Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Memes neem oor

Eers was dit die dansende baba en deesdae is die Harlem Shake die nuuste gier.  Hierdie verspotte en soms uitlokkende verskynsels word memes genoem en is net so lukraak en vermaaklik as hul lewendige flitsbende-weergawes. 

`n Meme is `n verskynsel versprei deur middel van die internet en kan in die vorm wees van `n prentjie (byvoorbeeld die Grumpy Cat en Lol-cats fotos), video, hutstekens, webwerwe of `n eenvoudige woord of frase. 

Die woord memes is ook oorspronklik geskep deur evolusie-bioloog Richard Dawkins in sy 1976 boek The Selfish Gene. Die woord “meme” is afgelei van die Grieks “mimema” (wat beteken “iets wat nageboots is”). Dawkins het memes beskryf as `n vorm van kulturele propaganda, `n wyse waarop mense sosiale herinneringe en kulturele idees aan mekaar oordra.  Memes versprei organies en net soos evolusionêre biologie, sluit hulle mutasies en dupliserings in. Hulle kan tipies daaraan herken word dat hulle vinnig ontwikkel in ander, nuwe weergawes. Internetgebruikers sien die oorspronklike, boots dit na, verander en versprei dit deur middel van die internet. 

Sprekende voorbeelde van internet memes, sluit 1996 se dansende baba, en waarskynlik een van die eerste bekende memes, in. Meer onlangs is die internet oorgeneem deur die berugte Harlem Shake wat selfs by `n Varsity Cup wedstryd sy kop uitgesteek het. 

Het jy al op interessante memes afgekom? Laat ons weet!

[SOURCE: www.howtogeek.com & www.about.com]

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.