Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wat is “ransomware”?

Die term ransomware  sal enige mens laat kopkrap. Hoe kan sagteware `n rekenaar gyselaar hou? Of raak tegnologie deesdae so slim dat dit alles kan oorneem?

Die beskrywing is egter nie so vergesog  nie. Ransomware is inderwaarheid deel van `n groep kwaadwillige rekenaarsagteware genaamd malware,  wat op onderduimse wyses op jou rekenaar beland en geld of data van jou eis. So `n program kan installeer word deur middel van `n e-pos aanhangsel, `n besmette program of `n kwaadwillige, onveilige webwerf. “Ransomware” staan ook bekend as acryptoviruscryptotrojan of cryptoworm.

Die sagteware ontvoer as’t ware jou data deur dit te enkripteer, beperk toegang tot jou rekenaar en vertoon vervolgens `n boodskap om jou so ver te kry om geld te betaal om weer toegang daartoe te kry. Die enigste manier hoe jy weer jou data en rekenaar kan gebruik, is deur middel van `n enkripsie sleutel wat natuurlik net verskaf kan word teen `n fooi en deur die eienaar van die sagteware wat in die eerste plek jou rekenaar oorgeneem het.

`n Meer onlangse weergawe van die sagteware laat nie vir die gebruiker weet dat dit geinstalleer is op sy rekenaar nie, maar vertrou op jou om inligting oor jou “probleem” te gaan soek op die internet en dan sagteware op geldige internetwebwerwe te koop om dit op te los. Laasgenoemde word natuurlik verkoop deur dieselfde persoon wat die oorspronklike ransomware ook geskryf het.

Ransomware is nie `n nuwe verskynsel nie. In 1996 het sekuriteitsdeskundiges by Columbia Universiteit  en IBM reeds `n verhandeling genaamd “Cryptovirology: Extortion-Based Security Threats and Countermeasures,” geskryf wat die  sagteware duidelik omskryf. Besighede was egter in die verlede die grootste teikens.

In Maart 2006 is ransomware met die naam Crypzip of Zippo gestuur aan `n groep internetgebruikers. Diegene wat die program ontvang het, het ook `n e-pos onvang met `n losprys nota wat $300 eis as hulle hul data ontsluit wil hê.

Gelukkig beskik die meeste antivirus verskaffers se programme oor maniere om die bekende weergawes van randomware te blok. Niks is egter 100% veilig nie. Om te verseker jy beland nie in hierdie netelige situasie nie, rugsteun gereeld jou data, wees versigtig as jy op die internet is en moenie e-pos aanhangsels van onbekende bronne oopmaak nie.

Meer inligting oor die nuutste ransomware wat Skype gebruikers teiken.

SOURCE: Wikipedia, Microsoft en Techtarget.

Tags: , , ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.