Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wagwoord vergeet na die vakansie?

As jy jou wagwoord na die vakansie vergeet het, beteken dit dat jy `n lekker lang vakansie gehad het en vir `n verandering afgeskakel het. Die enigste probleem is nou om weer toegang tot jou rekenaar te kry …

Jy is nie die enigste een nie. Maar ongelukkig word die IT Dienstoonbank juis om hierdie rede dié tyd van die jaar oorval deur versoeke om wagwoorde te verander. Het jy egter geweet dat jy nie eers die dienstoonbank hoef te kontak nie, maar dit sommer self vinnig kan verander deur middel van die aanlyn Wagwoord Selfhelp-funksie? Dié funksie is nie net vinnig en effektief nie, maar ook meer sekuur omdat jy self verantwoordelik is vir jou wagwoord.

Die wagwoord selfhelpfunksie kan opgespoor word op die personeelportaal (my.sun.ac.za) deur te kliek op “Wagwoord vergeet”. Onderstaande skermpie sal verskyn en volg net die twee stappe om jou wagwoord te verander.

Om seker te maak dat jy van hierdie funksie gebruik kan maak, gaan asseblief na of jou selfoonnommer en ander persoonlike inligting op die SUN-e-HR op datum is. Indien jy enige probleme ondervind met die stelsel, stuur asseblief aan ons `n e-pos by help@sun.ac.za

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.