Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wil jy dié Kersfees iets teruggee?

Jy het dit dalk al oorweeg om uit te help met liefdadigheidswerk, of dit nou geld insamel, vrywilligerswerk, of Kersfeesgeskenke vir minderbevoorregte kinders koop, is. Maar hoe weet jy watter organisasies regtig hulp nodig het en hoe gaan jy te werk om hulle te help?

Gelukkig is daar `n stigting soos die Stellenbosch-gebaseerde GivenGain wat spesifiek daarop gemik is om `n platform aan hierdie organisasies te bied.

Die GivenGain-groep is in Julie 2001 gestig deur twee broers wat geinspireer is deur die idee dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Elf jaar later loop die maatskappy van krag tot krag, strek dit oor die Suid-Afrikaanse grense tot in Switserland en het dit `n integrale deel geword van `n georganiseerde, privaat, nie-winsgewende sektor.

Gedurende hierdie tydperk het die GivenGain Stigting reeds R400 miljoen in donasies ingesamel.

Die stigting help nie-winsgewende organisasies om sterk, volhoubare befondsingmodelle te bou en help individue om ook ongelooflike doelwitte te bereik terwyl hulle geld insamel vir hulle gunsteling instansie. Die GivenGain-platform stel nie-winsgewende organisasies in staat om hul fondsinsameling veilig, vinnig en koste-effektief aanlyn te bestuur en gee aan individue die geleentheid om namens organisasies aanlyn fondse in te samel vir spesifieke projekte.

Om jou gunsteling nie-winsgewende organisasie  dié Kersfees te ondersteun, gaan na www.givengain.com/causes en soek volgens organisasie of sleutelwoord. Of wil jy ‘n Kersfeesprojek opstel ten bate van ‘n organisasie en jou vriende uitnooi om dit te ondersteun? Ondersoek gerus die Aktivis-inisiatief by www.givengain.com/learn/activists/

Vir meer inligting, gaan kyk by www.givengain.com of stuur `n e-pos aan  support@givengain.com

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.