Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nee, SARS wil jou nie regtig betaal nie en ander skelmstories

Dwarsdeur die jaar stuur ons deurlopend waarskuwings aan personeel teen “phishing” e-posse en ongelukkig sal ons moet aanhou om dit te doen, aangesien vele personeel steeds, ten spyte van hierdie waarskuwings, telkens byt aan kuberkriminele se lokaas. 

Een hiervan is `n e-pos wat voorgee om van SARS te wees. 
 
E-posse wat lyk of dit vanaf SARS versend word, word gestuur aan universiteit  (en privaat) e-posse en beweer dat die ontvanger `n terugbetaling gaan kry. As jy kliek op die skakel, neem die e-pos jou na `n vals “e-filing” webwerf wat skakels het na vier groot Suid-Afrikaanse banke en instruksies om aan te teken op deur middel van internet bankdienste om jou details te “bevestig”.

As jy (byvoorbeeld) die Nedbank-skakel volg, word jy geneem na `n kopie van nie Nedbank internetdienste webwerf wat vra vir jou profiel, pin en wagwoord.  As jy hierdie inligting verskaf, word jy geneem na `n tweede blad waar daar vir jou selnommer gevra word. Deur die inligting te verskaf, word jy weereens na `n volgende blad geneem wat versoek dat die verwysingsnommer na jou selfoon gestuur word.   

Moet onder geen omstandighede enige magtiging gee per selfoonboodskap as jy in bogenoemde situasie beland nie. Moet ook nie kliek op enige skakels in e-posse of rekeningbesonderhede of selfoonnommer-details aan enigiemand verskaf per e-pos of telefonies nie.

Banke sal jou nooit versoek om hulle internetdienste deur middel van `n e-pos skakel te bereik nie en sal jou ook nie vra vir jou selnommer as jy internetbankdienste wil gebruik nie.  

`n Tweede “phishing”-aanval is ook tans in omloop. 

Dit kom van “Linda Perez” met die onderwerp “Administrator (Sorry for the inconvenience)” 

Die e-pos versoek dat jy bogenoemde persoon kontak met jou gebruikersnaam en wagwoord sodat hulle jou e-posbus “met die hand” kan vergroot.  Natuurlik is hierdie `n “phishing”-geval en jy moet nooit reageer op hierdie tipe e-posse nie. 

Moenie reageer nie, “flag” die versender as gemorspos en verwyder die boodskap. 

ARTIKEL DEUR DAVID WILES

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.