{"id":846,"date":"2002-04-02T22:59:01","date_gmt":"2002-04-02T20:59:01","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=846"},"modified":"2012-01-04T15:21:45","modified_gmt":"2012-01-04T13:21:45","slug":"suidelike-sederberge","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2002\/04\/suidelike-sederberge\/","title":{"rendered":"Suidelike Sederberge April 2002"},"content":{"rendered":"<p>Raait &#8211; die ouens (naamlik Colyn \u201cVoete\u201d Murray) het nie gespeel nie, en 18:00 het die ou lot en klomp nuwe, verwarde toeriste op die Neelsie-parkeerterrein gestaan, reg om te ry en twyfelend gereed vir aksie.<\/p>\n<p>Die pad is gevat Ceres toe, stille opgewondenheid het geheers, en in sekere motors is kultuur behoorlik bevorder toe daar na \u201cStorieman \u201c geluister is \u2013 tot die protes te hard geword het en niemand in elk geval iets kon hoor nie.<!--more--><\/p>\n<p>Op Kunje aangekom is daar vuurgemaak om die koue te verdryf en, die kos is uitgedeel \u2013 di\u00e9 vir die aand, en di\u00e9 om die reeds-te-swaar-rugsakke net nog swaarder te maak\u2026 Die energie is tot laaterig gemors, soos daar gewonder is wat vergeet is en hoe om nou eintlik jou pa se tent reg op te slaan. Leon de Wit se skuiftrompet is ook aan- en uitgehaal.<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 29 Maart<\/strong><\/p>\n<p>Vrydagoggend is die groep deur die diep stemme van Corne van Daalen en Colyn wakker gebulder. N\u00e1 \u2018n aanvanklike gevoel van \u201cons is nie reg om nou te stap nie\u201d is die groep goedgunstiglik deur oom Theunis Hanekom van Kunje tot op die Suurvlakte vervoer. Toe is dit \u201copsaal burgers\u201d en in die berg in &#8211; en sommer reguit (dwars teen die berg uit) in die pad geval.<\/p>\n<p>N\u00e1 die bult langs Hamerkop verby is, was dit &#8216;n welkome verligting om agter te kom dat die kampplek bereik is. Colyn het dit ook waardeer, omdat die helder sand \u201cbesig was om hom \u2018arc eyes\u2019 te gee\u201d. Die middag is daar gewandel na Sandfonteinboog \u2013 waar gamebreak en koekies genuttig is. Daar is ook baie lekker op die sagte gras geslaap. Terwyl Leida Heymann nog so lekker l\u00ea, kom Casper Steenkamp aangeloop en s\u00ea: \u201cHallo mense\u201d. Leida beantwoord dit met: \u201cOns is nie mense nie, ons is bosnymfies.\u201d Casper bekyk die situasie &#8216;n oomblik, en antwoord toe: \u201cHallo bosmense.\u201d Coos Diener het ook die titel van die \u201clopende maag\u201d by Keith Browne ontvang, na aanleiding van sy vermo\u00eb om groepie drie uit enige orige-kos-verknorsing te red. Terug by die kampplek is daar \u201cgeswem\u201d &#8211; in &#8216;n billie langs die baie-stadig-lopende water. Corn\u00e9 van Daalen het dit wel bad genoem \u2013 die oud-voorsitter raak baie gesofistikeerd in sy pensioenstatus. Oor die bad-in-die-berg-kwessie het Liesbet Rossouw op \u0149 latere staduim opgemerk dat \u201cbad is soos knoffel eet \u2013 jy doen dit nie alleen nie\u201d.<\/p>\n<p>Later die aand is die eerste-toeriste ook voorgestel aan die konsep van slee, wat hulle baie gou gesnap het. Die arme oud-toeriste wat nog bietjie later wou slee, is uit die slaap gehou deur baie ywerige eerste-toeriste, onder die lei(y)ding van hul konvenor Leon. Hy het besluit \u201cDe machtige koning\u201d moet n\u00f3\u00fa begin oefen word. Casper was byderhand om die eerste-toeriste van die wal in die sloot te help.<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 30 Maart<\/strong><\/p>\n<p>Saterdagoggend het hopeloos te vinnig gekom. Brand is gestig deur die stokers en n\u00e1 almal weer wakker geraas is deur die voorsitter en sy makkers, het \u201cveels geluk liewe maaitjie\u201d ook die oggendstilte verbreek. Dis verskeie male vir Coos gesing, wie se mondig(sondig)wording dit was.<\/p>\n<p>Die dag se stap het wel ook voorgel\u00ea, na Apexpiek toe. Die stap is redelik vinnig afgel\u00ea en middagete is by die kampplek geniet. Daar het wel redelike verkoeling by Spock\u2019s rock plaasgevind, n\u00e1 eers Corn\u00e9 en toe sy boet Frits, Corn\u00e9 se watergeweer se slaan(spuit)krag op die proefgestel het. Corn\u00e9 \u201cwou nog altyd onder die belt skiet\u201d. Die na-middag se uitstappie was na Apexpiek self, waar Christo (lang) Esterhuyse opgemerk het dat \u201chy baie bly was om Casper sonder \u0149 bottel in die hand te sien\u201d. (Casper was een van die manne wat die Van Daalens se voorbeeld gevolg het in die watergevegte). Die gevegte het gelukkig die aand se kant bedaar, omdat water nie so vrylik beskikbaar was nie.<\/p>\n<p>Die gevreesde wraakaand het ook te vinnig vir sommige aangebreek. Die eerste-toeriste was bietjie verward n\u00e1 Suzanne Steenkamp uit hulle item verwyder is (sy het die hoofrol gespeel, maar was \u0149 \u201cundercover oud-toeris\u201d). Maar Rocco de Villiers het redelike sukses met sy regterenkelhou en met die donkie \u201cEwald\u201d behaal.<\/p>\n<p>Na die soetheid van die wraak, was dit hekeltyd: Coos moes verduidelik wat hy met \u201c(en) ek is nie &#8216;n poedel nie\u201d bedoel het, terwyl Corn\u00e9 homself net dieper in die moeilikheid gepraat het met sy verduideliking van die tyd toe hy nog \u201cdivers geskiet\u201d het. Die analogie van die jagter wat elke aand ander bokkies jag en later die boer met sy landjie wat elke aand sy plantjie water gee, het baie gelag ontlok. Hopelik kry die plantjie darem ook &#8216;n paar sleepille \u2013 maar sy het op die betrokke aand net onder die grond (slaapsak) verdwyn. Corn\u00e9 het dit ook onder die toeriste se aandag gebring dat as daar sonder klere in die donker geswem word \u2013 sal daar \u201cglow in the dark\u201d probleme wees. Henk Louw het teenoor Linda Hiemstra opgemerk dat \u201calle meisies blikskottels is\u201d \u2013 in besonder die billy \u201cMarie\u201d.<\/p>\n<p><strong>Sondag, 31 Maart<\/strong><\/p>\n<p>Sondagoggend het \u0149 uur later begin na Colyn verslaap het. Daar is gewikkel verby die Duiwel se Tafel teen Breekkrans uit (omdat ons \u201cnie in die donker wil swem nie\u201d). Gelukkig is die kampplek spoedig bereik en watergevegte het in alle erns los gebars. Johann \u201cdie rigting bevarkte koekie monster\u201d Breytenbach en die junior Van Daalen, was veral die groot vabonde. Florian \u201cthe Terminator\u201d Schiller het ook gelag veroorsaak met sy eskapades met die watergeweer. Later die middag is die oggend se verlore gamebreak ingehaal.<\/p>\n<p>Die aand was damesskiet en ouens kon by tannie Lizette aanmeld om in die \u201cBuro-vir-Onopgevoede-Mans\u201d opgeneem te word. Met aandete het Groepie Drie ook begin wonder oor die radioaktiewe eienskappe van bensien. Groepie Een het in \u2018n welgedrilde kommunikasiemasjien ontaard; hulle was wel nie so groot op die eetstorie nie. Peter wou by slot van rekening nie te veel \u201cnege maande swanger\u201d wees nie.<\/p>\n<p><strong>Maandag, 1 April<\/strong><\/p>\n<p>\u201cYou\u2019re not cut out for evil\u201d: groepieleier Keith aan kok Dorette (\u201cthe mighty midget\u201d) du Plessis. Dit was hoe Maandagoggend se ontbyt begin het, na Dorette vir Keith wou terugkry na al sy sieluittrekkery. Daar is gestap na Bakleikraal, vanwaar daar &#8216;n swemuitstappie na Disapoele was \u2013 wat &#8216;n welkome koue, nat breuk was.<\/p>\n<p>Die aand was daar wel weer &#8216;n koue, nat breuk, wat nie so welkom was nie. Dit het tot gevolg gehad dat die slee vir die aand afgestel is en die tyd aangewend is om skuiling te soek teen die re\u00ebn, en om lekker in die tente te kuier. Groepie Drie het wel bietjie van &#8216;n kos-tekort gehad, n\u00e1 Raelize Loubser (die kok ) die meeste van hulle aandete al die vorige aand gemaak het. Gelukkig was dit nie t\u00e9 groot probleem nie, omdat Corn\u00e9, Frits, Liesbet en Riaan van den Dool die groepie die oggend verlaat het.<\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 2 April<\/strong><\/p>\n<p>Die nag was darem nie te nat nie. Die oggend moes daar styf gestap word om betyds by Suurvlakte te wees, maar die groep het heel fluks gevorder en was betyds daar. Die bietjie re\u00ebn wat geval het, het ook vroeg genoeg gewyk, sodat ons \u2018n dro\u00eb gamebreak kon geniet. \u0149 Skuur op Suurvalkte het skuiling gebied om tee en middagete te maak. Daar is ook lekker gesing, of net rustig in die son gedut, terwyl ons vir die vragmotor gewag het.<\/p>\n<p>Daar is al van dag twee af uitgesien na die terrash op Ceres, en toe dit aanbreek was dit groot gewees. Die eerste toeriste het hulle name in die boek geskryf, nekdoekies is uitgedeel en daar is baie lekker ge\u00ebet, gesing en net gesellig saam verkeer voor die pad Stellenbosch toe, aangepak is. So is nog \u0149 baie lekker en suksesvolle toer, met &#8216;n klomp nuwe vriende en beter ou vriende, van die ou BTK afgesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Coos Diener<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Raait &#8211; die ouens (naamlik Colyn \u201cVoete\u201d Murray) het nie gespeel nie, en 18:00 het die ou lot en klomp nuwe, verwarde toeriste op die Neelsie-parkeerterrein gestaan, reg om te ry en twyfelend gereed vir aksie. Die pad is gevat Ceres toe, stille opgewondenheid het geheers, en in sekere motors is kultuur behoorlik bevorder toe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-846","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=846"}],"version-history":[{"count":3,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/846\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":848,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/846\/revisions\/848"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=846"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=846"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}