Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Red `n boom, lees jou e-pos aanlyn

Die universiteit gebruik ongeveer tussen 54 en 60 miljoen velle papier per jaar. Nogal heelwat papier, né? Informasietegnologie het verlede jaar `n nuwe drukkersbestuursisteem implimenteer en die positiewe resultate is reeds duidelik sigbaar.

LEES MEER OOR IT SE GROEN DRUKINISIATIEF

`n Paar eenvoudige maatreëls kan `n merkbare verskil maak aan papiergebruik in jou kantoor.

1. Moenie jou e-posse druk nie. Daar is geen nut daarin om al jou e-posse te druk vir rekorddoeleindes of om later te lees nie.  Organiseer eerder jou e-pos leêrs beter en lees dit later as jy nie tyd het nie. Oorweeg dit om `n “dink voor jy druk” -boodskap onderaan jou e-pos te sit om mense te herinner.

2.  E-teken sagteware laat jou toe om aanbiedings, rekeninge en kontrakte aan kliënte te e-pos sodat hulle dit virtueel en sekuur kan teken. Hiermee word die  behoefte vir gedrukte dokumentasie geweldig verminder.

3. Indien jou drukker nie reeds opgestel is om 2 bladsye per vel of beide kante te druk nie, volg die volgende eenvoudige instruksies om jou papierverbruik te halveer. Gaan na “Print”, kliek op “Properties” en kies “Page layout: 2 pages per sheet” of gaan na “Print”, kliek op “Properties”, kliek op “Finishing” en kies “Print Style: 2-sided printing”.

4. Om selfs nog minder papier te gebruik, verander die kantlyne in jou Worddokumente om meer op `n bladsy in te pas. Kliek op “File”, kies “Page set up” en verander die kantlyne na 2 cm.

5. Koop herwinde papier of papier van FSC-gesertifiseerde oorsprong. Die FSC-etiket verseker dat die papier van verantwoordelike verskaffers kom.

6. Plaas duidelik gemerkte houers in areas waar mense hulle papier kan plaas – spesifiek langs drukkers en kopieerders. Mondi bied `n papieropteldiens in verskeie areas. Kontak hulle by Ronnie_Recycler@mpsa.co.za. Besoek www.e-waste.org.za vir meer inligting oor herwinning vir die kantoor.

Tags:

4 Responses to “Red `n boom, lees jou e-pos aanlyn”

  1. Ralph Pina says:

    1. Our paper comes from plantations, but every business’ goal is to grow revenue and turnover, and that includes paper manufacturers. Which means more paper production and probably means larger and more plantations. Often this cannot happen without replacing biodiversity.
    2. More paper production means more (intensive) consumption of water and (carbon intensive) energy i.e. more material and energy throughput. It’s not about “saving trees” but about living sustainably within the limits of our resources.

    So it’s always good to use less paper and recycle it from an environmental point of view. It also saves money.

  2. Anton says:

    Die groen drukinisiatief is uitstekende kostebesparende inisiatief. Net soos met enige hulpbron is dit noodsaaklik om besparend te werk met papier en drukwerk. Die feit is egter dat jy bydra tot die bekamping in klimaatsverandering deur papier te gebruik, aangesien dit ‘n koolstof stoor is net soos hout. Jy kan baie meer groen wees deur jou wegneemete in karton of papier te neem, eerder as polistireen en nie gebottelde water te drink nie, as om op te hou e-posse druk. As ESKOM ons faal kan jy ten minste jou gedrukte e-posse brand om jou warm te hou en kos te kook, om jou rekenaar te brand is skadelik vir die omgewing!

  3. Si says:

    I agree with the previous post – well worth the look and all true! Paper we use in South Africa is not destroying the rain forests!

  4. Samuel says:

    The article found at this URL will certainly dispel certain myths about paper and the environment….it is worth a read…

    http://www.thepaperstory.co.za/#myths-truths/

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.