{"id":855,"date":"2001-04-22T23:46:07","date_gmt":"2001-04-22T21:46:07","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=855"},"modified":"2012-01-03T23:51:06","modified_gmt":"2012-01-03T21:51:06","slug":"bergfietstoer","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/2001\/04\/bergfietstoer\/","title":{"rendered":"Bergfietstoer van 20\/22 April 2001"},"content":{"rendered":"<p>Wag, voor ons eers verder gaan kom ons hoor wat s\u00ea die experts:<br \/>\n\u201cNever seen before \u2013 amazing\u201d \u2013 Mountain Bike SA<br \/>\n\u201cGood variation in hills and flat scenic routes \u2013 ideal for the experienced amateur\u201d \u2013 Backcountry cycling<br \/>\n\u201cJislaaik, nie eers my donkies doen dit nie !?\u201d \u2013 boer Neels langs die pad<\/p>\n<p>Nou weet ons wat die ander mense van die toer gedink het, wel hoe was dit nou rerig? Baie gehard en die beste georganiseerde toer van die BTK (na my persoonlike en beskeie, maar regte waar mening). Die toer het bestaan uit vier fietsryers:<!--more--><\/p>\n<p>Johann (jo) Diener<br \/>\nHermann (flikkers) B\u00fchrmann<br \/>\nChristian (honger) Webster<br \/>\nCoos (afval) Diener<\/p>\n<p>Die gebrek aan fietsryers hat die weg gebaan dat die toer ontaard het in \u0149 familie-uitstappie van die Dieners. Met dit ingedagte het die toer op die ou einde bestaan uit: 2 bakkies, een Land Rover (om die ander karre te gaan uithaal), 2 kokke, \u0149 barman, fisioterapeut, \u0149 oud BTK-voorsitter (die etos is behou), twee boeties en \u0149 pa (wat kyk hoe die ander werk). Ons het baie lekker en genoeg ge\u00ebet en alles (soos kook en kampmaak) is meestal vir jou gedoen.<\/p>\n<p>Die eerste dag het ons vanuit die Ceres-Karoo Katbakkiespas (mense gee snaakse name vir passe as hulle bang is) aangedurf \u2013 \u0149 pas wat die illusie gee dat dit nou klaar is en dan vat hy jou vir \u0149 vaak \u201cpie\u201d met nog \u0149 laaste bult. Daarna is ons verby Kagga-Kamma en af by Skitterykloof en onder in die rivierloop is die ondersteuningsvoertuie se personeel eers vermaak deur \u0149 Boesman (met net \u0149 lendevel \u2013 dis die mooi Afrikaanse woord) wat sy passies in die duine uitgehaal het, maar die suinige \u201cbloukop boer\u201d wou nie vir hom drank gee nie\u2026 Die pad het ons oor berge en dale en natuurlik ook oor baie sinkplaat gelei na Grootrivier, waar \u0149 baie lekker kampplek op die trappers (en ander dapperes) gewag het. Ons het almal die eerste dag klaargemaak, maar soos jy aangery kom na Grootrivier het die baie steil en ontsagwekkende Grootrivierhoogte jou in die gesig gestaar. Nou, Grootrivierhoogte sny kontoere soos miere wat die heuningpot gekry het, en die volgende dag sou ons net die pas uitry, maar wat is die pret daarin as jy nie die bult kan afry nie?! Voor aandete trek die baiesukkels toe weer daar uit om die pas te gaan op EN afry\u2026 AFry was nie die enigste ding wat af gegaan het nie\u2026 Ons almal het mooi bo uitgekom, maar die afgaan was minder gese\u00ebnd\u2026net twee sou die onderpunt haal op twee wiele \u2013 die res sou op vier wees (agterop \u0149 bakkie s\u0149).<\/p>\n<p>Soos die ruiter van Skimmelperdpan (voor hy natuurlik sy kop verloor het) het sekeres onder die ruiters die afdraend bietjie onderskat en die draaie bietjie oorskat. Dis toe dat Afval sy naam kry en Flikkers oor sy keel geraps is. Die enigste uitweg is toe om maar die heerlike koue water van die rivier en sagte dameshande wat die grond baie hardhandig uit jou wonde krap te trotseer. Afval het darem hard genoeg geval dat hy sy voorste wiel so gebuig en ge\u201dbuckle\u201d het (dit is nou op drie verskillende plekke) dat hy nie meer kon ry selfs al wou hy nie. Verder het hy ook \u0149 krap oor sy bors gekry, maar dis van die ysbeer wat daarnaby rondgeloop het. Julle moes sien hoe het die ysbeer gelyk na hy met hom klaar is\u2026<\/p>\n<p>Die volgende m\u00f4re is die oorblywende drie ryers weg, oppad na Wuppertal, met die ondersteuning wat agterna kom. Aan die anderkant van Grootrivierhoogte is eers bietjie uitgespan by die \u201cCedarberg Mountain Bike Inn\u201d. Daarna is ons deur pragtige vista\u2019s, van onder andere Sederberg Tafelberg, Wolfberg en Sneeukop, verby die Langkloof en Eselbank nedersettings, waar ons middagete ge\u00ebet het. Na almal versadig en verkwik is, is die ryers baie vinnig by die pas af \u2013 die motors het meer versigtig gevolg, tot by die sendingnedersetting Wuppertal. Die aand het ons in die plaaslike kampterrein saam met \u0149 ander groep bergfietsryers van Stellenbosch gedeel. Hulle sou die volgende dag min of meer dieselfde roete as ons volg. Daar was ook Hoeksebergpas wat die volgende m\u00f4re uitgery moes word, maar party van ons leer uit ander se foute en ongeluk\u2026<\/p>\n<p>Die roete het ons die volgende m\u00f4re deur die Bidouw-vallei oor Pakhuispas geneem tot in Clanwilliam. Die dag het gelukkig sonder voorval verloop. Daar was ryers wat heel rustig teen die afkant van Pakhuispas af is en in Clanwilliam het ons weer fietse gelaai en die pad terug Stellenbosch toe gevat. Toe was dit klaar.<\/p>\n<p>Hopelik sal daar by die volgende een nog ryers en nog meer ongelukke wees &#8211; dit maak jou dag minder saai.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Coos Diener<\/strong><\/em>. (nie-meer-eerstetoeris, tweedeklas)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wag, voor ons eers verder gaan kom ons hoor wat s\u00ea die experts: \u201cNever seen before \u2013 amazing\u201d \u2013 Mountain Bike SA \u201cGood variation in hills and flat scenic routes \u2013 ideal for the experienced amateur\u201d \u2013 Backcountry cycling \u201cJislaaik, nie eers my donkies doen dit nie !?\u201d \u2013 boer Neels langs die pad Nou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-855","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=855"}],"version-history":[{"count":3,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":858,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/855\/revisions\/858"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}