery op die anderkantste oewer het natuurlik baie om te s\u00ea, en almal probeer hulle beste om te skat hoe hoog dit is. Nou ja, of dit net oor 14m of net onder 30m is laat jy maar oor aan die springers om te besluit as hulleself later die storie vertel.<\/p>\n<p>Julle klim baie op en af en neem weer \u2018n groepfoto of 2. Die uitsig oor die Gourits is iets besonders as julle in die kloof terugkyk. Raad oor hoe om jouself te manouvre is volop, maar jy wonder die meeste oor Yolandi Verwey se antwoord: \u201cDoen dit anders as ek!\u201d Wanneer julle die hoogste punt bereik sien julle uiteindelik die lang-verwagte palmbome in die verte. Jy dink die palmbome sal maar vaal lyk as dit langs die koelkaste van Vrydagaand moet staan, maar dat die einde in sig is, is duidelik. Berg af is dit omtrent \u2018n geskree-ery tussen Nick en Slot Lodi om vir Gammie (wat vir \u2018n naam is dit?) te probeer bel en om die terrash-burgers te reel.<\/p>\n<p>Julle skud julle kop in ongeloof toe julle die bus verby die brug sien ry. Fritz hardloop vooruit om hom te wys waar ons is. Superman is hy miskien tog, want jy sukkel om die prentjie van Clark Kent wat die skoolbus inhardloop uit jou kop te kry\u2026 Dit is \u2018n rowwe paadjie af wat elke nou en dan eers skoongemaak moet word, maar julle kom darem sonder voorval onder waar julle onder \u2018n groot boom sit en die laaste kos uit die rugsakke kry en game aanmaak. Gekom by die pad is dit tyd vir die Gentlemen\u2019s Challenge. Die kamera\u2019s en toeskouers is volop en beseerde Gerhard Rossouw speel ewe spanningsmusiek op die kitaar. Marinda is die afsitter en moet vinnig uit die pad kom; jy moet s\u00ea die geluid van die voete op die pad is vreesaanjaend. \u2018n National Geographic prentjie van \u2018n stampede buffels doem voor jou op, maar dit daargelaat. Hans is die wenner, julle kan ewe op die replay van \u2018n kamera seker maak, maar jy wonder of Hans of Charlotte (wie se sak dit glo is) blyer is\u2026<\/p>\n<p>Julle kom vuil by die Saddles in Riversdal aan en dink die mense weet nie, weet nie, wat op hulle wag nie, wag nie. Jy word ook nie teleurgestel nie, die Saddles het ewe \u2018n DJ en van julle sokkie sommer so tussen die tafels deur. Die werkers gaap julle aan met oopmonde, julle verskaf weereens heelwat vermaak. \u2018n Koning en wel, interessante burger later moet julle van die eerste mense groet.<\/p>\n<p>Op die bus hou die Bachelors Club aan om vir Cor te treiter, die kyk later maar net spraakloos by die venster uit. Jy vra vir Retief (glo Voorsitter) wat die verskil tussen die Bachelors Club en die Bach Boys is waarop hy verduidelik dat die Bachelors Club mag slee maar nie meisies het nie, en die Bach Boys het meisies maar mag nie slee nie. Jou logika s\u00ea vir jou iets in daai vergelyking is nie reg nie; as jy aan altwee behoort (soos baie van hulle doen) beteken dit jy slee nie en jy\u2019t ook nie \u2018n meisie nie\u2026 maar nou ja, watookal hulle gelukkig maak.<\/p>\n<p>Uiteindelik by die Neelsie gekom is die groep redelik uitgedun en dit is \u2018n sagte: Nog \u2018n toer is verstreke waarmee julle groet. Maar terwyl jy so na elkeen om jou se gesigte kyk en terugdink aan die windstil nagte, nuwe vriende, \u2018n Coke langs die Gourits, mooi oggende en lag-oomblikke saam met ou vriende besef jy dat die BTK na 80 jaar nog leef, en nog vir jou iets is om oor opgewonde te raak. En jy b\u00eare die herinnering van die 6 dae diep in jou hart, om eendag ook te kan afstof en te kan waardeer. Ja, lewe lank, lewe lank BTK!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie water is so brak, dit blaf vir jou\u201d \u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman Maandag: Met die eggo van BTK-gisters wat steeds in jou kop weergalm laai jy jou sak by die Neelsie-parkeerterrein af. Die 80-jarige re\u00fcnie en al die stories van ou vriende en goeie herinneringe het jou \u2018n tipe verwagting gegee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-663","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/663","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=663"}],"version-history":[{"count":6,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/663\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":665,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/663\/revisions\/665"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}