Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Skool vir Openbare Leierskap projek gee groot tree vorentoe saam met IT

Die Skool vir Openbare Leierskap se gemengde leer projek het einde Februarie `n groot hupstoot gekry en terselftertyd die bydrae wat Informasietegnologie speel met betrekking tot moderne onderrig en leer beklemtoon. 

Gedurende die nuwe honneursstudente se eerste kontaksessie vir die kursus vanjaar is hulle verras met notaboek rekenaars, gereël deur Joe Smit, Helmi Dreijer (IT) en Ilse de Kock (NARGA). Aangesien hierdie groep nagraadse studente grotendeels aangewese is op interaktiewe telematiese onderrig en gevolglik toegang tot `n rekenaar en die internet moet hê waar hulle ookal is, is voorafbetaalde datapakette van Cell C ook aan hulle verskaf. 

In samewerking met Leer en Onderrig Verryking het Johann Kistner en Marinda van Rooyen (IT) gesorg dat SUNLearn beskikbaar is vir studente om sodoende te verseker dat studente toegang tot die Universiteit se e-leer platforms het.

`n Verdere nuwe verwikkeling is die gebruik van Vitalsource, `n e-boek platform, waarmee voorgeskrewe e-handboeke aan studente se notaboek rekenaars en hulle mobiele toestelle gesinkroniseer word. Studente se gemerkte notas en aantekeninge word ook tussen alle toestelle gesinkroniseer. Ralph Pina (IT) en Le Roux Franken (IT Bellvillepark kampus)het die inisiatief bewerkstellig met die hulp van Van Schaik. Le Roux was ook verantwoordelik vir die tegniese logistiek. 

Lees meer oor die SPL-projek en oor die Skool vir Openbare Leierskap.

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.