Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Selfoon voete gekry?

Jy ken daardie nare gevoel as jy besef jy het jou sleutels/ beursie of selfoon verloor? Wel, ons kan raadgee vir die verlore selfoon …

As jou selfoon gesteel is, is daar maniere om te keer dat wie ookal sy hande op jou selfoon gekry het, nie ook jou data en persoonlike inligting te siene kry nie. Sommige toepassings kan selfs die ligging van jou foon bepaal.

Watter metode jy kan gebruik hang af van watter foon jy het.

1. BlackBerry

BlackBerry Protect is `n gratis toepassing wat jou kan help om jou verlore BlackBerry op te spoor en ook om die inligting daarop veilig te hou.

As jy jou BlackBerry verloor het, kan jy bloot aanteken op die BlackBerry Protect webwerf en jou toestel sluit sodat die persoon wat dit het, dit nie kan gebruik nie. As jy vermoed jy gaan dit nie gou weer sien nie en jy nie wil hê engiemand moet jou persoonlike inligting in die hande kry nie, verwyder net eenvoudig via die webwerf jou inligting en ook jou mikroSD-kaart. As jy geregistreer is as `n gebruiker op Blackberry se Enterprise Server, kan die toestel ook via die bediener skoongevee word.

As jy bloot jou selfoon in die diep donkertes van jou handsak verloor het, is daar die opsie om dit te sluit en `n boodskap op die tuisskerm te laat verskyn vir die persoon wat dit kry. Deur  middel van GPS is dit dan moontlik om die ligging op `n kaart te kry en dit weer te kry. Of, as jy vermoed jou selfoon is binne hoorafstand, stel die volume op sy hardste en jy behoort gou die verlore foon te kan naspeur.

Buiten hiervoor kan die diens ook jou kontakte, kalender en boekmerke wireless rugsteun. Laasgenoemde word outomaties gedoen en so gereeld soos jy verkies (daagliks, maandeliks of weekliks).

Indien jy `n nuwe BlackBerry gekoop het, kan jy met BlackBerry Protect jou toestel gerugsteunde verstellings, kontakte en kalenderitems weer terugkry.

2. iPhone

Apple-gebruikers kan gebruikmaak van Find My iPhone via die iCloud-fasiliteit.

Teken in by iCloud.com of gebruik die Find My iPhone toepassing op `n ander toestel om jou foon op `n kaart op te spoor, `n boodskap op sy skerm te vertoon, die toestel slegs toeganklik te maak dmv ‘n wagwoord, of om jou data te uit te vee.

Met iOS 6, bied iCloud ook Lost Mode, wat dit nog makliker maak om jou foon op te spoor. Lost Mode sluit dadelik jou foon met `n viersyfer wagwoord en stuur `n boodskap na die foon met `n kontaknommer.  

As die foon in Lost Mode is, hou dit ook deurentyd rekord van waar dit was en gee dit aan jou `n verslag wanneer jy aanteken op iCloud.com of op die Find My iPhone toepassing.

3. Android 

Indien Google Sync gekonfigureer is op jou foon of die Google Apps Device Policy toepassing op jou Android, kan jy ook jou data vanaf `n ander toestel afvee. Gebruik hierdie funksie as jou foon gesteel of verlore is om die data op die toestel af te vee en te herstel na sy oorspronklike formaat.

Onthou net, as jy die remote wipe-funksie gebruik, word alle toestel-gebaseerde data heeltemal afgevee – e-pos, kalender en kontakte. Dit kan egter nie die data wat op die SD-kaart is verwyder nie.

(SOURCES: www.techradar.com;

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.