Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Ly jy aan wagwoord-uitputting?

Volgens `n studie wat in Augustus in die VSA uitgevoer is, het 3 uit 5 volwassenes, 5 of meer unieke aanlyn wagwoorde. (Verskillende studies het natuurlik ook verskillende opinies oor die spesifieke getal wat ter sprake is!) Dis dan ook geen wonder dat ons so sukkel om almal te onthou nie.

Daar is selfs `n erkende sielkundige verklaring vir jou onvermoë om jou wagwoord te onthou en die gepaardgaande effek wat dit op jou het. Ja inderdaad, daar is iets soos wagwoord-uitputting, of te wel password fatigue! Hierdie verskynsel word gedefinieer as die gevoel wat ervaar word deur persone wat daagliks `n groot hoeveelheid wagwoorde moet onthou as deel van hulle daaglikse roetine. Dit sluit enige wagwoord of kode in – van jou fietsslot tot jou rekenaar of otm-wagwoord. Lees hier meer oor wagwoord-uitputting.

As jy nie al 5 wagwoorde kan onthou nie, is daar egter hoop vir jou. Gelukkig is daar handige sagteware wat jou kan help onthou as jou grysstof die dag net nie meer kan byhou met al die inligting nie.

Die bekendste hiervan is KeePass Password Safe.

KeePass is gratis oopbron-sagteware wat jou kan help om jou wagwoorde op `n veilige, sekure wyse te bestuur. Jy sit al jou wagwoorde in een databasis en dit word dan gesluit met slegs een master key of wagwoord. Dis veiliger om al jou wagwoorde op een sentrale plek te stoor agter een sterk wagwoord as om dieselfde wagwoord te gebruik vir al jou programme omdat jy bang is jy vergeet dit!

Die addisionele voordeel van KeePass is tweedens sy aanpasbaarheid op die meeste stelsels. Dis oorspronklik bedoel vir Microsoft Windows, maar kan ook suksesvol geimplementeer word op Linux, Mac OS en `n verskeidenheid fone.

Die program het `n wye verskeidenheid funksies, onder andere `n funksie wat outomaties wagwoorde genereer. Lees meer oor KeePass hier.

Indien jy wil sien watter ander sagteware beskikbaar is vir wagwoordbestuur het www.smashingapps.com `n paar voorstelle.

One Response to “Ly jy aan wagwoord-uitputting?”

  1. PW van der Walt says:

    Die antwoord vir die wagwoord hoofpyn is inderdaad KeePass – met jou wagwoordlêer in jou Dropbox!
    Dan reis jou wagwoorde saam met jou waar jy en jou selfoon of tablet ook gaan, en hulle is ook by al die rekenaars wat jy gebruik beskikbaar!

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.