Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Richard Walls

Intreerede

Mei 12, 2022 @ 17:3018:30

Brandveiligheidsingenieurswese: Waar fisika en rampe ontmoet

Die Suid-Afrikaanse Parlementsgebou, die Universiteit van Kaapstad se biblioteek, ʼn duisend huise in Knysna en tallose wonings in informele nedersettings – almal deur brande verwoes. Of ons nou daarvan hou of nie, ons woon in brandbare stede. Hierdie aanbieding handel oor hoe ʼn begrip van die fisika van brande tot ʼn veiliger wêreld kan lei en, omgekeerd, hoe ʼn gebrek aan begrip grootskaalse rampe kan ontketen. ʼn Belangrike hipotese word ondersoek: “Net omdat jy kan braai, beteken nie jy is ʼn brandingenieur nie.” Navorsingsgevallestudies word gebruik om hierdie hipotese te ondersoek: As 20 huise binne 5 minute afbrand, toon dit dat die toestelletjie wat aan die plaaslike burgemeester verkoop is nie werklik inwoners van informele nedersettings sal beskerm nie. Deur die meting van hittewaardes en massaverliestempo’s kan geïdentifiseer word dat die stoel waarop jy sit moontlik vlugtige skuimpetrol bevat, soos ook die bekleding van sommige hoë geboue. Die toepassing van branddinamika en hoëtemperatuur- strukturele meganika kan toon dat dit nie ʼn ploftoestel was wat ʼn gebou se ineenstorting veroorsaak het nie, maar eerder beperkte termiese uitsetting. Belangrike vrae sal beantwoord word, soos “Is ekosteenhuise brandveilig?” en “Wat brand die vinnigste – grondboontjies of hout?”

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Prof Richard Walls is die hoof van die Eenheid vir Brand-ingenieurswesenavorsing van die Universiteit Stellenbosch, waar hy as akademikus ná ʼn loopbaan in die bedryf as ʼn strukturele ingenieur aangesluit het. Sy navorsing fokus op brandverwante onderwerpe, soos die ontwerp van staalstrukture, nábrandondersoeke, plastiekherwinningsfasiliteite, landboubergingsfasiliteite, 3D-gedrukte beton teen verhoogde temperature, materiaalgedrag, veelverdieping-massahoutgeboue en die gedrag van brande in informele nedersettings. Volskaalse brandtoetse op informele behuising is in die trant van MythBuster op ongeveer 70 huise uitgevoer om brandgedrag, -verspreiding en die verlaging van die impak van sulke brande te verstaan. Hy was ʼn lid van die span wat die Knysna-brandramp ontleed het en ondersoek ingestel het na die rede waarom byna ʼn duisend huise in Suid-Afrika se mees verwoestende brand vernietig is. Meesters- en PhD-programme in brandveiligheidsingenieurswese is ontwikkel. Sy span het die eerste tegniese ingenieursriglyn ter wêreld vir brandveiligheid in informele nedersettings gepubliseer, en het bygedra tot publikasies deur die Wêreldbank, die Verenigde Nasies en verskeie ander organisasies. Hy was die ontvanger van die toekenning vir Ontluikende Navorser van die Jaar in die wetenskap en ingenieurswese in Suid-Afrika (die NSTF-TW Kambule-toekeninng) en die Instituut van Strukturele Ingenieurs in die Verenigde Koninkryk se toekenning vir uitnemendheid in onderwys in strukturele ingenieurswese.

RSVP to this Inaugural Lecture – Prof Walls’s inaugural lecture will follow after that of Prof Bekker


Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Mei 12, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Reitz Hall, Engineering Faculty
156 Banghoek Road, Stellenbosch Central
Stellenbosch, Western Cape 7605 South Africa
+ Google Map
Afrikaans