Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Meer band vir jou bandwydte

Die meeste van ons verstaan nie kop of stert hoe verskaffers se internet en adslfooie werk nie. So hoe weet ons wie vir ons goeie waarde vir ons geld kan gee? Ons het iets opgespoor wat dalk kan help.

Oor die afgelope paar maande het die meeste breëbandverskaffers hulle pryse verlaag of nuwe promosies bekendgestel. Goeie nuus vir verbruikers, maar om seker te maak jy kies die regte kontrak, is dit belangrik om pryse te vergelyk.

Ons het die volgende handige inligting by www. mybroadband.co.za opgespoor.

Telkom ADSL

Telkom’s  Do Broadband bondels, wat een prys vra vir ADSL-toegang en data, gee baie beter waarde vir geld as enkele komponente. Baie gebruikers verkies egter om meer te betaal vir die Vryheid en opsie om maklik te verander van een ISP-rekening na `n ander soos hulle behoeftes verander..

Dit bly egter nie `n goeie idee om enige Telkom datapakket oor 20GB te koop nie. `n 20GB ADSL data packet kos R239, terwyl ` n 40GB bondel R630 kos – meer as dubbeld die koste van die 20GB-pakket.

Telkom AllAccess ADSL ISP rekeninge
Rekening Gemengde  data Plaaslike data Prys
Telkom AllAccess 20GB 20GB 30GB R239
2 x Telkom AllAccess 20GB 40GB 60GB R478
Telkom AllAccess 40GB 40GB 30GB R630
3 x Telkom AllAccess 20GB 60GB 90GB R717
Telkom AllAccess 50GB 50GB 30GB R810

MTN mobiele breëband

MTN het verskeie breëbandpromosies en tensy jy bekend is daarmee, kan dit jou baie geld uit die sak jaag.

Die table onder benadruk sommige van die aspekte waarvoor jy moet oppas.Uit die inligting blyk dit duidelik te wees dat jy slegs MTN se 2GB for R149 promosie of MTN’s Uncapped Lite-produk vir R289 moet oorweeg.

Pakket Data Prys
MTN 300MB 0.3GB R149
MTN 2GB promotion 2GB R149
MTN 1GB 1GB R289
MTN Uncapped Lite 3GB (uncapped 256kbps) R289
MTN 2GB TopUp 2GB R389

Vodacom mobiele data

Vodacom het op die oomblik twee promosies: R99 vir `n 1GB datapakket en  R149 vir `n 2GB pakket. Eenvoudig gestel: Koop net een van hierdie twee pakkette anders gaan jy spyt wees.

Pakket Data Naguil data Prys
Vodacom 1GB + 1GB promotion 1GB 1GB R99
Vodacom MyMeg 250 0.25GB 0.25GB R99
Vodacom MyMeg 500 0.5GB 0.5GB R149
MyGig 1 Advanced 1GB 1GB R285
Vodacom 2GB + 2GB promotion 2GB 2GB R149
Vodacom MyMeg 500 0.5GB 0.5GB R149
MyGig 1 Advanced 1GB 1GB R285
MyGig 2 Advanced 2GB 2GB R385

8ta mobiele data

8ta het tans ook `n paar datapromosies en , soos met Vodacom, sou dit wys wees om net na hierdie promosies te kyk as jy die beste waarde vir jou geld wil kry.

Pakket Data Prys
Go Big 3GB prepaid promotion 2GB (+1GB after hours) R149
1GB prepaid 1GB R200
2GB prepaid 2GB R266
Go Big 10GB contract promotion 10GB R199
Internet 2 1.5GB R210
Internet 4 5GB R666
Internet 6 10GB R1200
Go 120GB big prepaid 60 GB (+60GB after hours) R1800

 

 

Tags: ,

2 Responses to “Meer band vir jou bandwydte”

  1. Michele Zeier says:

    Please also remember other wireless options: I have had iBurst for many years, it is fast and reliable as dedicated data supplier. It is useful if you live in an area where Telkom does not advise ADSL due to older lines, or if you prefer not to have a landline at all. One has to have a modem, however, but these come in 2mbps models. One has to check coverage. Our neighbourhood has better coverage for iBurst than other wireless data packages. iBurst packages are affordable and listed at http://www.iburst.co.za

  2. Steve Kroon says:

    Pity I bought a Vodacom data bundle 10 minutes ago (and made a silly choice) – it doesn’t seem the specials appear on the internet banking menus :(

    In any case, thanks for the post – it would be great if this list could be posted somewhere and regularly updated by IT!

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.