Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wikipedia binne jou bereik

Het jy geweet jy kan Wikipedia – die allesomvattende, alwetende bron van alle nie-amptelike inligting op die internet – aflaai op jou rekenaar? *

Ons ook nie! Dink net hoe handig kan dit wees as jou internet weer nukkerig is en jy jou eie weergawe van Wikipedia binne bereik het.

Hadlee Simons van cooltech by iafrica het al die inligting wat jy nodig het.


*Nog nooit van Wikipedia gehoor nie?

Wikipedia (Listeni/ˌwɪkɨˈpdiə/ or Listeni/ˌwɪkiˈpdiə/ wik-i-pee-dee-ə) is ‘n gratis, gesamentlik geredigeerde, en veeltalige internet-ensiklopedie, ondersteun deur die nie-winsgewende  Wikimedia Foundation. Die meer as 22 miljoen artikels (meer as 4 miljoen in Engels) is saam geskryf deur vrywilligers van regoor die wêreld. Feitlik al Wikipedia se artikels kan geredigeer word deur enigiemand wat toegang tot die webwerf het en dit het ongeveer 100,000 aktiewe, gereelde bydraers. Vanaf Augustus 2012 is daar weergawes van Wikiepedia in 285 tale. Dit het die grootste en mees populêre verwysingswerk op die internet geword, word globaal as nommer 6 gelys van alle webwerwe op Alexa en het `n beraamde  365 miljoen lesers wêreldwyd.

Wikipedia is in Januarie  2001 bekendgestel deur Jimmy Wales en Larry Sanger. Sanger het die naam Wikipedia, wat `n samevoeging is van wiki (a type of collaborative website, from the Hawaiian word wiki, meaning “quick”) en ensiklopedie, uitgedink.

(BRON: WIKIPEDIA natuurlik!)

One Response to “Wikipedia binne jou bereik”

  1. Anton says:

    Is dit nie iets wat mens op die US netwerk moet doen met ‘n ‘off-line’ skakel nie. As elke gebruiker op die US netwerk 8GB gaan aflaai na sy/haar eie rekenaar, gaan dit ‘n onnodige klomp verkeer en onnodige stoor van data meebring?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.