Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

CHOC-huise bied `n “tuiste weg van die huis”

CHOC Childhood Cancer Foundation SA is `n nasionale organisasie wat toegewy is aan die ondersteuning van kinders, en hulle families, wat die stryd teen kanker of ander lewensbedreigende, bloedverwante siektes veg.

CHOC Wes-Kaap het drie fasiliteite wat `n “tuiste weg van die huis” bied vir benadeelde families wat langafstande moet reis vir behandeling. Die Tygerberg CHOC herberg verskaf hulp aan families wat behandeling ontvang by Tygerberg Kinderhospitaal, terwyl CHOC House Plumstead families huisves van die Rooi Kruis Kinderhospitaal en Groote Schuur Hospitaal.

Vroeër die jaar het, Wendy Robyn van IT se netwerkafdeling besluit om geskenke in te samel vir die kinders van hierdie huise. IT-personeel het 22 geskenke gegee en die pakkies is verlede week by die Tygerberg  CHOC Lodge afgelewer. Van die geskenke sal aan pasiënte by die Pediatriese Onkologie Afdeling in Tygerberg gegee word en die oorblywende geskenke sal na die Rooi Kruis Kinderhospitaal geneem word.

Hierdie stigting ontvang geen ondersteuning van die regering nie en is afhanklik van donasies en finansiële ondersteuning van die publiek. Hulle is dus afhanklik van enige hulp wat jy kan en bereid is om te gee. Vir meer inligting, kliek op die skakel onder of kontak Lynette direk by lynette.muthuray@choc.org.za.

Lees meer oor CHOC SA.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.