Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoekom wag? Verander nou!

Elke 90 dae  gee jou rekenaar `n boodskap wat jou laat sug van moedeloosheid en jy dan eerder ignoreer en uitstel tot op die nippertjie. En hoekom? Want dit verg `n klein bietjie moeite en breinkrag om `n oorspronklike wagwoord uit te dink wat jy nie na twee dae gaan vergeet nie.

Wagwoorde een van daai dinge soos belasting, munisipale rekeninge en onnodige bankkostes – frustrerend, maar nodig (goed, miskien is hulle nie almal per se nodig nie, maar julle verstaan my punt.)

Die beste oplossing is om dit so vinnig as moontlik te doen en dan hoef jy nie vir die volgende 14 dae gekonfronteer te word deur `n treiterende boodskappie nie. Om die proses so vinnig en pynloos moontlik af te handel, gee ons `n paar voorstelle.

As jy die eerste keer die boodskap kry, gaan direk na http://www.sun.ac.za/useradm. Voordat jy jou wagwoord verander, log eers uit inetkey en Outlook om die sinkronisasieproses te vergemaklik. Indien moontlik, moenie “wireless” gebruik as jy jou wagwoord verander nie, gebruik eerder jou netwerkkabel en deaktiveer “wireless”.

Indien die rekenaar slegs tuis gebruik word, en nie op die netwerk gekoppel is nie, sal die verandering van wagwoorde net  ‘n effek hê op u e-pos en inetkey op die tuisrekenaar  en sal die aanvanklike wagwoord van die rekenaar nie ook verander, tensy dit op die netwerk gekoppel word nie. Vir wagwoorde om korrek te sinkroniseer, moet  die rekenaar/laptop aan een van die US se domeins gekoppel wees.

Hierdie week is daar in 6.5 miljoen LinkedIn rekeninge ingebreek en dit beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van `n sterk wagwoord.

Let veral op die volgende:

  • Die vorige 10  gebruikte wagwoorde kan nie weer gebruik word nie.
  • Jou gebruikersnaam, naam of huidige wagwoord mag nie deel vorm van jou nuwe wagwoord nie.
  • Jou wagwoorde moet bestaan uit 8 of meer karakters.
  • Wagwoorde moet karakters uit 3 van die 4 onderstaande groepe bevat: Klein letters, hoofletters, syfers, spesiale karakters (byvoorbeeld %,$,#)
Gebruik ‘n woord wat aan jou bekend is of iets waarvan jy hou en vervang van die letters met ‘n nommer of verskuif die hoofletters, byvoorbeeeld:

D1tiswin7er = Dit is winter

P@nn3koeK = Pannekoek

warMKoff13 = Warm koffie

Wanneer jy jou wagwoord op http://www.sun.ac.za/useradm verander, verander ook die wagwoord ooreenstemmend op al jou ander toestelle. (selfoon, tablet, ens.) Indien jy nie jou ander toestelle by jou het nie en dit aan die internet gekonnekteer is tuis, vra dat iemand tuis dit vir jou afskakel terwyl jy jou wagwoord verander. Skakel ook onmiddellik jou toestel (rekenaar, tablet of selfoon) af nadat jy jou wagwoord suksesvol verander het sodat dit kan sinkroniseer.

Indien jy die wagwoord verander het en dit nie gou genoeg op jou Selfoon/Tablet opdateer het nie, verander dit na die nuutste wagwoord en skakel IT om rekening te “unlock”. Dit sal verhoed dat jy jou wagwoord weer moet verstel.

Tags:

3 Responses to “Hoekom wag? Verander nou!”

  1. Ralph Pina says:

    Heeltemal korrek, Steve. Sterk wagwoorde het niks met die LinkedIn-geval te doen nie.

    Dit beteken egter nie dat sterk wagwoorde nie belangrik is nie, want dit bied ‘n mate van beskerming teen die (rekenaarmatige) raai van wagwoorde.

    LinkedIn se groot sonde is blykbaar dat hulle nie die gestoorde, ge-enkripteerde wagwoorde ge-“salt” het nie, m.a.w. nie lukrake karakters tot die gestoorde wagwoorde toegevoeg het nie.

  2. Steve Kroon says:

    In verband met:
    “Hierdie week is daar in 6.5 MILJOEN LINKEDIN REKENINGE INGEBREEK en dit beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van `n sterk wagwoord.”

    Hierdie is regtig misleidend. Eerste, rapporteer LinkedIn “zero accounts have been compromised as a result of the password leaks” – daar is net gehutsde wagwoorde gelek, nie die wagwoorde self nie.

    Maar meer belangrik – geen LinkedIn gebruiker sou geensins veiliger gewees het teen hierdie risiko deur “sterker” wagwoorde te gebruik nie.

  3. PW van der Walt says:

    Daar is ‘n beter manier om van die hoofpyn van wagwoorde ontslae te raak!

    Installeer KeePass en Dropbox, hou jou wagwoordlêer in Dropbox en KeePass op elke rekenaar, tablet en slimfoon wat jy gebruik. Jou wagwoorde is altyd by jou, waar jy hulle ook al nodig het – al is dit een wat jy ‘n jaar laas gebruik het.

    Met KeePass hoef jy nie jou kop te breek oor wagwoorde uitdink nie – hy sal dit vir jou doen.

    Die KeePass wagwoordlêer is baie sterk ge-enkripteer.

    Daar is wel een wagwoord wat jy nie moet vergeet nie – en dis jou KeePass wagwoord.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.