Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Reg vir die toekoms: Die nuwe generasie ECM is hier

So, wat is ECM?

Enterprise Content Management (ECM) is die strategieë,-metodes en gereedskap wat gebruik word om data vas te vang, te bestuur, te stoor, te bewaar, en die inhoud en dokumente met betrekking tot organisatoriese prosesse te bied. ECM het die bestuur van inligting binne die volle omvang van ‘n onderneming of dat die inligting is in die vorm van ‘n papierdokument, ‘n elektroniese leêr, ‘n databasis print stroom, of selfs ‘n e-pos.

Goed, so wat beteken dit eintlik en hoe sal dit  my lewe makliker maak? ECM sal vir jou ‘n werksdag vereenvoudig op die volgende maniere:

– Minder papier om te liasseer  en organiseer. Uiteindelik `n papierlose kantoor!

– Makliker tred hou met al jou dokumente. Dokumente sal op een sentrale plek wees, nie op vier verskillende mense se pc’s nie.

– Meer aanpasbaarheid.

– Toeganklik vanaf enige plek – of  jy met vakansie is in Margate of  in `n konferensie sit in Kaapstad.

– Geen verwarring meer wanneer dit kom by te veel weergawes van kritiese dokumente nie. Laaste minuut verwarring voor ‘n vergadering om die nuutste weergawe van die dokument te vind is iets van die verlede.

– Maklik om op te spoor. Jy hoef nie meer deur hope papier te sorteer deur ongeorganiseerde leêrs op jou rekenaar nie.

– Dokumente is veilig gestoor en nie op die perseel in geval van `n brand nie.

Die konsep van die ECM is nie heeltemal nuut op kampus nie. Op die oomblik word SharePoint Team site reeds tot `n mindere mate as `n hulpmiddel gebruik. Om egter ten volle gebruik te maak van die voordele wat ECM kan bied, sal ‘n hele nuwe generasie van SharePoint binnekort geïmplementeer word.

Die implementering hiervan is die eerste stap van ‘n groter projek, wat op ‘n later stadium ook Business Intelligence sal insluit. Op ‘n meer praktiese vlak sal hierdie platform sal ook gebruik word vir alle US-webwerwe.

Deur die hele proses sal IT die vordering van die projek met kampus kommunikeer en sal daar genoegsame geleentheid wees vir almal wat tans betrokke is met die Team sites om opleidingsdae by te woon. Vir ander belangstellendes sal inligtingsessies gehou word om ‘n breër oorsig van die projek te gee.

Tags: , ,

10 Responses to “Reg vir die toekoms: Die nuwe generasie ECM is hier”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Met graagte Carin. Ons sit jou op die lys.

  2. Carin says:

    Ek sal ook graag op hoogte gehou wil word van die implementering van ECM vir departementele gebruik. Dankie

  3. Sonja van der Westhuizen says:

    Hallo Jeanette,

    ons sit jou op die lysie!

    groete, Sonja

  4. Jeanette says:

    Ek sal ook graag op hoogte gehou wil word van die implementering van ECM vir departementele gebruik. Dankie

  5. Anton says:

    Papierlose kantoor??? Ek kan die klaspunte van studente getik op papier in 1980 uit my liaseerkabinet haal en onmiddelik lees. Waar gaan ek heen met die ‘floppy’ waarop ek my dokumente in 1990 gestoor het? Dit raak moeiliker hoe langer die tydsverloop. Kan iemand bv. vir my wys hoe die eerste Maties Tuisblad gelyk het?

  6. Sonja van der Westhuizen says:

    Hallo Tinus,

    jy’s meer as welkom. Ons sal jou op ons lysie sit en laat weet sodra daar datums beskikbaar is. Ek vra ook ons huidige SharePoint kontakpersoon om in kontak met jou te wees.

    Sonja

  7. Tinus Botha says:

    Ek sou graag belangstel aan die bekendstelling hiervan en moontlike werkswinkels en kursusse, waar dit dan bv. by ‘n departement oor ‘n tydperk ingefasseer kan word.
    Hoe bly ek op hoogte van die ontwikkeling hiervan aan IT se kant en wat is tans beskikbaar om mee te begin werk? Op die oomblik is ek nogals nuuskierig om die voordele van ECM te kan sien in aksie. Kan mens by iemand by IT ‘n afspraak maak om hierna te kom loer? Gaan die elektroniese ondertekening van dokumente ook byvoorbeeld hierby ingewerk word?

  8. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Malcolm,

    I’ve forwarded your request to our SP pro. He’ll email you asap.

    Sonja

  9. Malcolm Taylor says:

    I have an Access database of all chemicals stored in the Department of Chemistry. This is a categorization of chemicals according to the Globally Harmonized System. At present this database is split into 2: a backend that contains all the data in tables which resides on the Chemie Deelspasie drive and a front-end that users install on their machines. I would like to find out about migrating this database onto Sharepoint. Who can I speak to in this regard?

    Thanks

    Malcolm Taylor

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.