Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Alle nuutste IT-nuus nou ook beskikbaar op Twitter

Informasie Tegnologie was nog altyd `n vinnige, dinamiese omgewing en Stellenbosch Universiteit se IT-afdeling is geensins anders nie.

Die afgelope paar maande het ons probeer om kommunikasie met jou, die gebruiker, te verbeter en jou op hoogte te hou van alles wat ons doen en die nuutste IT-verwikkelinge op kampus. Ons het `n tweeweeklikse nuusbrief, Bits & Bytes, begin, ons blog aktief begin gebruik en ons is ook besig om te werk aan `n selfhelp wiki om die lewe vir jou makliker te probeer maak.

Om egter by te hou by ons vinnige omgewing was dit nodig om `n meer interaktiewe kanaal te gebruik om gebruikers onmiddellik in te lig. Ons is dus bly om te kan sê dat IT ook nou op Twitter is. Volg ons by @ITStellenUni, lewer kommentaar en retwiet – ons wil graag hoor wat julle dink.


Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.