Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Linux & HPC-ondersteuning nou beskikbaar vir Natuurwetenskappe

Goeie nuus vir navorsers in Natuurwetenskappe! Charl Möller het onlangs by die IT span aangesluit as ‘n Senior Stelseladministrateur vir die HPC en Linux omgewing.  Charl sal ondersteuning bied aan die HPC (High performance Cluster) en die Linux-omgewings binne die Fakulteit Natuurwetenskappe.

Hierdie diens sal ook later uitgebrei word na die res van kampus.  

High Performance Computing” verwys na die bestuur van rekenaarkrag op so `n wyse dat dit `n veel beter resultate en uitsette lewer vir die gebruik in probleemoplossing in wetenskap, ingenieurswese en besigheid, as die standaard tafelrekenaar of werkstasie. [SOURCE: http://insidehpc.com/hpc-basic-training/what-is-hpc/]

Die HPC word tans gebruik deur navorsers van onder andere Chemie, Ingenieurswese (Siviel, Proses, E&E, Meganies en Bedryf), Instituut vir Wynbiotegnologie, Genetika en Agriwetenskappe om deur terabytes se genetiese data te sif. Ander navorsers gebruik dit om simulasies van paaie en teer se krag en lading te doen en ander modeleer weer die interaksies tussen atome in chemiese reaksies.

Die diens is beskikbaar vir enige navorser op kampus om te gebruik, mits die gebruik vir navorsingsdoeleindes is (nie-kommersiëel) en beskik oor gesamentlik 992 CPU’s en 2048GB geheue. Die werksladings wat hanteer kan word wissel van honderde klein take wat in parallel loop, tot enkele groot take waaraan ‘n paar masjiene saam werk. 

Vir meer inligting oor die HPC by Stellenbosch Universiteit, gaan na die webtuiste www.sun.ac.za/hpc

Vir Linux-ondersteuning te kry kontak die hulplyn by x4367 of stuur ‘n e-pos aan help@sun.ac.za.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.