Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

XP se tyd loop uit

Het jy geweet Windows XP vier volgende jaar sy 12de verjaardag? Hoewel XP sy doel gedien het, het die tyd gekom dat dit deur Microsoft uitfasseer word.

Die amptelike datum wanneer die Microsoft gaan ophou om opdaterings vir XP vry te stel, is 8 April 2014.

Hoewel jy steeds kan werk op XP, beteken dit dat die kans om `n rekenaarvirus op te doen, 6 keer groter is as iemand wat `n nuwe bedryfstelsel gebruik.  (Lees meer hieroor op Memeburn)

Maar moenie moed opgee nie. Tot 15 Desember 2013 het jy die geleentheid om jou rekenaar gratis te laat opgradeer na Windows 7 – dis natuurlik mits jou rekenaar sterk en slim genoeg is om `n nuwe bedryfstelsel te kan hanteer. 

`n Vinnige manier om vas te stel watter bedryfstelsel jy tans gebruik, is om http://whatsmyos.com/ te raadpleeg en die webwerf sal die dinkwerk vir jou doen.

Indien jy wel XP gebruik, kan jy `n e-pos stuur na help@sun.ac.za  en `n opgradering versoek. Onthou net om vir ons die volgende inligting te gee om die proses te bespoedig – 

die rekenaar se batenommer,  kontaktelefoonnommer,  gebounaam en kamernommer.

Sodra die werkstasie se spesifikasies nagegaan is, sal `n IT-tegnikus jou kontak. Ouer werkstasies mag komponente benodig en hierdie uitgawe sal vir  die departement se koste wees.

Opgradering van XP na Windows 7 is gratis, maar koste is verbonde vir die rugsteun van jou werksverwante data, die rugsteun van persoonlike data soos musiek, video en flieks, asook die hardeware (indien enige) benodig vir die opgradering na Windows XP.

Indien IT data versoek word om data te rugsteun, sal die koste vir minder as 15GB, R950-00 wees en vir meer as 15GB, R1650-00.

 

2 Responses to “XP se tyd loop uit”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Martin,

    not a stupid question at all. All new computers have 7 installed, so you’re good to go next year.

  2. Martin Klausen says:

    Maybe a syupid question, but if I get a new University/Departmental computer early next year, will its operative system not automatically be Windows 7, and therefore installed for free?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.