Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Die week se techie-nuus

Dit was `n bedrywige week op die tegnologiese front met heelwat nuwe verwikkelinge en interessanthede. Ons bring vir jou die hoogtepunte via Techcentral.

Mxit Money, `n vennootskap tussen Bank en mobiele sosiale netwerk Mxit, is die week bekendgestel. Mxit Money stel Mxit-gebruikers in staat om gratis vir mekaar geld te versend, transaksies te maak en selfs te onttrek. Gebruikers kan ook geld stuur na ander selfoongebruikers teen `n klein fooi.  Volledige artikel.

Duitse mediastroom-maatskappy Simfy het aangekondig dat hulle diens voor die einde van die maand in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Simfy Africa sal meer as 18 miljoen snitte beskikbaar hê om te stroom en het lisensie-ooreenkomste aangegaan met groot internasionale platemaatskappye, onder andere Sony Music. Volledige artikel.

DotConnectAfrica, gebaseer in Mauritius maak aanspraak op die generiese hoofdomein .africa ten spyte daarvan dat hulle aanvanklik teen `n koste van  US$185 000 aansoek gedoen het vir die verkeerde domeinnaam en dit onwaarskynlik is dat hulle sal slaag in die streng vereistes vir geografiese gTLDs. Volledige artikel.

Die “Competition Tribunal” het Telkom verlede week met R449m beboet omdat die maatskappy sy oorheersende rol in die telekommunikasie industrie misbruik het tussen 1999 and 2004. Indien Telkom nie appèl aanteken teen die besluit nie, moet die helfte van die boete binne ses maande na die besluit betaal word en die balans binne 12 maande. Volledige artikel.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.