Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Skype Translate einde 2014 vrygestel

Ons het onlangs genoem dat Skype groep video -oproepe gratis beskikbaar gemaak het aan sy gebruikers en nou is hulle weer in die nuus met `n nuwe innovasie. 

Laasweek het Microsoft CEO Satya Nadella aangekondig dat Skype binnekort ook stem- en video-oproepe amper-intyds kan vertaal. Dit beteken dat jy in Afrikaans met jou Russiese kollega in Moskou kan praat en julle mekaar 100% sal kan verstaan sonder om `n gemeemskaplike taal soos Engels te gebruik. Aangesien Skype meer as 300 miljoen gebruikers per maand het, is dit vanselfsprekend dat Skype Translate `n groot internasionale bereik gaan hê.

Skype Translate brei ook sy taaldatabasis uit deur middel van “leeroordrag” – die sagteware verbeter die tale waaroor dit reeds beskik, terwyl `n nuwe een aangeleer word. Microsoft is nie duidelik oor hoe die proses werk nie, maar dis verseker `n algoritme wat handig te pas kom.

Die sagteware is tans in `n toetsfase, maar Microsoft het amptelik aangekondig dat `n beta-toets weergawe beskikbaar sal wees vir Windows 8 teen die einde van die jaar. As jy Skype Translate in aksie wil sien, kyk gerus na die demonstrasie video.

Screen shot of the Skype Translate demo at Code Conference.

[BRON: www.memeburn.com]

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.