Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SARS wil vir JOU geld gee?

Dis weer die gevreedse tyd van die jaar wanneer ons posbusse geinfiltreer word deur boodskappe van SARS en ons paniekerig begin sommetjies maak en vorms invul. Ongelukkig besef die bedrieglike kuberkriminele ook dat dit die perfekte tyd is om misbruik te maak van mense se goedgelowigheid.

Die kans is dus goed dat jy binnekort (indien jy nie reeds het nie) `n sogenaamde e-pos van SARS sal ontvang wat jou vra om jou inligting te verifieer of om jou te laat weet dat daar vir jou `n gawe bedraggie in jou rekening inbetaal is. (sien voorbeeld onder) Moenie opgewonde raak nie – dis nie SARS nie. 

As jy kliek op die skakel, neem die e-pos jou waarskynlik na `n vals “e-filing” webwerf wat skakels het na vier groot Suid-Afrikaanse banke en instruksies om aan te teken op deur middel van internet bankdienste om jou details te “bevestig”.

As jy (byvoorbeeld) die Nedbank-skakel volg, word jy geneem na `n kopie van nie Nedbank internetdienste webwerf wat vra vir jou profiel, pin en wagwoord.  As jy hierdie inligting verskaf, word jy geneem na `n tweede blad waar daar vir jou selnommer gevra word. Deur die inligting te verskaf, word jy weereens na `n volgende blad geneem wat versoek dat die verwysingsnommer na jou selfoon gestuur word.   

Moet onder geen omstandighede enige magtiging gee per selfoonboodskap as jy in bogenoemde situasie beland nie. Moet ook nie kliek op enige skakels in e-posse of rekeningbesonderhede of selfoonnommer-details aan enigiemand verskaf per e-pos of telefonies nie.

Kyk uit vir die volgende:

–  as jy met jou rekenaar se muis oor die skakel beweeg en dis nie die amptelike adres nie.
– die e-pos is nie aan jou geaddresseer nie – maw jou naam word nerens in die e-pos genoem nie.
– die adres waarvan dit gestuur het, is `n generiese adres wat nie bestaan nie.
– daar is geen verwysings- of rekeningnommer nie.
–  geen kontakpersoon word genoem nie.

Indien jy twyfel, gaan eerder na SARS se eie e-filing webwerf (tik http://www.sarsefiling.co.za/ in) en gaan kyk of daar inderdaad vir jou ‘n inbetaling is. 

———————————————————————————————–

From: Sars Efiling < message@sars.co.za>
Date: 30 July 2013 19:37:38 EDT
To: @sun.ac.za>
Subject: You have a new transaction message

We have filed your return and made a deposit of R3,650.80 into your account.

Confirm your filing

This is an automated email, replies sent to this address will not be received.

Sars eFiling

 

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.