{"id":668,"date":"2008-09-14T23:14:17","date_gmt":"2008-09-14T21:14:17","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=668"},"modified":"2012-08-05T11:47:38","modified_gmt":"2012-08-05T09:47:38","slug":"gamkaskloof-september-2008","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2008\/09\/gamkaskloof-september-2008\/","title":{"rendered":"Gamkaskloof September 2008"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: right;\"><em>Die Hel<br \/>\n<strong>\u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman<\/strong><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Woensdag 10 September<br \/>\nWhen Hell freezes over\u2026<\/strong><\/p>\n<p>Met die woorde van toerleier Tinus de Wet se laaste epos wat nog deur jou gedagtes maal staan jy vanoggend op met \u2018n effens benoudheid oor jou. Jy gaan deur jou sak se inhoud met \u2018n knop in die keel, dit sal darem sekerlik nie sneeu nie, n\u00e8, terwyl jy jou warm baadjie effens skepties aankyk.<!--more--> Teen die tyd wat die bus op Calitzdorp stop, is die sonnetjie egter al lekker warm, en enige gedagtes aan koue rivier-oorkruisings en met jou stokies in die sneeu rondploeter is vir eers vergete. Soos wat die laaste tente en kos verdeel word en sonbrandroom aangesmeer word, verkyk jy jou aan die Emo\u2019s. Jy voel vir \u2018n oomblik heel verward, jy was SO seker hulle het uitgesterf! Eerstetoeris Ena Muller kry meer as net haar deel van die tent, as groepieleier Kobus du Plessis vir haar \u2018n krat gee om te dra. Maar sy laat haar nie afskrik nie en gou staan sy reg met rugsak en al, krat bo-op vasgemaak. Gepraat van uitgestorwe spesies.<\/p>\n<p>En so val julle in die pad, en jy begin so stadig aan die name leer. Jy wil nou nie snaaks wees nie, maar Anina, Arina en Adina is omtrent \u2018n mondvol! Om alles te kroon dink jy net jy het vir Ron\u00e9 McFarlane ontmoet, net om 5 minute later met \u2018n identiese Esther gesels\u2026 Cor van Deventer dink die oplossing is om so gou as moontlik hulle skoene te memoriseer. Hy\u2019s duidelik nie groot op die persoonlikheids-ding nie. Julle stap \u2018n effense opdraand uit net om dan af-af-af te stap, af Hel toe? wonder jy. \u2018n Engelse ou in \u2018n LandRover sorg vir groot opwinding as Nadia van Biljon alles oor hom wil uitvind. Die is so desperaat vir \u2018n man met \u2018n plaas dat sy gou besluit Naas Zaaiman sal maar moet voldoen.<\/p>\n<p>Julle stop by die rivier vir middagete, waar die groepies mekaar stadig begin agterkom, een middagbroodjie op \u2018n slag. By ordentlikheidspraatjie is Bessie Zastrau vreeslik bekommerd oor die sleepille wat die manne haar glo gaan ingee, en word dan verder ontnugter deur die manlike lag van manskamp se kant af, en die geweldadige Koning.<\/p>\n<p>Hierna stap julle met \u2018n pragtige pad al langs Nuweland, Braakland en selfs \u2018n Holland. Toe die Barry\u2019s vir die tweede keer op hulle fietse verby kom vra Phil du Plessis heel ontsteld: \u201cIs die ouens nou stupid? Hulle het netnou daai kant toe gery en nou ry hulle terug?\u201d<\/p>\n<p>Die ligte reentjie word harder soos julle op \u2018n stuk gras stop vir die nag, en Cor en Phil verdien \u2018n Oscar as hulle maak of hulle die tent by die huis gelos het.<\/p>\n<p>Aandete is, wel, interessant. Jy wil net lekker lag vir die buurgroepie se pienk smash met \u2018n effense oranje skynsel toe jy besef joune lyk nie veel beter nie. Maar nou ja, don\u2019t judge a book by its cover, s\u00ea hulle, en as jy jou liggie afsit smaak dit heel lekker. Die re\u00ebn maak dat slee afgestel word vir die aand maar toe dit bietjie ooptrek kuier julle lekker om die vuur. Terwyl die snerpende koue jou laat wonder oor wat presies die volgende 5 dae inhou, sorg die Magaliesberg se aandlied dat jy verby die knop in jou keel kan sing. Dit gaan \u2018n lekker toer wees, sneeu of te not!<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Donderdag, 11 September<br \/>\nWelcome to Hell\u2026<\/strong><\/p>\n<p>Kosie Smith het glo twintig oor tien die vorige nag wakker geword, net om te besef hy is deurnat. Of te wel, ALMAL weet Kosie het twintig oor tien wakker geword. Sy 22:20 draai immers \u2018n paar keer by jou tent en sorg dat jy gou die slaap uit jou o\u00eb vee. Jy wil nou nie snaaks wees nie, maar as jy wil buite slaap terwyl dit re\u00ebn moet jy reg wees om die gevolge te dra. Al was dit dan nou al twintig oor tien! Maar koud was dit beslis, die tent-seile is vasgevries en jy tel jou klipharde handdoek af van die boom. Coos Diener (ja, jy\u2019t reggehoor) wys vir jou die \u201cdusting of snow\u201d op die berge en jy voel heel goed. Jy het immers die nag oorleef, dusting en al!<\/p>\n<p>Soos die son opkom sorg die mis wat by die grasvelde opstaan vir \u2018n asemrowende gesig, al kan jy skaars jou vingers voel. Maar dit blyk van korte duur te wees. Suzaan Hauman wonder wat Tinus nou eintlik bedoel as hy praat van die \u201cskuins\u201d stukkie wat julle vandag gaan uitklim. Dit het gisteraand eerder vir julle na \u2018n STEWIGE bult gelyk.<\/p>\n<p>Jy\u2019s bly jy\u2019s nie \u2018n eerste-toeris nie, want asem vir liedjies oefen het jy beslis nie. Maar jy moet erken, die klim is die moeite werd, want die Swartberge l\u00ea uitgestrek voor julle en julle verkyk julle aan die Klein-Karoo. Julle stop vir \u2018n paar swart wildebeeste, en terwyl van julle hulle bewonder kan jy nie help om saam met Suzaan te stem nie, party mense het \u2018n vreemde sin van estetika.<\/p>\n<p>Julle hou Gamebreak sommer so in die middel van die pad, en Kobus skrik alle potensi\u00eble sleedates af met sprake van ekstra grondboontjies vir sleepille. Arme meisie, dink jy. Ena koop vir haar \u2018n stukkie grond; haar \u201cscar\u201d sou later op Stellenbosch vele verduidelikings oplewer, maar jy kan nie help om te wonder HOE sy dit reggekry het om op haar gesig te val, sonder dat haar hande enige tekens van keer wys.<\/p>\n<p>Wanneer julle uiteindelik stop vir middagete en sommer kampplek ook, merk oom Jurgens Hendriks terloops op. \u201cDaai 2 km was nou ver\u201d. Min het jy geweet dat Tinus se begrip van afstand nog \u2018n paar keer onder bespreking sou kom. Maar dit is \u2018n mooi kampplek en julle eet die beroemde kerrievis onder \u2018n paar bome. So beroemd dat Karlientjie Bezuidenhout selfs bereid is om haar persoonlike sjokolade te verruil sodat haar groepie \u2018n ekstra blikkie kerrievis kan kry. Gerrie le Roux sorg dat hy 3ehandse Kerrievis (of is dit Gerrie-vis) te ete kry as hy weer sy 3 suurwurms en \u2018n nougat betaal vir \u2018n happie\u2026 of so iets. Jy weet darem nie, al die opgewondenheid oor \u2018n blikkie vis?<\/p>\n<p>Dit is \u2018n luilekker middag, die eerste toeriste oefen vir oulaas aan hulle liedjies (dit is nou al die liedjies behalwe een, sou dit later blyk) en die ou toeriste l\u00ea rustig, party speel kaart en ander durf die koue Gamka-water aan.<\/p>\n<p>Dit is wraakaand en Karolien Le Roux en Bessie Zastrau illustreer vir julle \u2018n paar ultimate spooning tegnieke. \u201cBar-moeders\u201d is die nuwe polities korrekte term vir die bar-men, Phil soek \u2018n melkie, en jy wonder so tussendeur wie Francois van Biljon dan nou eintlik is. By hekels herdoop Karolien vir Tinus na Pappa Beer en jy kan maar net wonder wat presies in Cor en Phil se tent aangaan, Cor dink glo Phil is \u2018n \u201cnikswerd\u201d in die tent. Jy neem Tinus se aanmanings om te gaan slaap ter harte, die dag van more klink vir jou nogal hard. 10 keer deur die rivier, nogal ver, ens . ens. Maar julle gaan slaap met 15 nuwe BTK\u2019ners in julle midde. Die wraak is verby, so watookal die dag van more bring sal julle kan hanteer. Dit weet jy!<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Vrydag 12 September<br \/>\nAnd I, I took the road less travelled-by and THAT has made all the difference<\/strong><\/p>\n<p>\u201cJy\u2019t gehoor die pad na hel is breed. Maar vandag is hy NOU\u2026\u201d Met die woorde van Tinus en \u2018n paar instruksies vir die dag wat voorl\u00ea durf julle die Gamkapoort aan. Jy wonder wat presies Vicci Schoeman bedoel as hy seker maak daar is twee meisies OP \u2018n ou. Hugo Smith weet duidelik ook nie lekker hoe om dit te hanteer nie. Eers noem hy vir Luize Feldmann Esther, net om haar \u2018n rukkie later \u2018n spaarwiel te noem. Skokkend!<\/p>\n<p>Coos en sy verkenningsspan is vooruit en het alreeds \u2018n paar bewonderaars verower. Sanmarie Muller, eintlik almal van julle, wonder hardop hoe kry hy dit reg. Hy sou die hele dag \u2018n yster wees, van waterdigte sakke en swem in die koue rivier het daar niks gekom nie!<\/p>\n<p>Kobus (aka Windhond) en slot Cor (aka pouskieter) sing vir mekaar oor die radio. Jy dink Carine Nel som dit goed op: \u201cEk\u2019s bly ek\u2019s nie aan die ander kant van daai radio nie!\u201d<\/p>\n<p>Die tyd stap vinnig aan en gamebreak word in rekordtyd gehou. Anina Botha en Rone praat vir lank in afkortings maar jou kop raak vinnig seer van al die AVA en GLK en wie weet wat nog.<\/p>\n<p>Die BTK-manne is vandag op hul stukke en jy hoef \u2018n hele paar keer nie eens jou skoene uit te trek om die rivier te kruis nie, hoe\u2019s daai vir luuks. Phil en Kobus maak bv \u2018n pad met klippe oor die rivier, en jy wil net be\u00efndruk wees tot Nadia in die water val, en met haar teen die tyd kenmerkende, \u201cEK skree, ek skree\u201d aan die ander kant haar misnoe\u00eb te kenne gee.<\/p>\n<p>Maar sy\u2019s beslis nie die enigste een wat \u2018n stukkie grond koop nie. Ron\u00e9 s\u00ea \u201cDis so lekker om agter Anina te stap, want sy wys jou waar om te val\u201d. En terwyl julle klim oor \u2018n paar vreesaanjaende afdraende het FC Truter glo \u2018n \u201cnear-death-experience\u201d en jy sou later hoor hoe ook Kosie vertel dat hy amper nie meer met julle was nie. Maar julle beur moedig voort, en middagete voel soos \u2018n klein beloning.<\/p>\n<p>Die res van die middag verloop stadig maar seker. Elkeen verval maar so half in sy eie w\u00eareld, dis nou as jy Charlotte Hauman se \u201cintimiderende stem\u201d (volgens Hugo) ignoreer wat \u201cvir die bobbejane skree\u201d (volgens Coos). Dis met \u2018n gevoel van trots dat julle besef julle gaan nie vandag meer as julle voete nat maak nie (dis nou as jy een van die gelukkiges is wat jou belans kon hou), en dit alles te danke aan die awesome verkenningspan. Maar die gevoel is van korte duur want alhoewel julle effens uit die kloof uit stap is daar nog \u2018n hele ent om te stap, miskien \u2018n bedekte se\u00ebn dat julle nie op daardie stadium besef het hoe ver dit nog sou wees nie.<\/p>\n<p>Jy moet omtrent jou trap ken as julle oor \u2018n koppie klim. Eers is dit net los-klippe vermy, en so tussen deur kyk hoe die son vinnig wegsak agter die berge. Bo gekom staan jy eers \u2018n rukkie stil om net die oomblik in te drink (of miskien net om jou hoogtevrees-hartklop te onderdruk). Onder jou kronkel die rivier en die volmaan begin gesig wys. Maar ook net vir \u2018n rukkie, want dit raak nou vinnig donker, en julle kopliggies maak hul verskyning. Julle deel op in groepies om die aftog aan te durf, en selfs die avontuurlustige in jou kyk die storie effens skepties aan. \u2018n Hele ent af sien jy die onderste groepie se liggies stadig maar seker aanstap, maar jy kyk skaars op want jy moet jou trap ken met al die los sand en klippe. Julle kry darem kans vir bietjie lag ook: Kobus se raad aan julle is \u201cAs jy gly, staan net stil, totdat jy stop\u201d ; jy vat \u2018n goeie tien minute om uit te figure wat hy wou s\u00ea.<\/p>\n<p>Met vaste grond onder jou voete verkyk jy jou aan die liggies wat doer bo nog sukkel om af te kom. Julle begin stadigaan weer stap en sommer so in die stap te sing. Veral Habakuk 3 kry vir jou spesiale betekenis, want vandag het julle rerig op ho\u00eb plekke veilig geloop. Gelukkig skyn die maan vanaand helder, en ten spyte van die moegheid en wil om klaar te maak wonder jy hoeveel mense het al so in die nag gestap. Julle kom uiteindelik by die bakkie waar julle julle sakke kan afhaal, en die gees van die groep is goed, julle het dit gemaak! Julle stap nog \u2018n ent, en die arme manne moet julle weer \u2018n keer deur die water dra. Wanneer julle uiteindelik soos skape op die bakkie klim, beleef julle \u201c\u2019n Bakkie-ride from hell\u201d soos julle \u2018n paar skrikwekkende draaie neem. Julle dink nie Gerrie besef hoe ver dit is na die kampterrein nie want hy hardloop moedig agter die bakkie aan.<\/p>\n<p>Die vuur brand hoog toe julle daar aankom en julle drom gou daar saam. Oom Zaaiman het vir julle coke en chips en selfs \u2018n worsie op die vuur gere\u00ebl en die gemoedere is hoog, al is julle moeg. Julle het immers nou net \u2018n 14uur dag oorleef, of eintlik nie net oorleef nie, maar GEleef, en die gevoel van gemeensaamheid is hoog onder die groep. Julle sit lekker en kos maak, al is party se o\u00eb al half toe. Casper Steenkamp raak sommer met die sop in sy hand aan die slaap. Damesskiet het plaasgevind, en jy verstom jou in party mense se onwrikbare wil om te slee. Maar dit blyk egter nie die geval te wees nie, want toe almal uiteindelik klaar ge\u00ebet het en julle om die vuur sit, lees julle net Bybel. En terwyl jy so kyk na die vlamme wat op die 40 mense rondom jou se gesigte speel dink jy aan hoe spesiaal die dag eintlik was, en hoe elkeen op een of ander manier tot jou dag bygedra het, met \u2018n helpende hand, vriendelike glimlag, of grappie op die regte tyd. En jy dink: as ek nou een dag in hel moet spandeer sal ek dit saam met hierdie mense wil doen\u2026<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Saterdag 13 September<\/strong><br \/>\n<strong>If you\u2019re going through hell, just keep going<\/strong><\/p>\n<p>Jy maak gebruik van die geleentheid om bietjie later te slaap vanoggend, en as die stokers uiteindelik \u201cDie son verrys met helderglans\u201d sing, is jou tentjie al lankal warm gebak. \u2018n Rustige opstaan word gevolg deur Gamebreak by die rivier. Die Hel doen sy naam gestand want vanoggend is die hitte ondraaglik en so \u2018n breuk in die rivier is welkom, al is daar GROOT ongelukkigheid oor die verskillende groepies wat op verskillende plekke game maak.<\/p>\n<p>By middagete verkyk jy jou aan Groepie 1 wat hulle provita\u2019s presies opdeel, smeer \u2018n laaste bietjie sonbrandroom en jy\u2019s reg vir die Leer. Of so dink jy\u2026 Die berg hier bo julle lyk nogal hoog, en dit is immers \u201chelwarm\u201d.<\/p>\n<p>Naas se sussie, Geneveve is reg om saam met julle die berugte leer uit te klim. Sy het duidelik \u2018n paar bewonderaars gekry, want soos Nadia haar later sou beskryf: \u201c Sy was soos \u2018n nimf met haar rompie en rugsak, net reg om te help met \u2018n glimlag!\u201d<\/p>\n<p>Luize haal vir Winston Churchill aan: \u201cIf you\u2019re going through hell just keep going\u201d. En jy moet erken, jy voel baie goed toe jy bo kom en die uitsig is rerig iets besonders. Jy kyk oor die hele kloof en sien selfs die pad in die verte kronkel. Die padstap is \u2018n welkome verligting, al raak Tinus se 3km toe 7 en toe selfs \u2018n bietjie langer\u2026 Maar dit is pragtig met verskillende kleure blomme en jy kan nie help om verwonderd te dink aan die groot verskeidenheid mooi wat jy op die toer kon beleef het nie.<\/p>\n<p>Wanneer julle weer soos skape op die vriendelike oom se bakkie klim praat julle oor die goedhartigheid van die mense in die omgewing, en jy wonder weer oor die naam \u201cDie Hel\u201d. Want die oom moet omtrent sy ry ken; jy\u2019t gedink die Oos-Kaap se paaie lyk sleg. Die gasvryheid hou net nie op nie; julle is oppad na \u2018n pragtige plaas. Jy verkyk jou aan die skape en eende en perde en dink jy sou die hele 5 dae net hier ook kon bly. Selfs \u2018n warm stort is vir jou beskore, dit terwyl skokkende gerugte die rondte doen. Kosie en Frans-Hendrik Joubert het net so lank as 14 meisies gestort\u2026 Dit moes omtrent \u2018n skoonheids-roetine en \u2018n half gewees het; jy wonder wie\u2019s die gelukkige slee-dates?<\/p>\n<p>Aandete is ook vanaand uit die boonste rakke, om nie eers te praat van die uitsig oor die dam en die berge in die agtergrond nie. Kobus is so opgewonde oor die dam dat sy \u201cDaar by die dam\u201d selfs groepie vier (ironies genoeg ook bekend as Kobus-se-baas-groepie) se gebed ontwrig. Dis net vryf-bedrywe waar jy kyk, en Kosie bring \u2018n wel, kom ons s\u00ea interessante toevoeging tot die massage-tegnieke met sy ken. Dit verskaf groot vermaak, met Nadia wat uitroep \u201cMoet my nie ken nie Kosie!\u201d<\/p>\n<p>By sleekring doen \u2018n grapboek die rondte maar dit lewer nie juis iets interessants op nie. Oom Jurgens merk op \u2018n stadium droog op: \u201cDie intelligensie-peil is maar laag vanaand\u201d, en jy moet saamstem. Tussen Gerrie, Kobus en Phil se uitgerekte items, waarvan party heeltemal opgemors word, en die blou yskas wat \u2018n verskyning maak is Nadia en Mi-Jeanne se \u201cMy melktert bring al die seuns na die plaas\u201d weereens een van die hoogtepunte. Jy moet darem net hier ter verdediging van die items s\u00ea, die gehoor se reaksie was amper erger as die items self\u2026<\/p>\n<p>Hugo beland omtrent in die spervuur, 2 dae se hekels het opgehoop en hy moet net keer as die aanslae van alle kante afkom. Gepraat van \u2018n wag voor jou mond sit!<\/p>\n<p>Dit is \u2018n mooi aand en verbasend warm (ten spyte van die waarskuwings van sneeu op die 4e aand; teen die tyd lank vergete))en julle kuier vir oulaas heel lekker.<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><strong>Sondag 14 September<br \/>\nTo Hell and Back<\/strong><\/p>\n<p>Dis die laaste oggend en die sonsopkoms maak dat daai muesli vir \u2018n verandering heel goed afgaan. Julle pak redelik vinnig op, en julle het tyd vir lank sing en \u2018n mooi boodskap deur oom Jurgens uit Psalm 16.<\/p>\n<p>Van hier ry julle na die begin van Seweweekspoort om ook die stuk pad te voet te beleef. Almal neem foto\u2019s by die bordjie, gepraat van onoorspronklik. Wanneer julle in die pad val, is dit die ideale geleentheid vir bietjie sing, en julle pak sommer die sang-boekie van voor af aan en die stap gaan vinnig. Casper is verskriklik snaaks as verjaarsdagmaatjie, hy s\u00ea elke nou en dan verstom: \u201cMaar ek verjaar nie\u201d! Julle besluit sommer ook om \u2018n groepfoto te neem, dit is nou as die wind dit toelaat. \u2018n Sterk rukwind waai sommer een van die kamers by \u2018n sak af, terwyl \u2018n ander kamera julle verbaasde gesige vasl\u00ea. So stap julle aan, vermy so nou en dan \u2018n kar wat om die draai kom, verkyk julle aan die rotsformasies en kry die laaste gesels in voor die nuwe kwartaal begin. Gamebreak sorg vir enorme Ching-Chong-Cha kompetisies soos daar gespeel word vir \u2018n stukkie dro\u00ebwors. Gepraat van desperaat!<\/p>\n<p>Terrash is in Worcester se mall. Hugo tree as wenner uit \u2018n stadige spur-burger challenge, en julle voel so bietjie soos diere as almal julle aankyk met julle stap\/sokkies\/stokie\/croc uitrustings. Die pla julle nie te veel nie, sulke stokies gly darem lekker op so gladde vloer!<\/p>\n<p>Op Stellenbosch sing julle nog \u2018n Toer is Verstreke , (die eerste-toeriste probeer hulle bes) , en neem vir oulaas afskeid. En terwyl julle die laaste dankies s\u00ea dink jy terug aan \u2018n goeie 5 dae: aan ys op die tent en warmkry op die Leer, jy dink aan \u2018n vriendelike hand by \u2018n rivieroorgang, jy dink aan \u2018n 14 uur dag en berg af met \u2018n kopliggie, jy dink aan bakkie-ry en saamsing, lag en val, aan \u201cEk skree\u201d en kerrievis, en jy kyk na die gesigte rondom jou, maak jou sketsboekie toe en dink\u2026 die Hel is dalk nie so slegte plek nie\u2026<\/p>\n<p>Nag Dames<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Hel \u2018n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman Woensdag 10 September When Hell freezes over\u2026 Met die woorde van toerleier Tinus de Wet se laaste epos wat nog deur jou gedagtes maal staan jy vanoggend op met \u2018n effens benoudheid oor jou. Jy gaan deur jou sak se inhoud met \u2018n knop in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-668","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/668","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=668"}],"version-history":[{"count":3,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/668\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":670,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/668\/revisions\/670"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=668"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=668"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=668"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}