Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Soek jy spoed?

Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie.

Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit.

1. Gebruik `n vinnige webblaaier

Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google Chrome is tans voor as dit by spoed kom.

2. Deaktiveer Flash

Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoeë om vinnig te blaai aansienlik moeiliker.

As spoed vir jou belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos  Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude opsie onder “Tools” hiervoor.

3. Raak ontslae van jou nutsbalke (“toolbars”)

Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik geheue terwyl ander  stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. (en jy het gedink hulle sit net daar en niks doen nie.)

5. Gebruik oortjies (“tabs”) in plaas van nuwe vensters

Te veel oortjies kan verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie.

Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf  een oortjie laat toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie.

SOURCE: http://www.techrepublic.com/

Tags: , , , , , ,

2 Responses to “Soek jy spoed?”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Nico,

    laat weet asseblief vir ons watter webblaaier jy gebruik en dan kan ons jou probeer help.

  2. Nico Goosen says:

    Ek kry nie die manier om Flash te stop nie. Weet ook nie hoe om toolbars weg te kry nie…..

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.