Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wil jy klasloop by Google?

In lyn met die vinnige groei van MOOCs (lees ons artikel oor MOOCS), het Google ook die week `n aanlyn “video-universiteit” op die been gebring. 

Google Helpouts is `n aanlyndiens wat gebruikers die geleentheid bied om te kollaboreer, kundigheid te deel en te help met behulp van lewendige, intydse videostrome.

Om die diens te gebruik, gebruik moet jy `n Google+ lid wees, waarmee jy toegang tot Helpouts kry met jou rekenaar of tablet, of deur die Android-toepassing op jou selfoon te laai.

Binne sekondes kan jy ‘n persoonlike instrukteur tot jou beskikking hê of wanneer dit jou pas. Jy kan enige tyd van die dag of nag toegang kry tot `n deskundige se kennis – geen beperking op tyd of geografiese grense nie. 

Helpout skeduleer jou sessie wanneer dit jou pas en plaas dit outomaties op jou Google kalender. Jy kan ook kies om deur middel van sms of e-pos herinner te word.

Helpouts het reeds meer as 1000 verskaffers wat enige beroep insluit en lesse gee in `n verskeidenheid spesialisareas. Kundiges of “verskaffers”, soos Google hulle noem, kan klein, medium of groot maatskappye wees, maar ook individue.

Selfs jy kan jou origami-klas op Helpouts aanbied. Onthou net dat kundiges deur Google goedgekeur moet word en `n volledige beskrywing van hul dienste, pryse en skedules verskaf moet word.

Ongelukkig, anders as MOOCs, is daar `n koste verbonde aan Google se nuwe diens.

Kliënte betaal per minuut of sessie vir lewendige, intydse videogesprekke met die deskundige, wat op sy beurt aan Google 20% van sy fooi betaal. Sommige maatskappye sal wel gratis sessies aanbied om bemarking `n hupstoot te gee. 

Betaling geskied deur middel van Google Wallet, wat jou kredietkaartdetails bevat, en jy betaal per sessie of per minuut. As jy ontevrede is met die diens, waarborg Helpout `n volledige terugbetaling –  mits jy dit binne 72 uur versoek.

Skielik lus om te leer kitaar speel? Matt Gibson wag vir jou by Google Helpouts …

[BRON: www.iol.co.za en www.wikpedia.org]

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.