Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Catherine du Toit

Intreerede

21 Mei 2024 @ 17:3018:30

Misdaadfiksie in ’n kritieke tydsgewrig. Klimaatsverandering en die perke/beperkinge van die letterkunde.
Crime Fiction in a period of consequence. Climate change and the limits/limitations of literature.
La Fiction policière dans une époque lourde de conséquences. Changement climatique et limites/limitations de la littérature.

Hierdie intreerede is bedoel vir 'n breë gehoor. Terselfdertyd dien dit ook as 'n oomblik van kritiese besinning oor die aard van haar navorsing en onderrig, en die waardes en benaderings wat haar werk onderlê. Waarom bring ek klimaatsverandering en misdaadfiksie bymekaar? Misdaadfiksie, altyd gereed om ongemaklike waarhede te ondersoek, is etlike dekades reeds doenig met die kritiese impak van klimaatsverandering. Onlangs het hierdie fokus toenemend verskerp, en kring wyer as 'n blote beskrywende konteks om die dinamika van verantwoordelikheid te beklemtoon in die oorsaaklike verhouding tussen menslike aktiwiteit en klimaatonstabiliteit. Aangesien die klimaatsveranderingskrisis nie beperk is tot enige nasionale ruimte of streek nie, maak dit sin om so 'n studie te onderneem in die breër veld van vergelykende letterkunde. 'n Aantal klimaatfiksie-romans handel oor geweld en die idee dat antropogeniese klimaatsverandering 'n misdaad teen die mensdom daarstel. Hierdie tekste gaan egter nie tipies gepaard met die soort ondersoek wat misdaadfiksie kenmerk nie. Die romans wat vir hierdie lesing gekies is, is nie distopies nie, maar fokus op huidige realiteite van klimaatsverandering of scenarios gegrond in waarskynlikheid eerder as in spekulasie. Hulle sluit ook misdaadondersoeke direk in by hierdie kwessies. Ek praat hoofsaaklik oor Impact (2022) deur Olivier Norek, wat 'n baie duidelike inligtingsdoel oor die dringendheid van die klimaatkrisis en klimaat-aktivisme bevat. Ek verwys na 42 Grad (2020) deur Wolf Harlander, wat handel oor die ineenstorting van infrastrukture en klimaatvlugtelinge, en Auðnin (2008) deur Yrsa Sigurdardottir wat waarsku oor 'n dodelike infeksie wat weens die verhitting van die planeet losgelaat word. Die bespreking sluit vrae in oor die aard van die misdaad, die identiteit van die slagoffers en die vraag van verantwoordelikheid. Hierdie interpretasie skakel verder met nuwe navorsing oor beide beskermende en aanklaende regsresponse op menseregte en klimaatsverandering.

Ce discours inaugural est destiné à un large public. En même temps, il constitue un moment de réflexion critique sur la nature de mes recherches et de mon enseignement, ainsi que sur les valeurs et les approches qui sous-tendent mon travail. Pourquoi associer le changement climatique et le roman policier ? Le roman policier, toujours prêt à sonder les vérités dérangeantes, se préoccupe depuis des décennies de l’impact critique du changement climatique. Récemment, cette préoccupation est devenue de plus en plus aiguë, dépassant un contexte descriptif pour accentuer la dynamique de la responsabilité dans la relation causale entre l’activité humaine et l’instabilité climatique. La crise du changement climatique ne se limitant pas à un espace national ou régional, il est logique d’inscrire cette étude dans le champ plus large de la littérature comparée. Un certain nombre de romans sur le climat traitent de la violence et de l’idée que le changement climatique anthropogène constitue un crime contre l’humanité. Toutefois, ces récits ne s’accompagnent généralement pas du type d’enquête qui caractérise les romans policiers. Les textes sélectionnés pour ce discours ne sont pas dystopiques, mais se concentrent sur les réalités actuelles du changement climatique ou sur des scénarios qui correspondent à des probabilités plutôt qu’à des spéculations. Ils comprennent également des enquêtes criminelles directement liées à ces questions. Je parlerai principalement d’Impact (2022) d’Olivier Norek, qui a une intention informative très claire sur l’urgence de la crise climatique et de l’activisme climatique. Je ferai également référence à 42 Grad (2020) de Wolf Harlander, qui traite de l’effondrement des infrastructures et des réfugiés climatiques, et à Auðnin (2008) d’Yrsa Sigurdardottir, qui met en garde contre une maladie mortelle réveillée par le réchauffement climatique. La discussion portera notamment sur la nature du crime, l’identité des victimes et la question de la responsabilité. Cette interprétation est également liée à de nouvelles recherches sur les réponses défensives et offensives du droit pénal aux droits de l’homme et au changement climatique.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Na sy 'n bachelorgraad in regte (Baccalaureus Legum Civilium) in 1988 en 'n Honneursgraad in Frans in 1989 aan die Universiteit van Pretoria verkry het, is Catherine aangestel as 'n junior dosent in Frans by UP. 'n Beurs van die Franse regering het haar in 1992-1993 in staat gestel om haar studies in Frankryk voort te sit. Sy het 'n Diplôme d’études approfondies (DEA) in Frans en Vergelykende Letterkunde aan die Universiteit van Nantes behaal as topstudent in haar klas. Na haar terugkeer om te werk by UP, UNISA en die destydse Departement van Buitelandse Sake, is Catherine in 1998 as 'n tweede dosent in Frans by die nuutgestigte Departement Moderne Buitelandse Tale aan die Universiteit van Stellenbosch aangestel, waar die aantal Franse studente op daardie tydstip tot minder as 'n honderd gedaal het. Sy het haar doktorsgraad in Franse Letterkunde aan die Universiteit van Pretoria in 2005 behaal met 'n tesis oor die lewe en werk van Henri Pierre Roché. As 'n bekende gesag oor Roché, is sy in 2012 deur die Editions de l’Herne van Parys genader om een van hul beroemde Cahiers de l’Herne oor hierdie ontwykende skrywer te skep. Hierdie boek, in samewerking met Xavier Rockenstrocly, is in 2015 gepubliseer. Sy het byna dertig hoofstukke in boeke en artikels in Frans, Engels of Afrikaans as enkel outeur geskryf. Literêre vertaling was altyd 'n passie vir Catherine. Publikasies van haar vertalings sluit skrywers soos Breyten Breytenbach, Marlene van Niekerk, Ryk Hattingh, Bitterkomix, Arthur Rimbaud, Michel Houellebecq en Jean-Joseph Rabearivelo in. Wyn en wingerdkunde is ook 'n ou passie. Catherine het in 2001 'n wynmaak kursus by die landbouskool van Beaune in Bourgondië gevolg en het tien vertalings van boeke oor wyn en wingerdkunde gepubliseer. Gedurende die jare het sy verskeie toekennings ontvang wat haar bydraes tot navorsing, onderrig en algemene prestasie in die universiteitskonteks erken. Sy is genooi om aan verskeie internasionale navorsingsprojekte deel te neem en om in Frankryk, Madagaskar, Noorweë en die VSA lesings te gee. In 2016 het Catherine die Ordre des Arts et des Lettres van die Franse regering ontvang vir haar "beduidende bydrae tot die verryking van die Franse kulturele erfenis". Sy is 'n Ridder in hierdie orde. Catherine is in 2018 bevorder tot volle professor in Frans en is die eerste vrou in die geskiedenis van die Universiteit van Stellenbosch wat hierdie rang bereik het. Sy is ook een van 'n handjievol Suid-Afrikaanse akademici wat as professor in Frans benoem is.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
21 Mei 2024
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

STIAS Wallenberg Research Centre
10 Marais Road
Stellenbosch, 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans