Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

eduroam: internet sonder moeite

As jy `n gereelde besoeker is aan universiteite, veral in Europa, is jy waarskynlik alreeds bewus van eduroam en hoe dit jou lewe as reisende akademikus vergemaklik. Daarom is ons opgewonde om aan te kondig dat eduroam ook voortaan by Universiteit Stellenbosch beskikbaar sal wees.

Maar vir die van ons wat nie weet nie – wat is eduroam presies? eduroam (education roaming) is  veilige, wêreldwye swerwende (“roaming”) toegangsdiens. Die diens het ontstaan as `n projek deur die  Trans-Europese Navorsing en Opvoedkunde Netwerk Organisasie  in Europa en het mettertyd spoed opgetel onder die navorsings en opvoedkunde-gemeenskap. 

eduroam is tans beskikbaar in 54 lande, insluitend South Africa en die diens verskaf `n maklike manier om toegang tot die internet te kry sonder te veel moeite. Dit gee aan studente, navorsers en personeel van deelnemende instellings die geleentheid om `n internetverbinding regoor kampusse en by ander akademiese instellings te kry deur net hul toestel (hetsy dit `n skootrekenaar, tablet of selfoon is) aan te sit.  

Gebruikers kan tussen kampusse beweeg en ander deelnemende instellings tuis of oorsee besoek en onmiddellik veilige netwerktoegang kry, sonder om ekstra gasterekeninge of wagwoorde te installeer. Die besoekende gebruiker se identiteit word gestaaf deur middel van dieselfde inligting (gebruiksnaam en wagwoord) wat gebruik word by sy eie akademiese instelling. 

Om eduroam vir jou departement te aktiveer, e-pos help@sun.ac.za met jou volledige inligting en vir meer inligting besoek www.eduroam.org. Meer informasie oor eduroam in Suid-Afrika, kan gevind word by http://eduroam.ac.za/

[BRONNE: www.wikipedia.org and www.eduroam.org]

8 Responses to “eduroam: internet sonder moeite”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    More information on activating eduroam can be found on our wiki –
    https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/eduroam.aspx

  2. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Dieter,

    geen Inetkey sal nodig wees vir toegang nie.

  3. Sonja van der Westhuizen says:

    Hallo Tinus,

    die goeie nuus is dat eduroam op die stadium gratis is.

  4. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Rainer,

    hulle lys is tans nog nie op datum nie. Ons sal hulle laat weet!

  5. Dieter says:

    Ek het reeds Eduroam gebruik toe ek oorsee was en dit het uitstekend gewerk. ek is bly Stellenbosch kom aan boord! Sal besoekers steeds die inetkey moet gebruik?

  6. Rainer Kussler says:

    UStell is egter NIE op die lys by http://eduroam.ac.za/ nie!

  7. Tinus says:

    Hierdie kan baie tyd spaar en baie goeie idee.
    Is daar koste aan verbonde?

  8. Chris says:

    Uitstekende nuus, goed gedaan!

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.