{"id":957,"date":"1993-04-10T20:43:56","date_gmt":"1993-04-10T18:43:56","guid":{"rendered":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/?p=957"},"modified":"2012-08-16T18:26:39","modified_gmt":"2012-08-16T16:26:39","slug":"skoonste-kaap-april-1993","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/1993\/04\/skoonste-kaap-april-1993\/","title":{"rendered":"Skoonste Kaap April 1993"},"content":{"rendered":"<p>Dis donker. Dis stil.<br \/>\nDis vroegoggend &#8211; 3 April.<br \/>\nVoor die Fisikagebou, wat kan dit wees?<br \/>\n37 Studente vol opwinding en gees!<\/p>\n<p>Kwart voor ses het ons (in BTK taal)<br \/>\nSoos beesmis gemaak en in die pad geval<br \/>\nIn die bus het ons gesing en gesels<br \/>\nEn kort voor lank was ons almal pels.<!--more--><\/p>\n<p>By Kaappunt, grappig en baie pittig<br \/>\nIs saam met &#8216;n bobbejaan ontbyt genuttig<br \/>\nMet die dagstap in die reservaat het die toer begin<br \/>\nWat nog vir ons voorl\u00ea, weet ons min &#8230;.<\/p>\n<p>Die vyf dae het so vinnig verbygesnel<br \/>\nHoe sal mens ooit al die dinge kan oorvertel?<br \/>\nDae van sonskyn, dae van re\u00ebn<br \/>\nDae van saamwees en soms ek alleen.<\/p>\n<p>En die dapper eerste toeriste word deur niks getraak<br \/>\nBehalwe &#8230;. die soete smaak van die wrede wraak.<br \/>\nMet taroem-taroem-tarata het Remco sy debuut gemaak<br \/>\nAl het hy met die woorde effens deurmekaar geraak.<br \/>\nGelukkig was alles Sondagaand reeds klaar<br \/>\nEn nou is ook ek &#8216;n trotse rooi-serpie-eienaar.<\/p>\n<p>Maandagoggend was almal windverwaai<br \/>\nDie hoenders in en wakkergekraai.<br \/>\nDie tyd het saam met ons aangestap<br \/>\nVanaf die klooster, terug na die pub.<\/p>\n<p>En voor ek vir iemand kon s\u00ea: &#8220;Keer die ou!&#8221;<br \/>\nBel Steven vir Good Hope Stereo.<br \/>\nEn Hendrik hoef nie uit te gaan om alles te kry nie<br \/>\nMaar hieroor sal ek liewer nie nou uitwy nie.<\/p>\n<p>En ek weet van &#8216;n ambulansman wat steeds aan skok ly<br \/>\nEn nog lank skure se drade saans sal vermy.<br \/>\nEn ek weet van &#8216;n lyk wat hang aan &#8216;n tak<br \/>\nNie ver van die see nie in &#8216;n pienk duikpak.<\/p>\n<p>Ja, dis sing en slee, koffie en konsert<br \/>\nDi\u00e9 dinge maak alles BTK die moeite werd.<\/p>\n<p>Ai, en in groepie 4, so so kosbaar<br \/>\nLeer ons bietjie van kos, en baie van mekaar<br \/>\nSaam was ons vrolik, saam was ons laf<br \/>\nDie natuur haal werklik alle maskers af.<br \/>\nWel, Woensdagmiddag &#8211; uitgeput<br \/>\nBereik ons geselskap die Tafelberghut<br \/>\nToe smag ek na pannekoek en brandewyn<br \/>\nLouis se unieke medisyne vir seervoetpyne.<br \/>\nEn met die vuilste klere maar in die skoonste<br \/>\nHet ek die aand onder die volmaan gaan slaap.<\/p>\n<p>Die volgende dag, jipha, dis nou vir jou &#8216;n ding<br \/>\nHet selfs die ou Duitse oomies saam&#8217;t ons gesing<br \/>\nOns is toe af met die kabel, terug op die Bos.<br \/>\nMaar iewers het ek &#8216;n deeltjie van myself op die berg gelos.<\/p>\n<p>On the spur of the moment het ons by die Spur gaan eet<br \/>\nOngeag the scent of the women en die manne se sweet<br \/>\nNa die lekker saamwees het ons uitmekaar gespat<br \/>\nElkeen met die vooruitsig van &#8216;n bed en &#8216;n bad.<br \/>\nMoeg maar gelukkig het ek &#8216;n lang gaaaaap gegee<br \/>\nMet die wonnerlike BTK toer in my langtermyngeheue &#8230;.<\/p>\n<p style=\"text-align: right;\"><em><strong>Erika Steyn<\/strong><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis donker. Dis stil. Dis vroegoggend &#8211; 3 April. Voor die Fisikagebou, wat kan dit wees? 37 Studente vol opwinding en gees! Kwart voor ses het ons (in BTK taal) Soos beesmis gemaak en in die pad geval In die bus het ons gesing en gesels En kort voor lank was ons almal pels.<\/p>\n","protected":false},"author":2496,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[23771],"tags":[],"class_list":["post-957","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-sketse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/957","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2496"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=957"}],"version-history":[{"count":4,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/957\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":959,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/957\/revisions\/959"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=957"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=957"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/blogs.sun.ac.za\/btk\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=957"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}