Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Word slim met Microsoft

Tegnologie speel `n sentrale rol in ons lewens. Gevoglik vereis 50% van vandag se loopbane `n mate van tegnologiese vaardigheid. Volgens die Amerikaanse Buro vir Arbeid-statistieke sal 51% van werk oor die volgende 4 jaar iets met sagteware te doen hê.

Terselfdertyd is die hoë getalle werklose jongmense besig om te styg –  tot so `n mate dat 46% van volwassenes tussen die ouderdomme van 18 en 24 werkloos is. 

Die Microsoft IT Academy spreek beide verskynsels aan deur persone toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het vir `n suksesvolle loopbaan in vandag se werksomgewing.

ms-it-academyWat is die Microsoft IT Academy?

Die Microsoft IT Academy is `n volledige, opvoedkundige oplossing wat studente, onderwysers, personeel, werkgewers en plaaslike gemeenskappe verbind met behulp van rigtinggewende tegnologievaardighede. Die leerskool poog ook om opvoeding en die regte wêreld te verbind en ontwikkelingsbronne vir opvoeders en personeel daar te stel.

Opleiding word deur middel van e-leer gefasiliteer en is enige plek, enige tyd beskikbaar met meer as 300 e-leer kursusse. Personeel en studente kan dus die aanlynkursusse op hulle eie tyd aanpak. Hoewel geen formele klasse word aangebied nie, ontvang deelnemers wat die Microsoft-eksamens slaag, wel `n amptelike sertifikaat.

Tot dusver het die inisiatief jaarliks  8.5 miljoen studente en opvoeders bereik en het meer as 15 000 IT Academy lede in meer as 130 lande en 1.4 miljoen studentesertifiserings oor die laaste 12 maande.

Wie kwalifiseer vir opleiding by die Microsoft IT Academy?

Lidmaatskap is oop vir internasionale akademiese instellings, insluitende openbare skole, K-12 skole, vakskole, junior kolleges, universiteite, wetenskap/tegniese skole, biblioteke en museums. Universiteit Stellenbosch is registreer as ‘n Microsoft Academy teen ‘n jaarlikse tarief wat op die stadium deur Informasietegnologie befonds word.

Amptelike en akademiese Microsoft kursusse en leerplanne

Produktiwiteit

  • Word
  • Excel
  • PowerPoint
  • Outlook
  • Access
  • Publisher
  • OneNote
  • Office
  • SharePoint

Rekenaarwetenskap

  • Leer programmeer
  • Sagteware-ontwikkeling
  • Web-ontwikkeling
  • Microsoft .NET
  • Speletjie-ontwikkeling
  • HTML5 toepassing-ontwikkeling
  • Sagtewaretoetsing

IT infrastruktuur

  • Windows bedryfstelsel
  • Windows bedieneradministrasie
  • Netwerke
  • Basiese databasis-beginsels
  • Sekuriteit

Indien jy geinteresseerd is in `n kursus, kontak ons IT Dienstoonbank by help@sun.ac.za en dui dadelik aan in watter kursus jy belangstel, sowel as jou eie inligting.

`n Leerplan sal aan jou toegeken word en sodra dit voltooi is, sal ons jou met e-pos in kennis stel. Jy sal ook die nodige riglyne ontvang waarin daar verduidelik word hoe om die aanlynopleiding te voltooi.  

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.