Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gaan draadloos met jou konferensie

Soos ons nader beweeg aan die gebruik van eie, persoonlike toestelle binne die universiteitsomgewing, raak die behoefte en verwagting om oral en altyd toegang tot die internet te hê, steeds toenemend groter.

Dis ook die geval by konferensies en ander akademiese geleenthede op kampus. Maar hoe gemaak om die lewe vir jou en jou konferensiegangers makliker te maak?

Om aansoek te doen vir draadlose (wireless) toegang vir jou konferensie of geleentheid, volg bloot die onderstaande instruksies. 

Epos aan help@sun.ac.za met die volgende inligting*

  1. Konferensie se naam
  2. Plek waar konferensie gaan plaasvind
  3. Begindatum en tyd
  4. Einddatum en tyd
  5. Interdepartementele rekwisisie aan OE 6414 vir die bedrag van R300/dag
  6. Kontakpersoon 

* Epos moet asb 14 dae voor die konferensie begin aan help@sun.ac.za gestuur word, want dit mag wees dat daar nie bestaande WAPs (wireless access points ) is waar die konferensie gaan plaasvind nie. 

Sodra die versoek ontvang is, en nadat die SSID –  “service set identifier,” (gebruikersnaam en wagwoord) geskep is, sal die gebruiker per epos / telefonies in kennis gestel word wat die gebruikersnaam en wagwoord is waarmee konferensiegangers of besoekers kan konnekteer. 

Wanneer konferensiegangers / besoekers  binne die WIFI area is, sal hulle apparatuur (laptops, ens.) die WIFI optel, en kan hulle daaraan konnekteer. 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.