Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Toepassings vir die sokkerverslaafdes

As jy teen die tyd nog nie weet dat daar `n Wêreldbeker sokkertoernooi aan die gang is in Brasilië nie, het ek `n sterk vermoede jy hiberneer erens in die uithoeke van Mongolië.

Die 2014 FIFA Wêreldbeker, die 20ste FIFA Wêreldbeker, is `n wêreldtoernooi vir manssokker. Die jaar se toernooi het op 12 Junie afgeskop met `n groepfase en sal op 13 Julie tot `n einde kom wanneer die finaal gespeel word. 

Brasilië het reeds voorheen gasheer gespel vir die groot geleentheid – meer as 60 jaar gelede in 1950. Die laaste keer dat die geleentheid in Suid-Amerika gehou is, was in 1978 toe Argentinië die toernooi gehuisves het. 

31 lande se nasionale spanne het gekwalifiseer vir die Wêreldbeker en hulle sal in `n totaal van 64 wedstryde in 12 stede dwarsoor Brasilë meeding. Ongelukkig is Suid-Afrika natuurlik nie een van hulle nie, so jy sal maar `n ander span moet kies.

As die sokkerkoors jou gebyt het, weet jy hoe belangrik dit is om op datum te bly met al die nuus en wedstrydinligting. Ons het met die hulp van www.techradar.com vir jou tien handige (en gratis!) toepassings uitgesoek om te voorkom dat jy aan sokker-FOMO ly. 

1 Amptelike FIFA toepassing

Prys: Gratis
Beskikbaar by:  App Store | Google Play

FIFA se amptelike toepassing dek nie net die Wêreldbeker nie, maar inderdaad alle sokker.  Die toepassing bied jou toegang tot die wedstrydskedule, maar ook lekker ekstra inligting soos spanprofiele. Jy kan selfs jou gunsteling span kies en hul vordering dophou. 

2 ESPN FC Soccer & World Cup

Prys: Gratis
Beskikbaar by: App Store | Google Play

Ook `n toepassing wat alle sokker dek – dus ideaal vir sokkerliefhebbers wat nie net Wêreldbeker-kykers is nie. Buiten vir die standaardinligting, beskik dit ook oor videos en ontledings van die wedstryde.

3 World Soccer Finals

Prys: Gratis
Beskikbaar by:  App Store | Google Play

Die perfekte toepassing vir die obsessiewe sokkerkyker met massas inligting, insluitende geel- en rooikaarte, statistieke en spelerinligting. Dit kan ook kennisgewings direk na jou foon stuur.

 4 World Cup 2014 Brazil

Prys: Gratis
Beskikbaar by: Google Play

Hierdie Android-toepassing is ideaal as jy hou van statistieke. Dit bevat ook inligting oor skeidsregters, historiese vergelykings en nuus oor toekomstige Wêreldbekers.

5 2014 Table

Prys: Gratis
Beskikbaar by: Google Play

Die naam sê presies wat dié toepassing doen. Dit wys net eenvoudig die uitslae in `n maklike tabelformaat. Ideaal as jy net die basiese inligting soek. 

6 LiveSoccer World Football Cup

Prys: Gratis
Beskikbaar by: Google Play

Kyk na lewendige wedstryde met pasgemaakte kennisgewings van resultate soos dit gebeur. Die toepassing het `n deeglike koppelvlak, maar is terselfdertyd gebruikersvriendelik.

7 Sofascore

Prys: Gratis
Beskikbaar by: Windows Phone App Store

Ideaal vir `n Windows-foon met lewendige opdaterings.

8 Squawka

Price: Free
Beskikbaar by: App Store

Nog `n toepassing vir die sokker-entoesias wat hou daarvan om sy feite reg te hê. Squawka gee vir jou al die statistieke om argument te staaf indien nodig.

9 TeamStream

Prys: Gratis
Beskikbaar by: App Store

TeamStream is `n nuus- en inligtingsdiens van The Bleacher Report en versamel al die relevante sokkerinligting van regoor die wêreld vir jou op een plek.

10 BBC Sport

Prys: Gratis
Beskikbaar by: App Store | Google Play

Die BBC Sport toepassing gee lewendige tekskommentaar op al die wedstryde en toegang tot Radio 5 bulletins.

As jy baie data tot jou beskikking het, kan jy ook die Live Soccer TV App oorweeg. 

So, nou het jy geen verskoning om uit te mis op die groot geleentheid nie. Die enigste probleem is om `n span te kry om voor te skree ….

 

[SOURCES: www.techradar.com & www.wikipedia.com]

One Response to “Toepassings vir die sokkerverslaafdes”

  1. Allister says:

    missed the best app of them all 365scores most of the time the feed is 10 seconds ahead of the tv broadcasts ;-)

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.