Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Verklaar oorlog teen gemorspos

As jou eerste e-pos een of ander vorm van gemorspos aanneem, is dit genoeg rede om jou frustrasievlakke voor jou eerste koppie koffie al die hoogte in te laat skiet. Maar kan jy iets daaraan doen?

Gemorspos, of te wel “spam”, is wanneer identiese, meestal steurende,  boodskappe na `n groot hoeveelheid e-pos- of selfoongebruikers gestuur word. As `n ontvanger kliek op een van die skakels in die boodskap, word hulle herlei na strikroof webwerwe of webwerwe wat “malware” huisves. “Spam” e-posse kan ook versteekte “malware” skripte bevat.

Die afgelope tyd was daar verskeie weergawes van gemorspos en “phishing. Voorbeelde van SARS,  ABSA en selfs `n e-pos wat voorgee om van IT te wees, het opgeduik. Hoe oortuigend dit ookal lyk, moet nooit reageer op `n e-pos wat aan jou gestuur word deur `n onbekende entiteit nie. Indien jy enigsins twyfel, skakel (021-8084367) die IT Dienstoonbank of stuur vir hulle e-pos by helpinfo@sun.ac.za. Kontak andersins jou plaaslike rekenaardeskundige wat ten minste vir jou kan raad gee of die e-pos kan nagaan.  

`n E-pos van IT sal altyd duidelik herkenbaar wees en spesifiek aan jou gerig. Daar sal altyd `n Afrikaanse en Engelse weergawe wees en die skakels sal altyd wys na Mail from  “sun.ac.za” domein en niks anders nie.

Steeds onseker hoe om te onderskei tussen die regte ding en gemorspos of “phishing” e-posse? Lees meer daaroor op ons selfhelp wiki en jy kan ook verskeie voorbeelde op ons blog kry.

As jy op `n gereelde basis toegegooi word onder gemorspos, is daar `n manier waarop jy kan terugbaklei. Het jy geweet jy kan die betrokke e-pos aan IT stuur sodat ons die gebruiker, sy domein en/of diensverskaffer kan blok? Volg net die eenvoudige instruksies hier onder. 

HOE OM `N SPAM E-POS AAN TE MELD 

  1. Skep `n nuwe e-pos in Outlook
  2. Kliek op File, New, Mail message.
  3. Tik sysadm@sun.ac.za in die adresveld.
  4. Tik SPAM in die Subject-veld.
  5. Kliek op Insert en kies Item OF kliek op die skuifspel en kies Item.
  6. Kies die gemorspos e-pos wat jy wil stuur en kliek op OK.
  7. Kliek op Send.​​

Vir `n gedetaileerde beskrywing, lees meer op ons wiki.

[INLIGTING VERSKAF DEUR DAVID WILES]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.