Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

So, Tom Hanks het ook nou `n app

hanxDeesdae is al wat `n bekende is, betrokke by een of ander vorm of  van tegnologie. Die nuutste is Tom Hanks – ja, die einste een van Forest Gump.

Blykbaar het Mnr Hanks `n  sagte plekkie vir tikmasjiene. Dié stelling klink `n bietjie teenstrydig siende dat ons nou net van tegnologie gepraat het, maar Hanks het `n manier gekry om tegnologie en retro-koelheid te trou met mekaar.

Verlede jaar het hy in die New York Times in `n artikel die gewone, ou tikmasjien behoorlik die lof besing – “Everything you type on a typewriter sounds grand, the words forming in mini-explosions of SHOOK SHOOK SHOOK.”

Hanks is natuurlik ook  al sedert 1978 `n ywerige versamelaar. Hierdie passie het gelei tot samewerkingsooreenkoms met Hitcents om die  Hanx Writer, `n toepassing wat die tikmasjien probeer simuleer, te ontwikkel.

Hanx writer maak al die byklanke van `n tikmaskien na – die gekletter van die sleutels en selfs die klokkie aan die einde van `n reël. Jy kan selfs jou foute uit”XXX”, soos in die ou dae.

Die Hanx writer bevat ook meer tegnologies-gevorderde ekstras soos die opsie om jou dokument te e-pos, druk of te deel met ander. Dit kan selfs gebruik word saam met `n “blue-tooth” sleutelbord.

Ongelukkig is Hanks se toepassings slegs beskikbaar vir iPads. Daar is drie weergawes beskikbaar met betaalopsies vir meer verskeidenheid.  Die toepassing is laasweek bekendgestel, maar staan reeds stewig as mees afgelaaide toepassing op Apple iTunes.

Volgens Hanks is dit nie ideaal vir ernstige werk en dokumente nie, maar moet dit gesien word as `n nuutjie vir diegene wat nostalgies voel en sy liefde vir tikmasjiene deel. As jy verkies om nog nader aan die oorspronklike te kom – QWERKY het `n “blue-tooth” sleutelbord ontwikkel wat trek na`n tikmasjien.

[BRONNE: www.time.comwww.theguardianwww.nytimes.comwww.mashable.com]

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.