Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Microsoft Lync vergemaklik kommunikasie op kampus

Die wêreld draai rondom kommunikasie. En oor die afgelope paar jaar het die hoeveelheid kommunikasiekanale vermeerder, verander en ook verbeter te danke aan groeiende tegnologie.

As hierdie tegnologieë egter slim gebruik word, kan dit nie net kommunikasie verbeter nie, maar ook vir jou en jou afdeling geld bespaar. Een voorbeeld hiervan is Microsoft Lync.

Met Microsoft Lync kan jy as personeellid na hartelus gesels met jou mede-kollegas binne die US – of dit nou deur middel van `n gewone oproep, `n kitsboodskap of videokonferensie is. En omdat die program van die universiteit se netwerk gebruikmaak, kos dit jou department minder solank gebruik intern is. Daarmee saam, skakel dit met jou Outlook, jou dokumente en ander Microsoft programme of toepassings sodat jy te alle tye op hoogte is.

Lync is spesifiek gefokus op korporatiewe omgewings wat Microsoft gebruik. Funksies sluit die volgende in:

  •  kitsboodskappe
  • “voice over” ip, maw telefoonoproepe
  • videokonferensies
  • sigbaarheid van Outlook-kontakte
  • beskikbaarheid van Outlook-kontakte in globale adreslyste
  • weet wanneer kollegas beskikbaar is
  • gebruikers kan aan dieselfde dokument werk, hetsy dit grafies of teks is en ook sien terwyl iemand anders aan die dokument werk
  • Beter hulpmiddele vir samewerking tussen personeel, byvoorbeeld,  “desktop share”, deel van dokumente, “whiteboard”, ens.
  • kommunikasie is meer sekuur en veilig omdat dit binne die US-netwerk plaasvind
  • beskikbaar vir Windows Phone, Android en Mac’s
  • werk vanaf die huis word vergemaklik
  • verwyder reistyd tussen vergaderings
  • opsies vir personeel om `n telefoonnommer te koppel aan `n bewegende skootrekenaar (teen `n registrasiekoste en teen gewone foonkostes)
  • kommunikeer met ander buite-organisasies wat Lync gebruik

Om Lync te gebruik, kan `n versoek gerig word aan die IT Dienssentrum by x4367 of help@sun.ac.za.

`n Programmetjie sal geinstalleer word op jou rekenaar en indien jy van die VOIP-funksie gebruik wil maak, word `n Lync kopstuk/oorfone aanbeveel. Meer inligting oor kostes vir die lisensies en oorfone sal binnekort beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor Microsoft Lync, gaan kyk gerus by http://lync.stb.sun.ac.za

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.