Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

“Honey pots” – lokaas vir krakers

Net so onweerstaanbaar soos heuning vir `n beer is, so moeilik is dit vir `n kuberkraker om `n maklik toeganklike rekenaar of stelsel te weerstaan. 

`n Honey pot is `n rekenaarstelsel opgestel as `n lokval vir kappers, krakers en scriptkiddies wat onregmatig ander mense of maatskappye se stelsels probeer binnedring.  Die lokval word gestel om onwettige gebruik van informasiestelsels te bepaal, af te weer en teen te werk. 

Die lokval bestaan uit `n rekenaar, data of `n webwerf wat lyk asof dit deel van `n netwerk uitmaak en waardevolle inligting vir krakers en kappers bevat. Inderwaarheid funksioneer die stelsel in isolasie en word dit deurlopend gemonitor en op diskrete wyse gereguleer.

Instandhouding van `n honey pot vereis geweldig baie aandag en waarborg nie noodwendig `n suksesvolle resultaat nie. In sommige gevalle is dit slegs nuttig as `n leeronderving en word kappers nie noodwendig vasgetrek nie.

`n Netwerk van hierdie lokvalle wat `n produksie-omgewing simuleer word, staan bekend as `n  honeynet. Die term het sy oorsprong in Lance Spitzner, stigter van die Honeynet Project, se gepubliseerde 1999 verhandeling To build a Honeypot. (Lees Spitzner se interessante artikel hier)

[BRONNE: http://searchsecurity.techtarget.com & www.wikipedia.org]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.