27 April 2011, written by lbvr
Matie Gemeenskapdiens en die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling het onlangs ‘n kortkursus in Leierskap en Gemeenskapsinteraksie op die been gebring. Hierdie kortkursus bied aan studente die geleentheid om hul leierskapsvaardighede te ontwikkel op ‘n baie unieke wyse en is eie in sy soort. Dit is die eerste keer wat daar so ‘n kursus aangebied word in Suid – Afrika.
Hierdie kortkursus bied verder die geleentheid aan studente om as leiers te ontwikkel buite die veilige “bubble” van die Stellenbosch studentelewe, en dit laat jou die groter prentjie so duidelik sien. Nie net kweek dit leiers met ‘n ongelooflike perspektief en insig wat ‘n bydrae kan maak in die gemeenskap nie, maar leiers wat kan bydra tot die welstand van ons land. Suid – Afrika het ‘n ernstige behoefte aan leiers wat ’n paradigma skuif kan maak om uiteindelik werklik ‘n verskil te maak, en die behoeftes van die gemeenskap raak te sien – hierdie kortkursus bied presies so ‘n geleentheid!
Mens kan nie anders as om gevul te wees met ‘n borrelende gevoel van opgewondenheid nie – this is only the beginning of great things to come!
Lidia Rauch
Continue Reading →