Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Ontmoet vir TED

TED inspireer al vir jare lank miljoene mense regoor die wêreld en hy het elke keer net 18 minute om dit te kan doen! `n Indrukwekkende motiveringspreker, dink jy nie so nie? 

Die ook maar goed TED is nie net een mens nie, anders sou hy al doodmoeg gewees het na 30 jaar se gepraat.

TED talks het begin as `n eenvoudige poging om dit wat gebeur by die verskeie TED-konferensies reg oor die wêreld, te deel met ander. In 1984 het `n groep mense uit drie verskillende wêrelde – Tegnologie, Vermaak en Ontwerp – bymekaargekom by `n konferensie om idees uit te ruil. Terselfdertyd het hulle tot die ontdekking gekom dat van hierdie idees eintlik nogal innoverend is en met ander mense gedeel moet word. En so het TED talks ‘n lewe van sy eie gekry.

Ten spyte van TED se wêreldwye gewildheid, bly dit steeds `n nie-winsgewende organisasie wat oor die jare geleidelik gegroei het. Buite twee jaarlikse konferensies – die TED Konferensie en TEDGloba, sluit die TED-handelsmerk ook die bekroonde TED Talks video webwerf, die Open Translation Project en TED Conversations, die inspirerende TED Fellows, die TEDx-programme en die jaarlikse TED-prys.

Maar die mees populêre van al hierdie blyk die TED talks te wees. Omdat die praatjies by konferensies regoor die wêreld gelewer word, is dit aanlyn vrygestel en het dit kort voor lank `n globale gehoor gelok. Sedert Junie 2006 kan die praatjies gratis aanlyn gekyk en afgelaai word op TED.com onder die vaandel van die  Attribution-NonCommercial-NoDerivs Creative Commons license. 

In Januarie 2009 is die toe-beskikbare videos 50 miljoen keer gekyk. In Junie 2011 het dit gestyg na 500 miljoen en op 13 November 2012, het TED sy biljoen perk bereik.

Aanvanklik het sprekers vanuit slegs drie velde – Tegnologie, Vermaak en Ontwerp – deelgeneem, maar oor die jare het dit uitgebrei na wetenskaplikes, filosowe, musikante, geestelike leiers, filantrope en vele meer. Vorige aanbieders sluit Bill Clinton, Jane Goodall, Malcolm Gladwell, Al Gore, Gordon Brown, Richard Dawkins, Bill Gates, Google-stigters Larry Page en Sergey Brin, en ander Nobelpryswenners, in.

Aangesien sprekers normaalweg net 18 minute toegeken word, moet dit wat hulle oordra, op die mees innoverende en interessante maniere vertel word om die gehoor se aandag te hou en dikwels word dit ook dan deur middel van storievertelling gedoen.  

Vanaf Mei 2013 is meer as 1500 praatjies gratis aanlyn beskikbaar. Elke week word 5-7 nuwe praatjies gelaai. Onderwerpe strek van die verdwyning van bye tot hoe om stres te hanteer en alles tussen-in. Of jy iets informatief, inspirerend, geniaal of net eenvoudig verstommend soek, jy sal dit daar kry.

So waarvoor wag jy? Gaan soek `n bietjie inspirasie by http://www.ted.com/talks

 [SOURCE: www.wikipedia.org & http://www.ted.com/]  

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.