Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Emanuel Bylund-Spångberg

Intreerede

13 Junie 2024 @ 17:3019:30

Taaldiversiteit en die menslike verstand

Taal is ’n kenmerk eie aan die mens. Geen ander spesie kon ’n semiotiese stelsel so kompleks en divers soos taal ontwikkel nie. Dít laat ontstaan vrae oor die menslike verstand: Watter sielkundige en neurobiologiese meganismes stel ons in staat om taal aan te leer? En nadat ons taal aangeleer het, hoe beïnvloed dit die manier waarop ons dink? Tot dusver gebruik die meeste antwoorde op hierdie vrae eentalige Engelssprekendes as model en word die ontsaglike verskeidenheid ander tale en taalomgewings wêreldwyd geïgnoreer. Hierdie intreerede ontleed die taalkundige en geografiese sydigheid in huidige navorsing oor taal en die verstand, en toon die gevolge van hierdie sydigheid vir ons kennis van die mens se taalvermoë en taalgedrewe kognisie. Die aanbieding ondersoek ten slotte die moontlike ontwikkeling van ’n taalsielkunde wat op menslike diversiteit gegrond is.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Prof Emanuel Bylund-Spångberg is ’n professor in Algemene Taalwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hierdie dubbele doktor het sy PhD’s in Tweetaligheidsnavorsing en Spaanse Taalwetenskap in onderskeidelik 2008 en 2009 aan die Universiteit van Stockholm verwerf. Hy het nadoktorale poste by die Universiteit van Stockholm, die Universiteit van Maryland (Verenigde State), die Universiteit van Wes-Kaapland en die US beklee. Voordat hy hom by die US se professorskorps aangesluit het, was hy professor in Sweeds as ’n Tweede Taal aan Linnaeus-universiteit en professor in Tweetaligheidsnavorsing aan die Universiteit van Stockholm. Sy navorsing handel oor die verskille tussen hoe kinders en volwassenes taal aan- en afleer, en die uitwerking van taal op die ervaring van realiteit. Bylund-Spångberg is die direkteur van die Meertaligheid- en Kognisielaboratorium in die US se Departement Algemene Taalwetenskap. Dié navorsingslaboratorium, die enigste toegewyde een in Afrika wat die meganismes en prosesse van die meertalige verstand bestudeer, speel ’n kernrol in voortgesette pogings om die kognitiewe wetenskappe wêreldwyd te diversifiseer.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
13 Junie 2024
Tyd:
17:3019:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Kamer 1023, Ou Hoofgebou, Fakulteit Regsgeleerdheid, Ryneveldstraat, Stellenbosch
50 Ryneveld Street
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans