Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wat is “Android”?

Android is `n Linux-gebasseerde bedryfstelsel ontwerp vir raakskerm tablette en selfone. Die oopbronsagteware is ontwerp deur Google, in samewerking met die Open Handset Alliance.

Aangesien Android oopbronsagteware is, hoef vervaardigers nie kostes aan Google te betaal om dit te gebruik nie en kan dit ook aangepas en verander word om aan die vervaardiger se behoeftes te voldoen. Daar is `n groot gemeenskap van Android ontwikkelaars wat werk aan toepassings wat die funksionaliteit van Android-toestelle kan verbeter en uitbrei. Hierdie toepassings (of “toeps” soos ek onlangs in `n tydskrif gelees het!) kan afgelaai word op Google Play of ander derde-party webwerwe. Teen September 2012 was daar reeds meer as 675,000 toepassings beskikbaar vir Android-fone en die geskatte getal toepassings wat afgelaai is van Google Play was 25 biljoen.

Hierdie toepassings sluit maniere om dokumente te skep, toegang tot aanlyn stoorspasies soos Dropbox en natuurlik `n magdom speletjies om jou besig te hou as jy verveeld is. Soos met alle deesdae is sosiale netwerke `n integrale deel van Android. Sommige sosiale toepassings is outomaties geintegreer by Android-fone.

Die Android bedryfstelsel self is verantwoordelik vir basiese funksies van die foon, soos on oproepe te maak, sms’e te stuur en foonnommers te stoor. Omdat Android deur Google ontwerp is, is die klem vanselfsprekend ook meer op Google-toepassings. Gevolglik sal jy ook `n handige Gmail-kliënt, Google Maps  (met gratis satelliet-navigasie!) en YouTube op jou Android-foon kry. Dis natuurlik ook maklik om al jou multimedia met jou saam te dra so jy kan musiek luister en fotos kyk waar jy ookal is.

Teen die einde van 2010 was Android reeds die wêreld se leidende slimfoon platform, groter as Symbian wat vir jare die toonaangewende bedryfstelsel was.

Meer inligting …

BRONNE: SOURCE: WWW.TECHRADAR.COM & WWW.WIKIPEDIA.ORG

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.