Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuwe metode vir toegang tot gratis Biblioteek e-bronne

Vanaf ingang 1 Julie 2012 is gratis Internet toegang tot die US Biblioteekdiens se subskripsie elektroniese bronne slegs beskikbaar vanaf die Biblioteekdiens se webwerf.

Soos met ‘n vorige uitgawe van Bits-and-Bytes berig is die metode waarmee voorheen gratis toegang bewerkstellig was – naamlik ‘n verstelling in die gebruiker se webleser bekend as die PAC lêer – weens ‘n verskeidenheid van redes nie meer langer ‘n tegniese haalbare opsie om gratis toegang te bewerkstellig nie. Gratis toegang is dus voortaan slegs beskikbaar deur enige van die elektroniese bronne skakels op die Biblioteek se webwerf te gebruik. Sodoende word die gebruiker outomaties onthef van die Internet koste vir toegang tot subskripsie elektroniese bronne. Hierdie skakels kan ook deur middel van die gebruiker se webleser geboekmerk word om as snelskakels tot die elektroniese bronne aangewend te word.

Gebruikers word nogtans aangeraai om deurgaans Inetkey te gebruik, want dit sal die aflaai van die nie-akademiese inhoud met die gebruik van elektroniese bronne versnel.

Navrae kan gerig word aan Wouter Klapwijk.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.