{"id":869,"date":"1998-04-20T00:33:32","date_gmt":"1998-04-19T22:33:32","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=869"},"modified":"2012-01-04T15:21:37","modified_gmt":"2012-01-04T13:21:37","slug":"sederbergetoer-en-70-jaar-reunie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1998\/04\/sederbergetoer-en-70-jaar-reunie\/","title":{"rendered":"Sederbergetoer en 70-Jaar-Re\u00fcnie"},"content":{"rendered":"<p><strong>Dinsdagoggend<\/strong> is darem nog \u2019n laatslaapoggend omdat ons eers n\u00e1 13:00 gaan vertrek. Daar word nog \u2019n paar laaste-minuut-aanpassings aan die toerlys gemaak, maar uiteindelik vertrek ons op die toer wat JP belowe \u201cbaie maklik\u201d gaan wees. Einste JP word toe op Ceres vergeet, maar hy wag ons al weer bo-op \u2019n steil bult in. Gelukkig herken Solly die BTK-uitrusting en stop darem betyds!<!--more--><\/p>\n<p>Ons kom op Kunje aan in weer wat belowe om bitter koud te word, maar daar is \u2019n huisie met MATRASSE en \u2019n swart stofie: waarom sal ons nou al worry? Groep 4 word summier die Gomgroepie gedoop nadat hulle pasta nou nie heeltemal so perfek uitgekom het nie, Wim word daarmee gedreig dat hy nie kos gaan kry as hy Susan w\u00e9\u00e9r Maria Magdalena noem nie en Groep 2 stel hulself aan die res van die geselskap as die Bergkatte bekend (raai in watter groep is tannie Miems&#8230;).<\/p>\n<p>Die weer raak natter en onplesieriger en ons sing onsself maar warm voor slaaptyd. Die 14 meisies het oorgenoeg matrasse, maar raas omtrent drie maal meer as die 23 ouens. Maar dit was net omdat tannie Miems en Piet vir Karen vdM so ernstig aangespreek het oor haar diep slee saam met Dewald noudat Monr\u00e9\/Morn\u00e9 nie hier is nie \u2014 en die ergste van alles: daar was nie eers amptelike slee die aand nie!<\/p>\n<p><strong>Woensdagoggend<\/strong> besorg die baas van die plaas, Theunis (tannie Miems het sy naam mooi \u201csubtiel\u201d gaan uitvind) ons by die beginpunt van die eintlike staproete. Die ysblokke wat van die trok afklim is amper lus vir kwaai opdraendes sodat ons darem kan ontdooi! En toe haal Keith sy mus af&#8230;wat volg is groepshisterie oor sy vlegseltjies en \u2019n fotosessie.<\/p>\n<p>Bo-op die nekkie word game-break en die ordentlikheidspraatjie gehou (nie dat die meisies een nodig het n\u00e1 die Karen-sessie van gisteraand nie!) en Clarissa maak die fatale fout om te vra hoe ver die hut nou eintlik nog is&#8230; Na middagete, wat ons al by die slaapplek eet, gaan ons Sandbergboog toe waar ons bietjie rondspeel en daarna gaan ons Spinnekop toe. Op pad stop ons eers \u2019n bietjie sodat Wim die basiese beginsels van \u201cgesels\u201d onder die knie kan kry en tannie Miems haar eerste Volkspele-sessie kan hou.<\/p>\n<p>Die weer was die hele dag pragtig, maar hoe nader ons aan die \u201chut\u201d kom, hoe kouer word dit&#8230;die koue is minder lekker vir mense wat wil bad en hare was in die stroom, maar perfek vir die WRAAK. Gelukkig is daar slee\u2019s om die koue bietjie te keer, maar wie weet wat in Karen vdM en JP se slee aangegaan het aangesien Keith moes saamslee om JP te beskerm! Met Colyn Hendriks en Colyn Murray se aitem oor die vreemdheid van die vroulike geslag stem oom Jurgens so hartlik saam met alles wat hulle s\u00ea dat almal se wenkbroue effens lig&#8230;<\/p>\n<p><strong>Donderoggend<\/strong> word ons wakker na \u2019n yskoue nag se slaap. Ek wil net bly word toe ek ewe koulik by my tent uitloer en \u2019n groot vuur sien, maar dis net Nico wat sy stofie met \u2019n yslike vlam aansteek! Wim raas en blaas, maar almal maak tog op hul eie tyd klaar en ons kom uiteindelik weg en op pad Spock\u2019s Rock toe waar ons game-break hou. Tannie Miems dring aan op tee en terwyl die water kook begin daar ook verjaarsdagplanne uitbroei. Die gelukkige slagoffer is Riaan Doorduin, maar hy word amper \u2019n flerrie genoem toe Nico die woorde van \u201cLekker verjaar\u201d vergeet!<\/p>\n<p>Die water onder die groot klip by ons beplande kampplek is op en ons sak dus af in die klofie onder Breekkrans na \u2019n ander plek vir middagete en kampopslaan. Tannie Miems en nog vier meisies bly in die kamp sodat voete en blase kan rus terwyl die res opgaan Breekkrans toe. D\u00ede wat opgegaan het en die nuwe boekie daar bo gaan teken het was maar te bly dat tannie Miems nie saamgegaan het nie, want toe kon hulle \u2019n rustige 10-minuut slapie in die skeure vang! Bo-op die krans bly almal maar van die afgrond af weg behalwe om vir d\u00ede by die kamp te waai, want dit is, soos Piero s\u00ea, VREK hoog van daar bo af.<\/p>\n<p>Vanaand word daar vir die eerste keer werklik ge-aitem en al die ou bekendes word uitgehaal en afgestof. Wim draai bietjie vas toe hy die pilletjies in Chris die Haan 2 vergeet, maar Keith ontpop as \u2019n nuwe aitem-gees, veral omdat hy so genadeloos met tannie Miems werk tydens die Joe\u2019s.<\/p>\n<p><strong>Vrydag<\/strong><\/p>\n<p>Koud was nog nooit warm nie en ses-uur nog nooit laat nie, en om die dag net n\u00f3g opwindender te maak is daar skielik (behalwe vir die twee Karen\u2019s, twee Colyne, twee Riaan\u2019s en twee Johanne) sommer twee Christiaan\u2019s ook in die toer! Saam met Christiaan Terblanche klim ons op met Apex-piek: h\u00ederdie jaar het ons darem \u2019n perfekte 360\u00b0 uitsig rondom ons en dit voel later of daar duisende foto\u2019s geneem word. Met die afkomslag sukkel Jaap \u2019n bietjie, maar almal kom veilig onder met net Johan Weder se knie wat nie meer so wel is nie. Ons sak vinnig af met die berg en op pad gaan ons deur \u2019n plantasie vol baba-dennebome wat skielik en onverklaarbaar bietjie minder word rondom die paadjie&#8230; Wim stap teen \u2019n reusagtige spoed sodat die lorrie nie vir ons sal wegry nie, maar ons kom darem daar aan met genoeg spaartyd. D\u00ede keer is dit heelwat warmer agterop, maar nou ry ons so stadig met die afdraendes af dat ons sommer saam wil hardloop. Amper oorleef Colyn Hendriks nie die rit toe Hans skielik agterkom waarom hy (Hans) nie sy help-my-sterk-lyk-hempie kon vind en dra nie! Ons wissel van voertuig en die kokke smeer vir ons middagbrood op die bus. Pierre en Keith laat so baie stroopbroodjies verdwyn dat mens begin wonder wanneer laas hulle kos gekry het! Solly laat hom nie deur enige ou bergpassie afskrik nie en ons kom veilig op Driehoek aan waar ons die mense met goed-geoefende liedjies begroet. En skielik begin die pret: ellelange rye vir storte, dubbeld sulke lang rye vir kos, miljoene klein kindertjies wat rondswerf tussen die mense en \u2019n vreemde en minder aangename prosedure wat toiletpapiergebruik betref&#8230;<\/p>\n<p>Die snaaksste ding van alles is om te kyk hoe lank tannie Miems vat om haar skoene aan te trek of om van haar tent af na die badkamers te loop omdat almal heeltyd met haar wil gesels!<\/p>\n<p>Ons hou die aand \u2019n Paasfeesdiens met ds. Braam Hanekom wat voorgaan. Die slee\u2019s is in \u2019n groot kring om die vuur uitgesit met klomp klein kindertjies wat daarin l\u00ea en snork en krokkodille wat langs die vuur staan. Die aand lewer vreeslike snaakse aitems op met veral oom Bethel en tannie Estie se \u201cstatues\u201d en al die verskillende kroegdeure wat ons nog lank sal bybly. Alles gaan baie lekker, maar toe dit \u201cNag Dames\u201d word het Wim al sy dae om vir Hans (dis nou sy suster Hannelie) uit haar slee te kry!<\/p>\n<p>Saterdagoggend moet diegene wat ongelukkig genoeg is om oggendbroodjies te wees al 5:00 opstaan en Wim maak die res van die kamp 6:00 luidke\u00ebls wakker. Selfs die Engelse mense word nie gespaar nie en met \u2019n \u201cAll the English must get up in the tents\u201d aangejaag. Deur die verloop van die dag word daar baie interessante dinge uitgevind:<\/p>\n<p>1. As enige van jou ouers enigsens geBTK het beter jy ligloop op \u2019n re\u00fcnie, want enigiemand kan jou bydam en s\u00ea: \u201cJy glimlag nes so-en-so \u2014 is sy jou ma?\u201d of dergerlike dingetjies.<br \/>\n2. In die ou dae het die tannies NIE soos vandag kosgemaak nie en hulle huiwer ook nie om dit te s\u00ea nie!<br \/>\n3. Mense wat tien jaar gelede die laaste keer oefening ingekry het is nou maar eenmaal nie heeltemal opgewasse vir die Wolfbergskeure nie en veroorsaak nogal frustrasies vir die Colyne wat al die leeukosse teen die moeilike stukkies moes optrek.<br \/>\n4. Oor \u2019n paar jaar gaan ons mekaar ook maar nie herken wanneer almal se hare gryser en minder is nie&#8230;<br \/>\n5. Die lekkerste gesels is wanneer \u2019n mens marshmellows of piesangs sny!<\/p>\n<p>Terwyl die daguitstappie-groepe weg is, is die kamp baie rustig en Wim kry darem kans om te ontspan waar hy onder die bome sit en luister na Susan wat vir hom voorlees oor hoe die Vikings dinge nou eintlik gedoen het. Soos die middag vorder sit al meer mense onder die boom en DIEP gesprekke word gevoer&#8230;uiteindelik vind ons uit wie JP se sleemaatjie gisteraand was wat hom so \u2019n ernstige rugbesering laat opdoen het en die toerlede wat saam op daguitstappies was laat ons rol van die lag met h\u00fal weergawes van die leeukosse se eskapades.<\/p>\n<p>Damesskiet is die aand nie eintlik \u2019n verrassing nie, maar tannie Elsa se poeding oortref alle verwagtinge (Dit is eintlik te hope n\u00e1 al die ure se werk wat daarin is!)<\/p>\n<p>Vanaand se aitems is uitstekend met verskillende jaargroepe se mense wat deelneem, maar ook goeters soos die Weetbix-sage en K-k-kaptein wat gelewer word. Ons groep se bydraes is onder andere die Brahmaan-aitem, die Eskimo (met Carel Antonissen se manewales wat veral die kleintjies fassineer) en Toffie en Ettienne se Sakkeroller \u2014 alles baie gewild. Met slaaptyd staan \u2019n klomp ooms en tannies nog lank om die vuur en sing vreeslik pragtig, \u2019n heerlike manier om aan die slaap te raak.<\/p>\n<p>Sondag begin weereens ses-uur, maar mens kry sommer \u2019n kerkdiens en \u2019n fotosessie op \u2019n nugter maag in! Die res van die dag verloop feitlik net soos die vorige een met \u2019n paar groepe mense wat gaan stap en ander wat in die kamp bly. Mari\u00ebtte besluit op die ingewing van die oomblik om saam Tafelberg te gaan stap sodat sy net vir \u2019n slag van die kostent af kan wegkom&#8230; sy los vir Daleen in bevel, maar d\u00ede kyk met sulke groot o\u00eb na die pragtige kindertjies in die kamp dat Toffie sommer paniekerig begin raak as h\u00fd na h\u00e1\u00e1r kyk!<\/p>\n<p>Die aand piknagdonker kom die rotsklimekspedisie eers terug, heeltemal vodde, maar hulle is darem nie die enigste moe\u00ebs nie: behalwe vir die rowwe jukskei-kompetisies en uitputtende groenteskilsessies (marathonne is \u2019n beter woord), het Hans en Piero Tafelberg in \u2019n nuwe rekordtyd van 53\u00bd minute afgehardloop!<\/p>\n<p>Vanaand sorg Stefanus dat ons \u2019n totaal nuwe perspektief op Koud-Koud-Koud kry, die Eskimo kom tot \u2018n einde en Gerhard van Wyngaardt paradeer in tannie Miems se suster Sus se rokkie rond om wense te laat waar word. Daar word vir \u2019n slag koffie, tee en koekies in die slee\u2019s bedien voordat hekeltyd oopgaan en toe moet oom Japie veral mooi verduidelik hoe dit nou gebeur het dat hy sy vrou bo in die berge vergeet het! Maar toe is tannie Miems die \u201chuilbedrywe\u201d in omdat sy al huis toe moet gaan&#8230;<\/p>\n<p><strong>Maandagoggend<\/strong> kan ons \u2019n volle uur langer slaap, maar mens word tog maar saam met die oggendbroodjies wakker. Met die opstaanslag kom ons agter daar loop om een of ander rede skielik \u2019n rivier tussen die tente deur met net Jaap se nuwe tent wat per ongeluk reg in die middel van die \u201cvloed\u201d gestaan het.<\/p>\n<p>Die arme mense wat al kl\u00e1\u00e1r drie dae lank in die berge rondgeswerf het word verplig om vrywillig blikke te was, maar gelukkig het Reinhald-hulle agtergekom roet kom heelwat vinniger met sand as met seep en water af! Die oppakwerk is baie, maar toe ons uiteindelik in die bus sit en reg is om te ry, kom Christiaan Steytler, Werner en \u2019n volledig druipnat David nog van die rivier se kant af aangehardloop na \u2019n laaste afkoelsessie.<\/p>\n<p>Blykbaar was die re\u00fcnie b\u00e1ie meer uitputtend as die toer, want voordat ons by die Caltex-garage kom, slaap \u2019n groot deel van die bus \u2014 dis nou d\u00ede wat nie alles van die Rooi Boekie tot Gospel sing nie! By die garage word Karen vdM darem nie weer van die telefoon af weggehou nie en kan sy vir \u2019n slag hoor hoe dit met Monr\u00e9 gaan.<\/p>\n<p>Die bus haal uiteindelik vir Stellenbosch en nadat die trokkie se kiste en die bus self afgelaai is, val ons, soos tradisie dit wil h\u00ea, die Spur binne&#8230; en nog \u2019n toer is verstreke \u2014 darem net vyf jaar tot die volgende re\u00fcnie!<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Maria-Magdalena Rossouw<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dinsdagoggend is darem nog \u2019n laatslaapoggend omdat ons eers n\u00e1 13:00 gaan vertrek. Daar word nog \u2019n paar laaste-minuut-aanpassings aan die toerlys gemaak, maar uiteindelik vertrek ons op die toer wat JP belowe \u201cbaie maklik\u201d gaan wees. Einste JP word toe op Ceres vergeet, maar hy wag ons al weer bo-op \u2019n steil bult in. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-869","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/869","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=869"}],"version-history":[{"count":3,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/869\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":871,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/869\/revisions\/871"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=869"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=869"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=869"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}