Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Om te blog of nie te blog nie?

Oor die afgelope vyftien jaar het die woord “blog” deel geword van ons daaglikse woordeskat. Jy besoek daagliks een of ander vorm van `n blog en besef dit nie eers nie! Sedert blogs of webjoernale hul verskyning gemaak het in die laat 90’s, het die formaat en funksionaliteit geleidelik verander en ontwikkel.

`n Blog (kombinasie van die woorde “web” en “log”) is `n webwerf bestaande uit artikels en stories, gelys in omgekeerde chronologiese volgorde van bo na onder. Jy kan dus blaai deur die inskrywings van nuwe artikels na oud.

`n Tipiese blog bestaan uit teks, grafika en skakels na ander blogs, webwerwe en media verwant aan die blog se gekose onderwerp. Die vermoeё van lesers om op interaktiewe wyse kommentaar  te lewer, `n belangrike faktor wat bydra tot die populariteit van blogs. Deur middel van die deel van inligting bou die blogskrywer `n verhouding op met sy lesers en `n virtuele gemeenskap met `n eendersdekende lede met dieselfde belangstellings word gekweek.

Die verskyning van blogs het die toekoms en definisie van joernalistiek op `n beduidende wyse beinvloed. Skielik kon enigiemand met toegang tot `n rekenaar sy opinies en artikels publiseer sonder om geredigeer te word. Die meeste blogplatforms is besonder gebruikersvriendelik en maak dit vir individue sonder webontwerp-ondervinding moontlik om kosteloos hul eie blog te hê. 

Aanvanklik was blogs hoofsaaklik oor persoonlike ondervindings en onderhou deur `n enkele persoon as `n vorm van selfuitdrukking of kommentaar op sekere onderwerpe. Hierdie blogs is moontlik gemaak deur webwerwe soos Open Diary, Live Journal and Blogger. Teen die laat 2000’s is die fokus verskuif van blogs as persoonlike dagboekinskrywings na volwaardig geredigeerde en gemodereerde digitale tydskrifte. “Multi-skrywer blogs” begin ontwikkel. Bloginskrywings word geskryf en professioneel geredigeer deur groot groepe skrywers.

Soos die funksie van blogs met tyd verander, pas die formaat ook aan. Bo en behalwe tradisionele blogs, ontstaan daar ook afgeskaalde weergawes van die oorspronklike formaat in die vorm van die mikroblog. 

 Mikroblogs bestaan uit korter kommentaar of inhoud, fotos, videos of ander multimedia. Twitter en Tumblr is twee van die mees populêre voorbeelde van mikroblogs en is veral nuttig vir intydse opdaterings van belangrike globale gebeure. 

As jy geinspireerd voel en `n blog vir jou departement wil begin, hoef jy nie ver te soek nie. Jy kan op die universiteit se eie WordPress-platform registreer en jou loopbaan as `n blogger begin! Vir meer inligting, kliek hier.

[SOURCE: www.howtogeek.com & www.wikipedia.org]

 

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.