Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT Gebruikersdienste speel Vader Kersfees

Informasietegnologie se Gebruikersdienste-afdeling het hierdie jaar besluit om hul kersfeespersente te verruil vir `n glimlag op iemand anders se gesig.

Elke jaar ruil personeellede van IT Gebruikersdienste geskenke uit om waardering teenoor hulle kollegas te  betoon. Hierdie jaar het hulle saam besluit om die geld op `n beter manier aan te wend en `n klein verskilletjie in iemand minder bevoorreg se lewe te maak – veral die tyd van gedurende Kersfees wanneer dit die nodigste is.

Die keuse van `n organisasie was nie `n maklike taak nie, maar op die ou end is daar besluit om deel te neem aan Universiteit Stellenbosch (US) se Werknemers-vrywilligersprogram se Hospice-projek om speelgoed in te samel vir kinders. Elke personeellid het R50-00 bygedra en met die somtotaal van R2200-00 is geskenke gekoop vir kinders van 4 tot 16 jaar.

Dit het egter nie net by geskenke koop gebly nie! Personeel het besluit hulle wil ook self die toedraaiwerk doen en die afgelope Vrydagmiddag het almal skouer aan die wiel gesit en geknip en plak totdat net `n berg pakkies oorgebly het.

Ons wil ander afdelings uitdaag om ook eerder hulle geskenk- of funksiegeld vir `n goeie doel aan te wend. Die meeste van ons het reeds alles wat ons nodig het, maar daar is  ander wat geen vooruitsig hierdie Kersfees het nie. `n Klein geskenkie sal `n verskil in iemand anders se lewe en nie `n groot gat in jou sak maak nie.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.