Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Wil IE en my.sun nie saamspeel nie?

Ons het onlangs `n splinternuwe my.sun. koppelvlak bekendgestel (lees die artikel hier) Soos dit dikwels die geval met nuwe projekte is, is dit onvermydellik dat daar hier en daar haakplekke voorkom.

Een van die probleme wat tans deur gebruikers ondervind word wanneer hulle na die personeelportaal blaai, is dat hulle `n kennisgewing kry dat hul weergawe van Internet Explorer opgradeer moet word of slegs `n leë skerm word vertoon. 

Die oorsaak vir hierdie probleem is Internet Explorer se versoenbaarheidfunksie (“compatibility mode”). Hierdie funksie is geneig om die verkeerde weergawe van die geinstalleerde sagteware te herken. So byvoorbeeld, word Internet Explorer 8 en 9 herken as 7 as die funksie aan is, terwyl weergawe 10 en 11 as 9 gesien word.

Daar is egter `n maklike oplossing. Deur  “Display intranet sites in Compatibility View” (sien foto) te deselekteer, sal Internet Explorer die korrekte weergawe van die webblaaier herken en nie `n opgradering versoek nie. 

Indien Internet Explorer wel `n nuwe weergawe versoek, gaan eers jou weergawe na en deselekteer die “compatibility view”. Internet Explorer weergawe 10, Mozilla Firefox en Google Chrome is die tans aanbevole webblaaiers.  

1. Hoe om uit te vind watter weergawe van IE is geinstalleer op jou rekenaar – 
     Kliek:  Help, About Internet Explorer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Hoe om te kyk of “compatibility mode” geaktiveer is – 
    Kliek: Tools, Compatibility View  Settings

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stuur `n e-pos na help@sun.ac.za of kontak die IT Dienstoonbank by 021 8084367 indien jy nog hulp verlang of probleme ondervind. Meer inligting kan ook gevind word op die my.sun hulpbladsy. 

One Response to “Wil IE en my.sun nie saamspeel nie?”

  1. Anonymous says:

    I experienced the same in Fharga. Why aren’t there Firefox installed in Fharga?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.